Transcript Document

Proses van
wysiging van
Artikel 1
van die Kerkorde
Algemene Sinode 1998/2003
Die Algemene Sinode
aanvaar dat die
Belydenis van Belhar
op sigself genome
nie met die
drie formuliere van eenheid
in stryd is nie.
Algemene Sinode 2011
Die Algemene Sinode
besluit dat hy van voorneme is
om die
Belydenis van Belhar
op kerkordelike wyse
deel van die NG kerk se
belydenisgrondslag
te maak...
Algemene Sinode 2011
... en dra dit aan die
Moderamen op
om die nodige
kerkordelike prosesse
hiervoor in werking te stel.
Moderamen van Alg Sinode
voer sy opdrag uit
Die voorstel word gemaak dat
die Alg Sin Artikel 1 van
Kerkorde wysig.
Algemene Sinode 2013
Voorstel: Wysig Artikel 1 na:
(1) Die Nederduitse Gereformeerde
Kerk is gegrond op die Bybel
as die heilige en onfeilbare
Woord van God.
(2.1) Die leer wat die Kerk
in ooreenstemming met die Woord van
God bely, word verwoord in die
ekumeniese belydenisse, naamlik die
I) Apostoliese Geloofsbelydenis,
II) die Geloofsbelydenis van Nicea
III) en die Geloofsbelydenis van
Athanasius;
en die drie
Formuliere van Eenheid,
naamlik die
Nederlandse Geloofsbelydenis, die
Heidelbergse Kategismus en die
Dordtse Leerreëls.
(2.2) Die Belydenis van Belhar
is deel van die belydenisgrondslag
van die Kerk,
op so ’n wyse
dat daar ruimte is vir ...
dat daar ruimte is vir ...
lidmate, ampsdraers en
vergaderinge wat dit as in
ooreenstemming met die Woord
van God bely, sowel as vir lidmate,
ampsdraers en vergaderinge wat
dit nie as ’n belydenisskrif
onderskryf nie.
Wat impliseer die verandering oor
die Belydenis van Belhar?
Die opname van die Belydenis
van Belhar in die
belydenisgrondslag van die Kerk
word so gedoen dat dit op
niemand afgedwing word nie.
Geen lidmaat word dus daardeur
van die Kerk uitgesluit nie.
Lidmate wat nie die belydenisskrif
wil onderskryf nie, behou hulle
volle lidmaatskapregte. Die
belydenisskrif word ook op geen
kerkvergadering afgedwing nie.
Hierdie besluit is met ‘n groot
meerderheid op Alg Sin 2013
aanvaar en was aanvaarbaar vir
alle partye – ook vir die wat nie
Belhar as belydenis wil aanvaar
nie. Die besluit is so geformuleer
dat dit vir almal ruimte gee! Die
Alg Sin het al die sinodes,
kerkrade en lidmate versoek om
dit nou ook so goed te keur.
Hoe moet dit nou in praktyk
gebeur?
Die Kerkorde skryf ‘n proses voor
wat nougeset gevolg moet word!
Kerkorde, Artikel 44.1
Die wysiging van die Belydenis
kan alleen geskied
nadat elke sinode
afsonderlik met ’n
tweederdemeerderheid
én twee derdes van alle kerkrade
elk met ’n tweederdemeerderheid
ten gunste daarvan besluit het.
Reglement 24 van Kerkorde
Reg 24 bepaal: Vir ‘n kerkraad om
tot sy tweederde besluit te kom,
moet hy die gemeente ken in die
saak. Vir hierdie doel moet daar ‘n
stemproses in gemeentes gehou
word.
Die gemeente adviseer dus die
kerkraad in sy keuse.
Vir normale sake stem slegs die
kerkraad –
Hoekom moet gemeentes se
mening nou ook gekry word?
Gemeente moet ook stem, want ....
1. Alg Sinode 2003 het onderneem dat
gemeentes se mening ingewin sal
word.
2. Die NG Kerk moet hierdie weg volg,
omdat ons Kerkorde volgens die
Dordtse tradisie funksioneer.
Hiervolgens moet die plaaslike
gemeentes, wat eintlik die kerk op
grond van ’n gemeenskaplike belydenis
konstitueer, geken word wanneer die
belydenisgrondslag gewysig word.
Kan ‘n gemeente buite stemming bly?
* Kerkorde vereis dat elke Kerkraad
moet stem.
* Lidmate mag nie die geleentheid om
mening te gee, ontneem word nie.
* Om wetlikheid van proses te verseker.
Hoe gaan die stemproses werk?
Een van twee metodes:
1. Dit kan gedoen word deur ‘n
gemeentevergadering te hou
en lidmate daar te laat stem.
2. Dit kan ook gedoen word dat
lidmate by die kerkkantoor by
stembus op hulle eie tyd gaan
stem (oor tydperk van 4 weke).
* Elke Kerkraad besluit self hoe hy
dit in gemeente wil doen!
Week 1
Gee kennis:
Kerkraad 1
Week 2
Gee kennis:
Kerkraad 1
Stembus sluit.
Stemme word getel
Kerkraad: proses en voorstel
Week 3
Gee kennis:
Gemeente
Week 7
Gee kennis:
Gemeente.
Stembus oop
Week 7
Gee kennis:
Kerkraad 2
Kerkraad: Finale besluit
Week 8
Approbasie:
Gemeente
Week 6
Gee kennis:
Gemeente.
Stembus oop
Week 4 en 5
Gee kennis:
Gemeente.
Stembus oop
Week 6
Gee kennis:
Kerkraad 2
Week 9
Approbasie:
Gemeente
Week 1
Gee kennis:
Kerkraad 1
Week 2
Gee kennis:
Kerkraad 1
Kerkraad: proses en voorstel
Week 3
Gee kennis:
Gemeente
Gemeente stem oor
Kerkraad se Voorstel
Kerkraad: Finale besluit
Week 7
Gemeentevergadering
Week 6
Gee kennis:
Gemeente
Week 7
Gee kennis:
Kerkraad 2
Week 6
Gee kennis:
Kerkraad 2
Week 8
Approbasie:
Gemeente
Week 4
Gee kennis:
Gemeente
Week 5
Gee kennis:
Gemeente
Week 9
Approbasie:
Gemeente
• 1. Kerkraad besluit wanneer en
hoe.
• 2. Kerkraad maak aanbeveling
(nog nie sy finale besluit nie)
en maak dit aan gemeente
bekend.
• 3. Stemming van gemeente vind
plaas (op een van twee maniere).
• 4. Stemme word in teenwoordigheid
van ringsverteenwoordigers getel.
• 5. Kerkraad vergader weer en neem
aanbeveling van gemeente ter
tafel en neem sy besluit.
• 6. Kerkraad maak sy besluit aan
gemeente bekend – gee tyd vir
approbasie.
• 7. Uitslag word vir Sinode gestuur.
Wat is belangrik om te onthou?
* Elke lidmaat kan slegs stem
indien sy lidmaatbewys by die
gemeente is.
Ringsverteenwoordigers
* By drie geleenthede:
- Twee Kerkraadsvergaderings
- Tel van stemme
Dit is ‘n belangrike saak
* Die besluit van die Kerk raak ons
getuienis na buite en binne.
* Bid dat Here ons na die Woord sal
laat luister.
Hanteer proses positief
* Alg Sinode het sy voorneme
duidelik bekend gemaak en
versoek sy lidmate om dit goed te
keur!