I. Die L-10-T Jeug Opleiding PP

Download Report

Transcript I. Die L-10-T Jeug Opleiding PP

Slide 1


Slide 2

L-10-T
Lukas 10 Transformasie
Inleiding
L-10-T is ‘n opwindende en radikale nuwe manier vir jongmense
(jonger as 100 jaar) om Jesus te volg – op ‘n wyse wat deur Jesus
self omtrent 2 000 jaar gelede vir ons gegee is!
Met L-10-T kan jy en Die Heilige Gees die Goeie Nuus vertel waar
jy ookal gaan – by die skool, kollege, universiteit, werk, fliek, klub
of waar jy ookal met jou vriende uithang –
En slegs indien nodig woorde gebruik!

Almal kan L-10-T!
Kwalifikasies?

Jy moet jouself verbind het om Jesus te volg met alles wat in jou is.
Dus – het jy reeds jou lewe verbind tot ‘n lewenstyl om Jesus se
volgeling te wees?


Slide 3

Indien jy onseker hieroor
is.....


Slide 4

Maak Seker!
My Persoonlike verbintenis tot Jesus Christus
HERE Jesus, Ek bid nou tot U en gee U my woord dat:













Ek U lief het en altyd wil volg.

Ek weet ek doen gedurig dinge verkeerd
en teen U wil en is werklik jammer oor
my sonde.
Vergewe asseblief die sonde wat ek mee
gebore is, reeds gedoen het en wat ek
steeds mag doen.
Ek wil U volg en u lewenstyl naboots.
Aanvaar my as U dissipel en leer my
terwyl ek U volg, met U praat en U
geskrewe storie en opdragte
bestudeer.


Slide 5

KOMAAN!!!


Slide 6

Waarom L-10-T?
Jesus was ‘n radikale
dertigjarige in die
gemeenskap
waarin Hy gelewe het!
Hy was nie iemand se pa
of ‘n predikant of
pastoor nie Hy was een van ons!
Maar Hy was GOD! Hy het ‘n perfekte verhouding
met Sy Vader God gehad. Hy het al ons sondes op
Homself
geneem en
vir ons gesterf. Sy voorwaarde was dat ons sy
lewenswyse moet naboots!


Slide 7

Hoe wys jou
huidige
lewenswyse
dat jy Jesus
volg?


Slide 8

Hy het twaalf dissipels opgelei – gewone ouens soos ek en jy!
Hy het hulle gekies om Sy boodskap tot in elke land op aarde
te neem.
Hy het ook twee-en-sewentig ander ouens (sewentig in die Ou
Afrikaanse Vertaling) getuur om sy boodskap voor Hom uit te
neem.

Hulle is die voorbeeld wat ons wil volg terwyl ons L-10-T in die
huidige moderne lewe!


Slide 9

1 Daarna het die Here twee en sewentig ander
aangewys en hulle twee-twee voor Hom uit gestuur
na elke dorp en plek waarheen Hy van plan was om
te gaan. 2 Hy het vir hulle gesê: “Die oes is groot,
maar die arbeiders min. Bid dan die Here aan wie
die oes behoort, om arbeiders uit te stuur vir sy oes.
3 Gaan nou! Maar onthou: Ek stuur julle soos
lammers tussen wolwe in. 4 “Moenie ’n beurs of ’n
reissak of skoene saamdra nie, en moenie langs die
pad met groetery tyd verkwis nie. 5 As julle in ’n
huis kom, moet julle eerste woorde wees:

Lukas 10: 1-5


Slide 10

‘Vrede

vir hierdie huis.’ 6 As daar iemand woon vir
wie die vrede bestem is, sal die vrede op hom
bly; so nie, sal dit na julle toe terugkom. 7 Moenie
van een huis na die ander trek nie, maar bly in
dieselfde huis, eet en drink wat hulle voorhande
het, want die arbeider is geregtig op sy loon. 8 As
julle in ’n dorp kom en hulle ontvang julle, eet dan
wat hulle vir julle voorsit. 9 Maak die siekes daar
gesond en sê vir die mense: ’Vir julle is die
koninkryk van God baie naby!’
Lukas 10: 6-9


Slide 11

Wat tref jou die meeste in
bogenoemde verse?


Slide 12

• Ons het uit bogenoemde opdrag van
Jesus 4 stappe gehaal om vir die
gewone Christen vandag ‘n riglyn te
gee om Jesus Christus in sy omgewing
te volg. Terselfdertyd gaan jy begin om
meeste van Sy opdragte prakties uit te
voer!


Slide 13

• Die stappe is:
• Stap 1: Vra die Here se seën of vrede
waar jy gaan
• Stap 2: Bou verhoudings/samesyn
• Stap 3: Bevredig behoeftes
• Stap 4: Vertel van Jesus


Slide 14

Ons het twee vereistes gestel vir
L-10-T:
• Elkeen ouer as 12 en jonger as 100 moet
dit kan doen (en ons het L-10-T vir vooren laerskoolleerlinge ook!).
• Jy moet kan L-10-T daar waar jy in jou
normale lewe van Maandag tot Saterdag
(en Sondae ook) rondbeweeg! Jy hoef
nie spesiale byeenkomste by te woon om
te kan L-10-T nie.


Slide 15

• L-10-T is nie godsdiens of kerk nie!
• L-10-T is ‘n daaglikse praktiese
uitlewing van jou geloof in en verhouding
met die Almagtige God.


Slide 16


Slide 17

EENHEID 3 en 4

Waarom L-10-T?
Jy het gesê jy wil met alles in jou Jesus liefhê en
‘n lewe lewe wat Sy hart sal verbly – reg?
Dit sal dof wees om dan goed te probeer doen wat
anders is as wat Hy wil hê! Ons kyk dus eers na ‘n
paar dinge wat Hy self gesê het ons ouens wat
Hom wil volg moet doen.
Luister na Sy stem in die gedeeltes uit die Bybel
wat ons gaan behandel in hierdie opleidingsgids!


Slide 18

Voor Jesus opgevaar het na Sy Vader in die hemel toe het Hy
‘n belangrike opdrag aan Sy dissipels en deur hulle aan ons gegee –
genoem die Groot Opdrag:

19 Gaan dan na al die
nasies toe en
maak die mense my dissipels:
doop hulle in die
Naam van die Vader
en die Seun en die
Heilige Gees, en
20 leer hulle om alles te
onderhou wat
Ek julle beveel het.
(Mat 28:19-20a)


Slide 19

Wat tref jou die meeste in
bogenoemde verse?


Slide 20

Hoe goed
voer JY die
Groot Opdrag
uit?


Slide 21

Is dit vandag nog nodig (±2 000 jaar
na Hy die Groot Opdrag gegee het)?


Slide 22

In Suid-Afrika moet die volgende mense nog
dissipels van Jesus word (die oes – Lukas 10:2):

Die wat in naam Christene is maar nie hul geloof
uitlewe nie (omtrent 60% van die bevolking)
Die wat vals gelowe (Islam, Hindoeisme ens) aanhang
(4%)
Die ateïste (wat sê daar is nie iets soos ‘n god nie)
(15%)


Slide 23

Met ander woorde, amper 8
uit elke 10 mense rondom
ons in Suid-Afrika is
geestelik verlore en het
Jesus Christus as Verlosser
nodig!


