Universiteit Stellenbosch Van “vreemdetaal” tot tuiste in eie taal: ’n e-Leerloodsprojek in akademiese geletterdheid Collena en John Blanckenberg en Tobie van Dyk.
Download ReportTranscript Universiteit Stellenbosch Van “vreemdetaal” tot tuiste in eie taal: ’n e-Leerloodsprojek in akademiese geletterdheid Collena en John Blanckenberg en Tobie van Dyk.
Universiteit Stellenbosch Van “vreemdetaal” tot tuiste in eie taal: ’n e-Leerloodsprojek in akademiese geletterdheid Collena en John Blanckenberg en Tobie van Dyk Agtergrond 25% van alle eerstejaarstudente in Suid-Afrika gooi voor die voltooiing van hul studie die handdoek in 30 – 40% van eerstejaarstudente voltooi nie hul voorgraadse studies in die aanbevole tydperk nie Deurvloeikoerse laag: R1,8 miljard/jaar ’n Rede hiervoor: Lae vaardigheidsvlakke in die taal van onderrig en leer -> gebrek aan akademiese sukses Agtergrond (vervolg) PLAASLIK Navorsing toon ’n ingrypende daling in (akademiese) taalvaardigheidsvlakke Studente vind dit moeilik om met voorgeskrewe materiaal om te gaan en kan nie aanvaarbaar skryf nie INTERNASIONAAL VSA 6% gereed om onafhanklik van eksterne hulp te leer slegs 2% daartoe in staat om goed te kan skryf studente met aanvaarbare skryfvermoë ongeveer 31% AUSTRALIË EN VK ’n Moontlike oplossing: Instel van onder andere AG-kursusse vir alle eerstejaarstudente Die situasie by die US (probleemstelling) Pogings om die kommerwekkende situasie aan te spreek Die infasering van kredietdraende akademiese geletterdheidskursusse waar studente onder andere bemagtig word om op ten minste ’n akademies-aanvaarbare vlak te lees en te skryf. Problematiek: Fakulteite kan nie meer as twee periodes/week in reeds volgelaaide programme en roosters hieraan afstaan nie (in lyn met nasionale tendense) – genoeg tyd om konsepte aan te raak, maar geen tyd vir vaslegging nie én ’n tekort aan opgeleide personeel om akademiese geletterdheidskursusse aan te bied. ’n Moontlike oplossing ’n Aanvullende e-Leerpakket Loodsprojek (pakket ontwikkel en getoets) Beginfase van ’n groter projek (werkboek met ’n woordgids, dosentehandleiding en ’n e-Leermodule vir vaslegging) Navorsingsvrae Kwantitatief Sal studente wat vakinhoud moet bemeester deur e-Leer ipv gewone kontakonderrig swakker, beter of dieselfde presteer as studente in die kontaksituasie? Kwalitatief Watter inhoudelike en rekenaartegniese programaspekte moet aangepas word vir meer doeltreffende leer? Wat is die ideale kombinasie van kontak- en rekenaaronderrig vir ’n volle geletterdheidskursus? Navorsingsvrae (vervolg) Kan e-Leer die probleem van toenemende aantal taaldienste maar beperkte personeel en kontaktyd aanspreek? Wat kan met e-Leer bereik word wat nie moontlik is met kontakonderrig nie? Spreek e-Leer inderdaad tot digitale outochtone (“digital natives”)? Is uitbreiding van e-Leerinhoud van AG-kursus in een fakulteit na ander fakulteite moontlik om voordeel te trek uit ekonomie van skaal? Kan voorgenome uitgebreide e-Leerprogram fleksieleer bevorder? Navorsingsmetodologie Eksperiment binne die e-Leerloodsprojek Ingenieurskursus Verdere Kommunikasievaardighede in Afrikaans 143 (gevorderde vlak) Semester 2, 2006 Drie sessies per week (5 periodes) Teikengroep: 21 eerstejaarstudente as risikokandidate geïdentifiseer deur drie toetse en ’n skryfstuk Taalverspreiding: 10 Afrikaans, 9 Engels, 2 Afrikatale Kronologiese verloop Weke 1 – 9 Kontakonderrig alle studente Einde week 9 • 20 studente skryf voortoets • Stratifisering volgens punte • Lukrake toewysing tot eksperimentele en kontrolegroep van 10 studente elk Kronologiese verloop (vervolg) Weke 10 – 11 Eksperimentele e-Leergroep onder toesig van kurrikuleerder en programmeerder Kontrolegroep steeds kontakonderrig Hersiening van dieselfde hoërorde-leestake met dieselfde tekste vir albei groepe Boekhouding van punte deur albei groepe e-Leergroep: deurlopende kommentaar in leerjoernaal Kronologiese verloop (vervolg) Weke 10 – 11 Kronologiese verloop (vervolg) Einde week 11 Natoets: albei groepe Veranderlikes konstant behalwe teksinhoud, tema en moeilikheidsgraad van woordeskat e-Leervraelys: eksperimentele groep Weke 12 en 13 Kontakonderrig: albei groepe Data-insameling Kwantitatiewe fokus Vergelyking van groepe se voor- en natoetspunte bepaal of e-Leergroep benadeel is. Data-insameling (vervolg) Kwalitatiewe fokus Leerjoernaal Geskrewe kommentaar onder 3 hoofde ná taakvoltooiing: Plus Minus Interessant Aanteken van elke taakpunt Data-insameling (vervolg) Mondelinge insette en raad Kurrikuleerder en programmeerder se notering van hul waarnemings e-Leervraelys