Verkorte Harvard (NWU) Bibliografiese styl

Download Report

Transcript Verkorte Harvard (NWU) Bibliografiese styl

Natuurwetenskappe Biblioteek
Anriëtte Pretorius
‘n Verkorte weergawe van die gids tot die Harvard bibliografiese styl,
aangepas vir NWU:Potchefstroomkampus. (Van der Walt, 2006.) Raadpleeg
asb die volledige verwysingsgids vir baie meer wenke en voorbeelde oor oa
konferensie voordragte; ensiklopedieë; woordeboeke; staatspublikasies;
wette; patente; koerantberigte, ens.
VAN DER WALT, E. 2006. Verwysings. Potchefstroom: NWU-Potchefstroom.
79 p. http://www.nwu.ac.za/library/documents/verwysings_a.pdf
INHOUD
Algemene wenke
Wenke vir tikwerk
Doel van verwysings & die bronnelys
Watter styl?
Boeke
Boeke – Publikasiedatum, Titel, Uitgawe
Boeke – Plek van publikasie
Boeke – Uitgewer, Paginering
Hoofstuk in versamelwerk
Proefskrifte & Verhandelinge
Sekondêre bronne
Tydskrifartikels
Staatspublikasies - Departemente
Staatspublikasies - Wette
Elektroniese inligtingsbronne
Elektroniese bibliografiese databasisse: opsommings van tydskrifartikels
Elektroniese volteksdatabasisse: tydskrifartikels
Elektroniese volteksdatabasisse: e-boeke
Elektroniese volteksdatabasisse: staatspublikasies
Internet dokumente
Elektroniese tydskrifte op die Internet
Elektroniese boeke op die Internet
Algemene wenke:
Taalmedium by verwysings: die taal van die bron word gebruik in die bronnelys en nie die taal van die geskrif
(referaat of tesis) nie. Indien ‘n publikasie in albei landstale beskikbaar is, word die taal van die bron gebruik.
Uitsonderings kan gemaak word by vreemde tale. Daar word voorgestel dat die studieleier in sulke gevalle leiding
gee.
Jou teksverwysings moet ondersteun word deur ‘n bibliografie of bronnelys aan die einde van die werkstuk waarin jy
volledige bibliografiese besonderhede verskaf met betrekking tot die werke waarna jy verwys. ‘n Waarskuwing oor
verwysings na bronne en plagiaat word in die “MLA style manual” (Gibaldi, 1999:151) gegee: Scholarly authors
generously acknowledge their debts to predecessors by carefully giving credit to each source. Whenever you draw
on another’s work, you must specify what you borrowed – whether facts, opinions, or quotations – and where you
borrowed it from. Using another person’s ideas or expressions in your writing without acknowledging the source
constitutes plagiarism.
Jou bronnelys bestaan uit een alfabetiese lys (alfabeties gerangskik volgens die vanne van die outeurs) van al die
boeke, tydskrifte, koerantberigte en ander materiaal wat jy gebruik het. Moenie die verwysings nommer nie.
Rangskik bronne deur dieselfde outeur soos volg:
a.Chronologies (van oud na nuut) b. Eers werke deur een outeur c. Dan werke waarby ‘n mede-outeur betrokke is,
JONES, S. 1989. Handbook for parents. New York: Wiley. 213 p.
JONES, S. 1990. Adolescence. New York: Wiley. 305 p.
JONES, S. & SMITH, J. 1995. The teenager. New York: McGraw-Hill. 92 p.
JONES, S., FAURE, M. & SMITH, J. 1993. Drug abuse and teenagers. London: Wiley. 52 p.
Wanneer jy gebruik maak van meer as een publikasie deur dieselfde outeur wat in dieselfde jaar uitgegee is, kan jy
hulle onderskei deur ‘n a, b of c na die datum in die teks van jou referaat in te voeg, bv.:
Teks: Volgens Smith (1996b:46) is die inligting op die Internet ...
In bronnelys moet jy die verwysings ook as a en b of c merk:
SMITH, H. 1996a. Evaluation of information on the Internet. Journal for computer science, 2(4):14-18,
Apr.
