Notes - Hoor.co.za

Download Report

Transcript Notes - Hoor.co.za

Slide 1

Soms wil ek groot lering van
oorredende woorde aan u
bring,…. maar soms is dit nie wat
die Heilige Gees wil sê nie.

Die Gees se tydsberekening is
altyd perfek….daarom laat ons
Hom die spreekbeurt kry.


Slide 2

Wanneer jou spierkrag en stamina nie
genoeg is nie – Ultra-maraton
Gemiddelde ouderdom van:
• Wêreld kompeterende 100 meter atlete = 22 jaar
• 100 kilometer atlete = 43 jaar
• Top tien 100 kilometer atlete = 40 jaar, maar geen groot verskil tot
50 jaar

Waar die grense van die liggaam se vermoëns stop,
begin die siel se heerskappy eers.

Die wedloop na die Lewe is ‘n ultra-marathon – jou
liggaam sal reeds verklaar dat hy nie meer kan nie,
dan begin die stamina van jou siel eers wys.


Slide 3

Hoe ontwikkel my siel stamina? Waar
kom sy krag vandaan?
Is daar ‘n oefenprogram vir ‘n siel,
kan my siel afgerig word?
Ek het afrigting nodig – ek het ‘n
SIELS-AFRIGTER nodig.


Slide 4

Vroeg op en gereed, oggend van 9 Feb 2015

EK!!


Slide 5

EK!!


Slide 6

Wegspring Maandag 9 Februarie 2015


Slide 7

Siel-sterioide


Slide 8

‘n Wenstreep foto

…nog voor die
wegspring….


Slide 9

‘n Mens wat hardloop sonder ‘n
wenstreep voor oë, is nie ‘n atleet nie,
maar ‘n slagoffer – is iemand wat vir iets
vlug, eerder as na iewers vorder, wat
gejaag word, eerder as deelneem.

Die vlugteling se brandstof is vrees,
en die atleet se brandstof is hoop – is
jy ‘n vlugteling of atleet?


Slide 10

Wat sien jy in die verte - vrees of hoop?
Mar 5:35 Terwyl Hy nog spreek, kom daar mense van die owerste van die
sinagoge se huis en sê: U dogter is dood. Waarom val u die Meester nog
lastig? Mar 5:36 Maar dadelik, toe Jesus die woord hoor wat gespreek is,
sê Hy vir die owerste van die sinagoge: Moenie vrees nie; glo net.

Jou liefde is dood, jou hoop is verby, jou toekoms het
gesterf. Jy mors jou tyd om te roep na Jahshua – jou
ergste vrees het reeds jou toekoms geword, dis ‘n
afgehandelde saak, die afsnytyd vir ‘n medalje is nou net
verby……die dood het jou oorwin, gaan en wag om ook te
sterwe.

(Hoop + Vrees) = 0, dus
Vrees kanselleer alle hoop


Slide 11

Wat was die kampioene van gister se
suksesresep in hul siels-stamina
ontwikkeling?
Heb 11:13 In die geloof het hulle almal gesterwe sonder om die beloftes te verkry,
maar hulle het dit uit die verte (voor hulle) gesien en geglo en begroet,
en het bely dat hulle vreemdelinge en bywoners op aarde was. Heb 11:14 Want
die wat sulke dinge sê, verklaar dat hulle ‘n vaderland soek. Heb 11:15 En as
hulle bly dink het aan dié vaderland waaruit hulle weggetrek het, sou hulle
geleentheid gehad het om terug te keer. Heb 11:16 Maar nou verlang (begeer)
hulle na ‘n beter een, dit is ‘n hemelse. Daarom skaam God Hom nie vir
hulle om hulle God genoem te word nie, want Hy het vir hulle ‘n stad
berei.

Hul het ‘n visie gesien van die wenstreep, en
geglo en bely. Dit het vir hul ‘n foto geword
in more se koerant….


