DIT STUUR REG OP JOU AF… en jy sal nie kan voorbly nie. Nee, dit is nie ‘n kernontploffing nie! Dit.

Download Report

Transcript DIT STUUR REG OP JOU AF… en jy sal nie kan voorbly nie. Nee, dit is nie ‘n kernontploffing nie! Dit.

DIT STUUR REG OP JOU AF… en jy sal nie kan voorbly nie.
Nee, dit is nie ‘n kernontploffing nie! Dit is baie erger as dit.
En dit is oppad ! DAAR BESTAAN GEEN TWYFEL DAAROMTRENT NIE.
DIE Bybel praat daarvan 1 518 keer ! En JY sal dit in die gesig MOET kyk.
Dit is die skouspelagtige, kolossale gebeurtnis van alle eeue – die wederkoms
van Jesus na hierdie planeet toe..- Dit sal nie help om daarvan te probeer weg
hardloop nie. DIT SAL JOU INHAAL.
En dit sal ook nie help om jou oe daarvoor te probeer sluit nie.DIT SAL NIE
WEGGAAN NIE. Dit kom. Waarom dit dan nie in die gesig kyk nie. ? Neem
20 min. om hier te lees. Wie weet, dit is dalk jou belangrikste 20 min. ooit.
1. Kan ons absoluut seker wees? Sal Jesus ‘n tweede
keer na hierdie planeet toe kom ?
Heb.9:28 “So sal Christus ook
nadat Hy een maal
geoffer is om die sondes van baie
weg te neem, vir die tweede
maal sonder sonde verkyn aan die
wat Hom verwag tot saligheid.”
Joh.14:3 “As Ek gegaan en vir
julle plek berei het, kom Ek weer.”
Antw: Ja ! In Matt.26:64 het Jesus onder eed gtuig dat Hy weer na hierdie
planeet toe sou terugkeer. Aangesien die Skrif nie gebreek kan word nie
(Joh. 10:35 ) is Jesus se woorde finaal.Hy gaan kom uit die ruimtes.
Glo dit. Dit is Jesus se belofte.
2. Op watter wyse sal Jesus uit die hemelruimtes kom ?
Hand.1;9-11 “Hy (is) opgeneem terwyl hulle dit sien; en ‘n wolk
het Hom voor hulle oë weggeneem. En toe hulle nog stip na die
hemel kyk terwyl hy weggaan, staan daar twee manne in wit klere
by hulle wat sê: Galilese manne, waarom staan julle en kyk na
die hemel ? Hierdie Jesus wat van julle opgeneem is in die
hemel,
sal net so kom soos julle hom na die hemel sien wegvaar het.”
Antw: Die Bybel sê duidelik dat Jesus net so sal kom soos wat Sy
dissipels Hom sien weggaan het – op sigbare, letterlike, liggaamlike,
Persoonlike wyse.
Matt.24;30 “En die Seun van die mens sien kom op die wolke
van die hemel met groot krag en heerlikheid.” Hy sal op die wolke ,
letterlik , kom as ‘n persoonlike wese met ‘n liggaam van vlees
en been (Lees Lukas 24:36-43,50), en Sy koms sal
sigbaar wees. Hieromtrent is die Skrifte baie beslis.
3. Sal die wederkoms van Christus sigbaar wees vir alle mense,
of net ‘n spesiale groep ?
Op.1:7 “Kyk, Hy kom met die wolke, en elke oog sal Hom sien.”
Mat 24:27 “Want soos die weerlig uit die
ooste uitslaan en tot in die weste skyn, so
sal ook die koms van die Seun van die
mens wees.”
Antw: Elke man, vrou en kind wat leef
wanneer Jesus kom, sal Hom SIEN by
Sy wederkoms. Die verblindende
drievoudige heerlikheid van Sy koms
(Luk.9:26) sal van horison tot horison strek,
En die atmosfeer sal vol van Gods heerlikheid
wees soos weerlig die hemelruim vul. Niemand
kan wegkruip daarvoor nie. Elke mens wat
lewe sal gedwing word om Christus te sien. Die
Bybel is so duidelik hieromtrent dt niemand
dit kan wegredeneer nie.
Opmerking: DIE GEHEIME WEGRAPING wat vandag
so wydverspreid verkondig word, is nie in die Bybel nie.
Dit is ‘n uitvindsel van mense. Die wederkoms is ook nie
‘n geestelike koms tydens bekering nie. Dit vind ook nie plaas
by ‘n mens se sterfbed nie. Dit is ook nie figuurlik nie..
