PowerPoint Template Suggested Usages

Download Report

Transcript PowerPoint Template Suggested Usages

KONGRES VAN DIE SAOU
4 September 2012 – P.E.
Tien Gebooie om ‘n liefde vir lees te kweek
Dr. Michael le Cordeur
[email protected]
http://www.michaellecordeur.co.za
Probleemstelling
Alhoewel Suid- Afrika vir lank ‘n uitkoms
gebaseerde onderwysbenadering gehad het, en
steeds het, faal ons leerders om die enigste
uitkoms wat werklik saak maak, te bereik:
om te lees
Ons skole-stelsel lewer toenemend
studente wat nie nie mas kan opkom
aan hoër onderwysinstellings nie Vise- Kanselliers Vereninging van SA
Ons kinders kan nie lees nie
Die uitslae wys dat reg
oor die kurrikulum en
die spektrum van ons
skole, binne
bevoordeelde en
agtergestelde
gemeenskappe, dat die
meerderheid van ons
leerders nie op die
aanvaarbare vlak
presteer nie.-
Die swak leser
Swak leesvaardighede
swakker akademiese
prestasies tot gevolg, ‘n
leerder se totale
ontwikkeling gestrem,
Hul word geforseer op
om verskeie gebiede
aanpassings te maak om
te oorleef:
Op die internasionale arena
• Die probleem is nie net beperk tot
Suid-Afrika nie.
• Volgens Susan Lenski lees 6 uit elke
10 leerders in die VSA ook nie die
aanvaarbare vlak nie(2008:37).
Skep ‘n kultuur van Onderrig en Leer
Three factors
come together to
create a culture
of teaching
and learning:
Teaching
and
learning climate
Attitude of
educators
and learners
Commitment to
teaching
and learning
Die Leeshouding
• By lees, word die kognitiewe
(die intellek) EN die affektiewe
(die emosies) betrek.
• As ‘n leerder geen begeerte het
om te lees nie, sal intervensies
geen effek hê op sy leesvermoë
• Daarom behoort die kweek
van 'n lewenslange liefde vir
lees, een van die belangrikste
doelwitte van onderrig te wees
(Anderson:2000).
Konseptuele Raamwerk
• Die konseptuele raamwerk is konstruktivisme, ‘n
leerder-gesentreerde opvoedkundige filosofie.
• Piaget: ‘n Leerteorie wat beoog om leerders met
vaardighede te beklee benodig vir lewenslange leer
• Wegbeweeg van die idee dat kennis aan passiewe
leerder oorgedra word, NA aktiewe leerders skep
kennis as hulle dit teëkom en daarby betrokke raak.
• Ontwikkelende leerders is nie meer passiewe
ontvangers van kennis nie, maar aktiewe bouers
van hul eie kennis in wisselwerking met die wêreld.
‘n Kopskuif is nodig
• Die leerders in jou skool het opgegroei in ‘n wêreld van
rekenaars, slimfone en ander tegnologie van inligting.
• Hulle speel videospeletjies, luister na ‘musiek’ op digitale
kompakskywe ( iPod’s, iPad’s, selfone ) en kommunikeer
met ‘n wêreldgehoor op Facebook en Twitter.
• Hulle programmeer hul pa’s se PVR en neem die rugby,
krieket en die nuus op terwyl hulle in werkswinkels sit.
• Hierdie lewenswyse maak dat die moderne kind op ‘n
totaal anderse wyse met inligting omgaan as ek en jy.
• Gevolglik moet skoolhoofde en onderwysers aanpas en ‘n
kopskuif maak as ons wil saampraat met ons kinders.
Nog Kopskuiwe (jy mag dalk nie saamstem nie)
• Die leesperiode mag nooit afgestel word vir die hoof se
dringende administrasie nie, dis waarom sekretaresses is.
• Moenie leerders se selfone in kluise toesluit nie, laat hulle
dit gebruik om te lees.
• ‘n Rekenaarlokaal is nie ‘n plaasvervanger vir ‘n goeie
toegeruste biblioteek nie.
