Lees die referaat hier.

Download Report

Transcript Lees die referaat hier.

‘n Taal tussen ander tale
Afrikaans binne ‘n meertalige Suid-Afrika
Referaat by die
AJV
van die
Afrikaanse Taal en
Kultuurvereniging
(ATKV)
26 Mei 2011
GOUDINI
Dr. Michael le Cordeur
Die jaar word ryp in goue akkerblare,
in wingerd wat verbruin, en witter lug
‘n Taal uit eie Bodem
•
•
•
•
•
•
Toe het klippers mond oopgemaak en gepraat
En die see het gesis en see gesê
En ‘n taal het gelag met ‘n opwaartse lag,
Geskik vir straat en strand en stoep en solder,
En vir besimpeldes, en vir heiliges
- Wilma Stockenstrom.
‘n Taal wat voortdurend groei...
Die kind is nie dood nie
Die kind – Ingrid Jonker
Die kind wat dood geskiet is deur soldate by Nyanga
is nie dood nie
nòg by Langa nòg by Nyanga
nòg by Orlando nòg by Sharpville
nòg by die polisiestasie in Philippi
waar hy lê met ‘n koeël deur sy kop
Die kind is die skaduwee van die soldate
op wag met gewere sarasene en knuppels
die kind is teenwoordig by alle vergaderings en
wetgewings
Afrikaans leef
die kind loer deur die vensters van huise en in die harte
van moeders
die kind wat net wou speel in die son by Nyanga is orals
die kind wat ‘n man geword het trek deur die ganse
Afrika
die kind wat ‘n reus geword het reis deur die hele
wȇreld
Sonder ‘n pas
Maart 1960
SA het elf amptelike tale
Historiese Afrikaanse Universiteite
• Verwys eerder na Meertalige Universiteite
• “Histories Afrikaanse Universiteite” soos
Universiteite Pretoria, Vrystaat en selfs US
is immers histories Engelstalige instellings.
Language Policy in Education (1997)
• Hier gaan dit oor die bevordering van
“toevoegende” meertaligheid.
Language Policy in Higher
Education (2002)
• Hier gaan oor die bevordering van
meertaligheid oor die algemeen en
spesifiek die vestiging van meertaligheid in
die institusionele beleid en praktyke van
hoëronderwysinstellings.
Die huidige Taal- en kultuurlandskap
• Taal nie net ’n middel tot kommunikasie is
nie; dit verteenwoordig kulturele goedere
en is ’n draer van identiteit, waardes en
wêreldmenings. Taal fasiliteer ons
ervaringe, ons intellektuele en kulturele
omgewings, en die wyse hoe ons met
ander mense omgaan. – Unesco 2000.
Die huidige Taal- en kultuurlandskap
• Een van die hoofdoelwitte van die nuwe
Suid-Afrika is om respek te bevorder vir
menswaardigheid en kulturele en
taaldiversiteit.
• Die Grondwet bied geleentheid om
harmonieuse verhoudings te skep deur
kultuur en taal-diversiteit te respekteer in
`n samelewing met `n geskiedenis van
rasseverdelings.
Kommissie KGT en Pansat
• Die vraag vandag is: Hoe suksesvol was die
Kommissie en Pansat tot dusver in die uitvoering
van hul mandaat om wedersydse respek en
verdraagsaamheid vir ons ‘reënboognasie’ van
diverse kulture en tale te koester?
• Onlangse voorvalle van rasse- en kulturele
spanning en wydverspreide ongelukkigheid oor
die implementering van die Grondwet se
bepalings rakende taal, dui daarop dat beide
instellings in hul onderskeie pligte misluk het.
Taal van die onderdrukkers
• Afrikaans word vandag nog gesien as die "Boere"
se taal, die taal van die onderdrukkers.
• 300 jaar se geskiedenis van Afrikaans word
agterweë gelaat ter wille van 'n teregwysing van
die sprekers en bevorderaars daarvan op grond
van die feit dat dit voorheen bevoordeel is.
• Omdat apartheid in Afrikaans gebeur het,
impliseer nie dat Afrikaans apartheid ís nie.
