Dit Stuur Reg Op Jou Af 2

Download Report

Transcript Dit Stuur Reg Op Jou Af 2

Dit stuur reg op jou af. (deel 2) 10. Hoe kan ons weet of ons die heel laaste dae van die wêreld se geskiedenis bereik het ? Beskryf die Bybel vir ons presies hoe die wêreld en sy mense daar uitsien net voor die einde ?

Antwoord: Ja,gewis. Kyk na die volgende spesifieke tekens van die laaste dae. Jy sal verstom wees. En hierdie is maar net ‘n paar van die baie, baie positiewe bewyse dat ons die einde van alles vinnig nader.

1. Stryd tussen kapitaal en arbeid

Jak. 5:4,8 “Kyk, die loon van die arbeiders wat julle lande afgeoes het, wat deur julle agtergehou is, roep uit: en die geroep van die maaiers het gekom tot in die ore van die Here…… Julle moet ook geduldig wees…..want die wederkoms van die Here is naby.” Probleme tussen kapitaal en arbeid is voorspel vir die laaste dae.

Koerante, televisie en die radio basuin dit uit dat dit so is.

2. Oorlogsvoorbereidings

Joël 3:9,10 “Roep dit uit onder die nasies, heilig ‘n oorlog ! ……..laat al die krygsmanne nader kom, opruk ! Smee van julle pikke swaarde…….

laat die swakke sê: Ek is ‘n held.” Die twintigste eeu was ’n eeu van bloed, oorlog, opstand en rebellie soos nooit tevore nie. Daagliks word die wapenwedloop feller – ‘n teken dat die einde voor die deur is.

3. Ontwapeningspraatjies.

1 THES. 5:3,4 “Want wanneer hulle vir julle sê: Vrede en veiligheid – dan oorval ‘n skielike verdef hulle soos die barensnood ‘n swanger vrou……..Maar julle, broeders is nie in duisternis, dat die dag julle soos ‘n dief sou oorval nie.” Die nasies is bevrees en hulle soek naarstig na vrede en hulle praat vrede en veiligheid. Hulle wil die gevreesde kernwapens hokslaan, maar die gevaar en die vrees word elke dag groter. Dit is gewis ‘n teken dat die einde hier is.

Joël 3:11,12 “Haas julle en kom aan. Alle nasies rondom en versamel julle....... Die nasies moet hulle klaarmaak en optrek

.”

Die Bybel het voorspel dat die slapende heiden-nasies of -lande wakkergemaak sou word voor die einde van die wêreld. Ons sien dit.Rusland, Rooi China, Japan en die skielike ontwaking van die baie lande van Afrika en Asië is verdere bewys dat ons by die laaste dae van hierdie aarde se geskiedenis gekom het. Is dit nie so dat alle nasies hulle versamel nie ?

5. Vermeerdering van kennis.

Dan. 12:4 “tot die tyd van die einde toe………..die

kennis sal vermeerder.” Selfs die ongelowigste Thomas moet erken hierdie teken het in vervulling getree in ons eeu. Daar word gesê dat 80% van die totale kennis op aarde in die afgelope tien jaar voortgebring is, en dat 90 % van alle wetenskaplikes wat ooit geleef het, vandag leef.

6. Onrus, vrees en opstand.

Lukas 21:25,26 “En daar sal tekens wees aan son en maan en sterre, en op die aarde benoudheid van nasies in hulle radeloosheid, wanneer see en branders dreun, en mense se harte beswyk van vrees en verwagting van die dinge wat oor die wêreld kom. Want die kragte van die hemele sal geskud word.

Dit klink amper of ‘n mens hierdie woorde uit ‘n hoofberig in ‘n koerant lees. Gee dit nie ‘n volmaakte prent van toestande in die wêreld vandag nie ? En wat vertel dit vir ons? Ons leef in die sterwensuur van hierdie wêreld. Die spanning en vrees en beklemming om ons moet ons nie verbaas bie. Jesus het dit vooruitgesien. Dit sê vir ons die einde is hier.