Dit het ook nog nie plaasgevind nie. Hierdie is almal teorieë
van die mens. Die wederkoms gaan ‘n letterlike,wêreldwye,
sigbare,persoonlike verskyning van Jesus op die wolke wees
om die wêreld tot ‘n einde te bring en om alle mense te straf
of beloon. (Openb. 22;12)
4. Wie sal saam met Jesus uit die ruimtes
kom en hoekom ?
Antw: Al die engele van die hemel sal saam met Jesus
uit die hemel kom. Namate hulle die aarde nader, sal Jesus hulle
uitstuur om Sy kinders met harde trompetgeluid bymekaar te
maak vir hulle reis na die hemel toe.
Matt.25:31 “Wanneer die Seun van die mens in Sy heerlikheid kom
en al die heilige engele saam met Hom,
dan sal Hy op sy heerlike troon sit.”
Matt.24:31 “En Hy sal sy engele
uitstuur met harde trompetgeluid,
en hulle sal sy uitverkorenes versamel
uit die vier windstreke, van die een einde
van die hemele af tot die ander einde
daarvan.
5. Wat is die doel van Jesus se terugkeer na hierdie planeet toe ?
Antw; Jesus kom binnekort terug na ons toe om Sy kinders te beloon,
soos Hy beloof het, en om hulle na hulle pragtige tuiste te neem wat Hy
gaan voorberei het vir hulle.Hy sal weer die heerlikheid en die vreugde
instel wat Adam en Eva in Eden geniet het.Sy koms sal die einde van hierdie eeu
van sonde en onreg beteken.
Op.22:12 “En kyk, Ek kom
gou en my loon is by My,
om elkeen te vergeld
soos sy werk sal wees.
Joh.14:3 “Ek (kom)
weer en sal julle na
My toe neem, sodat
Julle ook kan wees
Waar ek is.”
Hand.3:20,21 “En Hy Hom mag stuur….Jesus Christus……..wat die hemel moet
ontvang tot op die tye van die wederoprigting van alle dinge.”
6. Wat sal met die kinders van God gebeur
wanneer Jesus vir die tweede keer verskyn ?
Die regverdige dode sal uit hulle grafte
voortkom en volmaakte, onsterflike
liggame gegee word. Hulle sal die Here
tegemoed gaan in die lug. Dan sal die
lewende regverdiges ook verheerlikte liggame ontvang en
ook opgaan die Here tegemoet in die lug. Jesus sal dan al Sy
kinders hemel toe neem.
Let op dat Jesus nie die aarde aanraak by Sy koms nie.Die heiliges
ontmoet Hom “in die lug.” Derhalwe sal Gods kinders, voor Sy sigbare
koms, alle berigte dat Hy in New York of Londen of Kaapstad, ens. Is,
ignoreer. Valse christusse sal verskyn en wonderwerke verrig (Matt.24:23-27)
Maar Jesus sal bokant die aarde bly wanneer Hy kom.
1 Thes.4;16,17 “want die Here self sal
Van die hemel neerdaal……..en die wat
in Christus gesterf het, sal eerste opstaan. Daarna
sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke
Weggevoer word die Here tegemoet in die lug.”
1 Kor. 15:51-53 “Ons sal almal
verander word…….en die
dode sal onvergangklik
opgewek word…….en hierdie
sterflike moet met
onsterflikheid beklee word.”
Fil.3:20, 21 “Die Here Jesus
Christus, wat ons vernederde
liggaam van gedaante sal
verander om gelykvormig te
word aan sy verheerlikte
liggaam.”
7. Wat sal met die sondaars gebeur wanneer
Jesus weer kom ?
2 Thes. 2: “Dan sal die ongeregtige geopenbaar word,
hy wat die Here, met die asem van sy mond sal verdelg
en deur die verskyning van sy wederkoms tot niet sal maak.”
Antw:
Die sondaars sterf almal deur die heelikheid van Jeus se koms.
nie een kan Hom sien en bly leef nie.
8. Hoe sal die koms van Jesus die aarde self be-invloed ?
Antw: Die aarde word vasgegryp deur ‘n
geweldige aardbewing
by Jesus se koms. Hierdie aardbewing
sal so ontsettend wees
dat elke huis en stad daardeur platgevee
word. Alles op aarde
word ‘n puinhoop.
Op.16:18, 20 “Daar het ‘n groot aardbewing gekom
soos daar nog nie gewees het vandat die
mense op die aarde was nie – so ‘n geweldige
groot aardbewing.” “En alle eilande het gevlug,
en berge is daar nie gevind nie.”