• Net omdat daar mense is wat Afrikaans wil
bevorder, beteken nie hulle smag na 'n terugkeer
na geïnstitusionaliseerde rassisme nie.
• Afrikaans kan en mag nie sinoniem wees met
Afrikanernasionalisme nie.
Bevoordeling van Afrikaans
• Dit is nie reg om enige taal kunsmatig te bevoordeel
nie. Net so is dit weersinwekkend om een taal te
onderdruk ter wille van 'n ander.
• Die US is nie 'n bakermat van die Afrikanervolk nie,
maar 'n instelling wat in ons globaliserende wêreld
moet oorleef.
• Niemand het die reg om te eis dat hul taal voorrang
moet geniet binne die opvoedkundige kader nie..
Die US en meertaligheid
• Die Taalplan is die operasionalisering van die
Taalbeleid in verskillende taalgebruikskontekste
aan die Universiteit en moet die volgende ideaal
van die Taalbeleid help verseker:
– dat ’n gunstige leer-en onderrigomgewing geskep
word waarbinne die bevordering van Afrikaans as
akademiese taal en die ontwikkeling van
meertaligheid as ’n bate die nodige aandag kan kry.
- 13 September 2010
The University of KwaZulu-Natal
• The policy for the University makes clear:
• The need to preserve and promote respect for, and proficiency in the
languages referred to in the Constitution, including the heritage
languages,
• The development of an awareness of multilingualism through an
acknowledgement of all the official languages of KwaZulu-Natal,
namely isiZulu, English and Afrikaans;
• To achieve for isiZulu the academic status of English;
• The provision of facilities to enable the use of isiZulu as a language
of learning, instruction and administration; and
• The need to foster research in language planning and development.
• The University will continue to use English as its primary academic
language but will activate the development and use of isiZulu as an
additional medium of instruction
Die Raad van die Universiteit
van Stellenbosch
• “Dit het nog nooit beteken dat die US
eksklusief Afrikaans sal wees nie. Die
Universiteit lewer...’n bydrae tot die
ontwikkeling van Afrikaans as akademiese
taal, maar neem daarmee saam die
multikulturele en meertalige SuidAfrikaanse werklikheid in ag deur, naas
die besondere fokus op Afrikaans, ook
rekening te hou met Engels en isiXhosa”.
Ook: UWK Ongeveer 50% van 13 000
en KSUT Ongeveer 55% van 30 000
Engels en meertaligheid
• Net soos wat Afrikaans niemand uitsluit
nie, behoort geen ander taal dit te doen
nie. Afrikaans se ontstaan was juis 'n
inklusiewe een. En net omdat "almal tog
Engels verstaan", soos wat ons so baie
hoor, beteken nie Engels moet voorrang
kry bo enige inheemse taal nie.
'n Taal tussen ander tale
• Onder die Britse koloniale beleid van verengelsing is
daar gepoog om Afrikaans dood te wurg. Dít het CP
Hoogenhout presies 135 jaar gelede gedryf tot sy
bekende weeklag:
Engels! Engels! Alles Engels! Engels wat jy sien en hoor;
In ons skole, in ons kerke word ons moedertaal vermoor.
Dis egter nie meer 1875 nie. Die winde van verandering
het uiteindelik ook oor die suidpunt van Afrika gewaai, en
nou het ons elf grondwetlik verskanste amptelike tale,
insluitend Afrikaans.
Ons moet Afrikaans beskerm en laat groei, maar ons
kan dit nie in isolasie doen nie. Afrikaans kan slegs
beskerm word as dit beskou word as taal tussen tale.
Vaardigheid in ’n swart taal
• Dis ook glad nie 'n slegte idee om
taalvaardigheid te beklemtoon en te bevorder
nie. Dit staan elkeen vry om werk te maak
daarvan om Afrikaans en/of IsiXhosa/ swart taal
op beginnersvlak aan te leer. Minstens een van
die twee behoort by elke kursus verpligtend te
wees. As almal dan nou "tog Engels verstaan",
maak werk daarvan om 'n derde inheemse taal
aan te leer. Heelwat buitelandse studente doen
dit; waarom nie ons almal nie?