Slide 12

Wil jy ‘n wenstreep foto in jou siel hê?
Johannes het een gehad.
1Jo 1:1 Wat van die begin af was, wat ons gehoor het, wat ons met ons oë gesien
het, wat ons aanskou het en ons hande getas het aangaande die Woord van die
lewe— 1Jo 1:2 en die lewe is geopenbaar, en ons het dit gesien, en ons getuig
en verkondig aan julle die ewige lewe wat by die Vader was en aan ons
geopenbaar is— 1Jo 1:3 wat ons gesien en gehoor het, verkondig ons aan julle,
sodat julle ook gemeenskap met ons kan hê; en ons gemeenskap is met die Vader en
met sy Seun, Jesus Christus. 1Jo 1:4 En ons skrywe hierdie dinge aan julle, sodat
julle blydskap volkome kan wees. 1Jo 1:5 En dit is die verkondiging wat ons
van Hom gehoor het en aan julle verkondig: God is lig, en geen duisternis is in
Hom nie. 1Jo 1:6 As ons sê dat ons met Hom gemeenskap het en in die duisternis
wandel, dan lieg ons en doen nie die waarheid nie. 1Jo 1:7 Maar as ons in die lig
wandel soos Hy in die lig is, dan het ons gemeenskap met mekaar; en die
bloed van Jesus Christus, sy Seun, reinig ons van alle sonde. 1Jo 1:8 As
ons sê dat ons geen sonde het nie, mislei ons onsself en die waarheid is nie in ons
nie. 1Jo 1:9 As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die
sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.


Slide 13

Paulus het ‘n wenstreep foto in sy siel gehad
waarmee hy stamina behou het in sy
wedloop.
Heb 12:1 Daarom dan, terwyl ons so ‘n groot wolk van getuies
rondom ons het, laat ons ook elke las aflê en die sonde wat ons
so maklik omring, en met volharding die wedloop loop wat voor
ons lê, Heb 12:2 die oog gevestig op Jesus, die Leidsman
en Voleinder van die geloof, wat vir die vreugde wat Hom
voorgehou is, die kruis verdra het, die skande verag het en aan
die regterkant van die troon van God gaan sit het. Heb 12:3
Want julle moet ag gee op Hom wat so ‘n teëspraak van die
sondaars teen Hom verdra het, sodat julle in jul siele nie
vermoeid word en verslap nie.


Slide 14

Jahshua het selfs aan ons ‘n wenstreep
foto-opname met klank gestuur in
Openbaring
Opn 15:1 En ek het ‘n ander teken in die hemel gesien,
groot en wonderlik: sewe engele met die sewe laaste plae,
want daarmee is die grimmigheid van God voleindig. Opn 15:2
En ek het gesien iets soos ‘n see van glas, gemeng met
vuur. En die oorwinnaars oor die dier en oor sy beeld
en oor sy teken, oor die getal van sy naam, het ek by
die see van glas sien staan, met siters van God. Opn
15:3 En hulle het die lied gesing van Moses, die
dienskneg van God, en die lied van die Lam, en gesê:
Groot en wonderlik is u werke, Here God, Almagtige;
regverdig en waaragtig is u weë, o Koning van die
heiliges!


Slide 15

Maar om dit te sien, moet jy klein wees –
‘n kindjie. “Slim” grootmense kan nie
more se koerantfoto sien nie, want hul
lees slegs vandag se koerant
Mat 11:25 In daardie tyd het Jesus gespreek en gesê: Ek loof U, Vader, Here
van die hemel en die aarde, dat U hierdie dinge verberg het vir wyse
en verstandige mense en dit aan kindertjies geopenbaar het. Mat
11:26 Ja, Vader, want so was dit u welbehae. Mat 11:27 Alles is aan My
oorgegee deur my Vader, en niemand ken die Seun nie, behalwe die Vader;
ook ken niemand die Vader nie, behalwe die Seun en elkeen aan wie die
Seun dit wil openbaar. Mat 11:28 Kom na My toe, almal wat vermoeid
en belas is, en Ek sal julle rus gee. Mat 11:29 Neem my juk op julle
en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en
julle sal rus vind vir julle siele; Mat 11:30 want my juk is sag en my las
is lig.


Slide 16

Wat is die prys?
Die wat oorwin beërf die Ewige Lewe
Rom 6:22 Maar nou dat julle vrygemaak is van die sonde en diensbaar
geword het aan God, het julle jul vrug tot heiligmaking en
uiteindelik die ewige lewe. Rom 6:23 Want die loon van die sonde is
die dood, maar die genadegawe van God is die ewige lewe in
Christus Jesus, onse Here.

