Diakonietoerusting 2014 (PowerPoint)

Download Report

Transcript Diakonietoerusting 2014 (PowerPoint)

Welkom almal!
Inleidend: Waarom intimideer huisbesoek diakens?
1. Huisbesoek saam met die ouderling.
 Onthou daar is ’n verskil in werk – lidmate moet hulle
probleme met ’n diaken bespreek en ouderlinge moet
hulle probleme met ’n lidmaat bespreek.
 Moenie die ouderling as verskoning gebruik om nie
huisbesoek te doen nie.
 Onthou jy kan ook bel.
 Groet jy lidmate by die kerk?
2. Waaroor gesels ons?
 Laat die lidmaat praat.
 Stel belang.
 Vra uit oor kinders, kleinkinders, werk, hoe lank bly julle
al in hierdie huis. Moenie bang wees vir “gemeenplase.”
 Weereens toerusting – bespreek veral geleenthede tot
meelewing. Vat jou Kalender en Roepstem saam.

Bespreek kollektes en wat die diakonie met hulle geld doen.
Die 50c-munt en R50-noot raak aan die gesels:
50c: "Yes Maaitjie, wat het van jou geword? Lanklaas gesien!".
R50: "Nee wat, maar so hier en so daar. Was bietjie casino toe; het
'n trippie Mosambiek toe onderneem; was by 'n paar rugbywedstryde; was laasweek by die skou in Windhoek ; more sal ek
waarskynlik Mall toe gaan en dalk Teazers toe, daai soort goed.
Maar hoe's dinge met jou? Wat maak jy alles?“
50c: "Aag Boeta, jy weet mos. Altyd net kerk, kerk, kerk!
Probeer nood van lidmate vasstel.
Jan bel die tandarts
"More Dokter, wat kos dit om ’n tand te trek?“
"Die totale koste sal R285 wees.“
“Goeiste! Hoekom so duur?“
"Ons moet eers konsulteer, dan n x-straal neem en dan kan ons trek.“
"Wat sal die prys wees as ons die konsultasie en die x-ray skip?“
"Jong, dit bring ’n bietjie risiko mee maar sal die prys afbring na R157?“
"En as ons dit sonder verdowing doen?“
"Dit gaan bitter seer wees maar sal ’n verdere R20 goedkoper wees.“
"Wat van as een van jou trainees die tand trek?“
"Ek kan niks waarborg nie, maar dit sal koste verminder na R75.“
“Sê nou ’n student trek terwyl die ander kyk as deel van hulle opleiding?“
“Goed vir die studente maar maar traumaties vir die pasient. Slegs R10.“
“Mooi! Kan ons ’n afspraak maak vir my vrou, Dinsdag 9-uur?"



Wat moet ek doen na huisbesoek?
Ek gaan vir ‘n maand met vakansie,
Moenie vaskyk in finansiële nood nie!
Sal jy assebblief
My plantjies water gee???





Hoe kan diakens mekaar help?
Hulp met dinge soos vervoer?
Hulp op ander terreine.
Deurgee van verskillende behoeftes.
Lidmate mobiliseer.




Let op na vreemde gesigte tydens kollekte
onder die diens en by die deure.
Onthou voor die diens.
Onthou teedrink.
Onthou die besoekersboek.