Afrikaans in ’n meertalige
skoolomgewing
• Die debatte binne die Afrikaanse milieu plaas
Afrikaans in ’n wanhopige “kry ons asb jammer”situasie; Ons mis ‘n gulde geleentheid om die
voetspoor van Afrikaans te bevorder en te bemagtig.
• Wanneer jy die hofuitsprake van sommige van
hierdie sake sorgvuldig bestudeer, is dit duidelik dat
die grondwetlike hof die skool opdrag gee om sy
taalbeleid in heroorweging neem deur die
grondwetlike beginsels van regstelling, billikheid en
praktiese uitvoerbaarheid in ag te neem.
Beding ‘n wen-wen situasie
• Waar die skool slegs rugby en netbal gespeel
het, speel die kinders nou ook sokker. Die
leerdertal het gestyg van 250 Afrikaanse
leerders na 500 meertalige kinders. Afrikaanse
leerders se Engels het drasties verbeter. En 250
Xhosa-kinders en hul ouers is nou Afrikaans
magtig. is ‘n slag geslaan vir Suid-Afrika; meer
nog vir Afrikaans.
• Al wat nodig is, is die regte ingesteldheid en
visionêre leierskap.
Quis Vadis?
• Dit raak dus alhoemeer duidelik dat ons
rondom die posisie van Afrikaans in die
hoër onderwys kwalik op eie houtjie moet
probeer. Dit mag selfs nodig word dat die
vyf universiteite waar Afrikaans nog as
onderrigtaal gebruik word, dalk besin oor
’n gesamentlike strategie, en dalk in die
proses weer die Gerwel-dokument afstof!
Onderwys
• Onderwys vervul ’n belangrike rol in die
ontwikkeling en sukses van ’n land. Die
onderwysowerhede moet dus met ’n strategie
vorendag kom wat ouers in veral die arm
gemeenskappe sal bemagtig om ’n ingeligte
keuse te maak ten opsigte van iets so belangrik
soos hul kind se taal van onderrig. Wat nodig is,
is weldeurdagte planne om die inheemse tale
van Suid-Afrika op so ’n wyse in die kurrikulum
in te sluit dat leerders in die grondslagfase ’n
grondige kennis van hul moedertaal sal verwerf
Wat moet die regering doen?
• Die aanpassings wat onlangs deur die
Minister van Basiese Onderwys
aangekondig is, is ’n goeie begin.
• Voorts benodig Suid-Afrika ’n duidelike
onderneming dat die regering die
inheemse tale sal bevorder.
• Die bevordering van hierdie tale en
moedertaal-onderrig moet by die president
en sy kabinet begin.
Van kombuistaal tot Sateliettaal
– Suid-Afrika hoef nie ver te soek vir voorbeelde
van bemarkingstrategieë om inheemse tale as
onderrigtale te bemark nie. Afrikaans, eens
geëtiketteer as ’n kombuistaal, is vandag ’n
taal met hoër funksies; ’n taal van onderwys,
wetenskap en handel. Wat het Afrikaans
gedoen om met sulke rasse skrede tot
satelliettaal te vorder?
Steun die XhosAfrika-inisiatief
• In die Wes-Kaap is daar Xhosa-sprekendes
wat besig is om in Afrikaans geletterd te
raak. Afrikaans het steeds ekonomiese
mag, mense is bang hulle voel uitgesluit as
daar Afrikaans gepraat word.
• Ek wil sterk voorspraak maak vir die
XhosAfrika-inisiatief. Dis ’n nuwe inisiatief
om isiXhosa te bevorder en te ontwikkel.
• Dis die rol wat Afrikaans kan en behoort te
speel.
‘n Meer inklusiewe debat
• Die belange van Afrikaans is ten nouste verbonde
aan die belange van al ons ander landstale.
• Daarom moet ons uitreik na die gebruikers van al
die tale en nie net op Afrikaans fokus nie.
• Die debat oor Afrikaans in die besonder, en
meertaligheid in die algemeen, moet inklusief
wees. Almal vir wie Afrikaans belangrik is moet
betrek word in gesprekke oor Afrikaans.
