Transcript File

KEN GOD BETER
Hoe
ken ek God
BETER?
Hoe ken ek enige iemand beter?
• Kommunikasie
– Verbale kommunikasie
• Luister
• Praat
– Nie-verbale kommunikasie
• Sien
• Doen
• Verhouding
• Matteus 22:36-37
– “Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart, met
jou hele siel en met jou hele verstand.”
Ken die Here
deur te
LUISTER
die
WOORD
van
GOD
Die Woord
Psalm 1:1-3
1 Dit gaan goed met die mens wat ... in die woord van
die Here sy vreugde vind, dit dag en nag oordink.
3Hy is soos ’n boom wat by waterstrome geplant is,
wat op die regte tyd vrugte dra en waarvan die blare
nie verdroog nie. Hy is voorspoedig in alles wat hy
aanpak.
2 Timoteus 3:16
16Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot
waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te
bestry, verkeerdhede reg te stel en ’n regte
lewenswyse te kweek, 17sodat die man wat in diens
van God staan, volkome voorberei en toegerus sal
wees vir elke goeie werk.
Die Woord
• Wat is dit?
– Openbaring van God
• 66 Boeke
• 1600 jaar
– Grondslag van jou verhouding van God
Die Woord
• Wat doen ‘n mens met ‘n Bybel?
LEE ˚S
LEE ˚R
LEE ˚F
die Bybel
die Bybel
die Bybel
LEE ˚S
die Bybel
• Hoe lees ek die Bybel?
– Maak net oop en lees?
– 1 Samuel 31:4 “Saul vat toe self die swaard en val daarin. 5Toe
sy wapendraer sien Saul is dood, val hy ook in sy swaard en
sterf saam met hom.”
– Matt 27:5 “5Judas het toe die geld in die tempel in gegooi,
weggeloop en homself gaan ophang.”
– Sistematies
LEE ˚R
die Bybel
• Hoe leer ek die Bybel?
– Maak ‘n vry
•
Filippense
vertaling
1:20Dit is my vurige verlange, en daarna sien ek
uit, dat ek niks sal doen waaroor ek my sal hoef te
skaam nie. Ek wil ook nou, soos nog altyd, met alle
vrymoedigheid deur my hele wese Christus verheerlik
in lewe en in sterwe.
• Ek wil niks doen waaroor ek my moet skaam nie, want
ek wil vir Christus lewe.
LEE ˚R
die Bybel
• Hoe leer ek die Bybel?
–SING dit
• Psalms
– Ek het U baie lief o Heer, my rots, my sterkte, my verweer. Ps 18
• Skrifberymings
– Al so dan ook die vyeboom nie bot nie... Habakuk 3
• Geestelike liedere
– So lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun
gestuur het... Johannes 3
LEE ˚R
• Hoe leer ek die Bybel?
– Deur GRAFIKA
•
•
•
•
Aardrykskundig
Argeologies ontdekkings
Tekenprente
Bemoedigingsprentjies
die Bybel
LEE ˚R
die Bybel
• Hoe leer ek die Bybel?
Ken die
volgorde
van die boeke
van die Bybel
LEE ˚R
die Bybel
• Hoe leer ek die Bybel?
Ken die
genre
van die boeke
van die Bybel
Ou Testament
• Genesis – Ester
– Geskiedenis
• Job – Hooglied
– Wysheidsliteratuur
• Jesaja-Maleagi
– Profete
Nuwe Testament
• Matteus - Handelinge
– Geskiedenis
• Romeine - Judas
– Briewe
• Openbaring
– Apokalips
LEE ˚F
die Bybel
WAT STAAN IN DIE TEKS?
WAT BETEKEN DIE TEKS VANDAG VIR MY?
• Hoe leef ek die Bybel?
– Toepassing?
• Volgorde, Genre
– Die waarde
• Jak 1:22
–
22Julle
moet doen wat die woord sê en dit nie net aanhoor nie, anders
bedrieg julle julleself.
• Joh 13:17
– 17Julle weet dit nou; gelukkig is julle as julle dit ook
doen.”
Preke
Preke
• Wat is dit?
• Hoe luister ek daarna?
Bybelstudie
Bybelstudie
• Wat is Bybelstudie?
• Hoe doen ek Bybelstudie?
Ken die Here
deur te
PRAAT
BID
GEBED
1 Tessalonisense 5:17
17Bid
gedurig.
Matteus 6:6
6Nee,
as jy bid, gaan na jou kamer toe,
maak die deur toe en bid tot jou Vader
wat jy nie kan sien nie. Jou Vader wat
sien wat verborge is, sal jou beloon.
