C. Die Algemene L-10

Download Report

Transcript C. Die Algemene L-10

Slide 1

Praktiese
Christenskap
HOE KAN ONS ONS GELOOF
ELKE DAG UITLEWE?
NGK LAMBTON


Slide 2

Hoe behoort ons ons
Christenskap daagliks
uit te lewe?
Christus het self vir ons leidrade gegee:
“Jy moet die Here jou God liefhê …. En die
tweede (gebod) wat hiermee gelyk staan:
jy moet jou naaste liefhê soos
jouself…(Mat 22:37-40)
 Want Ek het honger gehad en julle het my
te ete gegee …(Mat 25:31-46)


2


Slide 3

Opdragte van Christus
Toe het Hy vir almal gesê: “ As iemand
agter My aan wil kom, moet hy homself
verloën, elke dag sy kruis dra en My
volg, … (Lukas 9:23)

3


Slide 4

Jesus het ook al die
wette en opdragte van
God in twee Groot
Gebooie opgesom.

4


Slide 5

Mat 22:37-40.

37 Jesus antwoord hom: “‘Jy moet
die Here jou God liefhê met jou hele
hart en met jou hele siel’ en met jou
hele verstand. 38 Dit is die grootste
en die eerste gebod. 39 En die
tweede, wat hiermee gelyk staan, is:
‘Jy moet jou naaste liefhê soos
jouself.’ 40 In hierdie twee gebooie
is die hele wet en die profete
saamgevat.”
5


Slide 6

Die Groot Gebooie reguleer ons
verhouding met God en met ander
mense

6


Slide 7

Jesus se klem op mense wat minder
bevoorreg as ons is kom duidelik na vore
in Mat 25:31-46 waar Hy grafies vertel
(amper soos ‘n videosnit) wat op die
Oordeelsdag gaan gebeur wanneer alle
mense (ons ingesluit) voor Hom as
Regter gaan staan.
Met die beeld wat Jesus skets laat Hy
geen onduidelikheid oor wat Hy bedoel
met liefde en diens aan
minderbevoorregte mense nie:
7


Slide 8

31 “Wanneer die Seun van die mens in
majesteit kom en al die engele saam met
Hom, sal Hy op sy koninklike troon gaan sit.
32 Al die volke sal voor Hom bymekaar
gebring word, en Hy sal die mense van
mekaar skei soos ’n wagter die skape van die
bokke skei. 33 Die skape sal Hy regs en die
bokke links van Hom laat staan. 34 “Dan sal
die Koning vir dié aan sy regterkant sê:
‘Kom, julle wat deur my Vader geseën is! Die
koninkryk is van die skepping van die wêreld
af vir julle voorberei. Neem dit as
erfenis in besit,
8


Slide 9

35 want Ek was honger, en julle het My
iets gegee om te eet; Ek was dors, en
julle het My iets gegee om te drink; Ek
was ’n vreemdeling, en julle het My
gehuisves; 36 Ek was sonder klere, en
julle het vir My klere gegee; siek, en
julle het My verpleeg; in die tronk, en
julle het My besoek.’ 37 Dan sal dié
wat die wil van God gedoen het, Hom
vra: ‘Here, wanneer het ons U honger
gesien en U gevoed, of dors en U
iets gegee om te drink?
9


Slide 10

38 En wanneer het ons U ’n vreemdeling
gesien en U gehuisves, of sonder klere, en
vir U klere gegee? 39 Wanneer het ons U
siek gesien of in die tronk en U besoek?’ 40
En die Koning sal hulle antwoord: ‘Dit
verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan
een van die geringste van hierdie broers
van My gedoen het, het julle dit aan My
gedoen.’ 41 “Dan sal die Koning vir dié aan
sy linkerkant sê: ‘Gaan weg van My af, julle
vervloektes! Gaan na die ewige vuur wat vir
die duiwel en sy engele voorberei is,
10


Slide 11

42 want Ek was honger, en julle het My niks
gegee om te eet nie; Ek was dors, en julle
het My niks gegee om te drink nie; 43 Ek
was ’n vreemdeling, en julle het My nie
gehuisves nie; sonder klere, en julle het My
nie klere gegee nie; siek en in die tronk, en
julle het My nie versorg nie.’ 44 Dan sal
hulle ook antwoord: ‘Here, wanneer het ons
U honger of dors of ’n vreemdeling of
sonder klere of siek of in die tronk gesien
en U nie gehelp nie?’
11


Slide 12

45 En Hy sal hulle antwoord: ‘Dit verseker
Ek julle: Vir sover julle dit aan een van
hierdie geringstes nie gedoen het nie,
het julle dit aan My ook nie gedoen nie.’
46 En hierdie mense sal die ewige straf
ontvang, maar dié wat die wil van God
gedoen het, die ewige lewe.”

12


Slide 13

Watter “minder bevooregtes” of “geringes” is op
Jesus se hart?

__________________
__________________

__________________
__________________
__________________
__________________
13


Slide 14

In verse 41-46 maak
Jesus dit duidelik
dat waar waar sulke
“geringes” geminag is –
Hy dit beskou dat die
minagters
___________ self
geminag het.

