Notes - Hoor.co.za

Download Report

Transcript Notes - Hoor.co.za

‘n Sin vir wat reg is…
….is relatief tot…..
Was die Boereopstand (Rebellie) onvermydelik?
’n Antwoord kry ons wanneer die skrywer opmerk:
News 24 Review
“Wat De Wet en Beyers met hulle Boerekommando’s
in Oktober 1914 wil bereik, en wat Botha en Smuts
met die regeringsmagte wil gaan doen, is twee
wêrelde wat nie deur onderhandelinge versoen
kan word nie.”
Rebelspoor, LJ Bothma
“twee wêrelde wat nie deur
onderhandelinge versoen kan word nie”
As twee koninkryke in oorlog is, wie het die
reg om vir vrede te onderhandel?
Wat noem ons dit as voetsoldate vir vrede
onderhandel met mekaar?
Twee denkwyses, twee wêrelde…
Fil 3:18 Want baie—van wie ek julle dit dikwels gesê het en nou ook onder trane
sê—wandel as vyande van die kruis van Christus. Fil 3:19 Hulle einde is die
verderf, hulle god is die buik en hulle eer is in hulle skande; hulle bedink aardse
dinge. Fil 3:20 Want ons burgerskap is in die hemele, van waar ons ook
as Verlosser verwag die Here Jahshua Christus, ....
Joh 3:31 Hy wat van bo kom, is bo almal; hy wat uit die aarde is, is uit die aarde
en praat uit die aarde. Hy wat uit die hemel kom, is bo almal. Joh 3:32 En wat
Hy gesien en gehoor het, dit getuig Hy; en niemand neem sy getuienis aan nie. Joh
3:33 Wie sy getuienis aangeneem het, het sy seël daarop gesit dat God
waaragtig is.
Joh 3:36 Hy wat in die Seun glo, het die ewige lewe; maar hy wat die Seun
ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die toorn van God bly op
hom.
Uiteenlopende perspektiewe – hemelse vs aardse,
van bo vs uit die aarde.
Dis duidelik dat ons onder ons
Koning dien, as burgers van Sy
koninkryk.
Dat daar ‘n antagonis is, en dat die
eerste onderskeidende eienskap tussen
die twee ryke, is die plek van waar hul
dink oor alles - perspektief, en die
verwysingspunt wat hul denke lei eindbestemming
Verskil tussen perspektief en
verwysingspunt.
Perspektief = van waar jy kyk
Verwysingspunt = punt wat jou rigting aandui,
waarna jy kyk
Perspektief (van waar ek na iets kyk)
Verste
1
Naaste
Naaste
2
Verste
3
Verkeerd
Reg
4
Reg
5
6
Verkeerd
“Perspektief” – van watter posisie die
oog na ‘n saak kyk.
Mat 6:22 Die lamp van die liggaam is die oog. As jou oog dan reg is, sal
jou hele liggaam verlig wees (as jou perspektief korrek is, sal jou hele
uitkyk op elke saak, korrek wees). Mat 6:23 Maar as jou oog verkeerd (evil)
is, sal jou hele liggaam donker wees. As dan die lig in jou donkerheid
(skaduagtig) is, hoe groot is die donkerheid nie! Mat 6:24 Niemand kan
twee here dien nie; want òf hy sal die een haat en die ander liefhê, òf hy sal
die een aanhang en die ander verag. Julle kan nie God én Mammon dien
nie! (niemand kan gelyke tyd van uit die twee perspektiewe sy lewe inrig
nie) Mat 6:25 Daarom sê Ek vir julle: Moenie julle kwel (gedagtes vasbind
aan – “take no thought”) oor jul lewe—wat julle sal eet en wat julle sal drink
nie; of oor jul liggaam—wat julle sal aantrek nie. Is die lewe nie meer as die
voedsel en die liggaam as die klere nie? (as jul perspektief reg is, sal jul nie
hierdie sake wat die liggaam dien voor in die beeld van jul visie hê nie, maar
dit sal vêr in die periferie wees)
Verwysingspunt
As jou verwysingspunt ietwat uit is, skiet jy die teiken elke
keer mis – maar dit beteken nie dat jy nie jou bes probeer
om kolskote te skiet, of dat jy na die verkeerde teiken skiet
nie.
