Wettige gebruik van water

Download Report

Transcript Wettige gebruik van water

Agri Limpopo – 24 April 2013
Francois van der Merwe, Hoofingenieur
Departement van Waterwese, Pretoria
Nasionale Waterwet (Wet 36 van 1998)
Wat word bedoel met “watergebruik”?
Artikel 21
Die gebruik van water
Die Nasionale Waterwet definieer elf (11) verskillende
watergebruike.
Belangrikste watergebruike tydens boerdery-aktiwiteite:
1.
Neem van water uit ‘n waterbron. Wat is ‘n waterbron?
2.
Opgaring van water. Ook Damveiligheids-vereistes.
3.
Verandering van stroombeddings of belemmering van vloei.
4.
Die stort of ontslae raak van afvalstowwe wat waterbronne
kan besoedel.
Die vier tipes magtiging om water te gebruik
Artikel 22(1)
1.
Skedule 1 – Eie huishouding en huistuin maar nie-kommersieel,
sowel as veesuiping vir diere wat op die veld loop;
2.
Bestaande wettige gebruik – wat is die vereistes?
a) Het die gebruik in die kwalifiserende periode plaasgevind?
Oppervlakwater :
1 Okt 1997 tot 30 Sept 1999.
Grondwater:
1 Okt 1996 tot 30 Sept 1998.
b) Was dit wettig onder die vorige Waterwet (Wet 54 van
1956)?
c) Hoeveel water was per jaar gebruik en vir watter doel?
Die vier tipes magtiging om water te gebruik (vervolg)
3.
Algemene Magtiging – 26 Maart 2004, beperkte gebruik word op
sommige plekke toegelaat;
4.
‘n Lisensie is nodig vir enige nuwe watergebruike na 1 Oktober
1998.
Registrasie van watergebruik
Wat is registrasie?
Wat is die implikasies indien my watergebruik nie geregistreer is nie?
Is my watergebruik dan onwettig?
Is registrasie ‘n bewys dat ‘n watergebruik wettig is?
Verifikasie van watergebruik
Verifikasie is die enigste manier om die geldigheid van ‘n bestaande
wettige watergebruik te bewys.
Wat is verifikasie van ‘n bestaande wettige watergebruik?
Wat kan ek doen indien my waterreg nie geverifieer is nie?
Grondwater
Goedkeuring vir sink van boorgate.
Spesiale vereistes by aansoeke om lisensies vir die neem van
grondwater.
Bestuur van grondwaterbronne.
Wie doen dit indien dit buite skema’s, besproeiingsrade of
watergebruikersverenigings val?
Oorplasing van ‘n watergebruiksreg van een eiendom na ‘n ander
Permanente oorplasing
1.
Indien die watergebruiksreg wat oorgeplaas moet word, ‘n
bestaande wettige gebruik (BWG) is (sien bladsy 4), moet die
bestaande gebruiker dit laat verifieer ingevolge artikel 35, wat
dan as ‘n bewys sal dien van die watergebruiksreg.
2.
Die bestaande gebruiker verklaar skriftelik dat die
watergebruiksreg, of die gedeelte daarvan wat ter sprake is,
opgesê word ten gunste van die lisensie-aansoek van die
voorgenome watergebruiker.
3.
Indien ‘n watergebruikersvereniging betrokke is, word ‘n
skriftelike aanbeveling van daardie liggaam vereis waarin die
oorplasing aanbeveel word.
4.
Die voorgenome watergebruiker maak ‘n afspraak by die
toepaslike streekskantoor van die Departement van Waterwese,
vir ‘n verkenningsafspraak met die oog op ‘n lisensie-aansoek.
5.
Die voorgenome watergebruiker dien ‘n lisensie-aansoek by die
streekskantoor in vir die gebruik van die betrokke hoeveelheid
water op die eiendom waarheen die water oorgeplaas moet
word.
6.
Beide die bestaande en die voorgenome watergebruikers moet
verstaan dat die watergebruiksreg nie oorgaan wanneer die
vorige watergebruiker betaal is nie, maar eers wanneer die
lisensie aan die nuwe gebruiker uitgereik is. Indien die lisensie
nie uitgereik word nie, bly die watergebruiksreg by die
oorspronklike eiendom.
Oorplasing van ‘n watergebruiksreg van een eiendom na ‘n ander
Tydelike oorplasing
1.
Indien beide die bestaande en die nuwe eiendomme binne die
jurisdiksiegebied van ‘n watergebruikersvereniging of
besproeiingsraad lê, mag daardie liggaam ‘n formele besluit
neem om besproeiingswater tydelik oor te dra onder
voorwaardes waaroor hulle self mag besluit.
2.
Indien een van of albei die eiendomme buite die
jurisdiksiegebied van ‘n watergebruikersvereniging of
besproeiingsraad lê, moet die streekskantoor skriftelik genader
word om goedkeuring daarvoor te gee.
3.
Huidiglik is die beleid dat die departement sodanige tydelike
oorplasing vir nie langer as twee jaar sal toelaat nie.
Algemeen
1.
Hoe doen ek aansoek om ‘n watergebruikslisensie? Watter
stappe moet ek volg?
2.
Wie kan ek om verdere inligting vra?
3.
Webwerf: www.dwa.gov.za
Vrae wat dikwels gevra word:
1.
Hoe vind ek uit wat die waterregte op my plaas behels?
2.
Mag ‘n nuwe eienaar net voortgaan met ‘n watergebruik wat wettig was vir
die vorige eienaar?
3.
Wanneer verval ‘n ‘bestaande wettige watergebruik’?
4.
Hoe sal Waterwese weet wat se watergebruike daar in 1998 op enige plaas
was? En of dit wettig was?
5.
Wat is verpligte lisensiëring? Wanneer gaan dit gebeur? Hoe gaan dit my
raak?
Onttrekking van water uit waterbronne:
6.
Daar was ‘n wettige waterreg om 20 ha te besproei op my vorige plaas. Toe
ek die plaas verkoop het, het ek die waterregte uitgehou omdat ek dit op my
ander plaas wil gebruik. Mag ek dit doen? Wat staan my nou te doen?
7.
Ek het nie ‘n lisensie nie, maar my registrasie-sertifikaat sê dat ek geregistreer
is om 70 000 kubieke meter water per jaar te onttrek vir besproeiing. Is dit
nou my wettige waterreg? Sal die bank my registrasie-sertifikaat aanvaar as
sekuriteit vir ‘n lening?
8.
Wat staan my te doen indien ek waterregte wil aankoop en van ‘n ander
eiendom na myne oorgeplaas?
9.
Wat is die vereistes t.o.v. die sink en gebruik van boorgate?
Damme:
10. Omdat daar ‘n dam op my plaas is, mag ek water daaruit onttrek? Dit is
immers my dam en dus my water, of nie?
11. My buurman bou ‘n nuwe dam wat in my plaas sal opstoot. Mag hy dit
doen? Mag ek dan van die water wat in my plaas opstoot, uitpomp?