GEBED
• Wat is gebed?
– Kommunikasie met God.
• Hoe en wanneer bid jy?
• Wat bid jy?
– Onse Vader
AANBID
AANBIDDING
Psalm 100:1-5
100 ’n Dankpsalm. Juig tot eer van die Here, almal op aarde!
2Dien die Here met blydskap! Kom voor Hom met gejubel! ...
4Gaan sy poorte binne met dankliedere, sy tempel met
lofsange, dank Hom, prys sy Naam...
Openbaring 5:12-13
11Toe het ek rondom die troon en die lewende wesens en die
ouderlinge ’n groot menigte engele gesien. Daar was ...
miljoene der miljoene. Ek het hulle hard hoor 12uitroep: “Die
Lam wat geslag was, is waardig om die mag en rykdom, die
wysheid en sterkte, die eer, heerlikheid en lof te ontvang.”
13Die hele skepping, alles in die hemel en op die aarde en
onder die aarde en op die see, ja, alles wat daar is, het ek hoor
sê: “Aan Hom wat op die troon sit, en aan die Lam, behoort die
lof en die eer, die heerlikheid en die krag, tot in alle ewigheid.”
AANBIDDING
• Wat is aanbidding?
– Verbale lofprysing
• Hoe aanbid jy?
– Erediens?
– Buite die erediens
Evangeliseer
EVANGELISASIE
• Wat is dit?
– Vertel van die goeie nuus aan mense
• Hoe doen ek dit?
– Vertel
– Wys
NIE-VERBALE KOMMUNIKASIE
KEN DIE HERE DEUR TE
SIEN
WAT HY VIR ONS
DOEN
stilte
STILTE
Klaagliedere 3:25-28
25Die Here is goed vir wie op Hom bly hoop, vir
die mens wat na sy wil vra; 26dit is goed om
geduldig te wag op die hulp van die Here; 27dit
is goed vir ’n mens om sy las in sy jeug te dra.
28Laat hy in sy eensaamheid geduldig bly as God
hom die las opgelê het,
STILTE
Psalm 8
Here, ons Here ... hoe glansryk alles wat U in die
hemelruim geplaas het!
As ek u hemel aanskou, die werk van u vingers,
die maan en die sterre waaraan U ’n plek
gegee het, wat is die mens dan dat U aan hom
dink, die mensekind dat U na hom omsien? ...
Here, ons Here, hoe wonderbaar is u Naam oor
die hele aarde!
STILTE
• Wat is dit?
– Afsluiting van die wêreld.
• Hoe doen jy dit?
– Afsit van TV, radio ens om na God te luister in die
stilte.
– Kamp
VAS
Lukas 5:33-35
34Toe sê Jesus vir hulle: “Kan julle dan die bruilofsgaste laat vas terwyl
die bruidegom by hulle is? 35Daar sal ’n tyd kom wanneer die
bruidegom van hulle weggeneem sal word en dan, in daardie dae,
sal hulle vas.”
36Hy vertel hulle ook nog ’n gelykenis: “Niemand skeur ’n stuk uit nuwe
klere om daarmee ou klere te lap nie. As hy dit sou doen, sou die
nuwe klere stukkend wees, en buitendien sal die nuwe lap nie by
die ou klere pas nie. 37“En niemand gooi nuwe wyn in ou velsakke
nie. As hy dit sou doen, sal die nuwe wyn die velsakke laat oopbars.
Dan is die wyn vermors en die sakke daarmee heen. 38Nee, nuwe
wyn moet in nuwe velsakke gegooi word. 39“En niemand wat ou
wyn gedrink het, wil nuwe wyn hê nie, want hy sê: Die oue is goed.”
VAS
Handelinge 13:2
2Toe hulle op ’n keer bymekaar was om die Here
te dien en om te vas... 3Nadat die gemeente
gevas en gebid en hulle die hande opgelê het,
het die gemeente hulle laat gaan.
VAS
• Wat is dit?
– Weerhouding van kos vir ‘n tyd lank.
• Hoe doen ek dit?
– Verskerp ons fokus op God en verhoog ons besef
van ons afhanklikheid van God.