Ervarings deur persentasies uitgedruk en skriftelik gemotiveer Semi-gestruktureerde vrae vir geskrewe kommentaar Kwantitatiewe resultate Rekenkundige gemiddeld van toetsuitslae Eksperimentele groep Kontrolegroep Voortoets 36.1 36.6 Natoets 32.7 32.3 Kwantitatiewe resultate (vervolg) Vertikale balkies toon 95% betroubaarheidsintervalle Albei goepe behoort tot dieselfde universum Kwalitatiewe resultate: vraelys VRAAG 1 Gebruik die tabel vir jou algemene indruk van die leerervaring. Skryf die werklike persentasie in die blok hier onder. Uitstekend Goed Bevredigend Gemiddeld Ondergemiddeld 80 – 100 70 – 79 60 – 69 50 – 59 Onder 50% 77,2 % gem Kwalitatiewe resultate: vraelys VRAAG 5 VOORKEURTYDSBENUTTING Jy het die reg om self keuses te maak oor die saamstel van ’n ideale onderrigleersituasie vir hierdie module. Kies uit die tabel hier onder die leerervarings wat jy sou wou insluit. Skryf teenoor elke keuse die tydspersentasie wat jy daarvoor sou gee. Persentasie van totale tyd Kwalitatiewe resultate Voorkeurtydsbenutting 100% Klastyd: Lesing deur dosent (21,2%) Klastyd: Groepwerk tydens lesing (7,9%) Klastyd: Individuele werk tydens lesing (13,2%) e-Leer: Paarwerk (dosent aanwesig) (12,1%) 80% 60% 40% 20% e-Leer: Individuele werk (dosent aanwesig) (27,5%) 0% e-Leer: Fleksietyd (geen dosent) (18,1%) E-leer: [57,7% van hul tyd] Klastyd: [42,3% van hul tyd] Kwalitatiewe resultate: vraelys VRAAG 6 REDES VIR VOORKEURPOSISIE BINNE e-LEER Individuele werk op rekenaar Hou van alleenwerk; voel nie gedruk om te antwoord Individuele oefening noodsaaklik vir bemeestering Rekenaarterugvoer net so goed soos dosent s’n Hou van werk teen eie pas Kwalitatiewe resultate Dosent as fasiliteerder teenwoordig “Lecturers are needed sometimes to explain certain concepts.” Dosente se teenwoordigheid arbitrêr; kan later vrae aan hulle stel. Kwalitatiewe resultate REDES VIR VOORKEURPOSISIE BINNE KLASWERK Lesing deur dosent Eerste verduideliking deur dosent is nodig vir begrip voor inoefening op rekenaar. Kwalitatiewe resultate VRAAG 2 EERSTE RESPONS EGGO REKENAARVOORKEUR EK HET GEHOU VAN … Onmiddellike geïndividualiseerde terugvoer [70%] “Makliker en meer geleer” en foute “dadelik verstaan” [70%] Kan beter konsentreer en leer agv stilte [40%] Dieselfde voorkeur word gekruisvalideer deur kommentaar in leerjoernale. Kwalitatiewe resultate VRAAG 2 (vervolg) WAT EK MOEILIK GEVIND HET, IS … Akademiese woordeskat [5 Engelse studente] Kruisvalidering by vlak van taalgebruik Res van studente vul niks in nie. Kwalitatiewe resultate VRAAG 2 (vervolg) VLAK VAN TAALGEBRUIK IS … Soms moeilik maar uitdagend danksy woordeboeke [5 Engelse studente] Regverdig [4 Afrikaanse studente] Kruisvalidering in leerjoernaal Woordeskatprobleem is duidelike faktor in lae puntegemiddeld van albei groepe by sekere leestaaktipes. Kwalitatiewe resultate VRAAG 3 AANDAG AAN TERUGVOER Gebruik onderstaande tabel om aan te toon in watter mate jy jou op die terugvoer toegespits het. Toespits beteken: jy het dit gelees, geïnterpreteer en toegepas in jou antwoord-strategieë. Altyd Meestal Dikwels Selde Baie selde Amper nooit 100% 90 – 99% 60 – 89% 40 – 59% 30 – 39% Minder as 30% Dui telkens jou werklike persentasie aan: Kwalitatiewe resultate VRAAG 3 (vervolg) AANDAG AAN TERUGVOER Na korrekte respons: 54% Na verkeerde respons op vraag met net een kans: 84.4% Na tweede verkeerde respons op vraag met twee kanse: 87,6% e-LEER IS BEMAGTIGING Die rekenaar fasiliteer leer as proses Nie stoorplek vir vaktekste en notas nie Evalueer = ex valere = uitbring van krag Leidrade in geïndividualiseerde terugvoer Meer as een kans om te antwoord vir groter aandag [ 54% 84,4% 87,6% ] Nadenke oor foutiewe response Onderrig terwyl dit evalueer – puntetotaal na elke oefening e-LEER IS BEMAGTIGING Kontakonderrig kan nie hierdie intense individuele aandag aan baie studente gelyktydig ewenaar nie. e-LEER IS BEMAGTIGING Opeenvolging van take as steunmeganisme Leidraad-rol in student se ontwikkelende kundighede Hegte oorsaaklike verband tussen take Groot uitdaging vir ontwerper: Antisipasie van studente se eiesoortige behoeftes en tekortkominge Holistiese en uitkomsgedrewe denke e-LEER IS BEMAGTIGING Fleksieleer differensieer tussen kundigheidvlakke Vaslegging van lesinginhoud se temas en kundighede Keuse uit twee vlakke Voortoets reeks oefeninge natoets Verantwoordelike nadenke Woordgids Kontakbesonderhede Collena Blanckenberg [email protected] US Taalsentrum Eenheid vir Afrikaans Tel: +27 21 808 2495 Tobie van Dyk [email protected] US Taalsentrum Eenheid vir Afrikaans Tel: +27 21 808 2495