7. Plesiernajaging.

2 Tim.3:1,2,4 ……in die laaste dae……sal mense……. Meer liefhebbers van genot as liefhebbers van God wees. “ Die wêreld het plesier mal geword.Net

omtrent 2% van die inwoners van ons groot stede besoek die kerk gereeld, maar vermaaklikheidsplekke word oorstroom van mense.

Miljoene rande word op plesier uitgegee teenoor sente vir die Here se diens. As liefhebbers van genot bring ons miljoene ure voor die televisiestel deur.

Is dit nie ‘n direkte vervulling van 2 Tim.3:4 nie ?

Opmerking: In 2Tim. 3 noem die Bybel 19 sondes om die mense te beskryf wat die laaste geslag op aarde is. Lees die hoofstuk in die Bybel, en vanaand as jy die koerant lees, kyk of dit nie ‘n vervulling van hierdie profesie is nie.

Beskryf hierdie hoofstuk nie die moderne mens volkome nie?

Watter ernstige gedagte !

8. Onmatigheid en liggaamlike agteruitgang Eseg. 16: 49,50 “Kyk, dit was die ongeregtigheid van jou suster Sodom: In trotsheid, oorvloed van brood en sorgelose rus het sy en haar dogters geleef, maar sy het die hand van die arme en behoeftige nie versterk nie En toe hulle hoogmoedig was en gruwelikheid voor my aangesig bedryf het, het Ek, toe Ek dit sien, hulle weggeruim.”.

Ledigheid, gemaksugtigheid, onmatigheid, trotsheid, oorvloed van brood – alles is gewisse tekens van ons Here se spoedige terugkeer.

Ongeveer een derde van die ryk, Westerse beskawing ly aan of geestelike of liggaamlike kwale en gebreke.

9.Sedelike verval – geestelike agteruitgang.

2 Tim. 3:1 5 “Want die mense sal liefhebbers van hulleself wees, sonder natuurlike liefde…..bandeloos, wreed, sonder liefde vir die goeie….. Mense wat ‘n gedaante van godsaligheid het, maar die krag daarvan verloën het Europa, Suid-Afrika, Amerika – almal verkeer in ‘n geweldige krisis. Jy lees dit, jy sien dit, jy hoor dit. Mense word aangerand en ontvoer en doodgeskiet. Al meer skoomeisies word swanger.

Pornografie is oral te kry. Verhale van prostitute en dwelmverslaafdfes verkoop soos soetkoek; selfmoord word die populêre manier van probleme oplos., egskeidings laat miljoene kinders weerloos.

Tabak, alkohol en dwelmstowwe tel hulle prooi by die miljoene. Die hele mensdom skyn behep te wees met seks en sy aanbidding. Die kerke mag groei In ledetal, maar bestaan die godsdiens nie merendeels uit ‘n GEDAGTE VAN GODSALIGHEID NIE ? NIKS MINDER AS DIE KOMS VAN JESUS KAN DIE VLOEDGOLF VAN BOOSHEID STUIT WAT OOR DIE AARDE STROOM NIE.

10. Aardbewings, storms en hongersnood.

|

Lukas 21:11 “En daar sal groot aard bewings, op verskillende plekke wees en hongersnode en pessiektes.”

Aardbewings, orkane en oooorstromings neem toe soos nooit tevore nie. En op hierdie oomblik is 1/3 van die wêreld honger en ondervoed.Duisende sterf daagliks van honger. Al hierdie dinge is verdere bewyse dat ons in die laaste uur leef.

11. Stygende wetteloosheid, bloedstollende misdade en geweld .

Mat,24:12 “Die ongeregtigheid sal vermeerder” 2 Tim.3:13 “Maar goddelose mense en bedrieërs sal gaan van kwaad tot erger.” Eseg.7:23 “Die land is vol bloedgerigte en die stad is vol geweld.” Dit is alte duidelik dat hierdie teken vervul is. Misdaad en wetteloosheid neem skokkend toe; trouens, teen ‘n tempo vier keer groter as die aanwas van die mensdom. Mense is besorgd oor die voortbestaan van die beskawing, want misdaad golf onstuitbaar voort. Wie kan dit keer ?