NIE-VERBALE
KOMMUNIKASIE
KEN DIE HERE
DEUR DINGE VIR
HOM TE DOEN
OPOFFERING
OPOFFERING
2 Korintiërs 8:1-5
8 Broers, ons wil hê julle moet weet van die genade wat
die gemeentes in Masedonië van God ontvang het. 2Al
was hulle swaar beproef deur verdrukking, hulle
blydskap was oorvloedig; en al was hulle baie arm,
hulle was ryk in hulle oorvloedige vrygewigheid. 3Ek
verseker julle hulle het na vermoë, ja, bo vermoë,
bygedra. 4Uit eie beweging het hulle by ons daarop
aangedring om te mag deel in die liefdeswerk van
hulpverlening aan die gelowiges in Judea. 5Dit was
meer as wat ons verwag het, want eers het hulle
hulleself aan die Here gegee en toe aan ons. Dit is
soos God dit wil.
OPOFFERING
Lukas 21:2-4
21 Jesus het rondgekyk en die rykes hulle gawes in
die offergawekis sien gooi. 2Hy sien toe ook ’n
arm weduwee twee klein muntstukkies daar
ingooi, 3en Hy sê: “Dit verseker Ek julle: Hierdie
arm weduwee het meer ingegooi as al die ander.
4Hulle het almal iets uit hulle oorvloed in die
offergawekis gegooi, maar sy het in haar gebrek
alles ingegooi wat sy gehad het om van te lewe.”
OPOFFERING
• Wat is dit?
– Opoffering van tyd, geld of moeite doen om
ontmoeting met God na te streef.
• Hoe doen ons dit?
– Erediens
– Bydraes
– Ondersteuning van ander mense
DIENSBAAR
DIENSBAARHEID
Matteus 20:25-28
25Jesus roep hulle toe nader en sê: “Julle weet dat
dit by die nasies so is dat die regeerders oor hulle
baasspeel, en dat die groot manne die mag oor
hulle misbruik. 26Maar by julle moet dit nie so
wees nie. Elkeen wat in julle kring groot wil word,
moet julle dienaar wees; 27en elkeen wat onder
julle die eerste wil wees, moet julle slaaf wees.
28So is dit ook met die Seun van die mens: Hy het
nie gekom om gedien te word nie maar om te
dien en sy lewe te gee as losprys vir baie mense.”
DIENSBAARHEID
Matteus 10:39
40“Wie julle ontvang, ontvang My; en wie My
ontvang, ontvang Hom wat My gestuur het. 41Wie
’n profeet ontvang omdat hy ’n profeet is, sal ’n
profeet se beloning ontvang; en wie ’n goeie
mens ontvang omdat hy goed is, sal ’n goeie
mens se beloning ontvang. 42Wie aan een van
hierdie geringstes net ’n beker koue water gee
omdat hy my dissipel is, sál sy beloning kry. Dit
verseker Ek julle.”
DIENSBAARHEID
• Wat is dit?
– Gewillige neerlê van regte, voorregte of goedere
om diensbaar aan ander te wees.
• Hoe doen ons dit?
– Dit eis opoffering.
– Siekes, armes, gevangenes of mense wat alleen is.
MATIGHEID
MATIGHEID
1 Timoteus 6:6-10
6Die godsdiens is ’n groot wins as iemand tevrede is met
wat hy het, 7want ons het niks in die wêreld ingebring
nie; ons kan ook niks daaruit wegneem nie. 8As ons dan
kos en klere het, moet ons daarmee tevrede wees.
9Maar dié wat ryk wil word, val in versoeking. Hulle
loop hulle vas in die strik van baie sinlose en skadelike
begeertes waardeur mense in verderf en ondergang
gestort word. 10Geldgierigheid is ’n wortel van allerlei
kwaad. Party het geld nagejaag en toe van die geloof
afgedwaal; daardeur het hulle hulleself baie ellende op
die hals gehaal.
MATIGHEID
• Wat is dit?
– Doelgerigte weerhouding daarvan om geld te
spandeer, of goedere te koop, om net jou eie
begeertes of status, luukshede of glans te
verhoog.
• Hoe doen ek dit?
– Bly binne grense van goeie oordeelsvermoë.
Samevatting
• Ken die Here beter deur kommunikasie
– Verbaal
• Luister
– Woord
– Preke
– Bybelstudie
• Praat
– Bid
– Aanbid
– Evangeliseer
Samevatting
• Ken die Here beter deur kommunikasie
– Nie-Verbaal
• Sien
– Stilte
– Vas
• Doen
– Opoffering
– Diensbaarheid
– Matigheid
VIDEOS
• Kyk “ME church”
• Maak julle eie soortgelyke video waarin julle
uitbeeld hoe mense tipies elke dag met God
kommunikeer.