“Verwysingspunt” – ‘n akkurate aanduiding van
waar jy gaan eindig
Hnd 5:29 En Petrus en die apostels antwoord en sê: Ons moet aan God meer
gehoorsaam wees as aan die mense. Hnd 5:30 Die God van ons vaders het Jahshua
opgewek, wat julle omgebring het deur Hom aan ‘n kruishout te hang. Hnd 5:31
Hom het God as Leidsman (rigting gewer, een wat vooruit wys) en Verlosser
deur sy regterhand verhoog om aan Israel bekering en vergifnis van sondes
te skenk. Hnd 5:32 En ons is sy getuies van hierdie dinge, en ook die Heilige
Gees wat God gegee het aan die wat Hom gehoorsaam is. Hnd 5:33 Toe
hulle dit hoor, was hulle woedend en wou hulle om die lewe bring.
Heb 12:1 Daarom dan, terwyl ons so ‘n groot wolk van getuies rondom ons het, laat
ons ook elke las aflê en die sonde wat ons so maklik omring, en met volharding die
wedloop loop wat voor ons lê, Heb 12:2 die oog gevestig op Jahshua, die
Leidsman en Voleinder van die geloof (wat wys waarheen ons geloof in
Hom ons vat aan die einde – waar ons die teiken gaan tref), wat vir die
vreugde wat Hom voorgehou is (die teiken wat voor Sy visier was), die kruis
verdra het, die skande verag het en aan die regterkant van die troon van God gaan
sit het. Heb 12:3 Want julle moet ag gee op Hom wat so ‘n teëspraak van die
sondaars teen Hom verdra het, sodat julle in jul siele nie vermoeid word en
verslap nie.
Ek skiet mis, maar ek begeer om die kol te tref met
elke skoot – wie kan my help, my visier instel
Rom 7:14 Want ons weet dat die wet geestelik is, maar ek is vleeslik, verkoop onder
die sonde. Rom 7:15 Want wat ek doen, weet ek nie; want wat ek wil, dit doen ek
nie, maar wat ek haat, dit doen ek. Rom 7:16 En as ek doen wat ek nie wil nie, dan
stem ek die wet toe dat dit goed is. Rom 7:17 Maar nou is dit nie meer ek wat dit
doen nie, maar die sonde wat in my woon. Rom 7:18 Want ek weet dat in my, dit wil
sê in my vlees, niks goeds woon nie; want om te wil, is by my aanwesig, maar om
goed te doen, dit vind ek nie. Rom 7:19 Want die goeie wat ek wil, doen ek
nie, maar die kwaad wat ek nie wil nie, dit doen ek. Rom 7:20 Maar as ek
doen wat ek nie wil nie, dan doen ek dit nie meer nie, maar die sonde wat in my
woon. Rom 7:21 Ek vind dus hierdie wet: as ek die goeie wil doen, is die kwaad by
my aanwesig. Rom 7:22 Want ek verlustig my in die wet van God na die innerlike
mens; Rom 7:23 maar ek sien ‘n ander wet in my lede wat stryd voer teen die wet
van my gemoed en my gevange neem onder die wet van die sonde wat in my lede is.
Rom 7:24 Ek, ellendige mens! Wie sal my verlos van die liggaam van
hierdie dood? Rom 7:25 Ek dank God deur Jahshua Christus, onse Here!
So dien ek self dan wel met die gemoed die wet van God, maar met die vlees
die wet van die sonde.
Enige persoon kan mislei word om ‘n fout te maak,
maar as die lig dit openbaar het as fout, en hy kies
om daarin te volhard sonder berou, dan word dit vir
hom verander van “vergeef hulle” na “werke van die
dood” - van ‘n fout, na ‘n doelbewuste daad.