14


Slide 15

Hy brei die opdrag verder
uit:
27 Egte en suiwer godsdiens voor
God die Vader is om weeskinders
en weduwees in hulle moeilike
omstandighede by te staan en om
jou skoon te hou van die
besmetting van die wêreld. (Jak
1:27)

15


Slide 16

En verduidelik die konsep van
“naaste” verder in Lukas 10:2937

29 Maar die wetgeleerde wou homself
handhaaf en vra vir Jesus: En wie is
my naaste? 30 Jesus gaan toe nader
daarop in deur te sê: Toe 'n man
eenmaal op pad was van Jerusalem af
na Jerigo toe, het rowers hom
aangeval. Hulle het hom kaal uitgetrek
en hom geslaan dat hy halfdood bly lê,
en toe padgegee.
16


Slide 17

31 Dit gebeur toe dat daar 'n priester met
daardie pad langs kom, en toe hy hom sien,
gaan hy ver langs verby. 32 Net so het daar
ook 'n Leviet by die plek gekom, en toe hy
hom sien, gaan hy ook ver langs verby.
33 Maar 'n Samaritaan wat op reis was, het
op hom afgekom, en toe hy hom sien, het hy
hom innig jammer gekry. 34 Hy het na hom
toe gegaan, sy wonde met olie en wyn
behandel en hulle verbind. Toe het hy hom
op sy rydier gehelp en hom na 'n herberg
toe geneem en hom daar verder versorg.
17


Slide 18

35 Die volgende dag haal hy twee
muntstukke uit en gee dit aan die
eienaar van die herberg en sê: "Sorg vir
hom, en as jy meer onkoste met hom
het, sal ek jou betaal wanneer ek
hierlangs terugkom." 36 Wie van
hierdie drie is volgens jou die naaste
van hom wat onder die rowers verval
het? 37 Die wetgeleerde antwoord: Die
man wat aan hom medelye bewys het.
Toe sê Jesus vir hom:
Gaan maak jy ook so.
18


Slide 19

Die tweede groot gebod
is die kern van die Kerk
se opdrag na die wêreld!

19


Slide 20

Die Groot Opdrag aan
elke Christen
19 Gaan dan heen, maak dissipels van
al die nasies, en doop hulle in die Naam
van die Vader en die Seun en die
Heilige Gees; en leer hulle om alles te
onderhou wat Ek julle beveel het. (Mat
28)

20


Slide 21

En ná hierdie dinge het die Here weer
sewentig ander aangestel en hulle twee-twee
voor Hom uit gestuur na elke stad en plek
waar Hy sou kom. (2) Hy sê toe vir hulle: die
oes is wel groot, maar die arbeiders min. Bid
dan die Here van die oes dat Hy arbeiders in
sy oes sal uitstuur. (Luk 10:1-2)
Wie is die arbeiders? Waar is die veld met die oes?

As jy nie die antwoorde hierop (a) persoonlik en
(b) presies weet nie, hoe sal jy die Groot Opdrag kan
uitvoer?
21


Slide 22

Die Groot Vraag
Hoe lyk jy vandag as jy jou teen
Christus se opdragte spieël?
Jy mag sê: My lang ure …. My
probleme… Wat van die pastoor en
leierskap – ek gee bydrae en hulle doen


22


Slide 23

Voer u die Groot Opdrag
uit?
Of dink jy dit is nie op jou van
toepassing nie?
Of gee jy geld vir sending en was dan
jou hande in onskuld?
Of bekommer jy jouself somtyds
daaroor en vra, Here, wat kan ek
doen?
23


Slide 24

Feite oor tradisionele
evangelisasiemetodes
Ongeveer 4% van die mense in die
gemiddelde gemeente het die gawe van
evangelisasie (en by baie is die gawe
latent).

24


Slide 25

Verder wys hedendaagse inligting oor
mense wat tot bekering kom (duisende
elke dag oor die hele wêreld) dat
ongeveer 4% van die mense wat tot
bekering kom dit doen as gevolg van
direkte evangelisasiemetodes.
Meeste mense - 75-90% - kom tot
bekering as gevolg van ‘n verhouding
of ‘n reeks verhoudinge en interaksies
met gewone Christene.
25


Slide 26

Verder blyk dit dat baie van die 7590% deur omtrent 18 mikrobesluite
beweeg op hul pad vanaf antiChristen tot volle dissipel. En
gewone Christene wat hulle teekom
help hulle om antwoorde op hul
vrae te kry.
26


Slide 27

Dit is soos Slangetjies en
Leertjies:
Wat ons as
Christene
tussen nieChristene doen
mag hulle die
leertjie ophelp
of met die
slangetjie
27


Slide 28

Hierdie navorsing bevestig
die verskriklike belangrikheid
van ons gedrag as Christene
in ons alledaagse lewe!

28


Slide 29

Waar is ons
sendingveld?
Omtrent 10% van die mense wat sê
hulle is Christene kom ooit kerk toe.
Wat beteken dit vir Suid-Afrika?

