L-10-T Opleiersopleiding Die les agter die les Materiaal vir Opleiers Hierdie PowerPoint Die L-10-T Inligtingsgids en L-10-T Opleiersgids L-10-T Opleidingsgids L-10-T Opleidings PowerPoint L-10-T Bekendstellings DVD (with How.

Download Report

Transcript L-10-T Opleiersopleiding Die les agter die les Materiaal vir Opleiers Hierdie PowerPoint Die L-10-T Inligtingsgids en L-10-T Opleiersgids L-10-T Opleidingsgids L-10-T Opleidings PowerPoint L-10-T Bekendstellings DVD (with How.

L-10-T Opleiersopleiding
Die les agter die les
Materiaal vir Opleiers
Hierdie PowerPoint
Die L-10-T Inligtingsgids en
L-10-T Opleiersgids
L-10-T Opleidingsgids
L-10-T Opleidings PowerPoint
L-10-T Bekendstellings DVD (with How To) bevat 10
minute L-10-T video met 30 minute “How to” aanbieding
– alles in Engels of Afrikaans
L-10-T Training DVDs – hierdie is 4 opleidings DVDs (in
Engels) wat saam met die Engelse of Afrikaanse
opleidingsgids gebruik kan word vir groep of individuele
studie.
Waarom opleiding vir L-10-T?
Ons wil hê almal moet L-10-T!
Ons moet mense help om deur weerstand
tot verandering te breek!
L-10-T moet ‘n lewenswyse word!
Jy moet L-10-T om ander te kan
leer van L-10-T!
Mense kom gou agter as hul opleier
teoreties praat!
Dit is beter as jy jou eie voorbeelde het.
Jy hoef nie L-10-T hardop te beoefen om
te kan oplei en voorbeelde te hê nie.
Die stryd vir opleidingstyd
Jou taak as opleier is om die beste balans
te kry.
Hoe meer tyd jy het, hoe beter gaan jou
studente doen.
Hoe meer tyd jy aan praktiese oefening en
terugvoer kan bestee hoe beter.
Maar … moet nooit ‘n
opleidingsgeleentheid misloop nie
Opleidingsgids
Baie noodsaaklik hulpmidddel– die student kan
notas maak, woorde invul en daarmee in
interaksie met die materiaal tree.
Dit is ‘n behoorlike verwysingsbron vir die
student
Tye vir interaksie (individueel na binne, tussen
student en opleier en studente met ,mekaar of in
groepe) is duidelik aangetoon – onthou
interaksie vat tyd – veral met ‘n groot klas
(15+)
Korter weergawes is beskikbaar waar die mense
nie die (reeds goedkoop) prys kan bekostig nie
Gebruik van PowerPoints
Dit is ‘n persoonlike saak vir die opleier
Dit hang ook af van die beskikbaarheid
van oudiovisuele-toerusting
Is daar spasie om die toerusting te gebruik
(in ‘n sitkamer)?
Gebruik van DVDs
Die bekendstellings DVD (Eng of Afr)
– Die 10 min L-10-T storie – ‘n moet!
– Die 30 minute L-10-T How To – vir bekendstelling en
as jy genoeg tyd het.
Die Day in the Life – uitstekend na jy stap 3
gedoen het en tyd het (in Stap 3 van die
Opleidings DVDs).
Die Opleidings DVDs. Uitstekend as jy nog nie
so geoefen voel nie Jy kan dele van dit gebruik
ens.
Die enigste probleem is dat dit Engels is (maar
meeste Afrikaners kyk deesdae Engelse TV)
Vir alle Eenhede moet die Opleier:
Seker maak hy/sy ken die les goed
Moet liefs al in die praktyk die lesinhoud
beoefen het (of in Eenhede 3 en 4 met
Jesus se opdragte en die implikasie
daarvan geworstel het)
Beplan hoe jy dit gaan aanbied
Jy behoort volle L-10-T opleiding reeds te
voltooi het: Kyk weer na die Eenheid in die
Opleidings DVD om jouself op te skerp en
om voorbeelde, tipiese studentreaksies
ens te kry.
Beplan jou tye deeglik vooraf!
‘n Paar van die opsies vir
Opleidingstruktuur is:
Jy bied aan, sonder PowerPoint of DVD
hulpmiddels, student het volle opleidingsgids.
Ons beveel sterk aan dat studente die volle
opleidingsgids moet hê – die paar rand wat jy
spaar om daarsonder te werk is nie die moeite
werd nie
…maar: As dit beteken dat die opleiding NIE
gedoen gaan word nie – gebruik een van die
goedkoper opsies en DOEN die opleiding.