Slide 24

Praat van ‘n nasionale krisis! Die oes in Suid-Afrika is
beslis groot!
En dit is ons almal se verantwoordelikheid – ons kan
dit nie op die kerk, ander instellings of volwassenes
afskuif nie! Dit is ook nie vir anderdag nie!
Navorsing oor mense wat tot bekering kom wys dat
ongeveer 4% tot bekering kom as gevolg van direkte
evangelisasie (jy konfronteer iemand direk met die
verlossingsboodskap of gebruik Jesus Film of ‘n
stadiontipe veldtog) van die mense wat tot bekering kom
dit doen as gevolg van direkte evangelisasiemetodes.


Slide 25

Meeste mense, naamlik 7590% kom tot bekering as
gevolg van ‘n verhouding of ‘n
reeks verhoudinge en
interaksies met gewone
Christene.


Slide 26

Hierdie mense kom meestal ook nie
eensklaps tot geloof nie. Hulle beweeg
deur omtrent 18 mikrobesluite op hul pad
vanaf anti-Christen tot volle dissipel. En
gewone Christene wat hulle teekom help
hulle om antwoorde op hul vrae te kry. Of
... mag hulle van Christus af wegdryf deur
slegte gedrag wat hulle dan met
“Christene” mag assosieer.


Slide 27

Dit is soos
Slangetjies en
Leertjies:
Wat ons as Christene
tussen nie-Christene
doen mag hulle die
leertjie ophelp of met
die slangetjie afdruk!


Slide 28

Hierdie navorsing bevestig die
verskriklike belangrikheid van ons
gedrag as Christene in ons
alledaagse lewe! Ons is almal
evangeliste – deur ons gedrag!


Slide 29

Hoeveel ongereddes is in jou
dorp, stad of streek?

Hoe kan hulle vir Jesus bereik
word?
Bespreek!


Slide 30

Jesus het ook al die wette
en opdragte van God in
twee Groot Gebooie opgesom.


Slide 31

Mat 22:37-40.

37 Jesus antwoord hom: “‘Jy moet
die Here jou God liefhê met jou hele
hart en met jou hele siel’ en met jou
hele verstand. 38 Dit is die grootste
en die eerste gebod. 39 En die
tweede, wat hiermee gelyk staan, is:
‘Jy moet jou naaste liefhê soos
jouself.’ 40 In hierdie twee gebooie
is die hele wet en die profete
saamgevat.”


Slide 32

Die Groot Gebooie
reguleer ons verhouding
met _________
en met
__________
_______________.


Slide 33

Maar Jesus beklemtoon dit nog verder ...

In Mat 25:31-46 gee Jesus ons ‘n
duidelike prentjie (amper soos ‘n DVD- of
YouTubesnit) oor wat op die Oordeelsdag
gaan gebeur wanneer alle mense (ons
ingesluit) voor Hom as Regter gaan staan.
Die beeld wat Jesus skets laat Hy geen
onduidelikheid oor wat Hy bedoel met
liefde en diens aan minder bevooregte
mense nie:


Slide 34

31 “Wanneer die Seun van die mens in majesteit kom en al
die engele saam met Hom, sal Hy op sy koninklike troon gaan
sit. 32 Al die volke sal voor Hom bymekaar gebring word, en
Hy sal die mense van mekaar skei soos ’n wagter die skape
van die bokke skei. 33 Die skape sal Hy regs en die bokke
links van Hom laat staan. 34 “Dan sal die Koning vir dié aan
sy regterkant sê: ‘Kom, julle wat deur my Vader geseën is! Die
koninkryk is van die skepping van die wêreld af vir julle
voorberei. Neem dit as erfenis in besit, 35 want Ek was
honger, en julle het My iets gegee om te eet; Ek was dors, en
julle het My iets gegee om te drink; Ek was ’n vreemdeling, en
julle het My gehuisves; 36 Ek was sonder klere, en julle het vir
My klere gegee; siek, en julle het My verpleeg; in die tronk, en
julle het My besoek.’ 37 Dan sal dié wat die wil van God
gedoen het, Hom vra: ‘Here, wanneer het ons U honger
gesien en U gevoed, of dors en U iets gegee om te drink?


Slide 35

38 En wanneer het ons U ’n vreemdeling gesien en U gehuisves, of
sonder klere, en vir U klere gegee? 39 Wanneer het ons U siek gesien of
in die tronk en U besoek?’ 40 En die Koning sal hulle antwoord: ‘Dit
verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie
broers van My gedoen het, het julle dit aan My gedoen.’ 41 “Dan sal die
Koning vir dié aan sy linkerkant sê: ‘Gaan weg van My af, julle
vervloektes! Gaan na die ewige vuur wat vir die duiwel en sy engele
voorberei is, 42 want Ek was honger, en julle het My niks gegee om te
eet nie; Ek was dors, en julle het My niks gegee om te drink nie; 43 Ek
was ’n vreemdeling, en julle het My nie gehuisves nie; sonder klere, en
julle het My nie klere gegee nie; siek en in die tronk, en julle het My nie
versorg nie.’ 44 Dan sal hulle ook antwoord: ‘Here, wanneer het ons U
honger of dors of ’n vreemdeling of sonder klere of siek of in die tronk
gesien en U nie gehelp nie?’ 45 En Hy sal hulle antwoord: ‘Dit verseker
Ek julle: Vir sover julle dit aan een van hierdie geringstes nie gedoen het
nie, het julle dit aan My ook nie gedoen nie.’ 46 En hierdie mense sal die
ewige straf ontvang, maar dié wat die wil van God gedoen het, die ewige
lewe.”


Slide 36

Watter “minder bevooregtes” of “geringes” is op
Jesus se hart?

__________________
__________________

__________________
__________________
__________________
__________________


Slide 37

In verse 41-46 maak
Jesus dit duidelik
dat waar waar sulke
“geringes” geminag is –
Hy dit beskou dat die
minagters
___________ self
geminag het.


Slide 38

Kom ons lees Mat 7:21 -23
21 “Nie elkeen wat vir My sê: ‘Here, Here,’
sal in die koninkryk van die hemel ingaan nie,
maar net hy wat die wil doen van my Vader
wat in die hemel is. 22 Baie sal daardie dag
vir My sê: ‘Here, Here, het ons dan nie in u
Naam gepreek nie, deur u Naam bose geeste
uitgedryf en deur u Naam baie wonders
gedoen nie?’ 23 Dan sal Ek openlik vir hulle
sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van
My af, julle wat die wet van God oortree.”


Slide 39

GOD wil nie noodwendig
hê ons moet
groot dade in Sy
Naam doen nie –
nee, Hy is meer
bekommerd
dat Hy jou persoonlik sal

_____________.


Slide 40

Een van die maklikste
maniere om die
HERE te ken en
deur Hom
geken te word is
deur gereelde
_____________________
met Hom deur
________________.


Slide 41

Lees John 15:9-16a
9 “Soos die Vader My liefhet, het Ek julle ook lief. Julle
moet in my liefde bly. 10 As julle my opdragte uitvoer, sal
julle in my liefde bly, net soos Ek die opdragte van my
Vader uitvoer en in sy liefde bly. 11 “Dit sê Ek vir julle
sodat my blydskap in julle kan wees en julle blydskap
volkome kan wees. 12 Dit is my opdrag: Julle moet mekaar
liefhê soos Ek julle liefhet. 13 Niemand het groter liefde
as dit nie: dat hy sy lewe vir sy vriende aflê. 14 Julle is
my vriende as julle doen wat Ek julle beveel. 15 Ek noem
julle nie meer ondergeskiktes nie, want ’n ondergeskikte
weet nie wat sy baas doen nie. Nee, Ek noem julle vriende,
omdat Ek alles wat Ek van my Vader gehoor het, aan julle
bekend gemaak het. 16 Julle het My nie uitgekies nie,
maar Ek het julle uitgekies en julle aangestel om uit te
gaan en vrugte te dra, vrugte wat sal hou.”


