Transcript VOEGWOORDE

VOEGWOORDE
(WOORDORDE IN
AFRIKAANS)
ME. J. VAN ZYL
KORREKTE WOORDORDE = S*TOMP*I
S = SUBJECT (DIE ONDERWERP)
* = DIE EERSTE WERKWOORD/ HULPWERKWOORD
T = TIME (DIE TYD IN DIE SIN)
0 = OBJECT (DIE VOORWERP IN DIE SIN)
M = MANNER (DIE MANIER WAAROP DIE WERKWOORD
GEDOEN WORD)
P = PLACE (DIE PLEK WAAR DIE WERKWOORD
GEDOEN WORD)
* = DIE RES VAN DIE WERKWOORD
I = DIE HELE INFINITIEF
VOEGWOORDE
•
•
Sodra voegwoorde gebruik
word, verander die woordorde
(S*TOMP*I) NADAT jy die
voegwoord gebruik het
• Die sin vóór die voegwoord bly dieselfde
• Daar is DRIE GROEPE voegwoorde
• Die woordorde ná voegwoorde in groep EEN
verander nie!
GROEP 1
EN
MAAR
WANT
DOG
OF (OR)
OF … OF
NOG … NOG
TROUENS
INTEENDEEL
SOWEL … AS
VOEGWOORDGROEPE
GROEP 2
GROEP 3
DUS
DERHALWE
DAAROM
AL
GEVOLGLIK
TOG
NOGTANS
ANDERS
NIETEMIN
DAN
TOE (THEN)
DAARNA
INTUSSEN
BUITENDIEN
BOWENDIEN
VERDER
DAT
OMDAT
SODAT
NADAT
VOORDAT
TOTDAT
AANGESIEN
(AL)HOEWEL
OFSKOON
AS
INDIEN
SODRA
SEDERT
ASOF
TERWYL
OF (IF)
WAT, WAARIN, ENS.
TOE (WHEN)
WANNEER
MITS
TENSY
HOE … HOE
GROEP 1
S*TOMP*I
• Daar is geen
woordordeverandering
nadat jy die groep
gebruik het nie:
• Bv.:
• Hy bly vandag tuis,
WANT hy is siek.
GROEP 1 VOEGWOORDE
OEFENING
•
•
•
•
•
Cindy hou nie van Afrikaans
nie. Sy reken dis vervelig.
(trouens)
Tommy het nie goeie maniere
nie. Hy is onbeskof.
(inteendeel)
Ek ken hom goed. Hy is nie
‘n goeie vriend van my nie.
(dog)
Ek voel maar sleg. Ek gaan
vandag in die bed bly. (en)
Ek wil graag saamgaan. Ek
het nie geld om te betaal nie.
(maar)
•
•
•
•
•
Cindy hou nie van Afrikaans
nie, TROUENS sy reken dis
vervelig.
Tommy het nie goeie maniere
nie, INTEENDEEL hy is
onbeskof.
Ek ken hom goed, DOG hy is
nie ‘n goeie vriend van my
nie.
Ek voel maar sleg EN ek
gaan vandag in die bed bly.
Ek wil graag saamgaan
MAAR ek het nie geld om te
betaal nie.
GROEP 2
*STOMP*I
• Die ONDERWERP
EN DIE
WERKWOORD ruil
plekke
• Bv.:
• Hy is siek; DUS bly
hy by die huis.
GROEP 2 VOEGWOORDE
OEFENING
•
•
•
•
•
Sy algemene kennis is swak.
Hy vaar sleg in vasvrawedstryde. (gevolglik)
Hy het ‘n kwaai hoofpyn. Hy
hoes ook baie. (buitendien)
Tommy hou van ysskaats.
Hy is so lomp. (al)
Tommy hou van ysskaats.
Dis ‘n gevaarlike sport. (tog)
Jy leer nie. Jy gaan jou
standerd nege jaar druip.
(dus)
•
•
•
•
•
Sy algemene kennis is swak;
GEVOLGLIK vaar hy sleg in
vasvrawedstryde.
Hy het ‘n kwaai hoofpyn;
BUITENDIEN hoes hy ook baie.
Tommy hou van ysskaats; AL
is hy so lomp.
Tommy hou van ysskaats;
TOG is dit ‘n gevaarlike sport .
Jy leer nie; DUS gaan jy jou
standerd nege jaar druip.
GROEP 3
STOMP**I
• Die WERKWOORD
skuif na die einde van
die sin toe.
• Bv.:
• Hy bly by die huis,
OMDAT hy siek is.
VOEGWOORDE GROEP 3
OEFENING
•
•
•
•
•
•
Sy voel moeg. Die kwartaal
het so pas begin. (ofskoon)
Hy skaats goed. Hy is so
lomp. (alhoewel)
Hy het baie geld. Hy koop net
wat hy sien. (omdat)
Jy sal baie beter doen. Jy werk
harder. (mits)
Jy gaan die jaar druip. Jy
begin nou dadelik werk.
(tensy)
My fiets het gebreek. Ek moes
maar loop. (omdat)
•
•
•
•
•
•
Sy voel moeg OFSKOON die
kwartaal so pas begin het.
Hy skaats goed ALHOEWEL
hy so lomp is.
Hy koop net wat hy sien
OMDAT hy baie geld het.
Jy sal baie beter doen MITS jy
harder werk.
Jy gaan die jaar druip
TENSY jy nou dadelik begin
werk.
Ek moes maar loop OMDAT
my fiets gebreek het.
‘N PAAR DINGE OMTRENT VOEGWOORDE:
•
As jou sin met ‘n voegwoord BEGIN, sal daar altyd
twee werkwoorde LANGS MEKAAR in die middel
van die sin wees: Byvoorbeeld:
OMDAT hy geld het, sal hy die motor koop.
AANGESIEN hy hard gewerk het, rus hy nou.
ALHOEWEL hy siek is, gaan hy elke dag werk.
•
Wanneer jy twee voegwoorde LANGS MEKAAR
het, werk dit so:
Hy het gelees DAT, AS hy hard werk, hy die jaar
sal deurkom.
Ek weet DAT, WANNEER ek hard werk, ek sukses
sal behaal.
Hy voel siek WANNEER, ALHOEWEL hy
medisyne gebruik, hy nie in die bed bly nie.