Notes - Hoor.co.za

Download Report

Transcript Notes - Hoor.co.za

Slide 1

Sodra Hy hoor, antwoord Hy jou.

Hoe?


Slide 2

Want ‘n volk sal op Sion, in Jerusalem, woon; jy sal nie
meer ween nie; sekerlik sal Hy jou genade bewys op
jou hulpgeroep; sodra Hy hoor, antwoord Hy
jou. Die Here gee julle wel brood van benoudheid en
water van bedruktheid maar jou leraars sal hulle nie
langer verberg nie—maar jou oë sal jou leraars
sien; en jou ore sal ‘n woord agter jou hoor wat
sê: Dit is die weg, wandel daarop! wanneer julle regs
of wanneer julle links wil gaan.
Jes 30:19-21


Slide 3

Wanneer laas het U die stem gehoor
wat vir u sê: “Dit is die weg”?


Slide 4

Voorbeelde:
En onderwyl ons baie dae daar oorgebly het, het ‘n sekere profeet met die naam van
Agabus van Judéa afgekom. En toe hy by ons kom, neem hy die gordel van Paulus en
bind sy eie hande en voete en sê: Dít spreek die Heilige Gees: So sal die Jode die
man wie se gordel dit is, in Jerusalem bind en in die hande van heidene oorlewer.
Hnd 21:10-11

En die gemeentes is versterk in die geloof en het elke dag vermeerder in getal. En hulle
het deur die land Frígië en Galásië gegaan, omdat die Heilige Gees hulle
verhinder het om in Asië die woord te verkondig. En toe hulle by Mísië kom,
het hulle probeer om na Bithínië te gaan, maar die Gees het hulle dit nie
toegelaat nie. So het hulle dan Mísië verbygegaan en na Troas afgekom. En
Paulus het ‘n gesig in die nag gesien—daar staan ‘n Macedóniër wat hom
smeek en sê: Kom oor na Macedónië en help ons! En toe hy die gesig gesien
het, het ons dadelik probeer om na Macedónië te gaan, omdat ons versekerd
was dat die Here ons geroep het om die evangelie aan hulle te verkondig.
Ons het dan afgevaar van Troas en reguit koers gehou na Samothráce, en die
volgende dag na Neápolis, en daarvandaan na Filíppi, wat die eerste stad is van
daardie deel van Macedónië, ‘n kolonie. En ons het in hierdie stad ‘n paar dae
deurgebring.
Hnd 16:5-12


Slide 5

Het ons doof geword?
Wie ore het om te hoor, laat hom hoor. Maar waarmee sal Ek hierdie geslag
vergelyk? Dit is net soos kindertjies wat op die markte sit en na hulle maats roep en
sê: Ons het vir julle op die fluit gespeel, en julle het nie gedans nie; ons het
vir julle ‘n klaaglied gesing, en julle het nie getreur nie. Want Johannes het
gekom en nie geëet of gedrink nie, en hulle sê: Hy het ‘n duiwel. Die Seun van die
mens het gekom—Hy eet en drink, en hulle sê: Dáár is ‘n mens wat ‘n vraat en ‘n
wynsuiper is, ‘n vriend van tollenaars en sondaars. Maar die wysheid is geregverdig
deur sy kinders. Toe het Hy die stede waarin die meeste van sy kragtige dade
plaasgevind het, begin verwyt, omdat hulle hul nie bekeer het nie:
Mat 11:15-20

In daardie tyd het JAHshua gespreek en gesê: Ek loof U, Vader, Here van die hemel en
die aarde, dat U hierdie dinge verberg het vir wyse en verstandige mense en
dit aan kindertjies geopenbaar het. Ja, Vader, want so was dit u welbehae.
Mat 11:25-26


Slide 6

As jy nie die geloof het om te glo
dat JHWH in ‘n storm, of wind, of
die dreun van onweer kan praat
nie, dan sal jy ook nie glo as Hy
hardop agter jou praat nie……