• Sorg dat jou skool (biblioteek en ander lokale)
inligtingstegnologies-vriendelik is.
• Hou op om te dink jy weet meer as die kinders, daar is
baie dinge waar hulle die hoof en onderwysers ver voor is.
• Leerders moet vennote wees in die lees en leerproses.
Klaskamerkultuur en -atmosfeer
Klaskamerkultuur verwys na
die manier hoe dinge gedoen
word, en die atmosfeer is hoe
individue dit ervaar.
Die regte atmosfeer bevorder
positiewe onderrig en leer.
Dit hang af van die aanvaarbare
norme en waardes in die
klaskamer wat ‘n invloed het
op beide die leerder en die
opvoeder se gedrag.
Klaskamer-atmosfeer
• NEGATIEF
•
•
•
•
•
•
•
•
12
Kompeterend
Besluitloos
Ontmoedigend
Gespanne
Geniepsig
Rigied
koud
Afsydig
• POSITIEF
•
•
•
•
•
•
•
•
Gelukkig
Vriendelik
Bemoedigend
Ontspanne
Samewerking
Aangenaam
Warm
Hartlik
Klaskameratmosfeer
• NEGATIEF
‘n Negatiewe
klaskamer atmosfeer
lei tot gespanne,
teruggetrokke
leerders wat nie
oopmaak vir ander nie
met negatiewe gevolge
vir lees –
‘n klimaat nie geskik vir
onderrig en leer nie.
• POSITIEF
‘n Positiewe klaskamer atmosfeer stel leerders in
staat om spontaan op te
tree en getrou aan hulself
te wees, hulle is ontvanklik vir onderrig en leer, en
ervaar LEES positief .
Dit skep die geleentheid
vir die opvoeder om talle
intelligensies by die
leeservaring te bretrek.
Integreer regoor die Kurrikulum
• Media –geletterdheid is nie
‘n nuwe vak nie, maar ‘n
nuwe manier om alle vakke
te onderrig.
• Alle onderwysers is dus
ook leesonderwysers
(spelling, sintaksis, tye,
paragrawe, punktuasie).
• As skoolhoof is dit jou plig
om hierdie benadering in
jou skool te vestig.
14
Wat skoolhoofde kan doen
• Help leerders om lees met
genot en plesier te
assossieer.
• Voorsien e-boeke op video
/ CD / DVD
• Vergewis jouself van talle
leesstrategieë
• Moedig onderwysers aan
om leerders keuses te gee
• Maak lees lekker ….
Die Tien Gebooie vir suksesvolle lees
• Hou in gedagte dat die
meeste van hierdie
riglyne is gebaseer op
navorsing.
• Baie van hierdie wenke
is algemene kennis vir
OUERS en ONDERW
• As jy reeds jou eie kind
leer lees het, sal van die
wenke bekend wees.
16
•
Hoe gereeld lees ons?
• Vroulike Ond GF = 49%
• Vroulike Ond IF = 48%
• Vroulike Ond SF = 47%
• Manlike Ond Sek = 34%
Terloops, WAT lees onderwysers?
17
• Vroulike Onnies:
• Manlike Onnies:
• 1. Marita vd Vyfer
• 1. Deon Meyer
• 2. Huisgenoot
• 2. John Smit se
biografie
1. Lees begin by jouself
• Lees jy as onderwyser
gereeld?
• Sien jou leerders dat jy lees?
• Volwassenes is dikwels
skuldig aan lippediens.
• Verder, onderwysers se
kennis en gebruik van
kinderliteratuur is beperk
vanweë ‘n gebrek aan tyd
om self vir plesier te lees.
18
•
WENK
• Sien jou kinders (en
leerders) jou elke dag
TV kyk?
• Of sien hulle dat jy self
ook tyd maak vir lees?
• Knyp jy tyd af om vir
kinders voor te lees of
SAAM met hulle te lees?
2. Lees hardop voor vir kinders
• Navorsers is oortuig dat
hierdie praktyk afneem
namate die leerders ouer
word. Dit is problematies.