SMITH, H. 1996b. Introduction to the Internet. Cape Town: Tafelberg. 215 p.
Wenke vir tikwerk
Gebruik hoofletters vir die outeur se van en voorletters om dit sigbaarder te maak. Dit
bevorder vir die leser die maklike beweging tussen die teks en die bronnelys. • Laat
minstens een reël oop tussen verwysings – dit verbeter ook die leesbaarheid.
Moenie die bronnelys aan die regterkant blok nie - dit rek die teks dikwels op ‘n lompe
wyse.
Let op die spasies in die volgende voorbeeld – laat twee spasies tussen “elemente” soos
die outeur, jaar, titel ens.
Spasies word deur 'n sterretjie aangedui ( * = een spasie)
Boek:
Teks:
Jones*(1998:12)*het aangeteken ...
Bronnelys:
JONES,*S.J.,*SMITH,*L.*&*GREEN,*D.**1998.**Psychology:*an
*introduction.**2nd*ed.**London:*Wiley.**209*p.
Tydskrif in bronnelys:
RABBI,*J.**1995.**Drinking*among*college*students.**Journal*of*
alcohol*and*drug*education,*40(3):52-64,*Oct.
Doel van verwysings en die bronnelys
Hoekom moet jy erkenning gee aan bronne wat jy vir ‘n referaat gebruik? Wat is die
doel of funksie van verwysings in wetenskaplike geskrifte?
1. Dit verleen erkenning aan die oorspronklike skrywer van wie standpunte of feite
oorgeneem is.
2. Die skrywer lewer bewys waar hy sy inligting vandaan kry – of hy die
gesaghebbendste outoriteite oor sy onderwerp geraadpleeg het.
3. Die verwysings na bronne staaf die volledigheid van die ondersoek.
4. Verwysings na goeie bronne verleen gesag aan die skrywer se standpunte.
5. Verwysings verstrek bewyse aan die leser van die herkoms van die skrywer se
gedagtes/bewerings.
6. ‘n Bronnelys verskaf inligting aan die leser om op sy beurt die bronne te
raadpleeg as hy wil verifieer of die bronne korrek aangehaal/geïnterpreteer is.
7. Die bronnelys dien as addisionele bronnelys oor die onderwerp – indien die
leser meer bronne oor die onderwerp wil raadpleeg. Dit is dus duidelik dat die
inligting in die bronnelys volledig genoeg moet wees om elke bron weer te kan
opspoor.
Watter styl?
In wetenskaplike geskrifte sal die leser ‘n wye verskeidenheid van bibliografiese style vind. Die styl
wat in hierdie gids gebruik word, is die sogenaamde Harvard-metode.
Die Harvard-styl
Die Harvard-styl bestaan uit ‘n kort verwysing in die teks, wat aangevul word deur ‘n volledige
verwysing in die bronnelys of bibliografie.
TEKSVERWYSINGS
Erken in die teks van jou referaat elke outeur van wie jy inligting bekom het. Hierdie is slegs ‘n KORT
vermelding wat lei na 'n volledige verwysing in die bronnelys.
Die formaat: SLEGS die outeur se VAN, datum (JAAR) sowel as die pagina (waarop die inligting
verskyn) moet in die teks verskaf word.
Voorbeeld: Hierdie beskouing word verwerp deur Roberts (1972:10) omdat ...
OF,. die verwysing kan ook aan die einde van ‘n sin gegee word. Let op die interpunksie.
Mans tussen 20 en 29 toon ‘n sterk neiging tot selfmoord (Kreitman, 1977:118).
BRONNELYS
Formaat:
OUTEUR. Publikasiejaar. Titel en subtitel. Uitgawe. Plek van uitgawe: Uitgewer. Paginering.
FERNER, J.D. 1995. Successful time management: a self-teaching guide. 2nd ed. New York: Wiley.
270 p.
BOEKE
’n Tipiese voorbeeld van ‘n bronnelys verwysing na ‘n boek:
FERNER, J.D. 1995. Successful time management: a self-teaching guide. 2nd ed. New York: Wiley. 270 p.
Een outeur
Teks: "It was anciently believed that a baby born with teeth already formed would 'bite the world' and was
made for villainy." (Smith, 1977:70.)