Jer.4;26 “Ek het gekyk, en die land van tuine was ‘n
woestyn, en al sy stede was afgebreek voor die Here.”
Jes.24:1,3 “ Kyk,die Here maak die aarde leeg en verwoes dit, en Hy keer
sy oppervlakte om en verstrooi sy bewoners.”
9. Gee die Bybel vir ons duidelike aanwysings oor hoe naby
die koms van Jesus werklik is ?
Antw: Ja, dit gee ! En Jesus het self gesê: Mat.24:33 “So weet julle ook ,
wanneer julle al hierdie dinge sien, dat dit naby is, voor die deur.”
Oral langs die pad het Jesus tekens geplaas om ons te vertel
hoe ver die einde nog is, Hier volg ‘n lys van die padtekens.
kyk sorgvuldig daarna.
Profesie: Mat.24:2,16 “Daar sal hier
sekerlik nie een klip op die ander gelaat
word, wat nie afgebreek sal word nie.”
“Dan moet die wat in Judea is,
na die berge vlug.”
Vervulling: Jerusalem is in 70 n.C deur Titus verwoes.
B. ‘n Groot Vervolging of Benoudheid sou kom.
Profesie: Matt. 24:21 “Want dan sal daar groot verdrukking wees soos
daar van die begin van die wêreld af tot nou toe nie gewees het nie.”
Vervulling: 538 – 1798 n.C Hierdie groot en lang tydperk van
vervolging is deur die afvallige kerk begin en het deur die
Duistere Middeleeue geduur. Dit was vir langer as ‘n duisend jaar !
Meer as vyftig miljoen kinders van God is om die lewe gebring
in hierdie groot benoudheid.
C. Die Son het Swart geword.
Profesie: Matt.24:29 :En dadelik na die verdrukking van daardie
dae sal die son verduister word
Vervulling: Op 19 Mei 1780 het hierdie donker dag
aangebreek. Daar was geen natuurlike oorsaak vir
hierdie swartword van die son nie. Dit was nie ‘n
gewone verduistering nie. Die sterrekundiges
bevestig dit. Dit het gebeur en is ‘n historiese feit !
D. En die Maan sal in Bloed V.erander
Profesie: “Die son sal verander word in duisternis en die
maan in bloed, voordat die groot en deurlugtige dag van
die Here kom.” Joël 2:31
Vervulling: Op die aand van die Donker Dag, 19 Mei 1780
was die maan rooi soos bloed. Die geskiedenis bevestig
hierdie feit.
Profesie: Matt.24:29 “En die sterre sal van die hemel val.”
Vervulling: In die nag van 13
November 1833 is hierdie teken
vervul. Daar was so ‘n sterrereën
dat ‘n koerant op straat in die
sterrelig gelees kon word. Mense het
geskreeu dat die einde
gekom het. Hoe verbasend: Die
juistheid van die voorspelling
van Jesus self. Die sterrereën was
gewees.
F. En Dan ? Jesus verskyn
op die wolke.
Profesie: Matt.24:30 “En dan sal
die teken van die Seun van die
mens in die hemel verskyn, en al
die stamme van die aarde sal rou
bedryf en die Seun van die mens
Sien Kom op die wolke van die
hemel met groot krag en
Heerlikheid.”
Vervulling: Dit is die volgende
groot gebeurtenis. Is jy reg ?
Jaartal ? ? ? ? ? ?
(vraag 10 sal vervolg word.)
11. Presies HOE NABY is die Here se verskyning op die wolke ?
Antw; Die Bybel is baie duidelik op hierdie punt. Die tekens is ongeveer
almal vervul.Ons weet nie presies op watter dag en uur die Here sal kom
nie. (Matt.24:36), maar dis moontlik dat ONS DIE LAASTE GESLAG
MENSE IS WAT OP HIERDEIE SONDIGE AARDE WOON.Die tyd is verby..
God gaan Sy evangelie haastig laat spoed na die uiteindes van die
aarde (lees Rom. 9:28).GAAN JESUS IN ONS DAG NA DIE AARDE TOE
TERUGKEER OM SY KINDERS TE KOM HAAL EN IS JY REG DAARVOOR ?
Matt.24;32-34 En leer van die
vyeboom hierdie gelykenis; Wanneer
sy tak al sag word en sy blare
uitbot, weet julle dat die somer
naby is. So weet julle ook, wanneer
julle al hierdie dinge sien, dat dit naby
is, VOOR DIE DEUR.