29


Slide 30

Die oes
Hoe lyk Suid-Afrika?
SA
%

Christene

79,8

Ander
gelowe
Geen
geloof nie
Geen
inligting
Totaal

3,8

15
1,4

100
30


Slide 31

Hoewel ongeveer 79% SuidAfrikaners in die 2001 sensus
gestateer het dat hulle aan een of
ander Christen denominasie behoort,
kom ongeveer 3-10% van hulle ooit
gereeld in ‘n kerkgebou en is ongeveer
10%-20% van die kerkgangers werklik
aktief as Christene in hul gemeente!
31


Slide 32

Wat ook al jou teologiese standpunt is
omtrent ewige redding en om na jou
dood hemel toe te gaan – die Bybel is
duidelik daaroor dat iemand wie se
lewe nie sy geloof reflekteer nie, in
gevaar staan om ewige reddig te mis.
Lidmaatskap van ‘n kerk of sekere
denominasie gaan jou nie red nie!
32


Slide 33

Dit is so dat talle Christene hul geloof
uitleef sonder om ooit kerk toe te
gaan. Talle ander, wat nie veel in die
kerk doen nie, is wel buite die kerk
betrokke en doen individueel of deur
buite-kerklike organisasies (Christelik
of sekulêre) baie goeie dade. Ons dink
egter nie dat die Suid-Afrikaanse
ongekerkte Christene 10% (‘n hoë
skatting) kan oorskrei nie.
33


Slide 34

Die 10% gereelde kerkgangers en 10%
aktiewe ongekerktes gee ons ‘n totaal
van 20% Suid-Afrikaanse Christene
wat Jesus as Verlosser en Koning mag
ken.
Die 20% is waarskynlik ‘n oorskatting,
wat presies is wat ons wil doen om die
drastiese situasie te illustreer!
Die 20% korreleer wel goed met die
19,3% skatting van geredde Christene in
SA in die 2001 uitgawe van Operation
World – wat op ‘n totaal ander manier
bereken word.
34


Slide 35

Ander gelowe saam is net
ongeveer 4% van die mense
in Suid-Afrika.
Die grootste ander groep is
die wat geen godsdiens het
nie, nl. 15%.
35


Slide 36

Jy sal saamstem dat daar dus
drie hoofgroepe mense in SuidAfrika is wat vir Christus bereik
moet word (die oes):
Die wat in naam Christene is
maar nie hul geloof uitlewe nie
(omtrent 60% van die bevolking)
Die wat vals gelowe aanhang
(4%)
Die ateïste (15%)
36


Slide 37

Met ander woorde
Amper 8 uit elke 10 mense
rondom ons is geestelik
verlore en het Jesus Christus
as Verlosser nodig!
Praat van ‘n nasionale krisis!
Die oes in Suid-Afrika is
gewis groot!
37


Slide 38

Wie gaan hulle
bereik en hoe?

38


Slide 39

Predikante?
Ouderlinge/leierskap?
Kleingroepleiers?
Die Sending/evangelisasie Aksie?
Diensgroepe?
Dus … omtrent 10% van kerkgaande
lidmate
39


Slide 40

Wat sê die Here?
11 En Hy het gegee sommige as
apostels, ander as profete, ander as
evangeliste, ander as herders en
leraars,12 om die heiliges toe te
rus vir hulle dienswerk, tot
opbouing van die liggaam van
Christus (Ef 4)
40


Slide 41

Jy IS voltyds in die
bediening!

Wat jy ook al doen en as
jy ouer as tien is en jonger
as 100 behoort jy aktief in
dienswerk vir God te
wees!
41


Slide 42

Selfevaluering!
Ons gaan eendag rekenskap gee van dit wat
ons gedoen het, ja selfs van elke ligsinnige
woord
Die rekenskap gaan onder andere gaan oor
hoe ons Jesus se opdragte uitgevoer het!
Evalueer: gaan jou werke soos kaf verbrand
word of soos goud wees? (1 Kor 3:12-15)

42


Slide 43

Wat kan ons ander
doen?
Baie van julle sê nou: Ek is OK. Wel en ek sê
mag God jou seën vir die wonderlike dinge
wat jy in Sy Naam doen. Jy is egter omtrent
10% van die lidmate van jou gemeente! Dink
dus hoe jy hulle kan help!
Wat van die 90% met “minder” talente, baie
omstandighede en min geleenthede?

43


Slide 44

Dink bietjie aan jou
gemeente!

44


Slide 45

Werk jou gemeente na
binne of buite?
Alles wat julle reeds doen is goed – maar
baie mense werk net na binne in die kerk –
die kerk werk nie na die gemeenskap daar
buite nie.
Beoordeel self julle diensgroepe:
Beradingsentrum, Finansies, Admin,
Kommunikasie, Eiendomme, Kinderkerk,
Gemeentetoerusting, Musiek, Armsorg, Jeug,
Klank/videos/DVD’s, Vroue Aksie,
Gasvryheid, Siekebesoek en Gebed
45


Slide 46

Wat is jou persepsie van ‘n
gemeente?

Watter een van hierdie beelde beskryf oor
die algemeen ons kerkbelewing in die
Gereformeerde Kerk die beste?

Vliegdekskip?

Plesierboot?
46


Slide 47

Op ‘n vliegdek skip:
Word die soldate opgelei en dan vir oorlog
uitgestuur
Is daar sisteme om die vyand te herken, op te
spoor en te beveg

Is daar ‘n bevelvoerder wat verwag dat sy
soldate sal doen wat dit ookal verg: selfs sterf
Is die wat op die skip agterbly die
ondersteunings-korps vir hulle wat veg
Het almal dieselfde oorhoofse doel in
gedagte: wen die oorlog ten alle koste
47


Slide 48

Op ‘n plesierboot:
Is almal erg begaan oor hulle eie gemak

Is daar sisteme om die passasiers se
behoeftes te leer ken en te dien
Is daar ‘n bevelvoerder wat net verwag dat die
passasiers sal opdaag en reiskoste sal
betaal; hy en die bemanning doen die res
Is die bemanning van die skip begaan oor die
passasiers se uiteenlopende behoeftes
Het almal dieselfde oorhoofse doel in
gedagte: die passasiers se plesier en dat
hulle by die oorkoepelende reëls hou.