Hoe verkry ek hierdie prys – wat moet ek
doen om die wedloop te voltooi?
Mar 10:17 En toe Hy op die pad uitgaan, hardloop daar een na Hom
toe en val voor Hom op die knieë en vra Hom: Goeie Meester, wat
moet ek doen om die ewige lewe te beërwe?


Slide 17

Twee stappe – soos met enige wedloop.
Slegs die wat wegspring kan op ‘n
wenstreepfoto wees, en…

Jy hou aan hardloop – tot die foto
geneem word by die wenstreep.


Slide 18

Hoe spring jy weg?
1. Jy sit alles neer wat in jou hande is, haal jou
vrag van jou rug af, en gaan sê dat jy wil deelneem.
Mar 2:10 Maar dat julle kan weet dat die Seun van die mens mag het om op die
aarde sondes te vergewe—sê Hy vir die verlamde man: Mar 2:11 Ek sê vir jou:
Staan op, neem jou bed op en gaan na jou huis toe.
Mat 6:14 Want as julle die mense hulle oortredinge vergewe, sal julle
hemelse Vader julle ook vergewe.

2. Jy gaan kniel by die wegspringblokke, word stil,
luister vir die afsitter, en reageer op sy bevel.
Rom 10:17 Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van
God.
Rom 10:9 As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God
Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word; Rom 10:10 want met die
hart glo ons tot geregtigheid en met die mond bely ons tot redding.
Rom 10:13 Want: Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered
word.


Slide 19

Hoe werk dit dat Hy ons sondes kan wegneem
en ons las verwyder sodat ons vry kan
deelneem?
Heb 9:24 Want Christus het nie ingegaan in ‘n heiligdom met hande gemaak, ‘n
teëbeeld van die ware nie, maar in die hemel self om nou voor die aangesig van God
vir ons te verskyn; Heb 9:25 ook nie om Homself dikwels te offer, soos die
hoëpriester elke jaar in die heiligdom ingaan met bloed wat nie sy eie is nie, Heb
9:26 want dan moes Hy dikwels gely het van die grondlegging van die wêreld af.
Maar nou het Hy een maal in die voleinding van die eeue verskyn om die
sonde deur sy offer weg te doen. Heb 9:27 En net soos die mense bestem is om
een maal te sterwe en daarna die oordeel, Heb 9:28 so sal Christus ook, nadat Hy
een maal geoffer is om die sondes van baie weg te neem, vir die tweede maal sonder
sonde verskyn aan die wat Hom verwag tot saligheid.


Slide 20

Hoe hardloop mens?
Mat 28:17 En toe hulle Hom sien, het hulle Hom aanbid; maar sommige
het getwyfel. Mat 28:18 En Jesus het nader gekom en met hulle gespreek
en gesê: Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde. Mat 28:19
Gaan dan heen (hardloop), maak dissipels van al die nasies, en doop
hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer
hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. Mat 28:20 En kyk, Ek
is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld.
Amen.


Slide 21

Hoe kan ek aanhou hardloop al het
my krag opgeraak?
Rom 8:24 Want ons is gered in hoop; maar die hoop wat gesien word, is geen hoop
nie; want wat iemand sien, waarom hoop hy dit nog? Rom 8:25 Maar as ons hoop
wat ons nie sien nie, dan wag ons daarop met volharding. Rom 8:26 En
net so kom ook die Gees ons swakhede te hulp, want ons weet nie reg wat ons
moet bid nie, maar die Gees self tree vir ons in met onuitspreeklike sugtinge. Rom
8:27 En Hy wat die harte deursoek, weet wat die bedoeling van die Gees is, omdat
Hy ooreenkomstig die wil van God vir die heiliges intree. Rom 8:28 En ons weet dat
vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy voorneme
geroep is. Rom 8:29 Want die wat Hy vantevore geken het, dié het Hy ook
vantevore verordineer om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, sodat Hy
die eersgeborene kan wees onder baie broeders; Rom 8:30 en die wat Hy vantevore
verordineer het, dié het Hy ook geroep; en die wat Hy geroep het, dié het Hy ook
geregverdig; en die wat Hy geregverdig het, dié het Hy ook verheerlik.

Ek kan aanhou hardloop as my brandstof HOOP is,
nie vrees nie!!!