Slide 42

Jesus plaas die
voorwaardes
van die tweede
Groot Gebod op ‘n
hoër vlak deur
te sê dat ons
mekaar moet liefhê soos
_________

__________ liefhet.


Slide 43

Wat behoort jy te doen
om Jesus se “vriend”
genoem te word?

_____________________
_____________________
_____________________


Slide 44

Is jy op die wenpad met die
uitvoer van Jesus se
opdragte?
Bespreek!


Slide 45

Met die kennis wat jy nou het kan jy werklik begin
om God te dank vir wat Hy alles vir jou gedoen het.

En ...
Voel jy nie ook dit is nou tyd om iets te begin DOEN
nie?
Bid die volgende gebed daagliks voor jy jou aktiwiteite
by die skool, universiteit of werk begin:


Slide 46

DANKIE, HERE!
“HERE, ek buig my knieë in
nederigheid voor U
Ek weet U liefdevolle teenwoordigheid
sal met my wees gedurende hierdie
dag. Dankie dat U U liefde oor my sal
uitstort vandag. Ek is vir U ook lief!
Amen”

(37 Jesus antwoord hom: “‘Jy moet die
Here jou God liefhê met jou hele hart en
met jou hele siel’ en met jou hele
verstand. (Mat 22:37))


Slide 47


Slide 48

STAP 1:Seën
Wat is die betekenis
daarvan om die Here
se seënof vrede op ‘n
plek af te bid
Die Here se seën of vrede bring:
_________________________
_________________________
_________________________


Slide 49

Om beter te verstaan
wat God onder
“seën” bedoel en belowe:


Slide 50

Lees Deut 28:1-13
1 “As jy goed luister na die Here jou God en jy
gehoorsaam al sy gebooie wat ek jou vandag gee, en jy
lewe daarvolgens, sal die Here jou God jou oor al die
nasies van die aarde stel. 2 “As jy luister na die Here
jou God, sal al hierdie seëninge oor jou kom en jou
lewe verryk. 3 “Jy sal geseën wees in die stad, jy sal
geseën wees in die oop veld. 4 “Jou nageslag sal
geseën wees, en die opbrengs van jou lande en die
aanteel van jou diere, jou kalweroes en jou
lammeroes. 5 “Jou oesmandjie en jou knieskottel sal
geseën wees. 6 “Jy sal geseën wees waar jy ook gaan.
7 “Die Here sal jou vyande wat jou aanval, vir jou laat
vlug. Hulle sal uit een rigting teen jou opruk, maar in
talle rigtings voor jou uit vlug.


Slide 51

8 “Die Here sal die seën beveel om oor jou te kom, oor jou
graanskure en oor alles wat jy aanpak. Die Here jou God sal
jou seën in die land wat Hy aan jou gee. 9 “As jy die gebooie
van die Here jou God gehoorsaam en sy wil doen, sal Hy jou in
stand hou as sy heilige volk soos Hy met ’n eed aan jou beloof
het. 10 “Al die volke op die aarde sal weet dat die Naam van
die Here oor jou uitgeroep is, en hulle sal bang wees vir jou. 11
Die Here sal jou oorlaai met die goeie: met ’n nageslag, met
die aanteel van jou vee, met die opbrengs van jou grond in die
land wat die Here met ’n eed aan jou voorvaders beloof het
om aan jou te gee. 12 Die Here sal sy goeie voorraadskuur, die
hemel, vir jou oopmaak om vir jou land reën te gee op die
regte tyd, om alles wat jy doen, te seën. Dan sal jy aan baie
nasies kan leen, maar self sal jy nie hoef te leen nie. 13 “As jy
luister na die Here jou God se gebooie wat ek jou vandag gee,
as jy hulle gehoorsaam en daarvolgens lewe en nie ander gode
aanhang en dien en so afwyk van alles wat ek jou vandag
beveel nie, sal die Here jou God jou die kop maak, nie die
stert nie, en sal jy altyd bo wees, nie onder nie.


Slide 52

Wat tref jou die meeste in
bogenoemde verse?


Slide 53

Daar is niks
wonderlikers
wat met ‘n persoon,
organisasie,
stad of land kan gebeur
as die HERE se
___________ nie!


Slide 54

L-10-T se eerste stap is om die
HERE se seën of vrede te vra op
elke plek waar jy van Maandag tot
Vrydag gaan (en natuurlik Sondag
ook!). Vra dat God se seën of
vrede op die plek of organisasie
sal rus, op sy bestuur,
werknemers, kliënte, deelnemers,
hul familie en wie ook al daar is.


Slide 55

Hierdie gebed word gewoonlik stil
gedoen en baie keer met oop oë.
As ‘n vriend by jou is kan julle
hardop bid (jy kan natuurlik
alleen ook hardop bid) en selfs
30KD. (30KD is Thirty Second
Kneeldown – ‘n program wat die
jeug uitdaag om vir dertig
sekondes in hul skool neer te
kniel en te bid – sien Bylaag B)


Slide 56

Die “HERE, raak hulle aan!”
gebed (uit 30KD) kan ook op
hierdie stadium gedoen word:


Slide 57

HERE, raak hulle aan!

“HERE, raak die onderwysers,
werknemers, en studente (of wie
ook al in die plek is waar jy is) op
hierdie plek (bv my skool) aan
vandag. Een aanraking van U,
Vader, kan iemand se hele toekoms
vandag verander. Raak hulle aan
deur hierdie gebed of enige manier
waarop u my daarvoor wil gebruik.
Amen”


Slide 58

Hierdie gebed is ‘n uitdrukking
van die Tweede Groot Gebod,
want die grootste geskenk wat jy
iemand kan toebid is die HERE se
seën, aanraking of vrede.


Slide 59

Jy mag die gebed van seën vir
‘n iemand uitbrei deur die Here
te vra om die volgende aspekte
van die persoon se lewe te
seën:


Slide 60

Liggaam

Gesondheid, beskerming, krag

Werksplek

werk, inkomste, sekuriteit

Emosies

vreugde, vrede, hoop, liefde

Sosiaal

huwelike, familie verhoudings,
vriende, bure

Geestelik

verlossing, geloof, genade,
barmhartig
“BLESS”


Slide 61

Die belangrikheid en
prioriteit van gebed vir
mense word bevestig deur:


Slide 62

1 Tim 2:1-3
1 Ek dring daarop aan dat daar in die
eerste plek met smeking, voorbidding en
danksegging gebid moet word vir alle
mense, 2 vir dié wat regeer en vir almal
wat gesag uitoefen, sodat ons ’n rustige
en stil lewe kan lei in volkome toewyding
aan God en in alle eerbaarheid. 3 So is dit
goed en aanneemlik vir God, ons
Verlosser,”


Slide 63

Wat tref jou die meeste in
bogenoemde verse?


Slide 64

Die Here is ernstig daaroor dat
ons in die __________ plek
verskillende tipes ________vir
alle mense moet ___________en
veral vir hulle in ____________


Slide 65

Maar is gebed vir plekke
belangrik?


Slide 66

Jer 29:7
7 Bevorder die belange
van die stad waarheen Ek
julle in ballingskap
weggevoer het, bid tot My
vir daardie stad, want sy
belange is ook julle
belange.”


Slide 67

Wat tref jou die meeste in
bogenoemde verse?