48


Slide 49

God se visie?
Wat dink u is God se
visie vir Sy Kerk – ‘n
oorlogskip of ‘n
plesierboot?
Interngefokus of
missionêr?
Maar hoe kan ons
iets doen?

49


Slide 50

Stel jou voor ‘n kerk waar…
Elke gelowige hom/haarself sien as ‘n dienaar van
Jesus in ALLE WERKPLEKKE – op kantoor, in die
fabriek, in die winkelsentrum, by die fliek
Waar elkeen sy geloof in die markplek ingedra, die
pad aangewys deur Jesus self
Werkplekdienaars word toegerus op Sondae en
werk dan vir die koninkryk Maandag tot Saterdag
Prediking fokus spesifiek uitwaarts, en beklemtoon
dat ALLE werk ‘n roeping van God is; ‘n
geleentheid om Hom 24/7 te dien
Elke Christen ‘n nuwe daaglikse fokus het, om te
lewe volgens Bybelse beginsels, maar meer: om sy
onmiddellike omgewing te transformeer
50


Slide 51

L-10-T is so ‘n antwoord!
Jesus het vir sy Kerk ‘n radikale nuwe
manier (twee duisend jaar gelede)
gegee waarmee almal in die Kerk
betrokke kan wees in bedieningswerk.
Ons noem dit Lukas 10 transformasie.

51


Slide 52

Lukas 10: 1-9
1 Daarna het die Here twee en sewentig
ander aangewys en hulle twee-twee voor
Hom uit gestuur na elke dorp en plek
waarheen Hy van plan was om te gaan. 2 Hy
het vir hulle gesê: “Die oes is groot, maar
die arbeiders min. Bid dan die Here aan wie
die oes behoort, om arbeiders uit te stuur
vir sy oes. 3 Gaan nou! Maar onthou: Ek
stuur julle soos lammers tussen wolwe in.

52


Slide 53

4 “Moenie ’n beurs of ’n reissak of
skoene saamdra nie, en moenie langs
die pad met groetery tyd verkwis
nie. 5 As julle in ’n huis kom, moet
julle eerste woorde wees: ‘Vrede vir
hierdie huis 6 As daar iemand woon
vir wie die vrede bestem is, sal die
vrede op hom bly; so nie, sal dit na
julle toe terugkom.
53


Slide 54

7 Moenie van een huis na die ander
trek nie, maar bly in dieselfde huis,
eet en drink wat hulle voorhande
het, want die arbeider is geregtig op
sy loon. 8 As julle in ’n dorp kom en
hulle ontvang julle, eet dan wat hulle
vir julle voorsit. 9 Maak die siekes
daar gesond en sê vir die mense: ’Vir
julle is die koninkryk van God baie
naby!’
54


Slide 55

Ons het uit bogenoemde
opdrag van Jesus 4 stappe
gehaal om vir die gewone
Christen vandag ‘n riglyn te
gee om Jesus Christus na
buite in sy gemeenskap te
volg. Terselfdertyd gaan jy
begin om meeste van Sy
opdragte uit te voer!

55


Slide 56

Die Stappe is:
1. Vra die Here se seën of vrede

waar jy gaan
2. Bou verhoudings/Samesyn
(“fellowship”)
3. Bevredig behoeftes (die nood wat
mense het)
4. Vertel van Jesus
56


Slide 57

Twee kriteria vir L-10-T
Elkeen ouer as 12 en jonger as 100 moet
dit kan doen (en ons het L-10-T vir vooren laerskoolleerlinge ook!).
Jy moet kan L-10-T daar waar jy in jou
normale lewe van Maandag tot Saterdag
(en Sondae ook) rondbeweeg! Jy hoef nie
spesiale byeenkomste by te woon om te
kan L-10-T nie.

57


Slide 58

Kwalifikasies?
Jy moet met alles in jou
Jesus wil liefhê en ‘n lewe
wil lewe wat Sy hart sal
verbly!

58


Slide 59

Begin dadelik L-10-T!
As jy vandag hier weggaan
moet jy probeer om die L10-T stappe te begin doen!

59


Slide 60

Kom ons kyk nou wat sê
mense wat reeds L-10-T
Hierdie 10 minute video is beskikbaar
op ons bekendstellings DVD.