Opsies vir Opleidingstruktuur is (vervolg):
Jy bied aan, met PowerPoint en DVD
hulpmiddels, student het volle opleidingsgids. Jy
kies watter dele van die OpleidingsDVD jy in die
klas gaan gebruik.
As jy die DVD vanaf ‘n rekenaar gebruik (vanaf
Windows Mediaplayer en party ander
sagteware) kan jy vooraf bepaal presies waar
(op hoeveel minute en sekondes) die deel is wat
jy wil speel. Met ‘n DVD speler is dit nie moontlik
nie.
Maak seker jy ken jou gereedskap anders mors
jy baie klastyd!
Opsies vir Opleidingstruktuur is (vervolg):
Jy bied aan, met PowerPoint en DVD
hulpmiddels, student het verkorte
opleidingsgids (12 of 4 A4 bladsye).
Studente moet nou Bybelverse in hul
Bybels opsoek (Dit vat tyd!) en benodig
aparte skryfpapier of ‘n notaboek.
Jy kan natuurlik net die Bybelgedeeltes op
PowerPoint hê – maak net seker al die
studente kan sien!
Opsies vir Opleidingstruktuur is (vervolg):
As aanbieder speel jy slegs a fasiliteringsrol en gebruik
die Opleidings DVD ten volle as die die Opleier.
Jy begin en “pause” net die DVD op die regte plekke,
fasiliteer besprekings en reël koffie- en teetye.
Hierdie metode werk veral goed vir opleiers wat onseker
voel.
Maak seker jy het genoeg tyd (of beplan deeglik watter
besprekings jy gaan uitsny (m.a.w waar jy nie gaan
“pause” nie)!
OF – enige ander manier om die L-10-T kursus aan te
bied!
Kom ons kyk nou na die
belangrike opleidingspunte vir
elke eenheid (les)
Eenheid 1: Voorwoord en hoe om
Maak dit duidelik vir die studente hoe julle
deur die opleidingsgids gaan werk.
Kry die statistiek vir Eenheid 3 gereed as
jy plaaslike statistiek gaan gebruik
Eenheid 2
Maak seker jy doen die bekendstelling
deeglik.
Laat die studente Lukas 10:1-9 deeglik
bespreek
Beklemtoon dat die 4 stappe ‘n moderne
weergawe van Jesus se opdrag is.
Beklemtoon die twee kriteria: elke student
moet weet hy/sy kan.
Eenheid 2 vervolg
Maak seker elke student voel dat hulle wel
aan die kwalifikasies vir L-10-T voldoen!
Wys dan die 10 min L-10-T video op die
Bekendstellings DVD (Hy is ook by
Eenheid 2 op die Training DVD).
Laat die studente dit bespreek (gewoonlik
motiveer die L-10-T video hulle geweldig!)
Eenheid 2 vervolg
Wys dan (as jy tyd het en as die opleiding in
verskeie sessies met tussenposes gedoen word)
die 30 min How To (Hy is NET op die
Bekendstellings DVD en in Engels of Afrikaans).
Hier gee Willem Joubert ‘n oorsig oor L-10-T se
gebruik met 5 Bybelse beginsels, 4 besluite wat
die suksesvolle L-10-Ter moet maak en drie
aksiestappe om aan die gang te kom.
Dit daag die hoorder uit om dadelik te L-10-T en
dit is presies wat jy hier wil doen!
Eenheid 2 vervolg
Hoekom wil ons hê die studente moet
dadelik begin?
– Omdat L-10-T ‘n doen ding is, is dit
uitstekend dat studente begin en agterkom dit
is moeiliker as die 4 maklike stappe.
– Dan maak die lesse soveel meer sin vir hulle!
– Hulle leer om op gereelde basis terug te kom
en rapporteer – goed of sleg! In L-10-T maak
goed of sleg nie saak nie – alles is vorentoe
op die geloofspad!
Eenheid 3: Die Groot Opdrag
Maak seker jy verstaan en ken die les goed.
Laat die studente op die vrae oor hoe goed hulle
doen, hulle self ‘n punt uit 10 gee en dan hul
vingers wys.
Die les moet die student konfronteer!
Die gesprek rondom hoe die studente die
evangelisasie taak in hul stad gaan aanpak is
belangrik – asook wat hulle self gaan doen – dit
bou ‘n brug na L-10-T.
Eenheid 3 vervolg
Dat die studente sal verstaan dat hulle as
Christene voltyds in diens van God is – en dat
hul werksplek hul “gemeente” is, is krities!
Dit is ook belangrik dat hulle verstaan dat na
aanleiding van die 18 mikrostappe (en
slangetjies en leertjies) – elkeen ‘n evangelis is
– of hy nou wil of nie. En L-10-T rus hom/haar
toe om dit nou goed te doen!