Joh 3:17 Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel
nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word. Joh 3:18 Hy wat in Hom glo,
word nie veroordeel nie; maar hy wat nie glo nie, is alreeds veroordeel omdat hy nie
geglo het in die Naam van die eniggebore Seun van God nie. Joh 3:19 En dit is die
oordeel: dat die lig in die wêreld gekom het, en die mense het die duisternis liewer
gehad as die lig; want hulle werke was boos (daar was ‘n openbaring van die
waarheid, en die mens het die leuen gekies bo die waarheid, die weg van
misleiding bo die smal weg) . Joh 3:20 Want elkeen wat kwaad (wil) doen,
haat die lig en kom nie na die lig nie, dat sy werke nie bestraf mag word nie. Joh
3:21 Maar hy wat die waarheid (wil) doen, kom na die lig, sodat sy werke openbaar
(duidelik gemaak) kan word, dat hulle in God gedoen is.
‘n Misleide skerpskutter wat sy eie magte teiken Saulus
Hnd 26:12 Toe ek dan daarvoor na Damaskus op reis was, met volmag en opdrag
van die owerpriesters, Hnd 26:13 het ek, o koning, in die middel van die dag op
die pad ‘n lig uit die hemel gesien, sterker as die glans van die son, wat my en my
reisgenote omstraal het. Hnd 26:14 En toe ons almal op die grond val, hoor ek ‘n
stem met my spreek en in die Hebreeuse taal sê: Saul, Saul, waarom vervolg jy
My? Dit is hard vir jou om teen die prikkels te skop. Hnd 26:15 Toe sê ek:
Wie is U, Here? En Hy sê: Ek is Jahshua wat jy vervolg. Hnd 26:16 Maar rig jou
op en staan op jou voete, want hiertoe het Ek aan jou verskyn om jou te bestem tot
‘n dienaar en getuie van die dinge wat jy gesien het en van die dinge waarin Ek
nog aan jou sal verskyn, Hnd 26:17 terwyl Ek jou verlos uit die volk en die heidene
na wie Ek jou nou stuur, Hnd 26:18 om hulle oë te open, dat hulle hul van
die duisternis tot die lig kan bekeer (twee onversoenbare posisies) en
van die mag van die Satan tot God, sodat hulle deur die geloof in My
vergifnis van sondes en ‘n erfdeel onder die geheiligdes kan ontvang.
Perspektief verander (waarvandaan hy kyk), sodat sy bestemming en
roeping (waarna hy skiet) in diens van die hemelse burgerskap kan
wees.
‘n Persoon wat weet wat hy doen, wat ander mislei
om te doen wat hul nie weet nie = Verleier.
Mat 27:20 Maar die owerpriesters en die ouderlinge het die skare oorgehaal dat
hulle Barábbas moes begeer en Jahshua ombring (verleiers wat mense
oorhaal van die lig na die duister, terwyl die mense steeds dink hul dade
dien die lig – hulle weet nie wat hulle doen/wie hulle dien nie)
Mat 27:23 En die goewerneur sê: Watter kwaad het Hy dan gedoen? Maar hulle
skreeu nog harder en sê: Laat Hom gekruisig word!
Mat 27:25 En die hele volk antwoord en sê: Laat sy bloed op ons en op ons kinders
kom!
Mat 28:11 En terwyl hulle op weg was, kom daar sommige van die wag in die stad en
vertel die owerpriesters alles wat gebeur het. Mat 28:12 En nadat hulle saam
met die ouderlinge vergader en raad gehou het, het hulle die soldate baie geld
gegee Mat 28:13 en gesê: Julle moet sê: Sy dissipels het in die nag gekom en
Hom gesteel terwyl ons aan die slaap was. Mat 28:14 En as dit by die goewerneur
gehoor word, sal ons hom tevrede stel en maak dat julle sonder sorg is. Mat 28:15
Hulle het toe die geld geneem en gedoen soos hulle geleer was. En hierdie
verhaal is versprei onder die Jode, tot vandag toe.
Luk 23:34 En Jahshua sê: Vader, vergeef hulle,
want hulle weet nie wat hulle doen nie. En hulle
het sy klere verdeel en die lot daaroor gewerp. Luk
23:35 En die volk het dit staan en aanskou. En
die owerstes het saam met hulle ook geskimp
en gesê: Ander het Hy verlos;
laat Hy Homself verlos as Hy die
Christus, die uitverkorene van God,
is.
