B) Les: Meiose - Life Sciences 4 All

Download Report

Transcript B) Les: Meiose - Life Sciences 4 All

Meiose-proses
Die proses van reduksiedeling
• Meiose is ’n seldelingsproses waartydens ’n diploïede sel
(somatiese sel) verdeel om vier nie-identiese haploïede
selle te vorm (geslagselle of gamete). Diploïede selle het
twee stelle chromosome, waar elke chromosoom ’n
homoloë maat het.
• Haploïede selle het slegs een stel chromosome. Dit wil
sê, die chromosome in haploïde selle het geen homoloë
maat nie.
1
Rol van Interfase
Interfase is die fase van die selsiklus waarin die sel die
grootste deel van sy tyd spandeer en die meeste van sy
funksies verrig, insluitend voorbereiding vir seldeling.
Word beskou as die fase van ‘lewe’ van die sel, waarin die sel
voedingstowwe opneem, groei, sy DNS ‘lees’, en ander
‘normale’ selfunksies verrig.
‘n Algemene wanopvatting is dat interfase die eerste stadium
van mitose of meiose is. In interfase, maak die sel hom
gereed vir seldeling, dit vergroot in en maak ‘n kopie van
sy DNS.
2
Opsomming van Meiose
• Meiose is die tipe selverdeling wat gamete of geslagselle
(sperm- en eierselle) produseer. ’n Sel wat meiose
ondergaan, verdeel twee keer – die eerste selverdeling is
meiose I en die tweede is meiose II.
• In die eerste meiotiese verdeling verdubbel die aantal
selle, maar die aantal chromosome bly dieselfde. Die
resultaat is dat elke sel net die helfte aantal
chromosome bevat.
• In die tweede meiotiese verdeling is daar nie ’n
vermindering in die aantal chromosome nie.
3
Die diagramme hieronder vertoon ‘n opsomming van
meiose (meiose I en II) hoe ‘n diploïede sel vier haploïede
selle vorm.
4
Meiose 1- skei homoloë chromosome
Interfase
Sentrosoom met
sentrioolpare
Chromatien
Kernmembraan
Chromosome
dupliseer
Profase 1
Spoeldrade
Susterchromatiedes
Chromosome paar en
ruil materiaal uit
Metafase 1
Spoeldrade
Selewenaar
Sentromeer geheg
aan spoeldrade
Homoloë pare
rangskik weerskante van ewenaar
Anafase 1
Susterchromatiedes bly geheg
Homoloë
chromosoom- pare
skei – beweeg na
pole
5
Meiose II – skeiding van dogterchromatiedes
Telofase I
Profase II
en sitokinese
Metafase II
Anafase II
Telofase II
en sitokinese
Sitoplasmiese
kliewing
Susterchromatiedes Haploïede dogterskei
selle vorm
2 haploïede selle
vorm;
chromosome
nog dubbel
Gedurende ‘n tweede seldeling, skei die susterchromatiedes; 4 haploïede selle vorm met elkeen ‘n enkel
chromosome
6
Animasie
Meiose 1
Die chromosoomgetal word
gehalveer en oorkruising vind
plaas. Tydens oorkruising
word genetiese materiaal
uitgeruil tussen homoloë
chromosome
Meiose 2
Is dieselfde proses as mitose.
Die chromatiedes van
chromosome skei van
mekaar.
7
Meiose 1
Verskillende stadiums van meiose 1
Profase 1:
• Sentromeer verdeel in sentriole wat na
teenoorgestelde pole beweeg
• Tussen sentriole vorm spoeldrade
• Nukleus-/kernmembraan en
kernliggaampie begin om te verdwyn
• Elke chromosoom dupliseer en vorm
susterchromatiedes – raak sigbaar.
• Aan die einde van profase vind oorkruising
plaas
8
Oorkruising tydens profase
• Homoloë chromosome (bivalent) rangskik hulself in
pare (twee sentromere toon dat dit uit 2 chromosome
bestaan)
• Susterchromatiedes van homoloë chromosoompare
raak sigbaar en oorkruis
• Die plekke waar chromatiedstukke (groepe gene)
oorkruis en die breekpunte ontstaan word chiasmata
genoem
chiasma
herkombinasie
• As gevolg van oorkruising en breekpunte vind die
herkombinasie van genetiese materiaal tussen
moeder- en vaderchromosome plaas
• Die twee chromatiedes is nie meer identies nie.
9
Metafase 1 en Anafase 1
Metafase 1:
• Homoloë chromosoompare rangskik hulle
ewekansig weerskante van die selewenaar.
• Spoeldrade heg aan die sentromere vas.
Anafase 1:
• Spoeldrade trek saam, verkort en trek die
chromosome na die die pole
• Homoloë chromosoompare beweeg weg van mekaar
na teenoorgestelde pole (chromatiedes skei nie)
• Sitokinese (verdeling van sitoplasma) begin
10
Telofase 1:
• Die chromosome groepeer by die pole (getal
chromosome by pole is gehalveer)
• Die spoeldrade verdwyn
• Twee nie-identiese dogterselle word gevorm
deurdat die volgende plaasvind:
• ‘n kernmembraan om die chromosome vorm,
• ‘n kernliggaampie vorm,
• insnoering van die sitoplasma vind plaas
Die dogterselle bevat elkeen slegs een van die
homoloë chromosoompare
Kernmembraan vorm
Insnoering
11
Meiose II (dieselfde as mitose)
• Profase 2:
Sentrosoom verdeel in sentrioles wat na teenoorgestelde pole beweeg en spoeldrade vorm
• Metafase 2:
Chromosome rangskik in ‘n enkel ry op die selewenaar en spoeldrade heg aan die sentromere
vas
• Anafase 2:
Sentromere verdeel en susterchromatiedes beweeg na teenoorgestelde pole omdat die spoeldrade saam trek en verkort. Sitokinese begin
• Telofase 2: Sitokinese is voltooi. Vier haploïede
dogterselle word gevorm.
12