Slide 7

Luister deur Dawid se ore, kyk deur sy oë:
‘n Psalm van Dawid. Gee aan JAHWEH, o hemelinge, gee aan JAHWEH eer en
sterkte! Gee aan JAHWEH die eer van sy Naam; aanbid JAHWEH in heilige
sieraad!
Die stem van JAHWEH is op die waters, die God van eer donder; JAHWEH is op
die groot waters. Die stem van JAHWEH is met krag; die stem van JAHWEH
is met heerlikheid. Die stem van JAHWEH breek seders; ja, JAHWEH
verbreek die seders van die Líbanon; en Hy laat hulle opspring soos ‘n kalf, die
Líbanon en Sirjon soos ‘n jong buffel. Die stem van JAHWEH slaan daar
vuurvlamme uit. Die stem van JAHWEH laat die woestyn bewe; JAHWEH
laat die woestyn van Kades bewe. Die stem van JAHWEH laat die takbokke lam
en maak die bosse kaal; maar in sy paleis sê elkeen: Heerlikheid! Die HERE het
gesit oor die Watervloed; ja, JAHWEH sit as Koning tot in ewigheid. Die HERE sal
sy volk sterkte gee, JAHWEH sal sy volk seën met vrede.
Psa 29:1-11


Slide 8

Hoe gereeld oefen u?
Wag u dat Vader eendag skielik langs jou sal praat, of oefen
u gereeld om Hom te begin hoor wanneer Hy praat?
Heb 5:14 Maar vaste spys is vir volwassenes, vir die wat geestesvermoëns
besit deur die gewoonte geoefen, om goed van kwaad te onderskei.
Maar dit erken ek voor u dat ek volgens die Weg wat hulle sekte noem, so die
God van my vaders dien, terwyl ek alles glo wat in die wet en in die
profete geskrywe is, en ‘n hoop op God het, ‘n hoop wat hulle self ook
verwag, dat daar ‘n opstanding sal wees van die dode, regverdiges
sowel as onregverdiges. Daarom oefen ek my ook om altyd voor God
en die mense ‘n rein gewete te hê.
Hnd 24:14-16


Slide 9

Watter oefenprogram volg jy?
Maar die Gees sê uitdruklik dat in die laaste tye sommige van die geloof afvallig sal word en
verleidende geeste en leringe van duiwels sal aanhang deur die geveinsdheid van leuenaars wat
gebrandmerk is in hulle eie gewete, wat verbied om te trou en gebied dat die mense hulle moet
onthou van voedsel wat God geskape het om met danksegging gebruik te word deur die
gelowiges en die wat die waarheid ken. Want alles wat deur God geskape is, is goed, en niks is
verwerplik as dit met danksegging ontvang word nie; want dit word geheilig deur die woord van
God en die gebed. As jy hierdie dinge aan die broeders voorhou, sal jy ‘n goeie dienaar van
JAHshua Christus wees terwyl jy jouself voed met die woorde van die geloof en van die
goeie leer waarvan jy ‘n navolger geword het. Maar verwerp onheilige en oudwyfse
fabels, en oefen jou in die godsaligheid. Want die liggaamlike oefening is tot weinig nut,
maar die godsaligheid is nuttig vir alles, omdat dit die belofte van die teenwoordige en die
toekomende lewe het. Dit is ‘n betroubare woord en werd om ten volle aangeneem
te word; want hiervoor arbei ons ook en word ons gesmaad, omdat ons gehoop het op die
lewende God wat ‘n behouder is van alle mense, insonderheid van die gelowiges. Beveel en
leer hierdie dinge. Laat niemand jou jonkheid verag nie, maar wees ‘n voorbeeld vir die
gelowiges in woord, in wandel, in liefde, in gees, in geloof, in reinheid. Totdat ek kom,
moet jy aanhou met voorlesing, vermaning en lering. Verwaarloos nie die genadegawe
wat in jou is nie, wat jou gegee is deur die profesie met die handoplegging van die
ouderlinge. Wees vlytig in hierdie dinge, leef daarin, sodat jou vooruitgang vir
almal duidelik kan wees. Let op jouself en op die leer; volhard daarin; want deur dit te
doen, sal jy jouself red sowel as die wat jou hoor.
1Ti 4:1-16