Eenheid 4
Beklemtoon die belangrikheid van die
ander opdragte van Jesus en soos
aangedui waar elke student nou staan:
Om Jesus te volg
Die tweede Groot Gebod
Die klem op minder bevoorregtes
Die eerste Groot Gebod
Die konvergensie van die twee Groot
Gebooie in Joh 15
Eenheid 5: Stap 1
Hierdie is ‘n kritiese stap en elke deel moet
deeglik behandel word.
Maak seker dat almal die belangrikheid van
vergewing verstaan en die proses begin het.
Let spesifiek op of daar enige persoon is wat
binne in ‘n daaglikse situasie van mishandeling
staan. Hanteer so ‘n persoon met groot
sensitiwiteit en probeer hulp kry.
Eenheid 6: Stap 2
Behandel deeglik
Maak sekere mense identifiseer dinge
waarmee hulle mense rondom hulle kan
afsit van die Here af.
Moenie sensitiewe probleme in die
openbaar oopdwing nie!
Eenheid 7: Stap 3
Behandel hierdie stap baie deeglik – hy het baie
onderafdelings wat deeglik deur studente begryp
moet word.
Maak seker almal verstaan dat hulle wel L-10-T
al doen hulle net stil gebed
Dit is krities dat studente verstaan dat L-10-T nie
net een-tot-een is nie maar ook een-totorganisasies! Van die grootste L-10-T impakte
kom waar individue L-10-T op organisasies
begin toepas!
Eenheid 8: Stap 4
Maak seker dat almal hul getuienis of
hoekom hulle glo, doen en met mekaar
deel: dit is gewoonlik ‘n openbaring om na
ander se storie te luister!
Maak seker almal begin hulle Vat 5 en
moedig hulle aan om te volhard.
Vind uit watter metode van direkte
evangelisasie deur die instansie verkies
word (EE3 of evangecube ens)
Eenheid 9: Die L-10-T effek
Hierdie is ‘n kritiese les.
Laat Jesus se reaksie die belangrikheid
van L-10-T beklemtoon
Wys die belangrikheid van gereelde
terugvoer uit en laat die studente of
instansie planne maak oor hoe hulle dit
gaan doen: jou doelwit is ‘n nuwe
lewenstyl vir beide indiwidu en instansie!
Gordel en kruisbande
Om te verseker dat L-10-T ‘n lewenswyse
word:
– Eerste 21 dae na opleiding stop word die
vorm agter in die opleidingsgids bygehou
– “Buddy” word deur almal gekies (Twee of drie)
– hulle onderneem om mekaar ten minste 21
maande te ondersteun
– Kleingroep of huisgesin of ander groep kom
weekliks byeen vir terugrapporteer,
ondersteun en uitstuur.
Eenheid 9 vervolg
Dit is belangrik om alles terug te bind na
eenheid 3 en 4.
Gewoonlik is studente verstom oor die wye
trefkrag van L-10-T!
Benadruk die indiwiduele effek, instansie effek
(gemeente of besigheid) en die effek op ‘n
stad/streek
Ons kan nie genoeg benadruk hoe krities
hierdie deel is in terme van God se opdragte
nie!
Eenheid 10: Komaan!
Dit is krities dat studente begin (veral as jy L-10T op een dag aangebied het) en dan
Aanhou tot
L-10-T ‘n lewenswyse geword het
Laat hulle al die planne neerskryf
Moenie een student die opleiding laat verlaat
wat nie deel is van ‘n groepsplan nie – elkeen
moet liefs ‘n “buddy” hê en ‘n persoonlike
toepassingsplan!
Vraelyste
Ons gebruik twee tipes vraelyste
– Een meet die student se houding voor en na die
opleiding. Dit is merkwaardig om die vordering te sien
wat ‘n student maak – ook vir hom/haarself! Doen die
“voor” vraelys direk na Eenheid 1. “Post” heel aan die
einde.
– Een meet vordering met die stappe en verskeie
aspekte van die student se interaksie met sy L-10-T
omgewing. Hierdie help geweldig vir die opleier om sy
student te leer ken en ‘n persoonlike L-10-T plan vir
hom/haar uit te werk. Doen hom omtrent na Eenheid
4.
Ken jou student!
As opleier vergroot jy jou impak op ‘n individuele
student geweldig as jy hom/haar leer ken (deur
die vraelyste) maar veral in die klasopset deur
response op individuele en groep interaksie en
terugvoer op prakties.
Jou doel moet wees om uiteindelik seker te
maak dat elke student op sy/haar vlak sal begin
L-10-T en kan aanhou om sodoende die Here se
seën op en in hul lewens te kan begin ervaar!
Vir organisasies of groepe
Bou of help om L-10-T binne in die DNA van jou
organisasie of groep in te bou.
