File - Kampsbaai Koel in Afrikaans

Download Report

Transcript File - Kampsbaai Koel in Afrikaans

SPORE OP DIE MAAN

Koos Du Plessis bl. 54

Spore op die maan

1.

2.

3.

Elke nuwe plan lê hopeloos verfrommel, want iets sê: “ Stomme drommel, die ruimte lê vol rommel!” 4. En ek begin verstaan: 5. Daar is geen nuwe oord om heen te gaan, 6.

want, kyk, daar lê reeds spore op die maan.

7. Want die stad blom elke nag, 8. strooi sy saad en skemerdag 9. breek staalspruite deur die aardkors.

10.waar jy gaan.

11.Rommelberge groei omheen 12.en daar’s swaelsuur in die reën – 13.en, kyk, daar lê reeds spore op die maan.

14. Waarheen sou ek gaan?

15.Ontvlug is onbegonne; 16.selfs drome is onbesonne, 17.

want die wêreld is oorwonne 18.en ek begin verstaan: 19.Daar is geen nuwe paaie om te baan; 20.

want, kyk, daar lê reeds spore op die maan.

21.Elke hektaar is verkoop, 22.

elke opstal lê gesloop 23.

en die wêreld wag verwese, in die waan 24.

dat ‘n wonder sal gebeur 25.

om sy rusperleërs te keer 26.

maar, kyk, daar lê reeds spore op die maan.

27. Vlug na berg of woud……… 28. Meen jy dat daar geen een is; 29. dat jy eindelik alleen is?

30. Ag, verspieders loer op Venus 31. en ek begin verstaan: 32. Daar is geen nuwe oord om heen te gaan, 33. want, kyk, daar lê reeds spore op die maan.

34. Elke woord is retoriek, 35. elke droom is bloot plastiek 36. en atoom’s die idioom van wie verstaan.

37. Iewers moet ‘n rusplek wees 38. vir die afgematte gees 39. maar, kyk, daar lê reeds spore op die maan; 40. duisend donker spore op die maan.

41. kyk, daar lê reeds spore op die maan.

Woordeskat

• Hopeloos – hopelessly • Drommel – poor wretch • Rommel – litter (vuilgoed) • Aardkors – lithosphere • Ontvlug – escape • Onbesonne - foolish • Opstal – (plaashuis) • Verwese – (verslae)bewilder • rusperleërs – caterpillar army • Verspieders – spies • Afgematte gees – tired spirit Verbrokkel – crumpled Ruimte – space Oord – resort swaelsuur – sulphuric acid onbegonne – impossible oorwonne – defeated gesloop – demolished waan - delusion meen – are of the opinion loer – scouting skemerdag- vroeg oggend

Titel

• Dit verwys na iets wat in die verlede as

onmoontlik

gesien is.

• So baie mense het gedroom van om eendag op die maan te loop. Dit was as

onbereikbaar gesien

.

• Maar dit is nie meer vandag onmoontlik nie. – ons het al op die maan geloop – Neil Amstrong se maanlanding in 1969.

• Dit verwys ook na die feit dat ons as mens alles besoedel waar ons gaan. Selfs op die maan het ons rommel agtergelaat. • Die gedig is geskryf as ‘n liriek. (kan gesing word)

• • • • • • • • • • •

Eerste strofe:

Elke nuwe plan verwys na die spreker se begeerte om na ‘n nuwe plek wat onbesoedel is te gaan.

Verfrommel – moontlik is plan op papier geskryf en opgefrommel.

Ons sien egter dat sy planne verfrommel is soos papier want die aanklag kom dat hy moet wakker word en besef hoe alles besoedel is en besef dat selfs die maan al besoedel is so wat is die hoop om op die aarde ‘n plek te kry wat onbesoedel is.

Na

verstaan

kry ons ‘n

dubbelpunt

– hierna volg ‘n verduideliking van wat hy verstaan, nl. dat jy nie ‘n nuwe,onbesoedelde plek gaan kry nie – die mens was al oral, selfs op die maan.

Ons kry ook ‘n gevoel van moedeloosheid wat beklemtoon word deur die lang a- klanke in die 1ste strofe.

Assonansie en alliterasie – drommel rommel stomme Drommel, rommel, stomme – voorbeeld van dwangrym.

oord – dui gewoonlik op ‘n vakansie plek – plek waar mens kan ontspan.

Ons kry ‘n soort van refrein – met die herhaling van die laaste reël van elke strofe. Dit beklemtoon die gedagte van daar is geen ontvlugting van die mens en sy vernietiging nie. Jy kan nie eers maan toe vlug nie, want daar is ook al rommel.

Die eindrym sluit aan by liriese aard van gedig.

“geen nuwe oord om heen te gaan”

BERGE ROMMEL

“ROMMEL” IN DIE RUIMTE OM DIE AARDE

• • • • • • • • • •

Tweede strofe

Metafoor – die stad word vergelyk met ‘n blom.

Die neonligte laat die stad lyk soos ‘n blom.