OF (let op die verskil in interpunksie)
‘n Ou bygeloof was dat wanneer ‘n baba met tande gebore is dit ‘n skurk sou word (Smith, 1977:70).
Bronnelys: SMITH, L. 1977. Crime and punishment. London: Batsford. 97 p.
Twee outeurs
Teks: Gardner en Shelton (1967:40) verwys na die probleem van kommunikasie met verlamde pasiënte
wat ook aan spraakverlies ly ...
OF
Alle prosedures moet aan die pasiënt verduidelik word (Gardner & Shelton, 1967:74).
Bronnelys: GARDNER, E.K. & SHELTON, B. 1967. The intensive therapy unit and the nurse. London: Faber
and Faber. 162 p.
Let op die verskil tussen die twee voorbeelde in die TEKS: die & teken word binne die hakies gebruik, maar
in die volsin word die woord en gebruik.
Drie of meer outeurs
Wanneer daar drie of meer outeurs of redakteurs is van wie die bydraes nie onderskei kan word nie, word
die afkorting et al. in die teks kursief getik of as jy met die hand skryf, onderstreep). Die afkorting verwys na
et alii – en daar word dus nie 'n punt na et geplaas nie. Al die medewerkers word in die bronnelys genoem.
Teks: Volgens Meyer et al. (1973:74) is fotosintese ...
Bronnelys: MEYER, B.S., ANDERSON, D.P., BOHNING, R.H. & FRATANNA, D.G. 1973. Introduction to plant
physiology. New York: Van Nostrand. 565 p.
BOEKE - Publikasiedatum, Titel, Uitgawe
Datum van publikasie:
Dit is die datum van die uitgawe soos dit in die publikasie aangedui word – gewoonlik op die keersy
van die titelbladsy. Slegs die jongste datum moet aangegee word.
Titel:
Die volledige titel word gegee soos dit op die titelbladsy van die publikasie verskyn. Net die eerste
letter van die eerste woord of name van persone, plekke of instansies en Duitse selfstandige
naamwoorde begin met hoofletters. Titels van boeke word nie onderstreep nie. ‘n Subtitel word van
die hooftitel geskei deur ‘n dubbelpunt:
Voorbeeld in bronnelys:
MORRIS, C. 1988. Psychology: an introduction. New York: Wiley. 299 p.
Uitgawe:
Die eerste uitgawe word nie vermeld nie en ook nie daaropvolgende herdrukke nie. Vermelding van
uitgawes kan soos volg afgekort word (let op interpunksie):
2nd ed. (Engels)
3rd ed.
4th ed.
2de dr./uitg. (Afrikaans)
2. Aufl. (Duits)
Voorbeeld in bronnelys:
JOHNSON, R.C. & MEDINNUS, G.R. 1974. Child psychology: behavior and development. 3rd ed. New
York: Wiley. 562 p.
BOEKE - Plek van publikasie
Gee die plek van uitgawe of publikasie in die taal van die bron. Meld slegs die eerste plek (stad) - nie die
land of staat nie. Die naam van ‘n staat in die Verenigde State van Amerika word gegee nadat die stad
vermeld is, bv. . Boston, Mass. vir Massachusetts – indien dit voorkom op die titelbladsy van die boek.
Bv. JONES, S. 1990. Sociology. Boston, Mass.: Houghton Mifflin. 250 p.
Let op die twee maniere waarop state afgekort kan word: die “tradisionele” manier, bv. Calif. vir
California, en die twee letter afkorting CA (poskode). Kies een formaat en hou daarby
Alabama.................................Ala./AL
Alaska.....................................Ak./AK
Arizona...................................Ariz./AZ
Arkansas................................Ark./AR
California................................Calif./CA
Colorado.................................Colo./CO
Connecticut............................Conn./CT
Delaware................................Del./DE
Distr. of Columbia.................. D.C./DC
Florida................................... .Fla./FL
Georgia...................................Ga./GA
Hawaii.....................................Hi./HI
Idaho................................... ...Id./ID
Illinois......................................Ill./IL
Indiana....................................Ind./IN
Iowa........................................Ia./IA
Kansas................................. ..Kans./KS
Kentucky.................................Ky./KY
Louisiana.............................. ..La./LA
Maine......................................Me./ME
Maryland................................Md./MD
Massachusetts.................... ...Mass./MA
Michigan.................................Mich./MI
Minnesota...............................Minn./MN
Mississippi..............................Miss./MS
Missouri..................................Mo./MO
Montana…………………………………….. Mont/MT.
