Kirkwood NG Gemeente  23 Nov 2013 Baie het al veel te sê gehad oor gesondheid ‘Die grootste rykdom is jou gesondheid.’ ~Virgil “So.

Download Report

Transcript Kirkwood NG Gemeente  23 Nov 2013 Baie het al veel te sê gehad oor gesondheid ‘Die grootste rykdom is jou gesondheid.’ ~Virgil “So.

Kirkwood NG Gemeente

 23 Nov 2013

Baie het al veel te sê gehad oor gesondheid

‘Die grootste rykdom is jou gesondheid.’ ~Virgil

“So baie mense bestee hulle gesondheid om ryk te word, en moet dan al hul geld spandeer om weer hul gesondheid te herwin.

” ~ A.J.Materi

“Hy wat goeie gesondheid geniet, is ryk, al besef hy dit nie eens nie .” ~ Italiaanse spreekwoord

Ander se uitinge is meer simplisties:

“If ones bowels move, one is happy; and if they don't move, one is unhappy. That is all there is to it.” ~Lin Yutang, 1937

“Money cannot buy health, but I'd settle for a diamond-studded wheelchair.” ― Dorothy Parker

Verskille en ooreenkomste

 Kom ons begin sommer aan die buitekant: Vroue – en mans-lywe - kom verskillende groottes en vorms

Liggaamsvorme

Almal is nie dieselfde nie 

Dokters praat van:

Ektomorf, mesomorf of endomorf 

Appel of ‘n peer

Of ‘n piesang of ‘n uurglas?

Waar sit die meeste vet?

Bo die naeltjie of onder die naeltjie?

Dan verander jou liggaam soos jy gewig aansit – dieselfde ouderdom

Van skraal tot oorgewig en obees 

Lywe verander met ouderdom…

Vroue van jonk tot oud (regs na links) 

Toemaar, mans se lywe verander ook

Mooigebou regs tot pruim op tandestokkie links 

Die veranderings in liggaamsvorm

    Tydens en na menapouse – en die gemiddelde ouderdom is 51/52 jr – daal die estrogeen, progesteroon en ja, ook testosteroonvlakke in vroue, en dit maak dat die vetverspreiding in die lyf van ‘n vrou, dramaties verander.

Pleks van om wulpse heupe, pak dit in ‘n rolletjie om die maag saam. Alles begin hang en word kleiner en ineengesak, behalwe die maag. Die rol om die maag na die middeljare – in mans en vroue – en in enige mense wat oorgewig is – is tekenend van iets meer sinisters binne-in die liggaam. As jou middellyfomtrek meer as 88 cm is – in ‘n vrou – en meer as 102 cm in ‘n man – is die gebeure aan die gang: - Die vet om jou maag is nie net – soos op ander plekke op jou liggaam – vet onder jou vel – nie. - Dis meer abdominale vet is – dit is vet tussen jou organe soos jou hart – en abdominale vet is harde vet wat toksiese stowwe afskei – wat die binnewande van jou are beskadig as die bloedvate wat jou hartspier van bloed voorsien, geblokkeer word, kan ‘n hartaanval volg, as die blokkasie in jou longe is, is dit ‘n embolus, as dit in jou brein is, is dit ‘n beroerte.  Die probleem is, dit gebeur – soos baie ander dinge wat skeefloop – stilweg in jou liggaam.

Hartaanvalle: simptome verskil

    MANS ‘n pyn op die bors en in die linkerarm, en moegheid          VROUE hoofsaaklik slegte spysvertering of sooibrand depressie, moegheid, ongemak op die bors, drukking of pyn op jou rug, blaaie, skouers en nek, maagpyn, duiseligheid, naarheid, sweterige hande, hart wat fladder in jou bors, kortasemheid en moeisame asemhaling

Watter vroue het ‘n groter risiko vir ‘n hartaanval ?

 Vroue wat rook kan 19 jaar voor nie-rokende vroue ‘n hartaanval. Vroue wat op die pil is en rook, het ‘n baie groot kans op ‘n hartaanval.