Personifikasie – die stad strooi saad; Soos die blom saad strooi en voortplant so word die mense ook meer. Meer mense vereis meer geboue en digter stede; daarom die geboue wat moet opspruit.

Staalspruite – dui op riviere van staal of staal konstruksies – soos plante wat groei Vroegoggend word reeds gebou aan nuwe geboue – Die stad word vinnig groter; so ook die hope rommel.

Lang a – klank word voortegesit – kan nie wegkom van besoedeling nie.

Hiperbool(Oordrywing – die rommel is nie werklik so groot soos berge nie): Onnatuurlike berge wat groei Kontras: die reën wat gewoonlik lewe gee is giftig (Swaelsuur) Ons kry ook ‘n kontras tussen die woorde

breek

en

groei.

Die alliterasie van die s klanke verhoog ook die musikaliteit van die gedig.

Want die stad blom elke nag

“STAALSPRUITE”

“swaelsuur in die reën”: Vernietig standbeelde

Derde strofe:

• • • • • • • • • • • • Die strofe begin met ‘n retoriese vraag.

Hy wil wegkom van al die besoedeling, na ‘n plekkie van rus.

Antwoorde word deur spreker verskaf: fisies weg te gaan – onmoontlik daarvan te droom – onmoontlik Die wêreld is deur die mens oorwin. Daar is geen nuwe paaie nie, oral was die mens al en het verwoesting gesaai.

Selfs op die maan.

Oorwonne beteken jy het verloor Rymklanke –

onne

beklemtoon die negatiewe betekenis; al drie die woorde dui op hopeloosheid van situasie.

Hiperbool(Oordrywing – die wêreld is nie werklik oorwin nie)– beklemtoon die moedeloosheid.

Assonansie – a klanke – verstaan, baan, maan Herhaling van idee dat daar geen plek is om te gaan nie.

Refrein beklemtoon futiliteit.

Vierde strofe

• Hiperbool - oordryf -in die wêreld wat besit word en die plase wat gesloop word.

• Opstal – is ‘n plaashuis; gesloop – plat geslaan.

• Alliterasie van

w

klanke beklemtoon moedeloosheid van die verteller.

• Personifikasie – (Die wêreld wag) die wêreld is soos ‘n bedelaar wat dink dat ‘n wonderwerk sal gebeur.

waan – beteken valse hoop • Samestelling – rusper en leërs – beklemtoon hoe die leërs soos wurms is en alles vernietig.

• Dink aan die wurms wat gesaaides vernietig. • Die rusperleërs is simbolies van die mense op die aarde wat dit vernietig.

• Refrein – herhaling.

PLAASOPSTAL

New York Stad – 1000 jaar gelede

New York Stad 200 jaar gelede

New York Stad vandag

RUSPERLEËRS

Liberia caterpillar plague causes mass evacuation and crop destruction

Thousand flee homes in at least 25 towns and villages in Lofa and Gbarpolu, the second such invasion in five years David Smith , Africa correspondent • The Guardian , Wednesday 25 June 2014 17.53 BST • One of millions of caterpillars moves through crops iin farms in Gbarpolu county, Liberia. Photograph: Ahmed Jallanzo/EPA A plague of caterpillars has forced thousands of people to flee their homes in northern Liberia , as well destroying crops, contaminating water and forcing schools to close.

Residents of at least 25 villages and towns in Lofa and Gbarpolu counties have joined a mass exodus so far this month to escape the trail of caterpillar excrement, according to the Voice of America (VOA).

It is the second such invasion in five years. A state of emergency was declared in 2009 after tens of millions of caterpillars swept through at least 80 towns and villages in the centre and north of the country.

Dit wat oorgebly het nadat ‘n klomp wurms die boom aangeval het.

Strofe vyf

• Beletselteken dui dat spreker berge en woude genoem het maar dit verwys na al die ander plekke.

• Weereens lang binnerym – bydraend tot mismoedigheid van gedig.

• Verspieders – is die spioene wat self al vir Venus ondersoek.Dus om selfs na Venus te ontsnap sal nie help nie. • Geen nuwe oord – weer herhaling van feit dat daar nêrens is om heen te gaan nie.

Hoekom VENUS ? want Venus is die naasste planeet aan die aarde.

Strofe ses

• Elke woord is retoriek - Die woorde beteken niks nie; praat help nie; woorde is ook dikwels vals.

• Drome is niks werd nie – nutteloos (Plastiek - kunsmatig) • Atoom – hier word gepraat van Einstein se relatiewiteitsteorie – min mense verstaan dit.

• Afgematte – argaïese woord.

• Uitbreiding gaan wel plaasvind, maar op die maan • Alliterasie van d-konsonant. Hiperbool – 1000 spore. • Die woord donker dui op gevaar en die donker toekoms wat op die mens wag.

Ruimtestasie in buitenste ruim. Gaan na google: space station om te sien hoe mense reeds hier woon.

Saamgestel deur : Bronne: E Cronjé Hoërskool Kampsbaai Vlymskerp Versjoernaal Letterkunde studiegids Trippel H gids LOK aantekeninge Google: Prente Koerantberig.