• Namate leerders meer
onafhanklik begin lees,
benodig hulle juis meer
ondersteuning en
blootstelling aan die werk
van gehalte-skrywers om
sodoende met literatuur om
te gaan wat tot emosionele
bevrediging lei.
19
•
WENK
• Joan Aiken het gesê
ouers wat nie bereid is
om self vir hulle kinders
voor te lees nie, MAG
nooit kinders hê nie.
3. Lees materiaal wat relevant is
• Leerders is meer gemotiveerd
om te lees as die leesmateriaal
relevant is tot hul lewe.
• Dit moet daarna streef om
waarde en betekenis tot die
kind se lewe toe te voeg.
• Die gevoel is dat assessering
van leesbegrip domineer oor
lees vir plesier en dit lei tot ‘n
afname om vir plesier te lees.
• Onafhanklike lees, belangrik vir
kognitiewe ontwikkeling, kry
nie die gewenste aandag nie.
20
•
WENK
• Hou ‘n weeklikse
boek-verkopingsessie”
• (“Show en Tell”)
waarin leerders dit
wat hulle die afgelope
week gelees het, met
hul maats deel –
• Dit hoef nie ‘n boek
te wees nie, net iets
interessants wat
ander sal inspireer om
ook te gaan lees.
4. Lees ‘n verskeidenheid van tekste
• Leerders is gemotiveerd om
te lees as die klaskamer ryk is
aan leesmateriaal:
• Boeke, verskeie genres en
tekste , Tydskrifte, die
Internet, brondokumente;
werklike lewens dokumente.
• Die voorsiening van ‘n
verskeidenheid lees-materiaal
gee die boodskap deur dat
lees belangrik is, en kweek
gesonde leesgewoontes.
21
•
WENK
• Is daar plakkate van ons
Olimpiese helde in u
skool / klas?
• Het jou leerders genoeg
leesstof oor Chad le
Clos?
• Weet jou leerders wie
kry vanjaar die
Hertzogprys?
• Moenie so voorskriftelik
wees oor ‘goeie’ boeke
5. Leerders moet ‘n KEUSE hê wat om te lees
• Navorsing toon dat
motivering om te lees neem
toe, as leerders keuses kan
maak oor wat hulle wil lees
omdat hulle dan glo dat
hulle beheer en eienaarskap
het oor hulle eie leer.
• ‘n Onlangse studie toon dat,
leerders wie self hul TAAK
kon kies, beter gevaar het
en meer gemotiveer was as
diegene wat ‘n taak van hul
onderwyser ontvang het.
22
•
WENK
• In geval van swakker
lesers kan onnies ‘n
keuse van vyf boeke
(wat binne die kind se
belangstellingsveld is, en
by sy vermoë pas), aan
hom/haar voorlê.
• Alhoewel hulle self die
finale keuse doen,
verseker jy dat boeke
gekies word wat nie bo
hulle vermoë is nie.
6. Gereelde terugvoering aan leerders
• Navorsing : konstruktiewe
en opbouende onderwyser
terugvoering, is ‘n kragtige
motiveringsmeganisme om
leerders te laat lees.
• ‘n Onderwysers wat aan sy
leerder erkenning gee vir
goeie werk, bied morele
steun en motivering om
meer te lees.
• Dit gee rigting aan ‘n kind se
lewe en verbeter die kind se
selfbeeld.
23
•
WENK
• Onderwyser-erkenning
is ‘n groter aansporing
vir kinders as tasbare
insentiewe soos pryse.
• MAAR: Mooi woorde is
nie altyd goed nie, veral
as leerders agterkom dit
is vals en aangeplak.
• Dan het dit juis die
teenoorgestelde gevolg.
7. Laat leerders in pare lees
• Dis goeie praktyk dat ouer
kinders vir die jongeres lees.
• Van die voordele is dat dit
die ouer kind verbeter sy
leesvaardighede; …
• Dit bewys aan die jonger
een dat lees pret kan wees;
• Terwyl dit ‘n band skep
tussen die ouer (mentor) en
die jonger kind.