 Vroue met diabetes het ‘n 3 x groter kans op ‘n hartaanval  Hoë bloeddruk  Oorgewig  Onaktief

Ander stil bekruipers

Hoë bloeddruk – geen simptome

Osteoporose – eers as been breek

Tipe 2 diabetes – 10 jaar voor simptome

Borskanker – 10 – 15 jaar

Iets meer oor borskanker

  Verskillende soorte borskanker. Die meeste borskankers neem 10 – 15 jaar van die eerste kankerselletjie tot ‘n voelbare knop, en dat dit ‘n knop met ‘n mammogram en sonar opgespoor kan word gemiddeld 1 – 3 jaar voordat jy dit groot genoeg is om te voel. Daarom is die klem nou eerder vir ‘n vrou om haar borste te ken, en as iets verander, dit onder die aandag van haar dokter te bring.  daar is baie vooruitgang gemaak in die behandeling van borskanker. Bv die gebruik van die biologiese middel Herceptin bring nou ‘n groot kans op lewe vir die heel aggressiefste soort kanker wat voorheen binne 2 – 5 jaar die lewe van ‘n jong vrou sou geeis het. Die soort kanker gaan gepaard met ‘n spesifieke geen, wat deur die middel ‘afgeskakel’ word.

Nog verskille tussen mans en vroue

 Visie: mans sien makliker bewegende voorwerpe en fyn detail, vroue onderskei kleure makliker  Meer mans as vroue ly aan ADHD - 6 x meer  Mans en vroue reageer verskillende op chemoterapie en dit beïnvloed die dokter se besluite oor behandeling  Mans se immuunstelsels is anders as vroue s’n – dit reageer sterker – daarom word mans werklik sieker van griep as vroue  Mans se lewer-ensieme verskil van vroue – mans kan bv alkohol beter verwerk as vroue

Vooruitgang die afgelope jare

          Borskanker behandeling en ander kankerbehandeling – ook al meer volgens jou DNA Nuwe biologiese middels teen reumatoiede artritis Nuwe een-jaar-infusie teen osteoporose Nuwe inspuitings in die oog wat makulere degenerasie vertraag Nuwe bloedtoets – waar bloed van ‘n swanger vrou op 10 weke getrek word – om te toets of die baba Down sindroom het 30 jaar gelede was die afsny-ouderdom vir die doen van ‘n hartvat omleiding op ‘n pasient 60 jaar, nou word hartoperasies op 90+ gereeld gedoen.

Nuwe, veiliger tegnieke om hartritme afwykings in volwassenes en kinders via ‘n kateterisasie te herstel Hartklep vervangings deur ‘n hartkateterisasie Nuwe maniere om breinoperasies te doen; waar ‘n rekenaar byna soos outopilot en ‘n GPS die breinchirurg om al die belangrike structure in die brein lei, sodat hy diep binne-in die brein kan opereer sonder om ‘n breinbaan deur te sny en skade aan te rig. Daar is nuwe antistolmiddels wat die baie makliker maak om die bloed-dikte te beheer sodat ddit nie te maklik stol nie.

Feite en geite wat ek met julle wil deel

 Dit is baie belangrik om chroniese siektes soos hoë bloeddruk en tipe 2 diabetes elke minuut van elke dag baie goed te beheer omdat elke minuut wat dit buite beheer is, die skade aan organe knaag.  Voorkoming is die beste

 As jy met hoë bloeddruk of enige ander chroniese siekte gediagnoseer word, kan jy nie sommer net jou man of vrou of buurman se pille begin drink nie, want elke pil het kontra-indikasies, wat beteken dit kan goed doen, maar dit kan ook skade veroorsaak as daar reeds ‘n swak plek is soos bv nierprobleme ens.

 Baie mense gaan direk na ‘n spesialis.  Hoe weet jy jy gaan na die regte een?

 Ek wil julle vra, werk deur julle GP. Hy is jou eerste kontak, en as jy deur kom werk, word al die verslae aan hom gestuur en bly hy op hoogte oor wat met jou aangaan en waarom sekere spesialiste sekere middels verander het ens.