60


Slide 61

Lukas 10 transformasie
(L-10-T)
Stap 1: Vra God se seën (bid Sy vrede of
liefde toe) op elke plek en sy mense


Doen dit by enige plek en vir die mense aldaar
waar jy normaalweg gedurende die week beweeg:






Jou werkplek
Jou koopplek
Jou uiteetplek
Jou speelplek
Ens

61


Slide 62

Dar is niks wonderlikers
as die Here se seën nie!
Lees Deut 28:1-14
En ons vra dit nie vir onsself nie – maar
vir almal wat ons elke dag ontmoet!
Maar dit is ook nie altyd maklik nie …

62


Slide 63

Mat 5:43-48

43 “Julle het gehoor dat daar gesê is:
‘Jou naaste moet jy liefhê en jou vyand
moet jy haat.’ 44 Maar Ek sê vir julle:
Julle moet julle vyande liefhê, en
julle moet bid vir dié wat vir julle
vervolg, 45 sodat julle kinders kan
wees van julle Vader in die hemel.
Hy laat immers sy son opkom oor
slegtes en goeies, en Hy laat reën oor
dié wat reg doen en oor dié wat
verkeerd doen.
63


Slide 64

46 As julle net dié liefhet wat vir julle
liefhet, watter loon kan julle dan nog
verwag? Maak die tollenaars nie ook
maar net so nie? 47 En as julle net julle
broers groet, wat doen julle meer as
ander? Maak die heidene nie ook maar
net so nie? 48 “Wees julle dan volmaak
soos julle hemelse Vader volmaak is.”
64


Slide 65

In L-10-T leer ons dus
ook om te vergewe
Ons mag nie onvergewensgesind wees
nie – kyk na die Onse Vader!

65


Slide 66

Mat 6:12, 14-15
12 en vergeef ons ons oortredings
soos ons ook dié vergewe wat teen
ons oortree;...... 14 “As julle ander
mense hulle oortredings vergewe,
sal julle hemelse Vader julle ook
vergewe. 15 Maar as julle ander
mense nie vergewe nie, sal julle
Vader julle ook nie julle
oortredings vergewe nie.”
66


Slide 67

Vergiffenis is ‘n proses
Begin nou, maar gaan in detail deur
stap 1 in die L-10-T Opleidingsgids om
dit behoorlik te doen!

67


Slide 68

Hierdie eerste stap van L-10T is ‘n uitdrukking van die
Tweede Groot Gebod, want
die grootste geskenk wat jy
iemand kan toebid is die HERE
se seën, aanraking of vrede –
vir vriend en vyand!
68


Slide 69

L-10-T Stap 2: Gesellige samesyn/
Bou Verhoudings
In Stap 2 kyk ons na die mense rondom ons, waar
ons werk, studeer, koop of speel met die oë van ‘n
evangelis: “Het hulle Jesus in hul lewens nodig?”
“Dra hulle die vrugte van die Heilige Gees?” “Is
hulle openlik Christelik, maar hul gedrag vertel ‘n
ander storie.”
Probeer om verhoudings met hulle te bou.





Kuier, eet en drink gesellig - samesyn!
Die doel is om deur die mense om u vertrou te word as ‘n
gewone mens
Natuurlik moet u nie enige waardes in die slag laat bly nie
Vertel van Christus maar moenie woorde gebruik nie!
69


Slide 70

Kyk ook na jouself!
Is daar enigiets in jou gedrag waar jy in
verskillende kringe beweeg wat mense
wat die Here nie ken nie van Hom sal
afsit as hulle weet jy is ‘n Christen!
Onthou die slangetjies en leertjies!
Jy is ‘n evangelis of jy nou wil of nie –
die vraag is of jy mense wegdryf of
nadertrek!
70


Slide 71

L-10-T Stap 3
Luister na enige behoefte wat daar is –
klein en groot!
Dit is in die kern van die diaken se
werk!!
Maar nou doen elkeen daaraan mee!

71


Slide 72

As jy van so ‘n behoefte hoor, kan
jy dan, op ‘n aangewese tyd, die
persoon help deur fisies (bv deur
geld te gee) of emosioneel (bv
deur te vertroos, te luister of
net daar te wees) die persoon te
ondersteun en/of vir die persoon
en die situasie te bid – en
daardeur Sy Groot Helpende
Hand in die situasie in te bring.
72


Slide 73

Lees Jak 2:15-16
15 Sê nou daar is 'n broer of 'n suster
wat nie klere het nie en dag vir dag
honger ly,16 en sê nou een van julle
sou vir hulle sê: Mag dit met julle goed
gaan; gaan trek julle warm aan en eet
genoeg, maar julle gee nie vir hulle wat
hulle nodig het om van te lewe nie, wat
help dit dan?
73


Slide 74

Daar is drie vlakke van gebed in Stap 3 :

 Jy kan sag of met ‘n vriend bid (almal kan
dít doen!)
 Jy kan die persoon vra of jy vir die
behoefte vir hom/haar kan bid. Indien die
antwoord positief is kan jy ‘n eenvoudige
gebed vir die persoon doen, gewoonlik weg
van ander mense af.
 Jy kan ‘n persoon vra of daar ‘n sekere
behoefte is waarvoor jy vir hulle kan bid
(meeste mense het een of ander behoefte,
al is dit net vir die vrede of seën van God).
74


Slide 75

Wanneer jy vir mense in die
openbaar bid (vlak 2 en 3
gebed), doen dit met groot
sensitiwiteit en sonder ophaal.

75


Slide 76

Lees Mat 6:5
5 Verder, as julle bid, moet julle nie
soos die skynheiliges wees nie. Hulle
hou daarvan om in die sinagoges en op
die straathoeke te staan en bid sodat
die mense hulle kan sien. Dit verseker
Ek julle: Hulle het hulle beloning klaar
weg.