Slide 68

Die HERE ernstig daaroor dat
ons tot Hom vir ___________
moet bid waar ons ons bevind – al
is dit teen ons wil. Inteendeel, hy
beveel ons om daarvoor te bid
want die plek se
__________________

is ook ons __________.


Slide 69

 Lees Mat 5:43-48

43 “Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘Jou naaste moet
jy liefhê en jou vyand moet jy haat.’ 44 Maar Ek sê vir
julle: Julle moet julle vyande liefhê, en julle moet bid vir
dié wat vir julle vervolg, 45 sodat julle kinders kan wees
van julle Vader in die hemel. Hy laat immers sy son
opkom oor slegtes en goeies, en Hy laat reën oor dié wat
reg doen en oor dié wat verkeerd doen. 46 As julle net
dié liefhet wat vir julle liefhet, watter loon kan julle dan
nog verwag? Maak die tollenaars nie ook maar net so
nie? 47 En as julle net julle broers groet, wat doen julle
meer as ander? Maak die heidene nie ook maar net so
nie? 48 “Wees julle dan volmaak soos julle hemelse
Vader volmaak is.”


Slide 70

Wat tref jou die meeste in
bogenoemde verse – veral
vers 44?


Slide 71

Weer eens verhoog Jesus die
hoogte van die hoogspringlat
van die “liefde”! Deur Sy
voorbeelde begin ons Sy hart
en die hart van die Vader
verstaan.


Slide 72

Jesus mik vir niks minder as
volmaaktheid soos die
________________ as ons
ideaal nie.


Slide 73

Ons kan nie ons vyande lief
hê en vir hulle begin bid as
ons hulle nie vergewe het
nie.


Slide 74

 Lees Mat 6:12, 14-15

12 en vergeef ons ons oortredings
soos ons ook dié vergewewat teen
ons oortree;...... 14 “As julle ander
mense hulle oortredings vergewe,
sal julle hemelse Vader julle ook
vergewe. 15 Maar as julle ander
mense nie vergewe nie, sal julle
Vader julle ook nie julle
oortredings vergewe nie.”


Slide 75

Wat tref jou die meeste in
bogenoemde verse?


Slide 76

As ons die HERE se seën of
vrede toebid is dit belangrik
dat ons nie
______________________
teenoor iemand is nie.


Slide 77

 Lees Mat 18:23-35
23 Daarom kan die koninkryk van die hemel vergelyk
word met 'n koning wat besluit het om saam met sy
amptenare hulle boeke na te gaan. 24 Toe hy daarmee
begin, is een amptenaar na hom toe gebring wat miljoene
rand geskuld het. 25 Hy kon dit nie betaal nie, en
daarom het die koning beveel dat hy en sy vrou en sy
kinders en alles wat hy het, verkoop en die skuld betaal
moet word. 26 Die man het voor hom neergeval en
gesoebat: "Gee my tog uitstel; ek sal u alles
terugbetaal." 27 Die koning het hom jammer gekry, hom
laat gaan en sy skuld afgeskryf. 28 Toe daardie man
buite kom, het hy een van sy medeamptenare raakgeloop
wat hom net 'n paar rand geskuld het. Hy het hom
gegryp en gewurg, en gesê: "Betaal wat jy skuld!" 29 Sy
medeamptenaar het voor hom neergeval en hom
gesmeek: "Gee my tog uitstel, ek sal jou betaal.”


Slide 78

30 Maar hy wou nie en hy is daar weg om hom in
die tronk te laat gooi totdat hy die skuld betaal
het. 31 Toe sy medeamptenare sien wat gebeur
het, was hulle diep teleurgesteld, en hulle het
alles wat gebeur het, vir hulle koning gaan
vertel. 32 Die koning het hom laat haal en vir
hom gesê: "Jou skurk! Al daardie skuld het ek
vir jou afgeskryf omdat jy my gesoebat het.
33 Moes jy nie ook jou medeamptenaar jammer
gekry het soos ek jou jammer gekry het nie?"
34 Die koning was woedend en het hom oorgegee
om gemartel te word totdat hy al die skuld
betaal het. 35 So sal my Vader wat in die hemel
is, ook met julle maak as julle nie elkeen sy
broer van harte vergewe nie.


Slide 79

Wat tref jou die meeste in
bogenoemde verse?


Slide 80

Daar is geen twyfel uit
bogenoemde Bybelgedeeltes
dat daar ‘n verband is tussen
ons vergiffenis van hulle wat
verkeerd aan ons gedoen het
en ons ontvangs van
vergiffenis van die Here af
nie!


Slide 81

Vergewe en dan sal jy vry
wees!


Slide 82

Hoe raak ons ontslae van
onvergewensgesindheid?


Slide 83

Erken dat dit daar is
Erken dat jy dit nie mag hou nie
Erken dat Jesus die seer ens. verstaan omdat
Hy in ‘n soortgelyke situasie as mens was.
Gee die seer en woede vir Hom om mee te maak
soos Hy goeddunk (nie om die ander persoon te
oordeel nie). Let daarop dat daar geen twyfel is
oor die werklikheid en verkeerdheid van die
seer wat jy vir Hom gee nie.


Slide 84

Nou kan jy die betrokkenes vergewe.
Begin vir hulle bid
Vra vir die Here om hulle te seën, vrede te gee
en Sy liefde op hul uit te stort.

Vra Hom om Sy liefde vir hulle vir jou te gee en
begin hulle met Sy liefde liefhê.


Slide 85

Die vergiffenis van andere wat
ons mishandel of misbruik het
in die verlede, hede of op ‘n
voortdurende basis, is ‘n
proses wat mag tyd vat.


Slide 86

As jy voel dat jy nie die pad
alleen met die Here kan stap
nie, vra dan iemand wat jy kan
vertrou of ‘n profesionele
Christen berader vir hulp.
Onthou jy kan hulp kry en as jy
in ‘n situasie is waar jy
voortdurend mishandel word,
moet jy hulp kry!


Slide 87

Wees vry!


Slide 88

Om wrokke of griewe teen
mense te hou is soos kettings
wat jou vasbind! Gee dit vir die
HERE en raak vry!


Slide 89

Het jy dalk enigiets teen
iemand wat jy nog nie
vergewe het nie (pa, ma,
broer, suster, vriend,
onderwyser of familielid
ens.)? Vra die HERE nou
om jou te help om die
persoon te vergewe en
die las vir die HERE te
gee. (Tyd vir stil gebed)


Slide 90

Hy het dit gedoen – vir ons.
Kom ons volg Hom!

Vergewe en begin om ‘n
seëning te wees vir die
mense rondom jou!


Slide 91


Slide 92

STAP 2: SAMESYN


Slide 93

Stap 2 (Samesyn - Eng. Fellowship) is nou
rêrig lekker. Jesus verwag van ons met die
mense rondom ons vriende te maak en te kuier!
Ons moet dit doen oral waar ons gaan – ons
moet gewone mense wees wat gewone goed soos
meeste mense doen.


Slide 94

In Stap 2 kyk ons na die mense
rondom ons, waar, studeer, werk,
koop of speel met die oë van ‘n
evangelis: “Het hulle Jesus in hul
lewens nodig?” “Dra hulle die vrugte
van die Heilige Gees?” “Is hulle
openlik Christelik, maar hul gedrag
vertel ‘n ander storie.” Probeer om
verhoudings met hulle te bou.


Slide 95

Om saam met iemand koffie of
koeldrank te drink of te eet (hoera
vir McDonald’s!) is steeds een van die
beste metodes om ‘n verhouding te
begin bou. Wat ookal vir jou werk.
Onthou dat jy in hierdie stap nie van
Jesus hoef te praat nie!


