Transcript Evolusie

EVOLUSIE

Geskiedenis van die ontwikkeling van vroe ë teorieë oor evolusie

Vier persone het veral ‘n rol gespeel in die ontwikkeling van vroe ë evolusie-teorieë, naamlik,

1. Erasmus Darwin

(1731-1802 Oupa van Charles) se idees: • Alle lewe ontwikkel van eenvoudige vorme • Daar is ooreenkomstes tussen verskillende organismes • Kunsmatige seleksie en metamorfose illustreer hoe veranderinge moontlik plaasgevind het

Geskiedenis: Lamarck

2. Jean Baptiste de Lamarck

(1744 –1829) • Sy twee idees: 1.

Gebruik en onbruik Veranderinge in die omgewing skep

nuwe behoeftes

wat veroorsaak dat organismes hul

bestaande organe modifiseer

om aan die behoefte te voldoen.

Herhaalde

gebruik van die orgaan sal veroorsaak dat dit

vergroot

en

meer doeltreffend

word. Onbruik van ‘n orgaan sal veroorsaak dat dit

degenereer

.

Lamarck

2. Oorerwing van kenmerke wat gedurende die organisme se leeftyd gemodifiseer is –

Die modifisering wat die organisme gedurende sy leeftyd ondergaan het, kan aan die nageslag oorgedra word.

Lamarck: Voorbeelde

Voorbeelde van die toepassing van Lamarck se idees (bv. Langnek van kameelperde of the ledemate van slange)

Onbruik

• Ledemate van slange verdwyn/disentegreer omdat hulle nie gebruik word tydens hul glybewegings nie.

• Hul liggame raak dun en lang sodat hulle deur smal openinge kan ‘kruip’.

Nog voorbeelde van Lamarck se teorie

• Pikkewyne het nie meer vlerke nie, maar vinne, omdat hulle dit nie meer gebruik het nie en eerder geswem het.

• Eende moes so beur om te swem dat hulle tone later groter en groter velflappe gekry het.

VERSKILLE Lamarck

Individue wil verander (determinisme, interne dryfveer)

Darwin

Geen wil om te verander nie (geen interne dryfveer nie) Veranderinge in individue as gevolg van die aanpassing by die omgewing Natuurlike seleksie – gewenste kenmerk vir oorlewing in die omgewing word oorgeërf Individue in die bevolking verander Die bevolking as ‘n geheel verander oor tyd Veranderinge wat verkry word gedurende ‘n leeftyd word vanaf die ouer aan die nageslag oorgedra Geskikste kenmerke word van generasie na generasie oorgedra tot die bevolking verander

Lamarck: Verwerping

Redes vir die verwerping van Lamarck se idees: • Oorerwing van verworwe kenmerke (fenotipiese kenmerke) kan nie plaas vind nie • Omgewingsfaktore alleen kan nie evolusie veroorsaak nie/dryf nie • Geen genetiese basis nie - genotipes van organismes verander nie

Geskiedenis: Charles Darwin

3 Charles Darwin

(1809-1882) Teorie van evolusie

deur natuurlike seleksie

onder die volgende opskrifte: – Darwin se seevaart van 5-jaar rondom die wêreld in die HMS Beagle, versamel voorbeelde en maak aantekeninge van sy waarnemings omtrent plante, diere en die geografie van die lande besoek – Die historiese ontwikkeling. In 1858 was hy bewus van Wallace se werk. Huiwerig om sy idees te publiseer. Bang dat mense sal dink dat hy Wallace se idees ‘gesteel’ het. – Darwin se artikel, word saam met dié van Wallace tydens die “Linnaean Society” op 1 July 1858 aangebied – Publikasie van

“On the Origin of the Species” in 1859

Geskiedenis: Charles Darwin

Die

waarnemings

waarop Darwin sy teorie gebaseer het: – Organismes van ‘n spesie produseer ‘n groot aantal nakomelinge – Die nakomelinge vertoon groot mate van variasies – Van die groot hoeveelheid nakomelinge oorleef slegs enkeles – Kenmerke word van ouers wat oorleef na nakomelinge oorgedra

Geskiedenis: Wallace

4 Alfred Wallace

(1823-1913) Wallace en Charles Darwin het afsonderlik natuurlike seleksie as as ‘n verduideliking vir evolusie beskryf.

Evolusie “voorouers met modifisering”

• Evolusie beteken dat alle huidige vorme van lewe … – het ontstaan van, en is verwant aan die wat in die verlede geleef het, en – mag verskillend lyk omdat hulle van een generasie na die volgende gemodifiseer is oor baie jare