Wysiging van Artikel 1 van die Kerkorde

Download Report

Transcript Wysiging van Artikel 1 van die Kerkorde

Wysiging van Artikel 1
van die Kerkorde
NG Kerk Wynberg
10 Augustus 2014
Verwelkoming van ons twee
ringsverteenwoordigers
Johan Marx van Rondebosch
Andries Steyn van Constantia
Waaroor gaan dit?
Hoe die Belydenis van Belhar
op ’n kerkordelike wyse deel van die
NG Kerk se belydenisgrondslag gemaak word
Wat is die Belydenisgrondslag?
• Wat die kerk oor die leer van die Bybel bely
• Slegs een kriterium:
Stem dit ooreen met wat die Bybel leer?
Besluitneming in ’n gees van
• gebed
• onderskeiding van die wil
van God
• wedersydse respek
• liefde
Hoe?
• op niemand afgedwing
• geen lidmaat word
uitgesluit
Gewysig om so te lees:
1. Die Nederduitse Gereformeerde Kerk is gegrond op
die Bybel as die heilige en onfeilbare Woord van God.
2.1 Die leer wat die Kerk in ooreenstemming met die
Woord van God bely,
word verwoord in die ekumeniese belydenisse,
naamlik die Apostoliese Geloofsbelydenis, die
Geloofsbelydenis van Nicea en die Geloofsbelydenis
van Athanasius;
en die Drie Formuliere van Eenheid, naamlik die
Nederlandse Geloofsbelydenis, die Heidelbergse
Kategismus en die Dordtse Leerreëls.
2.2 Die Belydenis van Belhar is deel van die
belydenisgrondslag van die Kerk, op so ’n wyse dat
daar ruimte is
• vir lidmate, ampsdraers en vergaderinge wat dit
as in ooreenstemming met die Woord van God
bely,
• sowel as vir lidmate, ampsdraers en vergaderinge
wat dit nie as ’n belydenisskrif onderskryf nie.
Lidmate kan ja stem indien:
• hulle oortuig is dat die Belydenis van Belhar klop
met wat die Bybel oor versoening, eenheid en
geregtigheid leer,
en ruimte wil gee aan diegene wat nie hulle
oortuiging deel nie;
• hulle oortuig is dat die Belydenis van Belhar klop
met wat die Bybel oor versoening, eenheid en
geregtigheid leer,
maar nie kans sien om dit as deel van die kerk se
belydens te aanvaar nie
en ruimte wil gee aan diegene wat dit wel as deel
van die belydenis wil aanvaar;
• hulle van mening is dat die Belydenis van Belhar nie
klop met wat die Bybel oor versoening, eenheid en
geregtigheid leer nie,
maar ruimte wil gee aan diegene wat dit wel so
wil aanvaar.
Lidmate kan nee stem indien
• hulle die voorstel op grond van hul oortuigings
onaanvaar vind;
• dit vir hulle ’n probleem is om ruimte te gee
aan lidmate wat nie die Belydenis van Belhar
wil aanvaar nie;
• dit vir hulle ’n probleem is om ruimte te gee
aan lidmate wat wel die Belydenis van Belhar
as deel van ons kerk belydenis wil aanvaar
Hoe werk die stemproses?
Stap 1:
Die kerkraad kom vir ’n amptelike vergadering op 20
Augustus bymekaar om oor die volgende te besluit:
1.1 Wanneer hulle die proses in die gemeente wil laat
plaasvind.
1.2 Of hulle die stemproses deur
1.2.1 ’n Gemeentevergadering,
1.2.2 In stembusse oor ’n tydperk van vier (4) weke,
1.2.3 Of deur beide ’n gemeentevergadering én stembusse
wil laat plaasvind.
1.3 Hoe hulle die verifikasieproses* van lidmate wat
stem, gaan hanteer.
Stap 2:
• Die kerkraad maak dan by hierdie vergadering
of by ’n volgende vergadering ’n AANBEVELING
wat aan die gemeente oorgedra word:
• JA vir die wysiging van Kerkorde artikel 1 of NEE
indien hulle nie wil wysig nie.
Stap 3:
• Die aanbeveling, plus hoe die stemming gaan
plaasvind, word dan aan die gemeente bekend
gemaak.
24 Augustus 31 Augustus
7 September, 14 September
Stap 4:
Die stemming vind plaas by gemeentevergadering op
Sondag, 21 September net na die 09:30 diens
Slegs belydende lidmate van ons gemeente mag stem.
Stap 5:
Na die stemming word die stemme onder toesig van
twee (2) lede van die ring getel
Stap 6:
Dan vergader die kerkraad weer om hul BESLUIT te
neem
Sondag, 21 September net na stemtelling
Stap 7:
• Die kerkraad se besluit word dan aan die gemeente
bekend gemaak vir approbasie. (28 Sep en 5 Okt)
• Dit beteken nie dat die gemeente die kerkraad se
besluit nou kan teenstaan indien dit van hulle s’n
verskil nie. Approbasie is bloot ’n proses wat seker
maak dat die kerkordelike proses korrek was.
Stap 8:
Indien geen beswaar teen die proses gemaak word
nie, word die besluite van die gemeentelede en die
kerkraad dan aan die ring gestuur.
Voorstel 1
Die Kerkraad besluit om die instemming van die
gemeente te verkry vir die Kerkraad se voorstel dat
die voorgestelde nuwe artikel 1 van die Kerkorde by
die volgende kerkraadsvergadering GOEDGEKEUR
word.
• JA vir die wysiging van Kerkorde artikel 1
• of NEE indien ons dit nie wil wysig nie.
Voorstel 2
Die Kerkraad besluit dat die stemproses
• deur ’n gemeentevergadering
• op 21 September 2014 net na die 09:30
erediens
sal plaasvind