Feeste - Pad van Waarheid tot die lewe

Download Report

Transcript Feeste - Pad van Waarheid tot die lewe

Die 7 Feeste van God
Simbole van ‘n lewe van
oorwinning
dja hwhy
Wnyhla hwhy
lar`y [m`
Sh'ma Yisra'el Yahuah Eloheinu
Yahuah echad.
Luister, hoor en doen Yisra'el,
Die feeste van God is in ‘n
sekere volgorde, op
vasgestelde tye, om ‘n rede.
Ons kan ‘n sekere fees slegs
verstaan binne die konteks van
sy posisie in die reeks.
Lev 23
hwhy praat self en sê:
:2 hierdie is My vasgestelde tye:
:4 in die tye wat vir hulle bepaal is.
Elke week. :3 Shabbat op die Sewende dag
Elke jaar.
1. :5 Pesag op 14 de van Eerste maand.
2. :6 Ongesuurde Brode op 15 de vir 7 dae.
3. :11 Waai v d Gerf op Eerste dag v d week.
4. :16 Shavu’ot 50 dae na Waai v d Gerf.
5. :24 Yom Teruah op 1ste dag v 7de Maand
6. :27 Yom Kippur - 10 de dag v 7de Maand
7. :34 Sukkot -15 de dag v d 7de Maand vir 7
dae
Dit alleen is al die verpligte
feeste en dus die volle
boodskap wat Vader vir ons
gee.
Ander feeste is volksfeeste en
goed, met goeie boodskappe,
maar nie verpligte feeste nie.
Pesag
Die Fees
Pesag
Ons Vryspraak
Ongesuurde Brood
Ons Afsondering
Waaioffer
Ons Aanvaarding
Pesag - Ons Vryspraak
Vanaand gaan ons deur middel van die
Pesag-seder (die tafel wat bekend
geword het as “Die Laaste
Avondmaal”) die betekenis van die
Pesag-fees verstaan.
Deur die eet van Sy liggaam
en drink van Sy bloed word
ons soos wat Hy is.
Opdrag van vereenselwiging
1 Yog 2:6
hy wat sê dat hy voortdurend in
Hom bly, vir hom is dit nodig om
so te leef soos wat Hy geleef het.
Die Fees van Ongesuurde Brood
Ons Afsondering
As verlostes leef ons nie meer volgens
die ou lewe, begeer ons nie meer die
ou dinge en is daar vir ons geen
plesier in sonde nie.
1 Kefa 1
13 Bind daarom die heupe van julle
verstand vas, wees volkome waaksaam en
verwag die onverdiende guns wat julle deel
word by die openbaring van Yeshua, Die
Gesalfde Een, 14 soos gehoorsame
kinders en moenie weer deel kry aan julle
vorige begeertes wat julle sonder kennis
begeer het nie, 15 maar wees afgesonderdes
in al julle lewenswyses, soos wat Hy wat
julle geroep het, afgesonderd is,
16 omdat daar geskrywe is: “Wees afgesonderd,
soos Ek afgesonderd is.” 17 As julle jul op
Hom as Vader beroep, wat onpartydig oordeel
volgens elkeen se dade, leef dan in
respekvolle vrees gedurende dié tyd wat julle
vreemdelinge is, 18 omdat julle weet dat julle
nie deur verganklike dinge, silwer of goud,
losgekoop is uit julle leë dade wat
tradisioneel deur die vaders oorgedra is nie, 19
maar deur die kosbare bloed van die Lam,
waarin geen gebrek of vlek is nie, wat Die
Gesalfde Een is,
Lev 11
44 want Ek is hwhy, julle God. Julle
moet julleself afsonder en wees
afgesonderd, want Ek is Afgesonderd.
Moet julleself ook nie onrein maak deur
enige ding wat op die aarde wemel nie,
45 want Ek is hwhy wat julle uit die
land van Egipte uitgebring het om julle
God te wees. Julle moet daarom
afgesonderd wees, omdat Ek afgesonderd
is.
Raak ontslae van bewuste sondes.
Dinge wat my negatief kan beïnvloed.
Identifiseer swakpunte.
Leef sonder verskonings en sonde.
