DNA Replisering - Life Sciences 4 All

Download Report

Transcript DNA Replisering - Life Sciences 4 All

Doel van DNA-replisering
• Voordat ‘n sel kan verdeel, moet die sel ‘n
eksakte kopie van sy genetiese materiaal
maak sodat daar ‘n volledige stel genetiese
materiaal vir die nuwe dogterselle kan
wees wat gevorm gaan word.
• Die proses waartydens die eksakte kopieë van
die oorspronklike DNA-molekuul
gemaak word, word DNA-replisering
genoem. Prosesse word beheer deur ensieme.
Selsiklus
Proses van DNA-replisering
1. Die dubbelheliks draai los en vorm ‘n plat,
leervormige struktuur.
2. Die twee stringe skei deurdat die swak
waterstofbindinge deur middel van ensieme
tussen die komplementêre basispare breuk.
3. Elke enkelstring dien nou as ‘n templaat vir
die vorming van ‘n komplementêre DNAstring.
4. Uit die poel van vrye nukleotiedes in die
kernplasma bind die nukleotiedes vir die
nuwe DNA-stringe
Proses van DNA-replisering (vervolg)
5. Komplementêre basispare word so
saamgevoeg dat adenien van die templaat met
timien van die nuwe string sal bind. Asook die
omgekeerde timien met adenien.
6. Sitosien van die templaat sal met guanien van
die nuwe string bind. Sowel as guanien met
sitosien deur middel van waterstofbindings.
7. Suikermolekuul vorm ‘n suikerfosfaatverbinding met die aanliggende fosfaat-groep.
8. Twee indentiese DNA-molekules word so gevorm.
Skematiese voorstelling van DNA-replisering
Dubbelheliks
draai los en
vorm plat,
leervormige
struktuur
Waterstofverbindings breek
templaat
templaat
DNA replisering
vervolg
Vrye
nukleotiedes in
nukleoplasma
Nuwe
stikstofbasisse
heg hulself in
die korrekte
plek van elke
templaat
Twee identiese DNA-molekules word
gevorm.
Deel van DNA-molekuul 1
Deel van DNA-molekuul 2
Elke DNA-molekule vorm nou ‘n dubbelheliks.