Slide 96

Vir die arme twee-en-sewentig
dissipels in Jesus se tyd was
hierdie ‘n verskriklike opdrag
want hulle het ‘n klomp
godsdienstige reëls oor kos
gehad! Ons het gelukkig nie
soveel kosreëls nie.


Slide 97

Wanneer ‘n mens kuier
of by die skool,
universiteit of werk is, is
dit belangrik om nie
kompromieë aan te gaan wat jou
Christelike waardes betref nie
– bv om dwelms te gebruik, seks
voor jy getroud is, vloek of vuil
grappe vertel, of so iets.


Slide 98

Kan jy dink aan enige
iets wat jy dalk doen
tussen jou vriende wat
jy nie behoort te doen
as jy sonder woorde
Jesus se voorbeeld wil
stel nie?


Slide 99

Wees vriendelik en normaal en
gebruik die taal van die groep
waar jy is. Vermy Christelike
uitdrukkings (kerktaal) wat vir
nie-Christene vreemd mag
klink – bv “Ek is gewas in die
bloed van die Lam”


Slide 100

L-10-T stap 2 is soos ‘n
ysberg. Die 10% wat bo die
water wys is ons doelbewuste
bou van verhoudings.


Slide 101


Slide 102

Die belangrike, maar gevaarlike ongesiene
90% is ons gedrag na buite:
Taal en uitdrukkings (grappe, skinder,
vloekwoorde, gebruik van die Naam van
God, “Christianese” of kerktaal)
Emosies (uitbarstings van woede, altyd
krities, betekenlose argumente)
Houding (positief, negatief,
meerderwaardig as ‘n Christen)
Dinge wat jy doen (dwelms, flirt, buiteegtelike seks)


Slide 103

Onthou die Slangetjies en
Leertjies (Van Eenhede 3 & 4_
- trek jy mense na Jesus toe
of stoot jy hulle af?


Slide 104

Dink na of daar enige iets soos
hierbo genoem is wat jy doen
wat mense rondom jou van
Jesus sal afsit omdat jy dit
doen.


Slide 105

Hoe skakel ek hierdie
sigbare hindernisse uit?


Slide 106

Party is sonde en ander is
bloot gewoontes wat jy in ‘n
sekere groep sal moet
uitskakel uit sensitiwiteit vir
dit wat hulle glo. Sekere
sondes in hierdie kategorie (bv
vloek of humeur verloor) kan
hardnekkig wees.


Slide 107

Eerstens moet jy met die
HERE daaroor praat;


Slide 108

tweedens met jou
vertrouelinge (jou portuur of
volwassenes)


Slide 109

derdens met professionele
raadgewers, of indien nodig.


Slide 110

Wat is ons uiteindelike doel
met Stap 2?


Slide 111

Om vriendskap en daardeur
vertroue by mense te bou as
‘n gewone mens.


Slide 112

Opsommend: Stap 2 is om
Van Jesus te vertel, sonder
om oor Hom te praat!


Slide 113

In stap 2 sien ons die belangrike rol
wat deur elke Christen gespeel word
waar hy by die skool en in sy sosiale
of werkslewe van Christus vertel
deur sy/haar gedrag. Hierdie effek
kan doelbewus vermenigvuldig word
deur vriende te maak met mense wat
die Here nie ken nie of wat van Hom
weggedryf het.


Slide 114


Slide 115

STAP 3: Bevredig Behoeftes


Slide 116

In Stap 3 reageer jy op die onmiddellike
behoeftes van die mense wat jy ontmoet
waar jy ookal van Maandag tot Saterdag
beweeg. Een van jou vriende of mense wat
jy hoor praat mag moontlik ‘n behoefte
uitspreek – soos ‘n ouer wat siek geword
het; ‘n persoon wat nie die geld het om ‘n
taxi/bus huis toe te kan neem nie; ‘n
persoon wat sy werk verloor het; wat ‘n
familielid aan die dood afgestaan het; wat
geld benodig om verder te studeer; wie se
troeteldier verlore geraak het; of enige
ander behoefte.


Slide 117

As jy van so ‘n behoefte hoor, kan jy
dan, op ‘n aangewese tyd, die persoon
help deur fisies (bv deur geld te gee)
of emosioneel (bv deur te vertroos)
die persoon te ondersteun en/of vir
die persoon en die situasie te bid – en
daardeur Sy Groot Helpende Hand in
die situasie in te bring.


Slide 118

Daar is drie vlakke van gebed in Stap 3 :

 Jy kan sag of met ‘n vriend bid (almal kan
dít doen!)
 Jy kan die persoon vra of jy vir die
behoefte vir hom/haar kan bid. Indien die
antwoord positief is kan jy ‘n eenvoudige
gebed vir die persoon doen, gewoonlik weg
van ander mense af.

 Jy kan ‘n persoon vra of daar ‘n sekere
behoefte is waarvoor jy vir hulle kan bid
(meeste mense het een of ander behoefte,
al is dit net vir die vrede of seën van God).


Slide 119

Die wonderlike
daarvan om vir ‘n
behoefte te bid is
dat meeste mense
- Christen,
Moslem, Hindoe,
“New Ager” of
ateïs – altyd ja sal
sê vir gebed!

As die persoon nee
sou sê? Wel dan sê
jy OK – draai weg en
bid in elk geval
saggies vir die
situasie.


Slide 120

Omdat jy baie keer nie sal
weet van watter geloof of
ongeloof die persoon
waarvoor jy bid is nie,
maak dit ‘n gewoonte (selfs
in stil of Stap 1 gebed) om
jou gebed “In die Naam
van Jesus Christus,
Amen” af te sluit.


Slide 121

Wanneer jy Stap 3 vlak 3 gebed doen (waar jy
iemand vra of daar iets is wat jy voor kan bid) sal
jy gewoonlik vind dat mense onmiddellik reageer
asof hulle vir jou vraag gewag het. Partymaal
aarsel mense – dit is gewoonlik omdat die
probleem persoonlik is. Dus, as jy sien iemand
aarsel – dan sê jy vir hulle dat hulle nie vir jou hoef
te sê wat dit is as dit persoonlik is nie. As dit
persoonlik is sal hulle dan vir jou so sê en jy kan
bid want die Here weet wat die probleem is.


Slide 122

As die persoon sê dit is nie persoonlik
nie en steeds aarsel – dan is dit
omdat hulle nie op daardie oomblik
aan iets kan dink nie. Dan vra jy of
die persoon sal omgee as jy vir die
Here se seën of vrede op hom/haar
lewe mag bid – die reaksie is
gewoonlik ‘n onmiddellike “ja”.


Slide 123

Wat is die verskil tussen stil en direkte
gebed vir ‘n nood? God hoor alle gebed
maar die direkte harde gebed (vlak 2 en
3) is ook sigbare omgee wat die Here
direk in kontak bring met die ander
persoon. As jy dit doen sal jy gewoonlik
die aanvanklike verrassing en opvolgende
dankbaarheid van die persoon beleef.


Slide 124

DOEN VLAK 3 GEBED WERKLIK
MET ‘N MAAT EN DOEN
ROLLESPEL OM DIE ANDER
VLAKKE IN TE OEFEN EN
VERSKILLENDE SITUASIES
WAARIN JY KAN L-10-T TE
ILLUSTREER.(maak ‘n nota van
vrae)


Slide 125

Watter van die drie vlakke van
gebed sou jy sê voel jy op die
oomblik gemaklik mee?
Vlakke ___________
Hoekom?


