Transcript Evolusie
BEWYSE VIR EVOLUSIE EKSAMENRIGLYNE VIR GRAAD 12 Die teorie van evolusie word gesubstansieer deur verskillende soorte bewyse , naamlik: – Fossielrekords (Graad 10) – Modifikasie vanaf voorouer (Graad 11) – Biogeografie (Graad 11) – Genetika (Graad 12) Eksterne assessering: Inligting in die vorm van tekeninge, gevalle studies, tabelle, vloeidiagramme sal verskaf moet word sodat leerders vrae kan beantwoord (data respons-tipe vrae). Hoe fossielrekords evolusieteorie substansieer Evolusie toerie sluit in dat • alle lewende organismes ‘n algemeen voorouer in die verlede gehad het; • nuwe spesies evolueer vanuit bestaande spesies. Fossiele is oorblyfsels van organismes wat in die verlede gelewe het. Wetenskaplikes kan ontwikkelingslyne vanaf voorouers in die fossielrekords opspoor. ‘n Voorbeeld van so ‘n ontwikkelingslyn vanaf voorouer in die fossielrekord in Suid-Afrika • fossiel soogdieragtige-reptiele (therapsieds) wat reptiel- en soogdierkenmerke vertoon. Evolusie vanaf reptiele tot soogdiere • Therapsied (soogdieragtige reptiele) fossiele van die Karoo vertoon die evolusionêre ontwikkeling van soogdiere vanaf reptiele. • Meeste van die oppervalk van SA word deur sedimentêre rots bekend as Karoo Supergroep wat ‘n onafgebroke fossielrekord vanaf die einde van die Karboniferous periode deur die Permian en Triassic periode tot aan die begin van die Jurassic strek. • Dit beteken dat verskeie ontwikkelingsweë wat gevolg word deur verskillende dieregroepe soos soogdieragtige-reptiele kan akkuraat opgespoor word. • Soogdieragtige-reptiele verteenwoordig ‘n oorgangsvorm tussen reptiele en soogdiere. • In ouer rotse vertoon die fossiel therapsieds meer reptielagtig kenmerke as soogdieragtig kenmerke, maar in jonger rotse vertoon hulle meer soogdieragtige kenmerke. Evolusie van soogdiere (vervolg) Die ontwikkeling van middeloorbeentjies in soogdiere het ontstaan uit bene van die kaakbeen van Therapsids. In die Therapsids, is daar drie bene gebruik om die kaakgewrig te vorm: die hoekerige been, gewrigs- en kwadraatbeen. In die soogdier diagram, is die kwadraat- en gewrigsbeen baie kleiner en vorm deel van die middeloor. Let op dat in soogdiere bestaan die onderste kaak uit slegs een been. Evolusie van soogdiere (vervolg) • Reptiele word algemeen geklassifiseer in 3 groot groepe nl. Anapsida, Synapsida en Diapsida. • Die Synapsida lyn het waarskynlik oorsprong gegee aan soogdiere. • Vroeë Synapsids (insluitent therapsids) sluit plant- en vleisetende vorme neem toe in getalle gedurende die Permian periode. Therapsids • Gorgonopsians – dominerende vleiseters met slagtande • Dicynodonts – plant-eetend leef van Permian tot Cretaceous periodes. Gorgonopsian www.maropeng.co.za Evolusie van soogdiere (vervolg) • Kleiner vleisetende therapsids was die therocephalians en cynodonts. • Lede van beide hierdie fossielgroepe evolueer tipiese kenmerke van soogdiere bv. beenagtige verhemelte, ontwikkeling van sny- en vergruisingsoppervlakke op die ware kiestande. • Gedurende die EindPermian massa-uitwissing – oorleef slegs ‘n enkele soorte therapsids. • Na die uitwissing het die meeste oorlewende therapsids begin om toenemend soogdierkenmerke te evolueer. LYSTROSAURUS (dicynodont) • Oorleef die uitwissing en raak die dominante landherbivore van die vroeë Triassica periode. Lystrosaurus skelet in die veld nabyBethulie www.iziko.org.za Evolusie van soogdiere (vervolg) • Gedurende die laat-Triassica periuode het die eerste ware dinosouresse verskyn en raak dominante diere van die tydperk • Therapsids en hulle afstammelinge (vroegste soogdiere) was nie instaat om met die groot dinosouresses te kompeteer nie en bly klein totdat die dinosourussse omtrent 65 miljoen jare gelede uitsterf. • Gedurende die vroeë Jurrasic periode (200 miljoen jare gelede) het die wêreld se eerste ware soogdiere verskyn. • Soogdiere en dinosourusse evolueer gelyktydig, maar hulle was van twee verskillende evolusionêre takke.. • Die eerste ware soogdiwere was klein dierebv. Megazostrodon. Megazostrodon http:// dinosaurs.about.com Evolusie van perde pote Ons begrip van die evolusie van perde pote, word afgelei van monsters van perde-fossiele waarmee die veeltakkige evolusionêre boom van perde voorgestel word. Oorgangsfases waar die viertonige poot van Hyracotherium, ook bekend as Eohippus, die enkel-toon poot van Equus (moderne perd) word. Elke takpunt op die evolusionêre boom van perde dui ‘n verskillende genus aan, alhoewel slegs enkele genera word geïllustreer om die vermindering van tone oor tyd te vertoon. Fossiele vertoon die oorgangsvorme wat voorspel worddeur evolusie, wel bestaan. Die plasing van die neusopeninge in Aetiocetus is in ‘n oorgangsposisie geplaas tussen die voorouervorm Pakicetus en die moderne gryswalvis. ‘n Uitstekende voorbeeld van ‘n oorgangsvorm in die fossiele rekord. Modifikasie van voorouers • • Wetenskaplikes gebruik modifikasie van liggaamsplanne as bewyse dat organismes verwant is. Darwin het opgemetrk dat verwante spesies neig om soortgelyke strukture te besit al verrig hulle effens verskillende funksies – bvoorouers se strukture word gemodifikasie. In ander woorde hy stel voor dat hulle uit gemeenskaplike voorouer met dieselfde basiese plan vir die voorste ledemate ontwikkel het. Biogeografie Die moderne globale verspreing van plante en diere verskaf bewyse dat kontinentale drywing wat miljoene jare gelede voorgekom het. Organismes van dieselfde spesie wat nou in verskillende habitatte leef verander in verskillende spesies oor tyd. Dit veroorsaak dat nuwe spesies evolueer. Genetika • Genetiese kenmerke wat gedeel word, is kragtige bewyse dat lewe op aarde oor ‘n gemeenskaplike oorsprong het. • Gene wat van generasie tot generasie oorgedra word, bestaan uit DNA. • Noue ooreenkomstes in die DNA/proteïen/ nukleiensuur volgorde van verskillende spesies mag aandui dat die spesies is verwant – hulle het oorgerfde DNA van ‘n gemeenskaplike voorouer. • Aminosure in die Sitochroom C proteïen van mense en sjimpansees is identies = noue verwantskap tussen hulle. Genetika (vervolg) Voorbeelde van evolusie deur natuurlike seleksie wat nog steeds vandag plaas vind: • Oormatige gebruik van DDT en konsekwente weerstand teen DDT in insekte kan verduidelik word in terme van natuurlike seleksie • Ontwikkeling van weerstandige voorbeelde van TB-veroorsaakende bakterieë (MDR en XDR) tot antibiotikas kan ook verduidelik word in terme van natuurlike seleksie