Die Beginner Opvoeder Profiel van ‘n onderwyser wat nie sy gesag kan laat geld nie. Profiel van ‘n aggressiewe onderwyser. Profiel van ‘n onderwyser wat sy gesag kan laat.
Download ReportTranscript Die Beginner Opvoeder Profiel van ‘n onderwyser wat nie sy gesag kan laat geld nie. Profiel van ‘n aggressiewe onderwyser. Profiel van ‘n onderwyser wat sy gesag kan laat.
Die Beginner Opvoeder Profiel van ‘n onderwyser wat nie sy gesag kan laat geld nie. Profiel van ‘n aggressiewe onderwyser. Profiel van ‘n onderwyser wat sy gesag kan laat geld. Konfrontasie met leerders Die toetreding tot ‘n nuwe beroep kan weens die eise wat gestel word vir die beginner nogal oorweldigend wees en daarom is praktykskok so ‘n algemene verskynsel. Die personeel se begrip (hoe gou vergeet ons hoe dit was om nuut te wees) en ondersteuning kan vir die beginneropvoeder baie waardevol wees en effektiewe inskakeling bespoedig. Een van die probleemareas vir die beginneropvoeder is beslis dié van leerderdissipline. Beginneropvoeders begaan dikwels die volgende algemene foute in dié verband: 1. Die beginner wil soms die leerder se maat wees en offer gesonde dissipline op ter wille van gewildheid. Hy/sy wil ‘n “lekker meneer/juffrou” in die oë van die leerders wees. Hierdie ingesteldheid werk nie en moet vermy word. 2. Sommige beginners – dikwels mans – wil grappies maak en snaaks wees om die leerders “aan hul kant” te kry. So ‘n benadering is op die lange duur teenproduktief wat dissipline betref. 3. Die beginneropvoeder – dikwels ‘n jong vrou wat die leerders met deernis benader – dink sy kan nie liefde gee as sy reëls stel en toepas nie. In werklikheid kan sy eers “liefde gee” as die leerders haar respekteer op grond van ‘n duidelike standpunt oor dissipline en die konsekwente toepassing daarvan. As sy bereid is om reëls konsekwent toe te pas met respek vir elke leerder, sal die leerders haar meer geredelik aanvaar as wanneer sy daarvan wegskram. Sy moet onthou: dissipline is liefde. Dit gee die kind ‘n gevoel van veiligheid wat noodsaaklik is vir akademiese werkvermoë en vordering. 4. Die algemeenste fout wat op dissiplinegebied begaan word, is volgens dr. James Dobson die onvanpaste gebruik van frustrasie en woede om kinders se ongewenste gedrag te verander. Hierdie strategie kan die opvoeder duur te staan kom, aangesien dit lei tot ‘n vernietigende verlies aan respek. Die leerders dink (weet!) dat die opvoeder kwaad word omdat hy nie die situasie kan hanteer nie of nie weet wat om te doen nie. 5. Baie beginneropvoeders stel uit om tot aksie oor te gaan. Hulle wil onaangenaamheid voorkom, maar stel daardeur eintlik net die onvermydelike uit. Die beginneropvoeder moet besef dat as hy nie vroegtydig ‘n standpunt teen wangedrag inneem nie, die leerders se menslike natuur hulle sal dwing om hom al verder te dryf ten einde te kan sien waar hy die streep gaan trek. 6. ‘n Beginner dink soms dis eers wanneer sy kwaad is dat leerders luister en reageer. In werklikheid is dit die aksie wat sy eers as sy kwaad is bereid is om uit te voer (bv. Om die belhamel weg te skuif) wat hul gedrag beïnvloed. Die beginner moet hom daarop instel om reëls kalm, sonder ‘n geskree en sonder uitstel, toe te pas. Terselfdertyd behoort die opvoeder ook nie te wag totdat hy so gefrustreerd is dat hy nie anders kan as om te ontplof nie. 7. Sommige beginners dink daar word van hulle verwag om alles te weet en wil nie vrae of met hul dissiplineprobleme na senior opvoeders gaan nie. So ‘n persoon mis waardevolle geleenthede om professioneel te ontwikkel. 8. Ander beginners dink hulle weet reeds genoeg en is nie oop vir die raad van seniors nie. Die beginneropvoeder, soos alle ander beginnerwerkers, staan aan die begin van hul loopbaan. Hulle beskik reeds oor baie vaardighede en kennis, maar dit moet in die praktyk geslyp word. Die beginneropvoeder wat uit die staanspoor besef en aanvaar hy is in ‘n leerproses ten opsigte van sy professionele lewe, is leerbaar (teachable). Hy luister met ‘n oop gemoed na sy mentor/voogonderwyser se opmerkings en probeer dit benut. 9. Die Eltonverslag oor dissipline meld juis dat opvoeders meer leer van hulle eie klaskamervaardighede deur met mekaar te praat as wanneer hulle luister na “deskundiges” se raad. In die lig van dié verslag sal dit sinvol wees vir die beginneropvoeder om gereeld by senior kollegas kers op te steek oor die toepassing van leerderdissipline. 