Slide 126

Begin om vlak 2 en 3 gebede
in die gesin en met familie
en vriende te doen (as dit
makliker is vir jou om so te
begin). Jy kan dit dan later
na vreemder mense uitbrei
wanneer jy meer vertroue
het.


Slide 127

Onthou, L-10-T is nie ‘n kompetisie of
‘n projek met ‘n bepaalde tydsduur nie!
L-10-T is ‘n nuwe lewenswyse! jy moet
jy daarom toelaat om met hierdie nuwe
lewenswyse te eksperimenteer want jy
het ‘n spesifieke persoonlikheid en
spesifieke omgewings waar jy van
Maandag tot Saterdag beweeg.


Slide 128

MOENIE jouself beperk deur
te dink dat jy nooit in staat sal
wees om hardop vlak 2 of 3
gebed te doen nie! As jy eers
eenmaal die seën ervaar het
wat mens ervaar as jy hardop
vir ‘n ander bid sal jy nie weer
wil stop nie!


Slide 129

Ons lewens verskil. Jy mag letterlik
tien talle geleenthede daagliks hê om
te L-10-T, of jy mag hier sit en dink
dat jy nie een geleentheid sal hê nie!
Gebruik elke geleentheid en as daar
te veel is vra die Heilige Gees se
leiding aangaande watter
geleenthede jy moet gebruik.


Slide 130

Jy is nou gereed om op hierdie nuwe maar
eenvoudige wyse te gaan omgee vir
diegene rondom jou! Dit is ontsettend
belangrik dat jy ook sensitief is vir die
leiding van die Heilige Gees (deur Sy
sagte stem wat jou in hierdie of daardie
rigting lei) in enige situasie. Wees ook
sensitief vir die gevoel van jou eie hart –
die Heilige Gees mag ‘n sekere geval of
tipe behoefte oor jou pad bring waaraan
jy dalk meer aandag wil gee (bv mense wat
MIV/VIGS het).


Slide 131

L-10-T kan uitgebrei word na
organisasies toe!


Slide 132

Tot nou het ons slegs van eentot-een omgee vir behoeftes
gepraat. Individue kan egter
omgee vir organisasies of
groepe wat behoeftes het: bv vir
jou skool of sportklub of jou
dorp! Vra net wat hulle behoefte
is!


Slide 133

Gelei deur die Heilige Gees kan
individue organisasies soos skole,
besighede, regeringsdepartemente,
hospitale, en polisiekantore nader en
met hulle en hul mense L-10-T. Party
van die kragtigste voorbeelde van L10-T tot op datum het gebeur
wanneer individue vir organisasies en
hul mense begin omgee het!


Slide 134

Jy weet nie waarheen jou
L-10-Tery mag lei nie!


Slide 135

Wat as ek vervolg word
omdat ek hardop vir mense
bid?


Slide 136

In lande waar daar
godsdiensvryheid is (soos SA)
kan jy wetlik nie vervolg word
nie – jy het toestemming gevra
om die behoefte aan te spreek
op die beste manier wat jy van
weet en as jy ‘n “nee” kry hou jy
onmiddellik op.


Slide 137

As satan die geleentheid gebruik om
vervolging te laat kom – dan is jy geseënd
en die koninkryk van die hemele is joune
(Mat 5:10-11)! Dit is nie maklik nie,
daarom moet jy nie enige vervolging alleen
probeer dra nie – vra die Heilige Gees vir
leiding en kry mense om jou te ondersteun
en goeie raad te gee. Ons sal in Eenheid 9
verder praat oor die belangrikheid van
ondersteuning.


Slide 138

Onthou dat jy nooit hoef te
stop om te L-10-T nie want jy
kan baie effektief stil, prakties
en emosioneel L-10-T, selfs in
die mees vyandige
omgewing!


Slide 139


Slide 140

STAP 4:
Vertel
van
JESUS


Slide 141

Die vierde stap is om te evangeliseer
soos jy dit altyd gedoen het as jy die
gawe (4 uit elke 100 mense het
volgens statistiek die gawe om te
evangeliseer) het om direk te
evangeliseer (iemand te nader oor hul
geloof en hulle dan as hulle gewillig is
na ‘n verhouding met Jesus te
begelei).


Slide 142

As jy nou voel jy wil graag
direk evangeliseer maar jy het
nog nooit die opleiding gehad
nie – kry die opleiding so gou
moontlik (Sien Bylaag A of
kontak jou ouers, jeugleier,
predikant/pastor of ons vir ‘n
lys van moontlikhede).


Slide 143

As jy een van die 96% is wat nie
die gawe van direkte
evangelisasie het nie, wees
gereed om enige vraag wat
iemand jou oor jou geloof vra; of
oor die rede vir jou omgee; of
waarom jy vir mense bid; of
hoekom jy kniel (30 Second Kneel
Down – sien Bylaag B) as jy bid te
beantwoord.


Slide 144

Antwoord altyd net die persoon
se vraag en niks meer nie! Baie
mense word deur die Heilige
Gees tot ‘n positiewe besluit vir
Jesus in hul lewens beweeg
deur mense soos jy dop te hou.
Jou antwoord mag hulle ‘n
stappie nader aan ‘n volle
besluit vir Jesus bring.


Slide 145

Hulle begin agterkom dat jy ‘n
Christen is. As hulle jou iets
vra, wil hulle gewoonlik slegs
die inligting hê waarvoor hulle
vra. ‘n Volgende vraag mag
miskien eers oor ‘n paar weke
vir jou of iemand anders gevra
word! Doen net jou deel!


Slide 146

1 Kor 3:5-7:
5 Wat is Apollos dan? Wat is Paulus?
Hulle is maar net dienaars deur wie
julle tot geloof gekom het, en elkeen
doen die werk soos die Here dit vir
hom gegee het. 6 Ek het geplant,
Apollos het natgegooi, maar dit is
God wat laat groei het. 7 Dit gaan
dus nie om die een wat plant of die
een wat natgooi nie, maar om God wat
laat groei.”


Slide 147

Wat tref jou die meeste in
bogenoemde verse?


Slide 148

Lukas 9:26
26 Elkeen wat hom vir My en
my woorde skaam, vir hom
sal die Seun van die mens
Hom skaam wanneer Hy kom,
beklee met sy heerlikheid en
die heerlikheid van die Vader
en van die heilige engele.


Slide 149

Wat tref jou die meeste in
bogenoemde verse?


Slide 150

Ons moet altyd
gereed wees om
ons geloof in
Jesus Christus
in die
___________________
te bely.


Slide 151

Om seker te maak jy is daarop voorbereid
om jou geloof of jou getuienis (hoe jy ‘n
toegewyde Christen geword het) te kan
vertel (indien jy gevra word), skryf jou
getuienis of rede vir geloof hieronder
neer. Jou getuienis behoort drie dele te
hê: 1. Voordat jy Christus gevolg het; 2
Hoe jy by Jesus uitgekom het – sluit die
verlossingsboodskap hier in; 3. Hoe jy
vandag as Chirsten leef. (Moenie
“Christianese” of kerktaal gebruik nie!)


Slide 152

Vertel dit nou vir iemand (as
oefening)!