12 Spotters en sogenaamde Christene wat al meer Bybelwaarhede verwerp.

2 Pet.3:3 5 “Dit moet julle veral weet, dat daar aan die einde van die dae spotters sal kom sal kom wat volgens hulle eie begeerlikhede wandel en sê: Waar is die belofte van sy wederkoms ? Want vandat die vaders ontslaap het, bly alles soos dit was van die begin van die skepping af.want

moedswillig vergeet hulle dat daar van lankal af hemele was en ‘n aarde wat uit water en deur water ontstaan het deur die woord van God.” 2 Pet.3:9,10, Die Here vertraag nie die belofte sommige dit vertraging ag nie, maar Hy is lankmoedig oor ons en wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal,tot bekering moet kom. Maar die dag van die Here sal kom soos ‘n dief in die nag, waarin die hemele met gedruis sal verbygaan, en die elemente sal brand en vergaan, en die aarde en die werke wat daarop is, sal verbrand.”

2 Pet 3:17” Noudat julle dit dan vooruit weet, geliefdes, moet julle op julle hoede wees dat julle nie miskien meegesleep word deur die dwaling van sedelose mense en wegval uit jul eie vastigheid nie.” 2 Tim.4:3,4 “Want daar sal ‘n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreeel wil wees, vir hulle ‘n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede, en die oor sal afkee van die waarheid en hulle sal wend tot fabels.” Dit is nie vandag moeilik om die vervulling van die spesifieke profesie te sien nie. Voorbeelde is volop. Sommige kerkleiers ontken selfs die duidelike Bybelse leer van die skepping, die sondvloed, die Godheid van Christus, die wederkoms en baie ander Bybelse waarhede.

13. ‘n Terugkeer na spiritisme.

1 Tim.4:1 “Maar die Gees sê uitdruklik dat in die laaste tye sommige van die geloof afvallig sal word en verleidende geeste en leringe van duiwels sal aanhang.”

OP.16:14 “ Want dit is Geeste van duiwels.”

OP. 16:14 “Want dit is die geeste van duiwels…….” Die duiwelgevulde leringe van spiritisme rol soos ‘n orkaan oor die aarde. Spiritisme het die kerke binnegesluip onder die valse leer van die onsterflikheid van die siel. Die Bybel sê die dode is dood.

14.’n Spesiale Boodskap Voor die Einde en wat Die Hele Wêreld Moet Bereik.

Mat.24:14 “En hierdie evangelie van die koninkryk sal verkondig word in die hele wêreld tot ‘n getuienis vir AL die nasies, en Dan SAL DIE EINDE KOM.” Die groot en plegtige laaste waarskuwingsboodskap dat Jesus spoedig gaan kom, word in meer as 900 tale verkondig.

Voordat Jesus op die wolke verskyn, sal elke mens op die aarde daarvan hoor. Mense sal alleenlik verlore wees as hulle daardie boodskap verontagsaam.

15. Die ekumeniese beweging.

Jes. 2:2 4 “En aan die einde van die dae sal die berg van die huis van die Here vasstaan…..En baie volke sal heengaan en sê….dat Hy ons sy weë kan leer……nie meer sal nasie teen nasie die swaard ophef nie……..” Die politieke wêreld skreeu: Staan saam ! En wat moet nie alles onder dieselfde sambreel saamstaan nie ? Net so ook op die godsdienstige terrein. Die kreet is om eenheid, dit maak nie saak hoe uiteenlopend daar geglo word nie Waarheid en leuen moet EEN wees, sodat daar vrede en veiligheid mag wees. Verlang God so ‘n bont eenheid, of verlang Hy gehoorsaamheid ? Die nasies en die gevalle kerke wat die Bybel opsy stoot ter wille van hulle tradisies, sal mekaar ondersteun in die laaste dae om oorloë te verban en om met

lippetaa

l en

wonders

en

tekens

terug te keer na die Here.”

Die duiwel bedrieg die mensdom deur hulle te verseker dat dit vrede op aarde sal bewerkstellig.

Maar die Here sê: 1 Thes. 5:3 “Want wanneer hulle sê: Vrede en veiligheid – dan oorval ‘n skielike verderf hulle…..

Vers 2 sê

wanneer

dit sal gebeur, naamlik by die weder Koms van Jesus.

Alta strydom