Nebraska..........................................Nebr./NE
Nevada.............................................Nev./NV
New Hampshire...............................N.H./NH
New Jersey.......................................N.J./NJ
New Mexico......................................N.Mex./NM
New York..........................................N.Y./NY
North Carolina..................................N.C./NC
North Dakota...................................N.D./ND
Ohio..................................................Oh./OH
Oklahoma.........................................Okla./OK
Oregon..............................................Oreg./OR
Pennsylvania................................ ....Pa./PA
Rhode Island.....................................R.I./RI
South Carolina..................................S.C./SC
South Dakota....................................S.D./SD
Tennessee........................................Tenn./TN
Texas................................................Tex./TX
Utah..................................................Ut./UT
Vermont............................................Vt./VT
Virginia..............................................Va./VA
Washington......................................Wash./WA
West Virginia....................................W.Va./WV
Wisconsin........................................ .Wis./WI
Wyoming...........................................Wyo./WY
BOEKE - Uitgewer; Paginering van Boek
Uitgewer:
•‘n Dubbelpunt, met ‘n spasie na die dubbelpunt, skei die plek van publikasie en uitgewer,
byvoorbeeld New York: Wiley.
•As die outeur en uitgewer dieselfde persoon of instelling is, word die naam van die uitgewer
weggelaat
•Voorletters word gewoonlik weggelaat, bv. J.L. Van Schaik word Van Schaik.
•Woorde wat onnodig is vir doeleindes van identifikasie kan weggelaat word, bv. and Co., and
Sons., bv
Butterworth-Heineman (ipv Butterworth-Heineman Ltd.)
Houghton Mifflin (ipv Houghton Mifflin Co)
Irwin (ipv Richard D. Irwin)
McGraw-Hill (ipv McGraw-Hill Book Company)
Penguin (ipv Penguin Books Ltd)
Prentice-Hall Sage (ipv Sage Publications)
Wiley (ipv John Wiley & Sons, Inc.)
Wilson (ipv H.W. Wilson Company)
Aantal bladsye van ‘n boek
‘n Beter indruk word geskep as die totale aantal paginas aangedui word. Indien die bladsye wel
aangedui word, moet dit konsekwent gedoen word vir elke boek wat in die bronnelys genoem
word. Voeg ‘n spasie in tussen die nommers en die p. Bv.
Bronnelys:
GARDNER, E.K. & SHELTON, B. 1967. The intensive therapy unit and the nurse. London: Faber
and Faber. 162 p.
Hoofstuk in ‘n versamelwerk (Is gewoonlik boeke met ‘n redakteur/editor)
'n Versamelwerk bestaan uit ‘n aantal hoofstukke wat elk deur ‘n ander outeur geskryf is. Wanneer
'n redakteur die verskillende hoofstukke en "versamel en saamstel" en dit saamvoeg in 'n boek,
word dit 'n versamelwerk genoem. Wanneer ‘n hoofstuk in hierdie versamelwerk aangehaal word,
moet die outeur van die hoofstuk as die outeur van die bron gegee word.
Teks:
"Generally speaking, dedicated gymnasts are an interesting, if not odd lot of highly involved,
somewhat self-centered, and at times, masochistic individuals, who would be a psychiatrist's
delight!" (Massimo, 1970:31.)
Bronnelys:
MASSIMO, J.L. 1970. Psychology and the gymnast. (In George, G., ed. The magic of gymnasts.
Santa Monica, Calif.: Sundby Publications. p. 31-33.)
MASSIMO = die outeur van die HOOFSTUK.
Psychology and the gymnast = die titel van die HOOFSTUK.
GEORGE = die redakteur van die BOEK/VERSAMELWERK.