76


Slide 77

Die wonderlike
daarvan om vir ‘n
behoefte te bid is
dat meeste mense
- Christen,
Moslem, Hindoe,
“New Ager” of
ateïs – altyd ja sal
sê vir gebed!

As die persoon nee
sou sê? Wel dan sê
jy OK – draai weg en
bid in elk geval
saggies vir die
situasie en natuurlik
ook vir die nood wat
deur die ”nee”
uitgeroep word!
77


Slide 78

Wanneer jy Stap 3 vlak 3 gebed
doen (waar jy iemand vra of daar
iets is wat jy voor kan bid) sal jy
gewoonlik vind dat mense
onmiddellik reageer asof hulle vir
jou vraag gewag het.

78


Slide 79

Partymaal aarsel mense – dit is
gewoonlik omdat die probleem
persoonlik is.
Dus, as jy sien iemand aarsel – dan sê
jy vir hulle dat hulle nie vir jou hoef
te sê wat dit is as dit persoonlik is
nie.
As dit persoonlik is sal hulle dan vir
jou so sê en jy kan bid want die Here
weet wat die probleem is.
79


Slide 80

As die persoon sê dit is nie persoonlik
nie en steeds aarsel – dan is dit omdat
hulle nie op daardie oomblik aan iets
kan dink nie.
Dan vra jy of die persoon sal omgee
as jy vir die Here se seën of vrede op
hom/haar lewe mag bid – die reaksie
is gewoonlik ‘n onmiddellike “ja”.
80


Slide 81

Doen dit!
BID NOU VIR ‘N MAAT SE
BEHOEFTE!

81


Slide 82

L-10-T kan uitgebrei word
na organisasies toe!
Ons het tot dusver na L-10-T in ‘n een-toteen verhouding gekyk.
Dit is ook moontlik om L-10-T in een-totgroep, groep-tot-groep en groep-totindividu verhouding te doen.


Voorbeelde:






Ma’s wat met ‘n lokale munisipaliteit of skool L-10-T.
Besigheid wat spesifieke behoeftige studente deur
universiteit L-10-T
‘n Gemeente wat ‘n behoeftige gemeente L-10-T
82


Slide 83

Jy weet nie waarheen jou
L-10-Tery mag lei nie!
Gelei deur die Heilige Gees kan
individue organisasies soos skole,
besighede, regeringsdepartemente,
hospitale, en polisiekantore nader en
met hulle en hul mense L-10-T.
Party van die kragtigste voorbeelde van
L-10-T tot op datum het gebeur
wanneer individue vir organisasies en
hul mense begin omgee het!
83


Slide 84

Stel jou voor wat die effek op jou stad,
dorp of streek sal wees as Christene kan
begin saamwerk sodat elke huis of besigheid
voor gebid word op ‘n daaglikse basis;
dat die inwoners/werknemers/eienaars weet
dat daar vir hulle gebid word en deur wie;
en dat hulle mag deelneem deur
gebedsversoeke deur te gee.
Dit is moontlik!
84


Slide 85

L-10-T Stap 4
Vertel die Goeie Nuus
As enigiemand u vra oor u geloof of
hoekom u doen wat u doen - vertel!
As u dit reeds doen en/of die gawe van
evangelisasie besit – dan kan u
natuurlik spontaan vertel
Andersins – NET as iemand u vra of die
Heilige Gees u beveel
85


Slide 86

En … VAT VYF!

VAT VYF is ‘n
toepassing van L-10-T
binne stap 4 op
ongeredde mense of
teruggevalle Christene
86


Slide 87

Gebedsevangelisasie
Vat Vyf is ‘n
Gebedsevangelisasi
e -strategie wat jy
mag gebruik om
effektief te bid vir
mense, wie die Here
op jou hart lê, wie Sy
seën en verlossing in
hul lewens nodig het.
87


Slide 88

Vat Vyf
Eerste van Vyf: Lys
vyf name van mense
wie u weet Christus
nie ken nie of wie
teruggevalle
Christene is of wie
God se seën in hul
lewens nodig het.

88


Slide 89

Tweede van Vyf
Bid vir elkeen van
hierdie persone vir
een minuut elke
dag, vir hulle
verlossing of
terugkeer na God en
enige ander
behoefte wat hulle
mag hê.
89


Slide 90

Bid vir Vyf Lewensareas
Ligaam - gesondheid, beskerming, krag
Werksplek - werk, inkomste, sekuriteit
Emosies
-vreugde, vrede, hoop,
liefde
Sosiaal -huwelike, familie verhoudings,
vriende, bure
Geestelik
-verlossing, geloof,
genade, barmhartigheid, geestelike
90
groei


Slide 91

Spesifieke gebed rondom
bekeringsvrae
Wanneer U vir die redding van mense bid, kan U
ook vir God vra dat deur die werking van die
Heilige Gees hulle hulself die volgende vrae sal
afvra:
Wie kan ek vertrou?
Wat is my doel in die lewe?
Wanneer sal ek vry wees van my laste?
Waarheen gaan ek na die dood?
Waarom haat ek God?/Waarom hardloop ek weg
van Hom?
Hoe moet ek my probleme hanteer?
Waar sal ek veilig wees?/Wie kan my beskerm?
91


Slide 92

Derde van Vyf
Gee om vir jou vyf
mense deur Stap 3
van L-10-T spesifiek
op hulle toe te pas
deur hulle te help in
hul nood en hul
laste te dra by elke
moontlike
geleentheid.
92


Slide 93

Vierde van Vyf
Wees gereed om die
goeie nuus van
Jesus se verlossing
vir hulle met hulle te
deel, volgens L-10-T
Stap 4.