10. Onsekerheid laat die beginner dikwels kleitrap met algemene sake soos kleredrag en die aanspreekvorm van mede-opvoeders. Onvanpaste kleredrag, veral dié van vroulike opvoeders, kan ongedissiplineerdheid by leerders in die hand werk. Die beginner sal dissiplinegewys verstandig optree as sy/hy professioneel aantrek. Die opvoeder se kleredrag is ‘n aanduiding van sy respek vir die leerders en vir sy beroep. Van die leerders word verwag om skooldrag te dra, en van die opvoeder word verwag om professioneel aan te trek. Die onseker onderwyser het meesal ‘n gebrek aan selfvertroue. Hy glo gewoonlik nie in streng klaskamerbeheer nie – hy glo dat die onderwyser se wil nie op die kinders afgedwing moet word nie. Die aarselende onderwyser vermy enige optrede – hy voel skuldig om op te tree. Hy wil nie sy outoriteit of regte as onderwyser laat geld nie. Selfs die lyftaal van ‘n onseker onderwyser verraai hom – hy gee bevele agteroor pleks van vooroor te leun. Dit sê ondubbelsinnig dat sy bevele nie deur optrede gevolg gaan word nie. Ironies genoeg vind leerlinge dit moeilik om so ‘n onseker onderwyser te respekteer omdat hy nie daarin slaag om sy gesag te laat geld nie. Aggressiewe onderwysers toon gewoonlik ‘n gebrek aan begrip en empatie. Hulle het rigiede persoonlikhede en is baie voorskriftelik. Reëls wat geen doel dien nie moet absoluut nagekom word. Die nakom van reëls is vir hulle baie belangriker as die doel daarvan. Sulkeonderwysers is dikwels kleinlik en oor die geringste oortreding skop hulle ‘n groot lawaai op. Wanneer hulle uitgevra word oor hulle optrede, sê hulle net dat die ‘n beginsel op die spel is. Indien die kind nie gestraf word nie, sal dit die dissipline ondermyn. In uiterse gevalle raak hierdie onderwysers heeltemal paranoïes wanneer hul outoriteit bedreig word. Hulle is sarkasties, beledig die leerlinge en sal maklik die skoolreëls ignoreer en lyfstraf toedien. Hulle toon moeilik enige emosies, veral woede. Die aggressiewe onderwyser se lyftaal weerspieël gewoonlik venyn. Kinders is bang vir hierdie soort onderwyser. Hulle sal nie sommer ‘n mening uitspreek nie en in die proses verloor hul ondernemingsgees asook die behoefte om te preteer. Konflik en toorn in so ‘n onderwyser se klaskamer laat die kinders sommer maklik in trane uitbars. ‘n Onderwyser wat hom kan laat geld, het baie selfvertroue. Hy voel op sy gemak as leier, veilig in die wete dat die gesag het om op te tree sodat daar ‘n ontspanne atmosfeer in die klaskamer kan heers ten spyte van sy streng dissipline. Hierdie onderwysers hou van reëls en selfdissipline en in die opsig stel hulle ‘n goeie voorbeeld. Hulle is gewoonlik empaties en behandel elke kind en sy spesifieke probleem individueel. Reëls word op ‘n demokratiese manier benader en geformuleer. Reëls is buigsaam en hoef nie tot elke prys nagekom te word nie. Indien reëls oortree word, word die leerlinge beslis en beleef daarop gewys dat sulke gedrag onaanvaarbaar is. Die regte van sowel die leerlinge as die onderwyser word gerespekteer en wanneer daar oortree word, tree die onderwyser op sonder enige skuldgevoelens. Hy openbaar ‘n sin vir humor wat hom laat lag vir snaaksighede, ook vir grappies ten koste van homself. Hy is op en wakker en sy lyftaal skep die indruk dat hy dadelik sal optree na ‘n bevel. Hy hoef nooit te skree of te gil op leerlinge nie en sal selde nodig hê om harder te praat. Kinders weet dat hierdie onderwysers billik en regverdig is, dat hulle konsekwent is en bedoel wat hulle sê; daarom voel die leerlinge veilig omdat hulle hul perke ken. Die onderwyser hou die leerlinge sinvol besig, laat hulle toe om nuwe idees te beproef en indien hulle misluk, word hulle aangemoedig eerder as gekritiseer. Hou die volgende gulde reëls in gedagte tydens ‘n konfrontasie met leerlinge. Sorg dat jou stem sowel as jou lyftaal gesag eerder as aggressiwiteit weerspieël. -Praat stadig en afgemete. -Bly beleef. -Moenie in woede uitbars nie. -Moenie beledig of verneder nie. -Moenie skielik beweeg nie, dit sal aggressief lyk. -Staan op indien dit nodig is om na die kind se bank te gaan, loop dan stadig en beslis nader. -Probeer werklik besorg voel en bied hulp aan. -Wanneer jy iets versoek of ‘n opdrag gee, vra “asseblief” sonder om by leerlinge te pleit. Dis jou reg om versoeke tot die leerlinge te rig.