 Vra ‘n tweede opinie.

Dis jou reg. Alle dokters is nie ewe goed of sleg nie – probeer by die beste een uitkom as jy enigsins kan.

 Oppas vir Google  Alles op die internet is nie gesorteer, gefiltreer en korrek nie. Enige aap kan enigiets op die internet plaas en uit verband ruk.

 Ek staan soms verstom oor wat dokters kan doen. Die grootste deel van sukses, word deur die vaardigheid van die dokter bepaal.

 Gaan op 13 en 22 weke swangerskap na ‘n fetale spesialis vir jou sonars. Daar is maar so 14 in die land.

Ginekoloë leer om die omvang van kop te meet, die lengte van die ledemate, die breedte van die skouers: nie of die hart 4 kamers het en die kleppe werk of die niere reg is nie, en of die rugmurg nie dalk oop is nie.

 Verpleegsorg – die gehalte van verpleegsorg is ‘n reuseprobleem in SA. As jy in ‘n hospitaal is, is jy geregtig op die versorging deur ‘n geregistreerde verpleegkundige – dis een met 4 jaar universiteitsopleiding – met ‘n maroenbalkie op haar skouer.  Carers = teemakers wat 3 – 6 maande opgelei is en dan plek van verpleegsters inneem as goedkoop arbeid in private hospitale

"A hospital is no place to be sick."

—Samuel Goldwyn

 Gebruik antibiotika soos voorgeskryf  As ‘n kind antibiotika moet gebruik, beteken dit daar is ‘n bakteriele infeksie in sy lyf en hy moet steeds in die bed bly. Hy kan nie dan rondhardloop en swem en sy immuunstelsel verder beproef nie.  Bly weg van kinders en ouer mense as jy verkoue of griep het – dit steek aan deur nies, hoes en veral deur handkontak  Daar is nuwe anti-virus griepmiddels. Relenza en Tamiflu. Veral ouer mense wat griep kry moet hul dokters vra vir die middel. Dit takel die griepvirus binne 24 uur af.

 Generiese middels is goedkoper maar nie noodwendig so doeltreffend nie.  ‘n Generiese middel is nie regtig getoets nie  Generiese middels hoef ook slegs aan 80% van resep te voldoen.  In die geval van sekere antidepressante moet die pasiënte twee keer die dosis neem met baie meer newe-effekte en in die geval van sommige bloeddrukmiddels, baie antibiotika en middels wat in baie siek pasiënte in waaksale gebruik word en osteoporose middels werk die generiese middels te swak terwyl jy valslik gesus word en dink jy doen genoeg deur die pille te sluk.

 Wees versigtig met slaappille as jy ouer is – moenie dit neem en dan nog wil badkamer toe of weer wil opstaan nie – van die pille werk baie vinnig. en oppas om pille met teenoorgestelde werkings saam te neem: 

"Never under any circumstances take a sleeping pill and a laxative on the same night." —Dave Barry

 Wees bewus daarvan dat sommige natuurlike middels ‘n effek of jou ander medikasie kan he. Bv omega 3 aanvullers, Procydin, St Johns wort, ginseng, gingko biloba is van die middels wat jou bloed kan dunner maak en glad nie geneem moet word deur mense wat antistolmiddels gebruik nie.

 Wees ook bewus daarvan dat natuurlike en kruiemiddels en alles wat jy as voedselaanvullers koop, deur GEEN liggaam en deur GEEN wet gereguleer word nie.  Medisyne wat dokters voorskryf moet deur streng toetse gaan – eers in ‘n laboratorium en dan op ‘n klein goepie mense en dan gekontrolleerd op duisende mense voordat dit deur die FDA en die Medisynebeheerraad goedgekeur kan word.