93


Slide 94

Vyfde van Vyf
Volhard in gebed
vir die mense op jou
lys tot hulle Christus
ontmoet, of ten
minste vir een jaar.
As dit familie is
moenie ophou nie.

94


Slide 95

Is dit te veel gevra?

“en pas op dat niemand

in die genade van God
veragter (of mis) nie;”
(Heb 12:15a, my
onderstreepte woorde)

95


Slide 96

DIE NUWE “ARBEIDER IN
DIE OES”…
ALLE CHRISTENE IN
DIE WERKPLEK!!

96


Slide 97

L-10-T
PREDIKANTE EN KERKRAAD

DIE KERK IN DIE WERKPLEK/MARKPLEK

SEëNINGE

BOU
HELP EN BID
VERHOUDINGS

VERTEL

DIE VERLORENES EN BEHOEFTIGES
97


Slide 98

DIE DRIEENIGE GOD

JOU VRIENDE

JOU
WERKPLEK

JOU
BINNEKAMER

L-10-T

JOU
KOOPPLEK

JOU GESIN
JOU
SPEELPLEK
JOU
GEMEENTE
JOU FAMILIE

98


Slide 99

Die Effek?
Wat is nou eintlik die effek van L-10-T?

99


Slide 100

En as julle terugkom….
17 Die twee en sewentig het vol
blydskap teruggekom en gesê:
“Here, selfs die bose geeste
onderwerp hulle aan ons by die hoor
van u Naam.”
18 Toe sê Hy vir hulle: “Ek het die
Satan soos ’n weerligstraal uit die
hemel sien val. (Lukas 10)
100


Slide 101

Moenie grootkop kry
nie!
19 Kyk, ek gee aan julle die mag om op
slange en skerpioene te trap, en oor al
die krag van die vyand; en niks sal julle
ooit skade doen nie.
20 Maar moenie daaroor bly wees dat
die geeste aan julle onderworpe is nie,
maar wees bly dat julle name in die
hemel opgeskrywe is. (Lukas 10)
101


Slide 102

En in dieselfde uur …
21 By daardie selfde geleentheid het
Jesus deur die Heilige Gees dit
uitgejubel: “Ek prys U, Vader, Here van
hemel en aarde, dat U hierdie dinge vir
slim en geleerde mense verberg het en
dit aan eenvoudiges bekend gemaak
het. Ja, Vader, so was dit u genadige
bedoeling. (Lukas 10)
102


Slide 103

Vandag kom hulle
steeds terug …
Oral in die Suid-Afrika en oor die hele
wêreld waar mense begin L-10-T kom
hulle steeds terug met blydskap oor die
wonderdade van God.

U sal dit ook beleef!

103


Slide 104

Jesus het gesê:
Volg My: kry nou
betekenis
U gaan daagliks waar u gaan begin om
in Sy teenwoordigheid te wandel.
U kan met Hom praat in stiltetyd oor wat
gebeur en Hy sal U vertel.
Jesus se gebooie gaan baie meer
betekenis vir u kry.
104


Slide 105

Maar … dit moet ‘n
lewenswyse word!
Daarom moet daar gereelde terugvoer
en aanmoediging wees –
L-10-T moet deel van die DNA van die
gemeente of organisasie word!

105


Slide 106

Die belangrikheid van
daaglikse of minstens
weeklikse terugvoer

Probeer ALTYD ‘n plek of persoon kry
waar jy kan kom terugrapporteer oor
wat met jou week se L-10-T gebeur het!
Net soos die dissipels van ouds het ons
nodig om te kan vertel en om
aangemoedig te word en ook andere
aan te moedig.

106


Slide 107

Waar?
Dit kan gebeur in die Christelike
vereniging in jou skool of op jou
kampus of by jou werk.
Andersins in die gesin, by ‘n vriend of
onderwyser, in jou kleingroep, by die
Sondagskool of op Sondae by jou
gemeente.
Jy kan ook ‘n kuberplek soos Google
Groups vir die doel gebruik.
107


Slide 108

Hoekom is gereelde terugvoer
nodig?
Help ons onthou
Help ons om nie lui te word en te stop
nie
Help ons om die nuwe lewenswyse te
internaliseer
Motiveer ons as ons hoor hoe andere
vertel wat gebeur het;
108


Slide 109

Motiveer ons om meer te doen – om
selfs hardop vir mense in nood te bid of
kragtiger te wees in ons vertel van
Jesus vir andere.
Help om mense te bemoedig wat ‘n
“Nee” ondervind het.
Bemoedig ons om aan te hou en meer
mense deur L-10-T te bereik.
109


Slide 110

Kry nou ‘n maat (“Buddy”)!
Jesus het die dissipels twee-twee
uitgestuur.
Jy kan vandag iemand kies/vra om
jou ”buddy” te wees en jy sal
syne/hare wees.
Julle verbintenis is om mekaar te
help om L-10-T ‘n lewenswyse te
maak.
110