24
•
WENK
• Hierdie is ‘n ideale
aktiwiteit vir ‘n
gestrukturerde
leesperiode;
• Dit skep ook beter
kontrole en beter
dissipline.
• Maak seker jou klasse is
gevul met boeke,
strokiesboeke, prentboeke, koerante en
tydskrifte.
8. Kry ‘n balans tussen lees en TV
• TV is nie lees se vyand nie
• MAAR
• Beperk tyd wat bestee word
aan TV, video en rekenaars.
• Laat kinders toe om laat op
te bly as hulle wil lees;
• Laat hulle die Sondagoggend
laat in die bed bly om te
lees.
25
•
WENK
• Waak daarteen om ‘n
heksejag uit te voer.
• Jou doel is nie om die
kind heeltemal van TV
en ander media te
ontneem nie, maar slegs
‘n gesonde balans te
handhaaf.
9. Gereelde besoeke aan die Biblioteek
• Besoek die biblioteek en
boekwinkels op ‘n gereelde
basis.
• Laat leerders toe om
enigiets te lees wat hulle
hart begeer (selfs al stem jy
nie saam daarmee nie).
• Waak daarteen om vir
leerders voor te skryf.
26
•
WENK
• Vra die bibliotekaris en
die boekeverkoper vir
advies. Hulle is
professioneel en weet
wat kinders wil lees.
• Hulle weet wat werk en
wat nie.
• 11 Augustus is nasionale
boekedag, dan kan jy
Afrikaanse boeke teen
afslag kry by uitgesoekte
boekwinkels.
10. Moedig leerders aan om te skryf.
• Lees en skryf is twee kante
van dieselfde muntstuk
• Deur stories, kortverhale,
briewe, dagboeke, joernale
ens. te skryf sal leerders
meer leer oor:
• Die struktuur van fiksie
• Die vloei van sinne / par.
• Die belangrikheid van sjarme
en
• Die aard van ‘n argument.
27
•
WENK
• Neem jou leerders om
skrywers te ontmoet by
boekbekendstellings.
• Nooi ‘n skrywer na jou
klas om sy boek met die
leerders te bespreek.
• Dit sal ‘n boek baie
spesiaal maak as dit
onderteken is deur ‘n
bekende skrywer.
SLOTOPMERKING
• Piaget het gevra:
• Hoe kom ‘n kind iets nuuts
te wete?
• Sy antwoord was die kind
moet met voorwerpe
omgaan, want dit is hierdie
omgang wat kennis bring.
• Die antwoord op Piaget se
vraag waartoe in hierdie
referaat gekom word, is dus:
• ’n kind kan elke dag iets nuuts
kan leer as hy/sy met ’n boek
kan omgaan.
28
•
Ten slotte
• ...(o)nderwysers wat
leerders geleenthede
bied om vir genot te
lees, wat elke moontlike
geleentheid aangryp om
hul leerders aan lees
bloot te stel, en wat
alles in hul vermoë
doen om lees so
aangenaam moontlik te
maak, sal ‘n positiewe
houding teenoor lees by
hul leerders kweek.
Bronnelys
•
•
•
•
•
•
•
•
Le Cordeur, MLA. 2012. Taalonderwysers as lesers van
kinderliteratuur en hoe dit leerders se ingesteldheid teenoor lees
kan beïnvloed./ Tydskrif vir Taalonderrig /46(1).
Le Cordeur M. 2011. Per Linguam. 26 (2): The Struggling Reader:
Identifying and addressing reading problems successfully early .
Le Cordeur M. 2010. Journal of Education. Vol.49. From 0 to 100% How Raithby Primary turned their literacy performance around.
Linda B. Gambrell; Seven Rules of Engagement. What’s most
important to motivate learners to read.
Michael Dirda; Readerly Advice.
Kathryn M. Edmunds & Kathryn L. Bauserman: What teachers can
learn about reading motivation through conversations with children.
Thomas W Bean: Making reading relevant to adolescents.
Anthony J. Applegate & Mary DeKonty Applegate: A Study of
Thoughtful Literacy and the Motivation to Read.
• Kry hierdie referaat by:
• http://www.michaellecordeur.co.za/