Ons sien dus hierdie rolspelers om ons –
“tot vandag toe”:
Verleiers
Ons ideaal is:
Verloste skerpskutters
Misleides
Paulus sê ons is almal:
Verlostes
Skerpskutters
Misskieters
Verloste misskieters
Jahshua sê:
Kyk na my as jy wil leer
raakskiet elke keer
As verlostes is ons onversoenbaar met hierdie
wêreld ideologie – konflik is onvermybaar.
Rom 12:13 Maak voorsiening in die behoeftes van die heiliges; streef na gasvryheid;
Rom 12:14 seën die wat julle vervolg, seën en moenie vervloek nie; Rom 12:15 wees
bly met die wat bly is, en ween met die wat ween; Rom 12:16 wees eensgesind onder
mekaar; moenie na hoë dinge streef nie, maar voeg julle by die nederige; moenie
eiewys wees nie; Rom 12:17 vergeld niemand kwaad vir kwaad nie; bedink wat goed
is voor alle mense; Rom 12:18 as dit moontlik is, sover as dit van julle
afhang, leef in vrede met alle mense. Rom 12:19 Moenie julle wreek nie,
geliefdes, maar gee plek vir die toorn; want daar is geskrywe: Aan My kom die wraak
toe, Ek sal vergeld, spreek die Here. Rom 12:20 As jou vyand dan honger het, gee
hom iets om te eet; as hy dors het, gee hom iets om te drink, want sodoende sal jy op
sy hoof vurige kole ophoop. Rom 12:21 Laat jou nie deur die kwaad oorwin nie,
maar oorwin die kwaad deur die goeie.
Al weet ons daar sal konflik kom, is dit nie nodig dat ons
dit gaan soek nie…..
Dit sal jou vind as jy ‘n burger van die
hemele, op aarde is.
Mat 10:31 Wees dan nie bevrees nie: julle is meer werd
as baie mossies. Mat 10:32 Elkeen dan wat My sal
bely voor die mense, hom sal Ek ook bely voor my
Vader wat in die hemele is. Mat 10:33 Maar elkeen
wat My verloën voor die mense, hom sal Ek ook
verloën voor my Vader wat in die hemele is. Mat 10:34
Moenie dink dat Ek gekom het om vrede op
die aarde te bring nie. Ek het nie gekom om
vrede te bring nie, maar die swaard.
Die vlees staan vir ‘n denkwyse wat sy oorsprong het in die tydelike (huidige)
wêreld, en waarvan die eind-visie ‘n doelwit is wat binne hierdie wêreld sy
oorsprong het, en ook nagejaag, bereik en bewaar moet word.
Die Gees staan vir ‘n denkwyse wat sy oorsprong het in die ewige realm (koninkryk),
en waarvan die eind-visie ‘n doelwit is wat buite hierdie wêreld begin, en binne
hierdie wêreld nagejaag word, maar wat eers tot aanskoue kom met die voleinding
(einde) van hierdie wêreld, of na ons ontslaping (watter ook al eerste plaasvind),
en wat buite hierdie wêreld sy bewaring het.
Op die oog af ‘n klein verskil, maar dit plaas die twee persone op totaal
teenoorstaande perspektiewe – hul uitkyk op die lewe, op wat reg en verkeerd
behels, is onversoenbaar.
Geen mate van onderhandeling kan ‘n aanvaarbare middeweg vind wat beide
perspektiewe kan bevredig nie – daar kan net konflik wees wanneer hierdie twee
mekaar ontmoet.
Hierdie realiteit is in oorvloed beskryf in die Woord, en in hierdie laaste dae duidelik
vir die wat die wysheid het om te verstaan, en die eerlikheid het om te erken.
Hoe sou ‘n vyand dan te werk gaan om ‘n
onverslaanbare koninkryk en Koning te
ondermyn.
• Verander die perspektief vanwaar die dienaars kyk
• Versteur die verwysingspunt (visier) van die dienaars
• Bied ‘n gunstige kompromie aan wat die dienaars
oorreed om te onderhandel vir vrede
• Dupliseer maar vervals
Die Johannes effek: berei die weg.
Laaste dae
Amen