Slide 111

Jy MOET verantwoordelikheid
aanvaar om êrens by ‘n gereelde
terugvoersessie in te skakel en
‘n “buddy” te hê!
Dit is noodsaaklik vir hierdie
nuwe lewenswyse van jou met
God!
111


Slide 112

L-10-T is net die begin…
U kan die Bybelse beginsels van u
werkplek meer doelgerig leer en begin
uitleef.
U kan bv ‘n werkplekbediening begin
By die werk
 By die skool


112


Slide 113

Wat is werkplekbediening?
Werksplek bediening is ‘n spesifieke fokus daarop
om mense toe te rus sodat elkeen sy/haar spesifieke
werk in elke sfeer van die samelewing sal beleef as
‘n heilige roeping van die Here.
So here’s what I want you to do, God helping you:
Take your everyday, ordinary life and place it before
God as an offering. Don’t become so well adjusted to
your culture that you fit into it without even thinking.
Instead, fix your attention on God. You’ll be changed
from the inside out.
Romans 12:1,2 (The Message)
113


Slide 114

L-10-T is die rots waarop
ons kan bou
BESIGHEIDSLEIER

WERKNEMER

BEJAARDE

STUDENT

BYBELSE BEGINSELS

X X
X X

E
I
E
N
A
A
R

L-10-T

114


Slide 115

Voorbeelde
As werknemer:
Jou pos as ‘n roeping
 Werk soos vir Christus


Uitmuntendheid
 Eties


Werklike beloning van God
 Biddend – werk in/met Sy Teenwoordigheid


115


Slide 116

As
Besigheidsleier/Eienaar
Werknemer Plus:
Die Christen as leier:
‘n Dienskneg
 ‘n Voorbeeld


Aan wie behoort jou besigheid werklik?
Wat is dan jou taak?
 Skoei jou besigheidsbeleid daarop


116


Slide 117

Waar eindig dit?
L-10-T is die begin … die einde is God
se unieke roeping op U lewe!
En eendag díe woorde:


Mooi so goeie en getroue dienskneg! Oor
weinig was jy getrou – oor veel sal Ek jou
aanstel.

117


Slide 118

Om nie net hoop te gee
nie, maar …

Hoop te DOEN!!!
118


Slide 119

God se
Vermenigvuldiging!
Nou kan ALMAL die Groot Opdrag
uitvoer!
Dink net! Meeste van jou gemeente se
lidmate en hoërskoolleerlinge beweeg
van Maandag tot Saterdag uit en bring
God se teenwoordigheid oral waar hulle
gaan!
Jy, en jou gemeente het nou ….
119


Slide 120

THE
CHALLENGE
‘n Uitdaging

120


Slide 121

Jy kan môre begin!
Onthou hoef niks meer spesiaals te doen as
die 4 stappe nie.
Jy moet BINNE 4 DAE begin!
Onthou jy kan sag bid as jy nie reg is om hard
te bid nie.
Julle kinders kan dit ook begin doen – beslis
julle hoërskoolleerlinge!
Julle kan die hele kerk mobiliseer om te L-10T!
Onthou almal moet kan terugkom en vertel!
121


Slide 122

Om môre te begin moet
jy vandag …
Lukas 10:1-37 – ja tot by die
barmhartige Samaritaan weer gaan
lees.
Bid die Here van die sending om jou te
help om te begin L-10-T!

122


Slide 123

Hoe doen ons dit in ‘n
gemeente?
Bekendstelling

Leierskapopleiding
Kleingroep/diensgroep/wykopleiding

Res van die gemeente

123


Slide 124

Waarom opleiding vir L10-T?
Ons wil hê almal moet L-10-T!
Ons moet mense help om deur
weerstand tot verandering te breek!
L-10-T moet ‘n lewenswyse word!

124


Slide 125

Toerusting
Daar is opleiding vir:





Grootmense
Jeug
Opleiers

Ons is daar vir julle!




Ons help baie keer vir elke gemeente om ‘n
spesifieke implementeringsplan uit te werk.
Sien ons kontakinligting

125


Slide 126

Hoe word die opleiding
aangebied
Die opleidingskursus word die beste oor
12 ure aangebied.
Dit kan in 8 weeklikse1,5 ure sessies
gedoen word of
6 weeklikse 2 uur sessies
Of enige ander kombinasie wat vir julle
gemeente of organisasie sal werk!
126


Slide 127

Materiaal vir Opleiers
L-10-T Opleiers PowerPoint
Die L-10-T Inligtingsgids en
L-10-T Opleiersgids (Item D)
L-10-T Opleidingsgids (Item B)
L-10-T Opleidings PowerPoint
L-10-T Bekendstellings DVD (with How To) bevat 10
minute L-10-T video met 30 minute “How to”
aanbieding – alles in Engels (Item A)
L-10-T Training DVDs – hierdie is 4 opleidings DVDs
(in Engels) wat saam met die Engelse of Afrikaanse
opleidingsgids gebruik kan word vir groep of
individuele studie. (Item C)
127


Slide 128

Kontak Inligting
W Joubert – 082 650 5684



Fax: 011 824 3141
E-mail: [email protected]

Jerigo Mure Witwatersrand kantoor




Lenthia of Genevieve – 011 824 1985 (8:00 –
16:00 weeksdae)
[email protected]; [email protected]

www.jwipn.com Kyk gereeld vir nuwe
materiaal op hierdie webtuiste!
128