• Ons moet teenoor mekaar erken: Die debat oor
Afrikaans die afgelope tyd was nie inklusief
genoeg nie en Bruin Afrikaanses is uitgesluit.
Van Bruines gepraat:
• My mede-bruinbroers en -susters sal hul
beskimmeldgeit moet laat staan en
opstaan vir hul taal. Om ’n wag-en-kykhouding aan te neem, gaan niemand en
allermins die taal en sy bruin sprekers
help. Kom ons neem eienaarskap van die
taal wat ons met moedersmelk ingeadem
het. Laat ons ophou om mekaar aan te val
en oor nietighede hare te kloof.
• Wees selfversekerd.
Aan my wit broers en susters
:
• Hou op om so dêm apologeties te wees. Ons
kan nie vir ewig ’n skuldgevoel oor die verlede
hê nie. Dit hou die gevaar in dat dit jou so kan
verlam, dat jy nie skeppend en nuut kan dink
nie. Die ergste van alles, is dat ons, onsself
siende blind hou vir die fenomenale prestasies
wat Afrikaanssprekendes saam met ander
groepe sedert 1994 behaal het. Dit sluit in ’n al
hoe groter ekonomiese selfstandigheid,
merkwaardige groei in die kunste armoedeverligting, en ’n reuse bydrae tot die onderwys.
Wat kan ek as
Afrikaanssprekende doen?
• Ons moet almal saamwerk deur in ons taal oor
ons taal te praat. Ons kan van niemand anders
as onsself verwag om iets te doen vir ons taal
nie. Geen instelling hoef dit te "red" nie. Dit het
in elk geval nie redding nodig nie. Al wat nodig
is, is dat ons aanhou om daarin te kommunikeer.
• Laat die stemme hoor in Afrikaans. Solank ons
aanhou om ons taal te praat, sal dit oorleef.
Fokus op die wen-wen
bestemming
• Ons moet fokus op die formulering van
teenhegemoniese strategieë wat in die eerste instansie
op ekonomiese gebied van toepassing wees. Mense
moet weer begin glo dat kennis van hul eie tale en van
ander tale behalwe Engels die moeite werd is, omdat dit
hulle pad oopmaak tot goeie werkgeleenthede.
• Transformasie op die gebied van taalgedrag gebeur nie
oornag nie, maar as die visie van ‘n multikulturele,
veeltalige Suid-Afrika ons kompas is, benodig ons
realistiese, prakties uitvoerbare en volhoubare
programme bestuur en uitgevoer met toewyding en
integriteit .
Is Afrikaans dood?
• Afrikaanse boeke verkoop tans meer
kopieë as enige ander taal in Suid-Afrika,
• E-boeke is nou ook by Amazon
beskikbaar.
• Afrikaanse musiek oorheers die
treffersparade
• En so pas het ‘n Afrikaanse fliek
weggeloop met ’n gesogte toekenning by
die Cannes Filmfees in Hollywood.
Is die kind dood?
• Kan ek na my gunsteling rugbyspan op TV kyk
met Afrikaanse kommentaar?
• Kan ek na my gunsteling-sepie kyk in Afrikaans?
• Kan ek saans na die hoofnuus op TV kyk in
Afrikaans? (En het ek ‘n keuse?)
• Kan ek noot vir noot saamsing met die
deelnemers van my gunsteling TV-speletjie?
(Selfs al sukkel sommige van hulle om die noot te hou)
• Kan my kinders in Afrikaans skoolgaan?
Afrikaans; 'n brug na 'n beter
lewe
• My boodskap vandag is dat Afrikaans vir
almal 'n brug na 'n beter lewe kan wees.
• Afrikaans is die taal wat vir Wes-Europa
en Afrika verbind… Dit vorm ‘n brug
tussen die groot helder Weste en die
magiese Afrika.
- NP van Wyk Louw op die Taalmonument
Breyten Breytenbach
Liefling, ek skryf vir jou in hierdie taal
Want ek kan my nie daarvan loswoord nie.
My lieflingtaal
Uit: Die beginsel van stof, Breyten Bretenbach, 2011
Nelson Mandela
• As jy met ’n man praat in ’n taal wat hy
verstaan, praat jy met sy verstand. Maar
as jy met hom in sy eie taal praat, praat jy
met sy hart.