Niks is die las van ongehoorsaamheid
werd nie.
AFGESONDERD vir hwhy
Ons het juis hierdie week van
Ongesuurde Brode om ons te help
om alle sonde te identifiseer en
van ontslae te raak.
Dit gaan nie oor die fisiese
suurdeeg nie, maar dit is ‘n
middel om ons te herinner om
versigtig te wees vir sonde.
Suurdeeg is die simbool van sonde,
veral van trots wat opblaas.
Yisra’el is nie gered uit Egipte vir
hulleself nie, maar as gekose
voorbeeld van ‘n afgesonderde,
Vader-gerigte lewe vir ander nasies.
Dieselfde rede waarom ek en jy deur
Sy onverdiende guns gered is
Die Waaioffer
Ons Aanvaarding
Yeshua is as Eerstelinggerf
aanvaar (1 Kor 15:20)
maar nou, Die Gesalfde Een ís
opgewek uit die dood uit en Hy ís die
eersteling vrug van dié wat dood is.
Die Waaioffer
Ons Aanvaarding
sodat Yisra’el as eerste-oes
aanvaar kan word (Rom 8:23)
Nie alleen hulle nie, maar ook ons wat
die eersteling vrugte van die Gees in
ons het, kreun ook in onsself in
afwagting op die plasing as kinders
en die bevryding van ons liggame,
Die Waaioffer
Ons Aanvaarding
En ons as die finale oes. (1 Kor
3:9)
want ons is medewerkers van God en
julle is die oes van God, die gebou
van God.
Die Waaioffer
Ons Aanvaarding
Yeshua is as Eerstelinggerf
aanvaar (1 Kor 15:20)
sodat Yisra’el as eerste-oes
aanvaar kan word (Rom 8:23) en
ons as die finale oes. (1 Kor 3:9)
Die eerste groot Fees
Is dus:
Ons verlossing, bevryding,
afsondering en aanvaarding by
die Vader.
Die Vierde Fees
Die Tweede groot Fees
Shavu’ot
Fees van weke
Fees van die oes
Fees van vyftig dae
Op hierdie dag is die Instruksies van
Vader aan die volk gegee – Torah.
Op hierdie dag is die Gees van God
gegee wat die Torah op die harte van
mense skryf.
Hierdie is dus die vervulling van die
belofte van die Nuwe Verbond.
Yir 31:33
Hierdie is egter die verbond wat Ek
ná daardie dae met die huis van
Yisra’el sal sluit,” verklaar
hwhy: “Ek sal My wet binnein hulle sit en dit op hulle
verstand, wil en emosie skryf en
Ek sal hulle God wees en hulle sal
My volk
Die Vyfde Fees
Fees van die blaas van die
Shofar
Yom Teruah
Hoof betekenis van die blaas van
die Shofar is die aankondiging
van die koms van die Koning.
Hy het gekom – in hierdie tyd.
Die shofar gaan weer blaas en Hy
gaan weer kom.
Die Sesde Fees
Yom Kippur
Dag van Toedekking
Mees afgesonderde dag.
Shabbat.
Volledige Vasdag.
Die volk se een kans om in Sy
Teenwoordigheid in te gaan deur
Aharon, hulle verteenwoordiger.
Yeshua het dieselfde gedoen as
die Hoofpriester – die gordyn
geskeur en daardeur gesê –
“Kom saam met My in Sy
Teenwoordigheid in.”
Die Sewende Fees
Sukkot
Fees van hutte.
Wys ons afhanklikheid van Hom
Pesag – die eersteling gerf
Shavu’ot – die eerste oes
Sukkot – die finale oes.
Sukkot is ‘n 7 dae fees en op die 8
ste dag is ‘n Shabbat - Die laaste
groot dag van God = Oordeel.
Die Derde Groot Fees
Die fees van die finale
oorwinning, om onbevlek, in
volle vrede, onder die Koning
van konings se volle
heerskappy te staan.
Deur middel van die seder van die
Pesagmaal kyk en leer ons nou wat Pesag
vir ons beteken.
Dit is ‘n Fees
Dit is oorwinning
Geniet dit