Klik hier vir dokument

Download Report

Transcript Klik hier vir dokument

BELANGRIKE INLIGTING:
Die Bybelverse in foto’s in die aanbieding wat hierop volg, is deur Brian Kluth
(epos: [email protected]) versamel vir gebruik in Eredienste en ander
toerustingsgeleenthede.
Dit is, met Brian se toestemming, deur my aangepas vir gebruik in Afrikaans.
Julle is welkom om die skyfies af te laai en te gebuik waar toepaslik, veral in
Eredienste gedurende die Dankoffertyd. Hier is genoeg vir ongeveer 40 Sondae.
Verskillende weergawes van die Bybel in Afrikaans is gebruik:
Afrikaanse Bybel 1953; Nuwe Afrikaaanse Vertaling 1983 (NAV); Die Boodskap;
Nuwe Lewende Vertaling (NLV); Lewende Bybel (LB).
Besoek gerus Brian Kluth se webwerf: www.MAXIMIMgenerosity.org
Stuur asb kommentaar en ander toepaslike foto’s en/of teksverse na
[email protected] sodat dit in toekomstige weergawes bygewerk kan word.
Mag die Here self hierdie aanbiedings seën!
Francois Cillié
As God dan die gras van die
veld, wat vandag nog daar is
en môre verbrand word, so
versier, hoeveel te meer sal Hy
dan nie vir julle sorg nie Mt 6:30
Want al die diere is myne, sê die
Here; die wild op duisend
berge… want die aarde en alles
wat daarop is, behoort aan My.
Ps 50:10-12
Vereer die
Here met
offerandes
uit al wat jy
besit en
met die
beste uit
jou
inkomste.
Spreuke 3:9
LB
Die diere moet getel word, en
al om die tiende dier wat
verbykom, moet vir die Here
afgekeer word. Lev 27:32
Daar is mense wat
vrylik uitdeel en tog
steeds meer het…
wie ander voorspoed
gun, sal self oorvloed hê. Wie die
dors van ander les,
sal self genoeg kry
as hy dors is.
Spreuke 11:24-25
God is by
magte om aan
julle alles in
oorvloed te
skenk, sodat
julle in alle
opsigte altyd
van alles
genoeg kan hê,
en volop kan
bydra vir elke
goeie werk.
2 Kor 9:8
Jy kan
dalk dink: my
krag en my sterk
hande het vir my
hierdie rykdom verwerf.
Maar jy moet die Here
jou God nie vergeet nie,
want dit is Hy wat jou die
krag gee om die rykdom te verwerf. Deut
8:17-18
Kyk na die wilde voëls: hulle saai nie en
hulle oes nie en hulle maak nie in skure
bymekaar nie; julle hemelse Vader sorg vir
hulle. Is julle nie baie meer werd as hulle
nie?
Mat 6:26
Bring die volle tiende na die
voorraadkamer toe sodat daar iets te ete
in my huis kan wees, en toets my hierin, sê
die Here die Almagtige. Toets My of Ek
nie die vensters van die hemel vir julle sal
oopmaak en vir julle reën sal uitgiet, meer
as wat julle kan gebruik nie. Mal. 3:10
Een tiende van
alles wat die
land oplewer
behoort uitsluitlik aan die
Here en aan
Hom alleen.
Lev 27:30 [Boodskap]
Sal ‘n mens
werklik vir God
beroof? Tog
beroof julle My.
Julle vra:
"Waarvan beroof
ons U?”
Van tiendes en
offerandes.
Mal 3:8-9
Die diere
van die
veld is
almal
Myne…
alles in die
wêreld
behoort
aan
My.
Ps 50:10 [Boodskap]
Al die diere van die bos
is Myne, ook die wild
op duisend berge.
Aan My behoort die
aarde en
alles
daarop.
Ps 50:11-12
[NLV]
Stel God se koninkryk eerste.
Doen net daardie dinge wat vir
Hom belangrik is. Hy sal vir die
res sorg. Hy sal elke dag vir julle
genoeg kos en klere gee.
Matt 6:33,34 [Die Boodskap]
Jy moet ‘n
tiende opsy
sit van alles
wat jy het en
kry… sodat jy
kan leer om
die Here jou
God altyddeur te eer.
Deut 14:23
Geldgierigheid is ‘n wortel van
allerlei kwaad. Party het geld
nagejaag en toe van die geloof
afgedwaal; daardeur het hulle
hulleself baie ellende op die
hals gehaal. 1 Tim 6:10
Elkeen moet vir
die Here iets
bring van wat hy
besit, en dit
moet wees
volgens die
voorspoed wat
die Here hom
gegee het.
Deut 16:17 [Lewende Bybel]
Ware godsdiens
saam met tevredenheid is ‘n groot
rykdom, want ons
het niks in die
wêreld ingebring
nie; ons kan ook
niks daaruit wegneem nie. As ons
dus genoeg kos en
klere het, laat ons