Slide 10

Tye soos vandag: Habakuk se tye
JHWH antwoord nie – Hy hoor nie
Die Godspraak wat Hábakuk, die profeet, gesien het. Hoe lank, o HERE, roep ek
om hulp, maar U hoor nie; skreeu ek tot U: Geweld! —maar U help nie?
Waarom laat U my onreg sien en aanskou U die moeite! Ja, verwoesting en geweld
is voor my oë; en daar is stryd, en twis begin. Daarom verloor die wet sy krag, en
die reg kom nooit meer te voorskyn nie; want die goddelose omsingel die
regverdige, daarom kom die reg verdraaid te voorskyn.
Háb 1:1-4


Slide 11

Alleen tyd, intensiteit, duidelikheid en langmoedigheid
Op my wagtoring wil ek gaan staan en op ‘n skansmuur my stel, en ek wil speur
om te sien wat Hy in my sal spreek, en wat ek op my klagte moet antwoord.
Toe antwoord JAHWEH my en sê: Skryf die gesig op en graveer dit op tafels,
sodat hulle dit in die verbygaan kan lees. Want die gesig sal nog duur tot op die
vasgestelde tyd; maar dit spoed na die einde en sal nie teleurstel nie. As dit mag
vertoef, wag daarop; want alte seker sal dit kom en nie versuim nie: Kyk, sy siel
is opgeblase in hom en nie reg nie. Maar die regverdige, deur sy geloof sal hy lewe.
Háb 2:1-4

Hy wat sy lewe probeer red, sal dit verloor…skaam jou vir
Sy woorde, en Hy skaam Hom vir jou in die oordeelsdag
Mar 8:35-38

Wee hom wat vuil gewin maak vir sy huis, om sy nes in die hoogte te bou, om
homself te red uit die greep van onheil. Jy het skande beraadslaag vir jou huis:
die uitroeiing van baie volke, en het jou lewe verbeur. Want die steen uit die muur
roep, en die balk uit die timmerasie gee hom antwoord. Wee hom wat ‘n stad bou
met bloed en ‘n vesting stig deur onreg. Kyk, kom dit nie van JAHWEH van
die leërskare dat volke arbei vir vuur en nasies hulle afmat vir niks nie?
Háb 2:9-13


Slide 12

Om te weet het weer sy eie risiko
Toe ek dit hoor, het my ingewande gebewe; my lippe het getril by die geluid,
bederf het gekom in my gebeente, ja, ek het gebewe waar ek staan, omdat
ek rustig moes wag op die dag van benoudheid dat dit aanbreek vir die
volk wat op ons ‘n aanval maak.
Alhoewel die vyeboom nie sal bloei en aan die wingerdstokke geen vrug sal wees
nie, die drag van die olyfboom sal teleurstel en die saailande geen voedsel oplewer
nie, die kleinvee uit die kraal verdwyn en geen beeste in die stalle sal wees
nie—nogtans sal ek jubel in JAHWEH, ek sal juig in die God van my heil.
Die HERE Here is my sterkte, en Hy maak my voete soos dié van herte, en
Hy laat my tree op my hoogtes.
Vir die musiekleier op snaarinstrumente.
Háb 3:16-19


Slide 13

Samevatting:
• Stilte beteken nie dat daar geen spraak is nie, dit kan ook beteken
dat die hoorder doof geword het
• Geraas beteken nie dat jy kan hoor nie, om te kan luister en
verstaan, moet jy die taal van die spreker herken
• As jy iemand verwag by jou voordeur, dan is jy ingestel op sy stem,
en jy beweeg nooit vêr van die deur af nie.
• Die middele van kommunikasie is legio, maar as jy slegs boodskappe
monitor op jou teleksmasjien, sal jy die gesprek op jou radio
heeltemal misloop
Ons het dringend nodig om te hoor in hierdie dae – kom ons glo dat Hy steeds
antwoord en
begin oefen om te luister. Hy het nie verander nie, en sal nie skielik stil word na
6000 jaar se gesprek met Sy kinders nie.
En laat Sy stem sigbaar word vir ons volk, sonder om ons te skaam vir Sy woorde –
sodat Hy Hom nie sal skaam vir ons in die dag van wolke en donkerheid, die dag
van oordeel nie.


Slide 14

Amen