Transcript Slide 1

Antwoordgids
1.1 skemer
1.2 vergader
1.3 kapok
1.4 bros
1.5 kromgetrek
1.6 geweld
1.7 sif
1.8 ruim
2.1. Teen vyfuur of sesuur in die laatmiddag, vroeë aand.
2.2. Hy het hout gaan soek en hy is blind. Iemand moet hom dus
gaan haal.
2.3. "verdwaal"
2.4. klein
2.5. Sy het verkluim. Dit het begin kapok en sy is dood van die koue.
2.6. Ja. Bruin en kromgetrek.
(1)
(2)
(1)
(1)
(1)
(3)
2.7. Naby Ceres in die Wes-Kaap.
2.8. Hy praat direk MET Klara. Al is sy dood, spreek hy haar aan.
2.9. Nee, hy kan ook praat van emosionele afsydigheid.
2.10. Haar deernis / omgee vir haar pa. Sy't iets vir hom probeer
doen, maar is self dood in die proses.
2.11. Klara Majola het in die skemer haar blinde pa gaan haal waar
hy besig was om hout te soek. Sy’t hom nie gevind nie en het
verdwaal.
2.12. wingerdstok
2.13. Dit pas by die omgewing waarin sy bly; dit pas by die kleur van
haar vel.
2.14. kapok / ligte sneeu
2.15. Bokveld
2.16. As jy vir iemand anders iets doen ten koste van jouself.
(1)
(2)
(2)
(1)
(4)
(1)
(2)
(1)
(1)
(1)
3.1 Hy beklemtoon die naam / die naam het ʼn sekere musikaliteit met twee
lettergrepe in die naam en drie in die van / die herhaling van die naam
sal die kind altyd in die geheue van diegene wat die gedig of berig
gelees het, laat voortbestaan. Sy kry dus ’n soort onsterflikheid.
3.2 Beeldspraak dui op figuurlike taal. (Denotasie) Stylfigure dui op die manier waarop die gedig
geskryf is. Figuurlike taal is die vergelyking tussen die kromgetrekte, bruin bene van die kind en
die wingerdstokke. ’n Opvallende voorbeeld van ’n stylfiguur is die alliterasie wat gebruik word
met die herhaling van die kl-klank in Klein Klara.
3.3 Die digter gebruik uitsteltegniek deur die woord ‘verdwaal’ aan die einde van die eerste strofe te
plaas. Hierdie woord word op die manier beklemtoon. Tweedens praat die spreker van die kind,
asof sy ver van hom is en hy net van haar gehoor het. Dit verander in die derde strofe wanneer
hy haar direk aanspreek, amper asof sy hom kan hoor. Hy vergelyk homself met die kind en
bevind dat sy baie meer gedoen het as wat hy (of ander mense) ooit sal kan doen.
3.4 Ja. Ons ken geweld gewoonlik in die letterlike vorm waar dit ‘vreeslike aksie of handeling’
beteken. Die woord se betekenis word beklemtoon en sluit in die geweld wat ons as mense
pleeg wanneer ons nie mede-menslik is nie. Ons is gewelddadig teenoor onsself as ons nie
deernis as deel van ons menswees het nie.
3.5 abab – vader in die eerste versreël rym met vergader in die derde versreël en die tweede en
vierde reëls rym met mekaar.
3.6. Dis nie vrye versvorm nie. Dit is ʼn klassieke voorbeeld van ʼn vaste rympatroon en die lengtes
van die reëls stem ook ooreen. Behalwe vir die eerste versreël, bevat elke reël nege
lettergrepe.