The magic of gymnasts = die titel van die die BOEK/VERSAMELWERK.
p. 31-33 = die begin- en eindbladsye van die HOOFSTUK.
• Die afkortings ed. (eds.)/ red. (reds.) word vir ‘n redakteur of samesteller gebruik, afhangende van
die taal van die bron.
• Ed. of eds./red. (reds.) word voorafgegaan deur ‘n komma, en kursief getik of as jy met die hand
skryf, onderstreep.
Proefskrifte & Verhandelinge
Teks:
Du Plessis (1986:5) het navorsing gedoen insake die ...
Bronnelys:
DU PLESSIS, J. 1986. Stability of emulsions in parenthetical nutritional mixtures. Johannesburg:
RAU. (Verhandeling - M.Sc.) 150 p.
•Gebruik die terme Skripsie, Verhandeling, Proefskrif, Tesis ens. soos wat dit in die geskrif genoem
word.
• Die volgende afkortings kan gebruik word: M.A. of MA, LL.M.of LLM, D.B.A. of DBA, M.Sc. of MSc,
D.Phil of DPhil. Volgens die 2002-uitgawe van die Afrikaanse woordelys en spelreëls is punte opsioneel
by afkortings van grade.
• Erkende afkortings van Suid-Afrikaanse universiteite, bv. PU vir CHO, RAU en UPE kan volgens die
Afrikaanse woordelys en spelreëls met of sonder punte getik word.
Sekondêre bronne
Die gebruik van sekondêre bronne word oor die algemeen nie as wetenskaplik aanvaarbaar beskou nie
en moet beperk word tot absoluut onbekombare bronne.
Let daarop dat slegs die bron wat gebruik is, in die bronnelys opgeneem word.
In wetenskaplike literatuurstudie is daar ‘n duidelike onderskeid tussen primêre en sekondêre
bronne. Primêre bronne is bronne wat oorspronklike inligting oor ‘n onderwerp verskaf, terwyl
sekondêre bronne tweedehandse inligting verskaf. Vir wetenskaplike verslae word aanbeveel dat
primêre bronne en so min moontlik sekondêre bronne gebruik word.
Voorbeeld: ‘n Outeur wil oor Freud se siening van psigoanalise skryf. In plaas van Freud se eie werke te
lees, gebruik hy die werk van ander outeurs, soos Smith, Jones en White, wat ook oor Freud se siening
van psigoanalise geskryf het. Hierdie boeke is dan sekondêre bronne.
Teks:
Butterfield (soos aangehaal deur Johnson, 1974:133) beweer ...
Bronnelys:
JOHNSON, R.C. 1974. Child psychology: behavior and development. 3rd ed. New York: Wiley. 562
p.
Tydskrifartikels
Die volgende word vir tydskrifartikels vereis: outeur(s), publikasiedatum, titel van die artikel, titel van die tydskrif,
jaargang/volume, nommer van die volume, die begin- en eindbladsye van die artikel en die dag, maand of
kwartaalaanduiding van die bepaalde tydskrifnommer.
Bronnelys:
RABBI, J. 1995. Drinking among college students. Journal of alcohol and drug education,
40(3):52-64, May.
In geval van ‘n dag en maand, word dit só verantwoord:
WALKER, J.A.S. 1995. The origins of the Cold War in United States history textbooks. Journal of
American history, 54(10):7-11, 12 Oct.
Slegs die tydskriftitel word kursief getik ,of, as jy met die hand skryf, onderstreep.
Die maand kan afgekort word en moet in die taal van die tydskrif gegee word:
Afkortings vir maande:
Jan. – Januarie/January
Jun. – Junie/June
Okt. - Oktober
Feb. – Februarie/February
Jul. – Julie/July
Oct. - October
Mrt. – Maart
Aug. – Augustus/August
Nov. - November
Mar. – March
Sep. – September
Des. – Desember
Apr. – April
Dec. – December
Mei /May
Titel van die tydskrif
Moenie afkortings gebruik nie aangesien dit verwarrend kan wees. Slegs die eerste letter van die eerste woord en
eiename sowel as Duitse selfstandige naamwoorde word met hoofletters getik. As jy met die hand skryf,
onderstreep die naam van die tydskrif OF tik dit kursief:
Journal of industrial psychology / Journal of industrial psychology
Journal of the American Psychological Society / Journal of the American Psychological Society (hoofletters
vir die naam van die vereniging)
Journal of Australian history / Journal of Australian history.
