advice from above

Download Report

Transcript advice from above

Advice from above
Bespreking
Peter Snyders
1. Die water willie weg vannie deer afbly nie,
2. nie iens met 'n little help
3. vannie neighbourhoodkids nie;
4. die hys raakie droere nie,
5. want die rient hou nie oppie;
6. die modder byrie voodeer
7. het al quicksand gewid;
8. die pad ommie drai is 'n yslike vlei,
9. en iemand het al verdrink
10.wat 'n shortcut wou vat ...
11.maarie Council herrie problem mooi gesolve,
12.en stier die advice:
13.Move to higher ground.
Memorandum
1. Die water het by die voordeur ingestroom en die huis
bly nat.
2. A) Die water wil nie van die deur af wegbly nie.
B) Die klem val op die woorde “willie weg”. Dit
beklemtoon die magteloosheid van die mense
teenoor hierdie instromende water en die feit dat die
probleem net aanhou.
3. Dit skep ‘n ruspouse sodat mens kan nadink oor die
lewe wat reeds geëis is.
4. A) Hulle advies is dat die mense na hoër grond moet
trek.
B) Dis beslis nie ‘n oplossing nie. Bedoel hulle die
mense moet hul huise net so los? Is daar ooit
beskikbare huise op die hoër grond? Wat van hulle
meubels?
5. Die Council is die “hoër gesag”. Hul kantore en hul
woonhuise is waarskynlik self in ‘n gebied waar hulle nie
probleme het met oorstromings nie. Dis maklik om raad te
gee as jy nie die probleme het nie. Mens kry ook die
indruk dat hulle nie self na die skade gaan kyk het nie.
6. Nee, hierdie Afrikaans pas by die spreker en klink daarom
opreg en oortuigend.
7. Little – klein bietjie
neighbourhood – woonbuurt
kids - kinders
quicksand – sinksand
shortcut – kortpad
Council – Stadsraad
problem – probleem
gesolve – opgelos
advice – raad
move to higher ground – trek na hoër grond.
Papegaai
Memorandum
1. Mense
2. Sy tronkstraf gaan “’n leeftyd” lank duur: die
mense sal hom to tnie vrylaat op grond van sy
ouderdom of goeie gedrag nie.
3. Die papegaai se woorde waarvoor die mense lag,
wat hulle “vermaak”, is tog net hul eie woorde
wat hulle hom aangeleer het. Daarom is sy
woorde ‘n “sinnelose eggo”, dws weerklank of
herhaling van die mense se eie woorde.
4. Die “ystergordyn” is die tralies van die kou/hok.
5. Die natuurlike takke van die woud toe hy nog vry
was.