Slide 153

Let wel: Ons stel voor dat almal uiteindelik ‘n
direkte evangelisasiekursus doen (Sonder die
prakties dan as jy een van die 96% is!) sodat jy
jouself kan voorberei om so goed moontlik te
evangeliseer of vrae te kan antwoord oor
hoekom en hoe iemand Jesus as Verlosser kan
aanneem.
Verskeie metodes is ontwikkel om mense na
Christus toe te lei, soos die Evangecube, “Heart
of Man”, die Vier Geestelike Wette, EE3, die
Romeine Pad, die Alpha kursus, kursusse deur
Willow Creek en ander. (Sien Bylaag A) Kies ‘n
manier wat by jou persoonlikheid en/of
denominasie pas.


Slide 154

Ons verwag dat meer en
meer mense deur die Heilige
Gees bekragtig sal word om
direk te evangeliseer,
namate hulle vir ‘n geruime
tyd L-10-T (nie net 4 uit
elke 100 nie)!


Slide 155

Wat van mense wat ek ken
wat die Here in hul lewens
nodig het?


Slide 156

Of jy nou ‘n evangelis is of nie
– wat doen ons met mense wat
ons ken rondom ons of in ons
families wat duidelik Jesus
Christus in hulle lewens nodig
het? JY KAN VYF VAT!


Slide 157

VAT VYF is ‘n L-10-T
toepassing binne stap 4:


Slide 158

Indien jy mense teëkom wat
werklik die Here in hul lewens
nodig het en jy voel jy wil
spesifiek hulle aan die Here
opdra kan jy dit doen deur ‘n
toepassing van L-10-T wat ons
Vat Vyf noem:


Slide 159

Vat Vyf is ‘n 5 vinger
Gebedsevangelisasiestrategie wat jy mag gebruik
om effektief te bid vir mense,
wie die Here op jou hart lê,
wie Sy seën in hul lewens nodig
het.


Slide 160

Eerste van Vyf: Lys vyf name
van mense (maats, familie,
onderwysers, ens) wie jy dink
Christus nie ken nie of wie
teruggevalle Christene is of wie
God se seën in hul lewens
nodig het.


Slide 161

Tweede van Vyf Bid vir elkeen
van hierdie persone vir een
minuut elke dag, vir hulle
verlossing of terugkeer na God
en enige ander behoefte wat
hulle mag hê.


Slide 162

Wanneer jy vir hulle bid, bid vir
vyf areas: Liggaam,
Werksplek, Emosies, Sosiale
Verhoudings, Geestelike
Verlossing – sien stap 1. Jy
kan ander gebedspunte byvoeg,
maar begin deur hierdie vyf
gebedspunte te bid vir die vyf
persone/families)


Slide 163

Wanneer jy vir die redding van
mense bid, kan jy ook vir God
vra dat deur die werking van die
Heilige Gees hulle hulself die
volgende vrae sal afvra:


Slide 164

Wie kan ek vertrou?
Wat is my doel in die lewe?
Wanneer sal ek vry wees van my
laste?
Waarheen gaan ek na die dood?
Waarom haat ek God?/Waarom
hardloop ek weg van Hom?
Hoe moet ek my probleme hanteer?
Waar sal ek veilig wees? Wie kan my
beskerm?


Slide 165

Derde van Vyf: Gee om vir jou
vyf mense deur Stap 3 van L10-T spesifiek op hulle toe te
pas deur hulle te help in hul
nood en hul laste te dra by elke
geleentheid – onthou dit moet
eg wees!


Slide 166

Vierde van Vyf: Wees gereed
om die goeie nuus van Jesus
se verlossing vir hulle met hulle
te deel, volgens L-10-T Stap 4.


Slide 167

Vyfde van Vyf: Volhard in
gebed vir die mense op jou lys
tot hulle Christus ontmoet, of
ten minste vir een jaar. As dit
familie is – moenie ophou nie!


Slide 168

Die Here is so getrou: daar is
baie getuienisse regoor die
wêreld van mense wat deur die
gebed wat andere tot redding
gekom het – selfs volwassenes
wat deur die gebede van
jongmense gered is!


Slide 169

Is 5 minute per dag vir 5 siele
wat gered word te veel gevra?


Slide 170


Slide 171

DIE
TERUGKOMS
DIE

L-10-T
EFFEK!


Slide 172

L-10-T verander lewens – eerstens
jou eie en tweedens die van die
mense met wie jy L-10-T.
Dit behoort ons nie te verbaas nie!
Kom ons lees wat die Lukas 10
dissipels gesê het met hul terugkeer:


Slide 173

17 Die twee en sewentig het vol
blydskap teruggekom en gesê: “Here,
selfs die bose geeste onderwerp hulle
aan ons by die hoor van u Naam.” 18
Toe sê Hy vir hulle: “Ek het die Satan
soos ’n weerligstraal uit die hemel sien
val. 19 Kyk, Ek het aan julle die mag
gegee om op slange en skerpioene te
trap en om die vyand met al sy geweld
te oorwin, sonder dat iets julle enige
leed aandoen. (Luke 10:17-19)


Slide 174

Net so kom gewone jongmense soos
jy deesdae weekliks terug nadat
hulle mense se lewens op die
eenvoudige L-10-T wyse aangeraak
het. Jongmense rapporteer met
groot opgewondenheid hoe die HERE
hulle toegelaat het om ander mense
– Jood en Mohammedaan – op
eenvoudige wyse met Hom in
aanraking te bring.


Slide 175

Jesus se reaksie op die
terugkoms van die dissipels
behoort ons alles te vertel:


Slide 176

 Lees Lukas 10:18-19; 21

18 Toe sê Hy vir hulle: “Ek het die Satan
soos ’n weerligstraal uit die hemel sien val.
19 Kyk, Ek het aan julle die mag gegee om
op slange en skerpioene te trap en om die
vyand met al sy geweld te oorwin, sonder
dat iets julle enige leed aandoen. ... 21 By
daardie selfde geleentheid het Jesus
deur die Heilige Gees dit uitgejubel: “Ek
prys U, Vader, Here van hemel en aarde,
dat U hierdie dinge vir slim en geleerde
mense verberg het en dit aan eenvoudiges
bekend gemaak het. Ja, Vader, so was dit
u genadige bedoeling.


Slide 177

Wat tref jou die meeste in
bogenoemde verse?


Slide 178

Jesus verbly Homself
grootliks en gee ons ‘n kykie
van die geestelike impak wat
L-10-T in die hemele het! Hy
verbly Homself deur die
Heilige Gees teenoor Sy
Vader.


Slide 179

NET SO SAL JESUS DIT
VANDAG EN ELKE WEEK
UITJUBEL AS JY BEGIN
L-10-T!


Slide 180

Ons leer ook dat
ons nie
hoef te
___________
nie.


Slide 181

Die belangrikheid van
daaglikse of minstens
weeklikse terugvoer


Slide 182

Probeer ALTYD ‘n plek of persoon kry
waar jy kan kom terugrapporteer oor wat
met jou week se L-10-T gebeur het! Net
soos die dissipels van ouds het ons nodig
om te kan vertel en om aangemoedig te
word en ook andere aan te moedig. Dit kan
gebeur in die Christelike vereniging in jou
skool of op jou kampus of by jou werk.
Andersins in die gesin, by ‘n vriend of
onderwyser, in jou kleingroep, by die
Sondagskool of op Sondae by jou
gemeente. Jy kan ook ‘n kuberplek soos
Google Groups of vir die doel gebruik.


Slide 183

Hoekom is gereelde terugvoer
nodig?
L-10-T is ‘n nuwe lewenswyse; as
mense het ons groot weerstand
teen verandering. Ons grootste
vyande is om te vergeet om dit te
doen of om onsself te vertel dat
ons nie nou tyd het om dit te
doen nie!