Voorwaar Ek sê vir julle, hierdie geslag
sal sekerlik nie verbygaan voordat AL
hierdie dinge gebeur het nie.”
12. Die satan versprei baie valshede aangaande Jesus se wederkoms
en met leuens en wonders gaan hy miiljoene bedrieg. HOE KAN EK
SEKER MAAK DAT EK NIE BEDRIEG SAL WORD NIE ?
Antw; Die satan doen alles in sy vermoë om die mens te bedrieg omtrent
Jesus se wederkoms. Hy verlei miljoene om te glo en te verkondig dat Jesus
alreeds gekom het, of dat Hy op ‘n ander manier sal kom as wat die Bybel
voorspel het. Jesus het geweet , en hy het ons vooruit gewaarsku.
Mat.24:4 “Pas op dat niemand julle mislei nie.”
V26. Jesus sê Hy sal nie in die woestyn
of in die binnekamer verskyn nie. Sy
koms sal soos die weerlig wees wat van
oos tot wes skyn. Vra jouself elke keer
en gedurig af: WAT Sê DIE BYBEL VAN
SY KOMS ? Net diegene wat weet en
wat glo wat die Bybel sê, sal nie deur die
satan bedrieg word nie.
Mat.24:24 “EN hulle sal groot tekens en wonders doen om, as dit
moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei.”
Op.16:4 “Want dit is geeste van duiwels wat tekens doen
Jes. 8:20 “Tot die wet en die getuienis ! As hulle nie spreek volgens
hierdie woord nie, is hulle ‘n volk wat geen dageraad het nie.”
13. Hoe kan ek seker wees dat ek gereed sal wees wanneer Jesus verskyn?
Antw: Jesus sê: “Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem
stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en saam met
Hom maaltyd hou, en hy met My.”- Op.3;20
Deur die Heilige Gees en my gewete klop die Here aan my deur en vra om
in te kom. Hy wil inkom en Hy wil wat verkeerd is, regmaak. As ek my oorgee
aan Hom, vergewe Hy my al my sondes van die verlede (Rom.3:25). Dan gee
Hy my die krag om vir Hom te leef.( Joh.1:12 )
Hy skenk Sy geregtigheid aan my as ‘n vrye gawe sodat ek onbevrees
voor ‘n heilige God kan staan by Sy koms. Met Jesus aan my sy word dit
‘n vreugde om Sy wil te doen. Dit is so eenvoudig dat baie nie kan glo
dis werklik so nie. My deel is net om myself aan Hom te gee. Sy deel is
om die wonderwerk in my lewe te verrig wat my hele lewe verander en wat
my voorberei vir sy wederkoms. Dit is Sy geskenk aan my. Ek moet dit net
aanneem.
Joh.1:12 “Ek sal hom wat na My
Toe kom nooit uitwerp nie.”
Joh 1:2” ”Maar almal wat Hom
aangeneem het aan hulle het
Hy mag gegee om
Kinders van God te word.”
Heb.8:10 “Ek sal my wette in hulle
verstand gee en dit op hulle hart
Skrywe.”
1Kor. 15:57 “Maar God sy dank, wat ons die oorwinning
gee deur onse Here Jesus Christus.”
14. Teen watter groot gevaar waarsku Jesus my ?
Antw: daar bestaan ‘n wesenlike gevaar dat die sorge en die
Dinge van hierdie lewe ons so besig kan hou, dat ons te besig is
om die voorbereiding te tref vir die GROOTSTE VAN ALLE GEBEURE.
As dit ons onvoorbereid
moet oorval, is ons verlore.
Dit gaan miljoene se dilemma
wees.Hulle het nie voorberei
nie. Hoe lyk dit met jou ? Jesus
gaan in HIERDIE DAE terug kom aarde toe.
Is jy reg daarvoor ? Niks anders is van so ‘n groot
belang nie.
Mat.24:44 “Daarom moet julle ook gereed wees,
want die Seun van die mens kom op ‘n uur dat
julle dit nie verwag nie.”
Luk.21 :34 “Maar pas op vir julleself, dat julle harte
nie miskien beswaar word deur swelgery en
dronkenskap en sorge van die lewe nie, en die
dag julle nie skielik oorval nie.”
Luk.21:36 :Waak dan en bid altyddeur,
sodat julle waardig geag mag word.”
word vervolg
Alta strydom
Geneem uit: Verbasende feite (SDA)