Evolusie (Inleiding) - Life Sciences 4 All

Download Report

Transcript Evolusie (Inleiding) - Life Sciences 4 All

Evolusie: Graad 12

Inleiding

Onderskei tussen ‘n hipotese en ‘n teorie

• Hipotese bestaan uit die volgende kern konsepte – Afhanklike veranderlike – Onafhanklike veranderlike – Verhouding tussen die twee veranderlikes – Toetsbaar Opsommend: ‘n Ingeligte stelling/ raaiskoot (twee veranderlikes) wat toetsbaar is NIE ‘n VRAAG NIE

Tydends ‘n ondersoek wat jou hipotese toets, mag die bevindinge of resultate een van die volgende tot gevolg hê: Jou hipotese word ...

1. nie verwerp nie / aanvaar 2. verwerp, of 3. aangepas (skep nuwe of meer vrae)

NIE BEWYS NIE

Skep van nuwe wetenskaplike kennis

‘n Aantal aanvaarde/nie-verwerpte, verwante hipoteses wat gewoonlik komplekse afleidings en verduidelikings verskaf ... konstrueer/skep nuwe wetenskaplike kennis.

Lei tot teorie ë

Onderskei tussen ‘n hipotese en ‘n teorie

• Teorie bestaan uit die volgende kern konsepte – Oorkoepelende verduidelikings van verwante aanvaarde hipoteses – Hierdie goed gesubstansieerde verduidelikings sluit feite, wette, afleidings en getoetsde hipoteses in – Stel wetenskaplikes instaat stel om geldige voorspellings/ gevolgtrekking te kan maak

‘n Teorie handel hoofsaaklik oor

• hoe aspekte (prosesse en meganismes in lewe) • in die natuurlike wêreld werk.

Sekere basiese definisies

• Feit : ‘n Waarneming wat herhaaldelik oor jare bevestig of geverifie ër is • Wet : ‘n Beskrywende veralgemening oor hoe die fisiese w êreld reageer onder sekere toestande • Hipotese : ‘n Toetsbare stelling wat gebruik kan word om afleings en verduidelikings te kan maak

EVOLUSIE

• Geskiedenis • Voorouers met modifisering • Natuurlike seleksie • Spesiasie • Bewyse vir evolusie – Fossielrekords - Oorgangstadia – Modifikasie van voorouer – Biografie – Genetika

Geskiedenis van die ontwikkeling van vroe ë teorieë oor evolusie

Vier persone het veral ‘n rol gespeel in die ontwikkeling van vroe ë evolusie-teorieë, naamlik,

1. Erasmus Darwin

(1731-1802 Oupa van Charles) se idees: • Alle lewe ontwikkel van eenvoudige vorme • Daar is ooreenkomstes tussen verskillende organismes • Kunsmatige seleksie en metamorfose illustreer hoe veranderinge moontlik plaasgevind het

Geskiedenis: Lamarck

2. Jean Baptiste de Lamarck

(1744 –1829) • Sy twee idees: 1.

Gebruik en onbruik Veranderinge in die omgewing skep

nuwe behoeftes

wat veroorsaak dat organismes hul

bestaande organe modifiseer

om aan die behoefte te voldoen.

Herhaalde

gebruik van die orgaan sal veroorsaak dat dit

vergroot

en

meer doeltreffend

word. Onbruik van ‘n orgaan sal veroorsaak dat dit

degenereer

.

Lamarck

2. Oorerwing van kenmerke wat gedurende die organisme se leeftyd gemodifiseer is –

Die modifisering wat die organisme gedurende sy leeftyd ondergaan het, kan aan die nageslag oorgedra word.

Lamarck: Voorbeelde

Voorbeelde van die toepassing van Lamarck se idees (bv. Langnek van kameelperde of the ledemate van slange)

Onbruik

• Ledemate van slange verdwyn/disentegreer omdat hulle nie gebruik word tydens hul glybewegings nie.

• Hul liggame raak dun en lang sodat hulle deur smal openinge kan ‘kruip’.

Nog voorbeelde van Lamarck se teorie

• Pikkewyne het nie meer vlerke nie, maar vinne, omdat hulle dit nie meer gebruik het nie en eerder geswem het.

• Eende moes so beur om te swem dat hulle tone later groter en groter velflappe gekry het.

Lamarck

Individue wil verander (determinisme, interne dryfveer) Individue in bevolking verander

VERSKILLE Darwin

Geen wil om te verander nie (geen interne dryfveer nie) Bevolking verander as gevolg van omgewingsfaktore Variasie as gevolg van die

individue

wat verander

Nakomelinge

vertoon variasie Veranderinge wat verkry word gedurende ‘n leeftyd word vanaf die ouer aan die nageslag oorgedra Tydends natuurlike seleksie word geskikste kenmerke van ouer na nageslag oorgedra

Lamarck: Verwerping

• Redes vir die verwerping van Lamarck se idees: Teorie is deterministik. Alle organismes het ‘n

interne dryfveer

om die leer van ontwikkeling te klim gedurende evolusie. Stel evolusie in ‘n leervormige stelsel voor en nie as ‘n boomvormige stelsel nie.

Lamarck: Verwerping (vervolg)

Redes vir die verwerping van Lamarck se idees: • Oorerwing van verworwe kenmerke (fenotipiese kenmerke) kan nie plaas vind nie. Geen genetiese basis nie genotipes van organismes verander nie • Omgewingsfaktore alleen kan nie evolusie veroorsaak nie/dryf nie

Geskiedenis: Charles Darwin

3 Charles Darwin

(1809-1882) Teorie van evolusie

deur natuurlike seleksie

onder die volgende opskrifte: – Darwin se seevaart van 5-jaar rondom die wêreld in die HMS Beagle, versamel voorbeelde en maak aantekeninge van sy waarnemings omtrent plante, diere en die geografie van die lande besoek.

– Die historiese ontwikkeling. In 1858 was hy bewus van Wallace se werk. Huiwerig om sy idees te publiseer. Bang dat mense sal dink dat hy Wallace se idees ‘gesteel’ het. – Darwin se artikel, word saam met dié van Wallace tydens die “Linnaean Society Conference” op 1 Julie 1858 aangebied.

– Publikasie van

“On the Origin of the Species” in 1859

Geskiedenis: Charles Darwin (vervolg)

Die

waarnemings

waarop Darwin sy teorie gebaseer het: – Organismes van ‘n spesie produseer ‘n groot aantal nakomelinge – Die nakomelinge vertoon groot mate van variasies – Van die groot hoeveelheid nakomelinge oorleef slegs enkeles – Kenmerke word van ouers wat oorleef na nakomelinge oorgedra

Geskiedenis: Wallace

4 Alfred Wallace

(1823-1913) Wallace en Charles Darwin het afsonderlik natuurlike seleksie as as ‘n verduideliking vir evolusie beskryf.