Slide 22

Onthou die wenstreepfoto in jou siel –
hier kyk Paulus weer na die groepfoto van
homself en mede- hardlopers.
Rom 8:31 Wat sal ons dan van hierdie dinge sê? As God vír ons is, wie kan teen ons
wees? Rom 8:32 Hy wat selfs sy eie Seun nie gespaar het nie, maar Hom vir ons
almal oorgegee het, hoe sal Hy nie saam met Hom ons ook alles genadiglik skenk
nie? Rom 8:33 Wie sal beskuldiging inbring teen die uitverkorenes van God? God is
dit wat regverdig maak. Rom 8:34 Wie is dit wat veroordeel? Christus is dit wat
gesterf het, ja, meer nog, wat ook opgewek is, wat ook aan die regterhand van
God is, wat ook vir ons intree. Rom 8:35 Wie sal ons skei van die liefde van
Christus verdrukking of benoudheid of vervolging of honger of naaktheid of gevaar
of swaard? Rom 8:36 Soos geskrywe is: Om U ontwil word ons die hele dag gedood,
ons is gereken as slagskape. Rom 8:37 Maar in al hierdie dinge is ons meer as
oorwinnaars deur Hom wat ons liefgehad het. Rom 8:38 Want ek is
versekerd dat geen dood of lewe of engele of owerhede of magte of teenwoordige
of toekomende dinge Rom 8:39 of hoogte of diepte of enige ander skepsel ons sal
kan skei van die liefde van God wat daar in Christus Jesus, onse Here, is nie.


Slide 23

Hier is vir jou ‘n wenstreepfoto van jou eie – dit
word afgelewer in jou siel deur die Heilige Gees.
Rom 8:14 Want almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God.
Rom 8:15 Want julle het nie ontvang ‘n gees van slawerny om weer te vrees nie, maar julle het
ontvang die Gees van aanneming tot kinders, deur wie ons roep: Abba, Vader! Rom
8:16 Die Gees self getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is; Rom 8:17
en as ons kinders is, dan ook erfgename, erfgename van God en mede erfgename van Christus,
as ons naamlik saam met Hom ly, sodat ons ook saam met Hom verheerlik kan word. Rom
8:18 Want ek reken dat die lyding van die teenwoordige tyd nie opweeg teen die heerlikheid
wat aan ons geopenbaar sal word nie.
1Jo 5:4 Want alles wat uit God gebore is, oorwin die wêreld; en dit is die oorwinning
wat die wêreld oorwin het, naamlik ons geloof. 1Jo 5:5 Wie anders is dit wat die wêreld
oorwin as hy wat glo dat Jesus die Seun van God is?
1Jo 5:11 En dit is die getuienis: dat God ons die ewige lewe gegee het, en dié lewe is
in sy Seun. 1Jo 5:12 Hy wat die Seun het, het die lewe; wie die Seun van God nie het nie, het
nie die lewe nie. 1Jo 5:13 Dit het ek geskrywe aan julle wat glo in die Naam van die
Seun van God, sodat julle kan weet dat julle die ewige lewe het en kan glo in die
Naam van die Seun van God.


Slide 24

Daardie man langs jou op die wenstyreepfoto
met Sy hand wat jou ophou en ondersteun…..
Joh 10:27 My skape luister na my stem, en Ek ken
hulle, en hulle volg My. Joh 10:28 En Ek gee hulle
die ewige lewe, en hulle sal nooit verlore
gaan tot in ewigheid nie, en niemand sal
hulle uit my hand ruk nie. Joh 10:29 My vader
wat hulle aan My gegee het, is groter as almal; en
niemand kan hulle uit die hand van my Vader ruk
nie. Joh 10:30 Ek en die Vader is een.


Slide 25

Onthou dit van die boodskap:
Elk van ons se name is reeds gepubliseer in die boek wat
handel oor die wat die wedloop voltooi het – joune ook.
Daar is net twee dinge wat kan veroorsaak dat jy van die
wenstreepfoto verwyder moet word –
1) jy spring nie weg nie, en
2) jy hou op hardloop.
So lank jy aanhou probeer, sal jy klaarmaak in tyd, want
jy is reeds op die foto – jou AFRIGTER, SPANDOKTER,
MEDE ATLETE en jou OUDSTE BROER sal daarvoor sorg.


Slide 26

Amen