Slide 184

Gereelde terugvoer:


Slide 185

Help ons onthou
Help ons om nie lui te word en te stop
nie
Help ons om die nuwe lewenswyse te
internaliseer
Motiveer ons as ons hoor hoe andere
vertel wat gebeur het;


Slide 186

Motiveer ons om meer te doen – om
selfs hardop vir mense in nood te bid
of kragtiger te wees in ons vertel van
Jesus vir andere.
Help om mense te bemoedig wat ‘n
“Nee” ondervind het.

Bemoedig ons om aan te hou en meer
mense deur L-10-T te bereik.


Slide 187

Jesus het die dissipels tweetwee uitgestuur. Jy kan vandag
iemand kies/vra om jou
”buddy” te wees en jy sal
syne/hare wees. Julle
verbintenis is om mekaar te
help om L-10-T ‘n lewenswyse
te maak.


Slide 188

My “buddy(s)” is
_________________________


Slide 189

Jy MOET
verantwoordelikheid neem om
êrens by ‘n gereelde
terugvoersessie in te skakel
en ‘n “buddy” te hê! Dit is
noodsaaklik vir jou nuwe
lewenswyse met God!


Slide 190

Jy het seker agtergekom dat L10-T se stappe nie noodwendig op
mekaar volg nie! Elke stap staan op
sy eie. Baie keer lei die een stap na
die ander: byvoorbeeld wanneer
iemand ons toelaat om vir hulle te bid
dan doen hy dit en vra ook die Here
se seën oor hulle! Wees gereed om
van die een stap na die ander te
beweeg!


Slide 191

Verbind stappe 1 en 3 en
wees ‘n seëning vir ander!


Slide 192

Wees kreatief! Jy kan oor die
foon, per SMS, e-pos of
geselsruimte oor die internet
L-10-T. Gebruik elke
moontlike geleentheid wat jy
kry om iemand aan te raak!


Slide 193

 Lees Lukas 10:20
20 En tog moet julle nie bly wees net omdat die geeste
hulle aan julle onderwerp nie, maar wees veral bly omdat
julle name in die hemel opgeskryf is.” 21 By daardie
selfde geleentheid het Jesus deur die Heilige Gees dit
uitgejubel: “Ek prys U, Vader, Here van hemel en aarde,
dat U hierdie dinge vir slim en geleerde mense verberg
het en dit aan eenvoudiges bekend gemaak het. Ja,
Vader, so was dit u genadige bedoeling. 22 “My Vader
het alles aan My toevertrou. Niemand weet wie die Seun
is nie behalwe die Vader, en wie die Vader is nie
behalwe die Seun en elkeen aan wie die Seun dit wil
bekend maak.” 23 Toe draai Jesus Hom na sy dissipels
afsonderlik en sê vir hulle: “Hoe bevoorreg is die oë wat
sien wat julle sien, 24 want Ek sê vir julle: Baie profete
en konings het daarna verlang om te sien wat julle nou
sien, en hulle het dit nie gesien nie; en om te hoor wat
julle nou hoor, en hulle het dit nie gehoor nie.”


Slide 194

Wat tref jou die meeste in
bogenoemde verse?


Slide 195

Jesus waasku ons om
nie ___ _________
van onsself te dink
as __________ ons
L-10-T gebede
verhoor nie.


Slide 196

Ons kan nooit sê dat enige
resultaat net van ons gebede
af gekom het nie. Ons glo dat
God al ons gebede verhoor (as
daar nie hindernisse is nie),
maar daar mag ander faktore
(en gebede) ook wees wat ‘n
rol gespeel het.


Slide 197

Voel jy dat jy nou deur L10-T beter in staat is om
Jesus se opdragte uit te
voer?


Slide 198

Maak seker deur weer terug te
dink aan Eenheid 3 & 4.


Slide 199

Groot Opdrag:
_________________________


Slide 200

Eerste Groot Gebod:
_________________________


Slide 201

Tweede Groot Gebod:
_________________________


Slide 202

Minderbevoorregtes:
_________________________


Slide 203

Jesus volg:
_________________________


Slide 204

‘n Vriend van Jesus wees:
_________________________


Slide 205

Jou geloof te bou:
_________________________


Slide 206

Vir ander te bid:
_________________________


Slide 207

L-10-T bring vrede en
vervulling!


Slide 208

L-10-T werk op enige plek:


Slide 209

L-10-T werk vir ouens wat
direk evangeliseer – dit brei
hulle impak uit;

L-10-T werk vir die 96% - dit
bemagtig hulle om ook mense
vir Jesus te bereik;


Slide 210

L-10-t werk in lande met
godsdiensvryheid – jy kan
vreugde ervaar deur die Here
se liefde aan almal rondom jou
uit te deel soos jy deur jou lewe
gaan as voltydse bedienaar van
God;


Slide 211

L-10-T werk vir Christene in
lande waar daar vervolging van
geloof is – jy kan stil L-10-T in
gebed en sterk leun op stap 2
en die fisiese deel van stap 3.
Deur Vat Vyf kan jy konstant
uitkyk en L-10-T toepas op
ongeredde mense wat die Here
spesifiek onder jou sorg wil
bring.


Slide 212

L-10-T
VEROORSAAK
‘N GEESTELIKE
STRYD IN DIE
HEMELE!


Slide 213

KOMAAN!


Slide 214

Jy moet GOU begin L-10-T!
Ten minste binne 4 dae van
hierdie opleiding – anders
gaan jy nie!


Slide 215

Jakobus 2:14-17
14 Wat help dit, my broers, as iemand
beweer dat hy glo, maar sy dade bevestig
dit nie? Kan so ’n geloof ’n mens red? 15 Sê
nou daar is ’n broer of ’n suster wat nie
klere het nie en dag vir dag honger ly, 16 en
sê nou een van julle sou vir hulle sê: “Mag dit
met julle goed gaan; gaan trek julle warm
aan en eet genoeg,” maar julle gee nie vir
hulle wat hulle nodig het om van te lewe nie,
wat help dit dan? 17 So gaan dit ook met die
geloof: as dit nie tot dade oorgaan nie, is dit
sonder meer dood.


Slide 216

Wat tref jou die meeste in
bogenoemde verse?


Slide 217

Jy het ‘n definitiewe plan
nodig om te begin en aan te
hou L-10-T!


Slide 218

Noudat jy jou opleiding voltooi
het is die volgende 21 dae
krities om ‘n L-10-T gewoonte te
vorm. Gebruik die meegaande
tabel om jou eerste 21 dae
(die periode om ‘n gewoonte
te vorm) se L-10-T te monitor
– wat jy meet sal jy doen!


Slide 219

Dit vat 21 dae om ‘n gewoonte
te vorm; 21 maande verander
‘n lewenswyse! (van die 30KD
gids). Hou dus vir ten minste
21 maande aan!


Slide 220

Skryf neer hoe jy graag
jouself sal sien L-10-T binne
die volgende 12 maande:

Stap 1
Stap 2
Stap 3
Stap 4


Slide 221

Terugvoering (in watter groep
en met watter “buddy” –
beide om te bemoedig en om
bemoedig te word):


Slide 222

Skryf spesifieke planne neer
hoe jy gaan aanhou tot L-10-T
jou lewenstyl is (dit is vir die
volgende 21 maande):


Slide 223


Slide 224

Jerigo Mure Internasionale
Gebedsnetwerk
 011 824 1985 (Lenthia)
 082 650 5684 (Willem)
[email protected]
[email protected]
Webtuiste: www.jwipn.com