   Luister na my voorbeeld en skrik: Ek kan vanaand ‘n mengsel in my ma se huis in die bad gaan aanmaak, en bietjie waspoeier, motbolle, fyngemaalde kappertjiesaad, bokdrolletjies en sonneblomolie alles met ‘n masjien saampers en dit oormore verkoop as ‘n natuurlike produk wat ko-ensiem Q10 en Magnesium bevat en geskik is teen hartsiektes, atritis en psoriase – ek hoef nie te bewys dit werk nie, ek hoef nie aan te dui wat in die produk is nie, en ek hoef nie te bewys dat dit wel die bestanddele op die etiket bevat nie. Daar is ‘n wet-in-wording om julle te beskerm, maar dis nie gepromulgeer nie.

 Dis beter om antioksidante in te neem in die vorm van vars vrugte en groente as om dit in pilvorm te sluk. Om die waarheid te se, as jy te hoe doserings antioksidante in pilvorm sluk, kan dit jou siek maak. Mense wat rook, moet glad nie antioksidante sluk nie.  Eet 5 – 8 porsies vars vrugte en groente per dag.  Adam en Eva het die eerste vitamiene geneem, insluitend die verpakking. ~E.R. Squibbth

    Proteinaanvullers, hoë-vet, hoë-proteien, lae koolhidraat dieet – Tim Noakes jy sal gewig verloor omdat jy minder kilojoules inneem. Alles is ‘n balanseertoertjie: Kilojoules in = kilojoules verbrand Die mens het maksimaal 1.5 g proteien per 1 kg gewig nodig. Dit is 150g per dag vir iemand wat 100 kg weeg. Jy kan mos maklik eerder ‘n lekker 150 g beesfillet per dag eet, of vis of hoender of skaap sonder vet. Proteindrankies is geskik en reg vir mense wat minder as 80 g proteiene (‘n een handpalmgroote stukkie vleis) per dag inneem. ‘n Glas volroommelk met ‘n teelepel heuning in, is ‘n baie beter regmaker na spieroefening as enige proteindrankie – en onthou daar kan verbode steroide in die drankie wees.

 Vergeet van kits-gewigsverlies, bloedgroep eetplanne, en om meer as 1 kg per week te verloor.  Beperk junk food – veral diepgebraaide kos – KFC ens 

“It’s not food if it arrived through the window of your car.” ~ Michael Pollan

To avoid sickness eat less; to prolong life worry less. ~Chu Hui Weng

 En dan is daar oefening   Brein aktiwiteit – breinbane word voortdurend hernuwe Terloops die heel beste manier van leer en nuwe dinge aanleer vir kinders en volwassenes: luister goed, in sessies niks langer as 20 minute nie, neem ‘n minuut breek, konsentreer weer vir 20 minute. Na 40 minute, vertel jouself of ‘n kollega/maat hardop wat jy nou geleer het en maak in jou eie woorde sin daarvan – maw skei die kaf van die koring – lees en herhaal die inligting weer binne 24 – 48 uur en slaap 9 ure per nag, en doen 30 minute per dag oefening – maar interval oefening – stap stadig dan vinnig, dan stadig ens

 “Too many people confine their exercise to jumping to conclusions, running up bills, stretching the truth, bending over backward, lying down on the job, sidestepping responsibility and pushing their luck.” ~ Author Unknown  "My doctor recently told me that jogging could add years to my life. I think he was right. I feel ten years older already." —Milton Berle  "You have to stay in shape. My grandmother started walking five miles a day when she was 60. She's 97 today and we don't know where the hell she is." —Ellen DeGeneres

Slotsom

Baie van ons dink nog oor ‘n gesonde leefstyl soos Mark Twain:  “Die enigste manier om gesond te bly is om te eet wat jy nie van hou nie, te drink wat sleg proe en te doen wat jy nie lus was om te doen nie’’.

 Ons fokus op die negatiewe. Ons moet dit omswaai na die positiewe en te besef wat ons het voordat ons dit verloor. Baie is in ons eie hande deur leefstylveranderinge.

Laaste woorde

 “As I see it, every day you do one of two things: build health or produce disease in yourself.

” -

Adelle Davis

 “Cure sometimes, treat often, comfort always.

” – Hippocrates  Behandel altyd, genees soms en wees altyd onderskragend.