Mathews Phosa (1996)
• Talle tonge het ek
een tong op 'n gegewe oomblik
tong om te sny
tong om te salf
Ek het talle tonge
Jan Rabie
• “Sonder Afrikaans is ek niks”
Afrikaans is nie dood nie…
• Die kind is nie dood nie Afrikaans is nie dood nie
nòg by Langa nòg by Orlando nòg by Sharpville
nòg in Pretoria, nòg in Kaapstad, nòg op Stellenbosch
selfs al lê hy met ‘n koeël deur sy kop
Afrikaans is die gewete van die regering
wat ten spyte van hul gewere en knuppels nie die kind kan dood nie
die kind, Afrikaans, is teenwoordig by alle vergaderings en wetgewings
die kind, Afrikaans loer deur die vensters van skole en huise en harte
van moeders
die kind wat nie skaam is om sy sê te sê, is orals
die kind wat ‘n man geword het, word regoor Suid-Afrika gepraat
die kind wat ’n vrou geword het, word gehoor deur die ganse Afrika
die kind het ‘n reus geword, en reis deur die hele wêreld
Tot by Hollywood...
- Ingrid Jonker
Seën hierie taal, Here
... seën hierie taal oek Here,
Kaaps en Afrikaans
wat, soes ek Djou vertel het,
singend is, bestem virrie
kitaar:
'n taal met curves, het ek
vi' Djou gesê,
soes van 'n sexy engel ...
-Adam Small
Bronne
•
•
•
•
•
•
•
•
•
•
•
•
•
•
•
•
•
•
Alexander, Neville. 2010. Die uitdagings vir moedertaalonderrig in ‘n veeltalige konteks
met ‘n spesifieke fokus op Afrikaans. 27 Augustus, Openingsrede van ATR-kongres.
Beeld. 2011. Hier studeer Afrikaanse studente. 23 Mei.
Botman, Russel. 2010. Afrikaans uit sy kettings. Die Vierde Jaarlikse Mathews Phosa-lesing,
Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM), Paarl, 12 Augustus.
Breytenbach, Breyten. 2011. Lieflingtaal uit: Die beginsel van Stof. Human en Rousseau.
De Havilland,N & I Saunders. 2001. Suid-Afrika en die wêrelddag vir kulturele diversiteit vir
dialoog en ontwikkeling. Mei.
De Klerk, Fw. 2010. Notas gebruik deur F W De Klerk by die Jaarlikse Johan Combrink
Gedenklesing van die Vriende van Afrikaans. Stellenbosch, 4 Februarie 2010.
Du Plessis, Theo. Die huidige debat oor die posisie van Afrikaans aan Suid-Afrikaanse
universiteite.
Jonker, Ingrid. 1960. Die kind wat dood geskiet is deur soldate by Nyanga.
Le Cordeur, MLA. 2010. Noodsaaklik: ’n Moedertaalgebaseerde taal-in-onderwys-beleid. LitNet.
Mathews Phosa .1996. Talle Tonge.
Universiteit Stellenbosch. 2010. Die Taalplan. 13 September.
University of KwaZulu Natal. 2010. Language Policy.
Rossouw, Johann. 2011. Dan moet die Steve’s van Suid-Afrika maar eerder stilbly. Rapport, 22
Mei.
Small, Adam. 1996. Ongepubliseerde gedig, in gesprek met Heindrich Wyngaardt.
Stehle, Rudolf. 2010. Akademici dit eens: Bevorder Afrikaans én meertaligheid in onderwys.
Referaat gelewer by ATR-kongres. LitNet: 2 September.
Stockenstrom, Wilma. “Toe het klippers mond oopgemaak en gepraat.
Swart, Marius. 2005. Gun elke inheemse taal sy plek. LitNet.
Die Afrikaanse Taalraad (ATR)
Beskerm, bemagtig en bevorder
• Die referaat sal teen Maandag 30 Mei op
die webwerf wees van die ATR:
• www.afrikaansetaalraad.co.za
• Dankie