tevrede wees.
1 Tim 6:6-8 [NAV & NLV]
Vereer die
Here met alles
wat jy besit.
Gee vir Hom
die beste van
jou oes.
Spr 3:9 [NLV]
Maar jy moet die Here jou
God nie vergeet nie, want
dit is Hy wat jou die krag
gee om die rykdom te
verwerf. Deut 8:18
Jakob sweer toe ‘n plegtige eed: “As
God altyd by my sal wees en by my
sal bly… sal ek die Here as God
vereer… en ek sal vir U ‘n tiende gee
van alles wat ek kry.” Gen 28:20-22
Mense wat
begeer om ryk
te wees, val in versoeking en trap in
die strik van baie dwase
en skadelike begeertes
wat hulle in verderf en
ondergang stort. Want
die liefde vir geld is ‘n
wortel van allerlei kwaad.
1 Tim 6:9-10 [NAV & NLV]
Aan U, Here,
behoort die
grootheid en die
mag en die eer…
want alles in die
hemel en op die
aarde behoort aan
U. Dit is U wat vir
mense rykdom en
eer kan gee… en U
kan enige mens
beroemd maak en
krag gee.
1 Kron 29:11-12 [LewendeBybel]
“Moenie vir julle skatte op aarde
bymekaarmaak waar mot en roes dit
verniel nie… Maak vir julle skatte in
die hemel bymekaar… Mat 6:19,20
Beywer julle allereers vir die
koninkryk van God en vir die
wil van God. Mat 6:33
“Daar rus ‘n
vloek op die
bedrieërs wat
beloof om ‘n ram
uit hulle kudde te
gee, maar dan ‘n
verminkte dier
aan die Here
offer.” Want Ek
laat My nie bedrieg nie. Ek is
die Grootkoning,
die Here aan wie
alles
behoort.
Mal 1:14 [Boodskap & NAV]
Jesus het gekyk hoe baie
welgestelde mense groot
bedae geld in die offerkis
gooi. ‘n Brandarm weduwee
het twee klein geldstukkies
ingegooi. Jesus sê toe vir sy
dissipels: “Weet verseker,
hierdie arm weduwee het
meer in die offerkis gegooi
as al die ander. Hulle het
almal uit hulle oorvloed iets
ingegooi, maar sy het, arm
soos sy is, alles ingegooi wat
sy gehad het, alles waarvan
sy moes lewe.” Mark 12:41-44
Die magtige Here
sê: “Sal mense God
ooit besteel? Tog
het julle my
bedrieg! Julle vra:
‘Wat bedoel U?
Wanneer het ons U
ooit bedrieg?’ Julle
het die tiendes en
offerandes gesteel!”
Mal 3:8 [NLV]
Elke jaar moet jy ‘n tiende van
jou hele oes vir die Here opsy
sit. So sal jy leer om die Here
altyd lief te hê. Deut 14:22-23 [Boodskap]
As julle gee, sal julle
ontvang. Julle gawe sal
na julle terugkom in
volle maat, ingestamp,
geskud om plek vir meer
te maak, tot oorlopens
toe vol. Met die maat
waarmee julle meet, sal
ook vir julle gemeet
word. Lukas 6:38 [NAV & NLV]
God wat saad
verskaf om te
saai en brood om
te eet, sal ook
aan julle saad
gee en dit laat
groei en julle
vrygewigheid ‘n
ryk oes laat
oplewer.
2 Kor 9:10
Families het vrywillige bydraes gegee vir
die oprigting van die huis van die Here…
hulle het volgens hulle vermoë vir die
boufonds gegee… Esra 2:68,69
(Die Here sê aan
hulle wat getrou
hulle dankoffer
gee) “Ek sal die
sprinkane keer
dat hulle nie die
oes op julle land
vernietig nie, en
dat julle
wingerde nie
sonder vrugte is
nie,” sê die Here
die Almagtige.
Maleagi 3:11
Die Israeliete het die eerste
opbrengste van die koring… en alles
wat die land opgelewer het, ingebring,
en ook die tiendes van alles, in groot
hoeveelhede. 2 Kron. 31:5
Wat die hulp vir die gelowiges in
Jerusalem betref:
Elke Sondag moet elkeen
van julle na sy vermoë tuis
iets opsy sit en dit opspaar…
1 Kor 16:1,2
“Van waar die
son opkom tot
waar hy ondergaan,
word Ek deur die
nasies geëer.
Oral word daar vir My
offers gebring, rein
offers.
Ek word deur die ander
nasies geëer,” sê die
Here die Almagtige. Mal 1:11
Al die gelowiges
was eensgesind
en het alles met
mekaar gedeel.
Hulle het… aan
almal uitgedeel
volgens elkeen se
behoefte.
Hulle het… hulle
kos met blydskap
en in alle eenvoud
geëet.
Handelinge 2:44-45
Vereer die Here met offerandes uit al wat
jy besit en met die beste uit jou oes,
dan sal jou skure oorvol wees en jou
parskuipe oorloop van wyn. Spr 3:9-10