As dit maar net ‘n kursus is wat uiteindelik klaar
is en nooit weer oor gepraat word nie, is die
kanse dat dit in die organisasie of groep gaan
uitsterf goed (al doen jy ook Eenhede 9 en 10
goed).
Gereelde terugvoersessies moet organisatories
gereël word anders gebeur dit nie (binne
omgeegroepe of in die diens of gedurende
gereelde vergaderings of terugvoersessies.
Vir organisasies of groepe (vervolg)
Nog beter is dat dit binne die DNA of strategie
van die organisasie of groep ingebou word en
deel van die kultuur word. “L-10-T is wat ons in
hierdie gemeente doen”
Dit sal dan in preke gereeld voorkom, op elke
vergadering ‘n standaard plek hê op die agenda,
in elke weeklikse blaadjie voorkom, ens.
Is dit werklik nodig? – as jy nog nie glo nie –
vergelyk L-10-T weer met Eenhede 3 en 4!
Wat kom na L-10-T?
Wees gereed om vir studente te kan verduidelik
watter studiegeleenthede daar is nadat hulle L10-T (wat net ‘n basis is) bemeester het (Kyk op
die einde van die PowerPoint aanbieding):
– Gemeentes, organisasies of studente kan verder
werk op die menu wat deur die Integrated
Marketplace Transformation Strategy (IMTS)
voorgestel word (www.itnafrica.com > Marketplace
Strategy) en/of
– Indiwidueel na binne werk (kursus (lewende
aanbieding) is beskikbaar) om daagliks in God se
teenwoordigheid te wandel. “Going deeper with
God”
Ons droom vir ‘n gemeenskap,
dorp of stad!
Dat soos Christene in gemeentes en
organisasies in ‘n gemeenskap L-10-T begin
beoefen, hulle begin saamwerk om in ‘n
geografies gemeenskap te begin saam beplan
om:
– Seker te maak dat elke huis, besigheid of organisasie
in die gemeenskap het iemand (stap 2) wat gereeld
(ideal is daagliks) vir hom bid (stap 1); weet wat sy
behoeftes is en daarvoor bid (stap 3); gereed is om
van Jesus te vertel of ten minste Vat Vyf op die
mense daar toepas (stap 4) en
Ons droom vir ‘n gemeenskap,
dorp of stad!
– Dat die mense in die huis, besigheid of
organisasie weet wie dit doen en ‘n
telefoonnommer/e-pos het om kontak te maak
in geval van nood.
Hierdie is nie net ‘n droom nie – dit is
moontlik!
Die L-10-T slagspreek is: KOMAAN!
Kom ons gaan doen dit – ons deel en kyk
na die magtige dade wat God sal doen!
Die geestelike implikasie van L-10-T
Wees gereed om vrae te antwoord oor die
dele van Lukas 10 wat ons nie behandel
nie – spesifiek vs 10-16.
Ons L-10-T antwoord is dat daardie
uitsprake en magtige gevolge in die hande
van die Here is – ons kan niks daaraan
doen nie.
Dit bewys wel die magtige geestelike
impak van L-10-T
Lukas 10:10-16
10 Maar as julle in ’n dorp kom en hulle ontvang julle
nie, gaan dan uit in sy strate en sê: 11 “Selfs julle
dorp se stof wat aan ons voete sit, vee ons af as
aanklag teen julle. Maar dit moet julle weet: die
koninkryk van God is baie naby.’12 Ek sê vir julle: Vir
die mense van Sodom sal dit op dié dag draagliker
wees as vir daardie dorp.13 “Ellende wag vir jou,
Gorasin! Ellende wag vir jou, Betsaida! As in Tirus
en Sidon die wonderdade plaasgevind het wat in
julle plaasgevind het, sou hulle lankal in sak en as
gesit en hulle bekeer het. 14 Maar vir Tirus en Sidon
sal dit in die oordeel draagliker wees as vir julle. 15
En jy, Kapernaum, dink jy jy sal tot die hemel toe
verhoog word? Nee, jy sal tot in die doderyk
afdaal!16 “Wie na julle luister, luister na My; wie vir
julle verwerp, verwerp My; en wie My verwerp,
verwerp Hom wat My gestuur het.”
Persoonlike Opleiding
Kontak Willem Joubert (082 650 5684) of
[email protected]; Lenthia (011 824 1985) of
[email protected] of Genevieve (011 824 1985)
of [email protected] vir enige verdere
verduidelikings, hulp met beplanning van
opleiding of om persoonlik opleiding by jou
gemeente of werkplek te kom doen.
Ander opleiers is ook dwarsoor die land
beskikbaar -skakel ons om van die een naaste
aan jou te hoor.