Staatspublikasies - Departemente
Teks:
Die produksie van die platinumgroepmetale het onveranderd gebly
(Departement van Mineraal- en Energiesake, 1995:14).
Bronnelys:
DEPARTEMENT van Mineraal- en Energiesake kyk SUID-AFRIKA.
Departement van Mineraal en Energiesake.
SUID-AFRIKA. Departement van Mineraal en Energiesake. 1995.
Jaarverslag. Pretoria: Staatsdrukker. 64 p.
Staatspublikasies - Wette
Indien daar na ‘n hele paar wette verwys word, kan daar in die
bronnelys een "kyk" verwysing gemaak word (soos by die volgende
voorbeeld) en dan word die volledige gegewens by “Suid-Afrika …”
verskaf.
Teks:
Die Atoomkorporasie is deur die Wet op Kernenergie (92/1982) ingestel.
Bronnelys:
WETTE kyk SUID-AFRIKA.
SUID-AFRIKA. 1982. Wet op Kernenergie 92 van 1982. Pretoria:
Staatsdrukker.
Elektroniese Inligtingsbronne
• Probeer om die verwysings na hierdie tipe inligting so goed moontlik in te
pas by die aanbevole Harvard-styl. Dit geld veral die gebruik van ‘n outeur
(persoon of instansie) aangesien dit teksverwysings vergemaklik.
• Een van die funksies van ‘n bronnelys is om aan die leser die volledige
bibliografiese besonderhede te verskaf van die bronne wat deur die
navorser gebruik is. Dit is daarom noodsaaklik dat voldoende akkurate
inligting gegee word om die bron weer op te spoor. Daarom word die BRON
sowel as die ‘ADRES’ aangedui en soms ook die datum van gebruik.
• Die taal van die bron word gebruik om die databasis en datum waarop dit
gebruik is aan te dui.
Elektroniese bibliografiese databasisse: opsommings van Tydskrifartikels
Hierdie soort databasisse VERWYS na bronne soos tydskrifartikels, proefskrifte of ander
materiaal. Sommige databasisse bevat opsommings (“abstracts”) van tydskrifartikels,
navorsingsverslae, proefskrifte ens. Hierdie opsommings bevat soms nuttige oorsigte en dit
is meestal aanvaarbaar om hierdie tipe inligting in wetenskaplike geskrifte te gebruik, met
dien verstande dat die indruk nie geskep word dat die oorspronklike bron geraadpleeg is
nie. Dit bly egter sekondêre inligting en indien moontlik moet die oorspronklike bron
geraadpleeg word. Studente moet toestemming van hulle dosent, studieleier of promotor
verkry om hierdie tipe inligting te gebruik.
Formaat:
OUTEUR. Jaar. Titel. Ander toepaslike inligting (byvoorbeeld die titel en ander besonderhede van
‘n tydskrif). Opsomming in: genoeg inligting om dit in die databasis op te spoor.
Teks:
Dit blyk dat die nuutste navorsing ... (Theron & Papendorp, 1996).
Bronnelys:
THERON, J.J. & PAPENDORP, D.H. 1996. Siektes van peroksisome: ‘n oorsig. Suid-Afrikaanse
tydskrif vir geneeskunde, 86(6):685-690, Jun. Opsomming in MEDLINE.
Elektroniese volteksdatabasisse: tydskrifartikels
Indien die artikel in HTML-formaat is, en in "Full text" uitgedruk word, kan die aantal bladsye verskil
van die gedrukte formaat, en daar is ook nie bladsynommers om in die teks aan te haal nie. Daarom
moet u die bron waaruit u dit bekom het, en die datum waarop u dit gebruik het, aandui.
► EBSCOHost Web is die verskaffer van ’n aantal databasisse. Gebruik die naam van die databasis self
bv. Academic Search Premier / Medline…), in u verwysing en nie dié van die verskaffer nie.
’n Artikel, in HTML-formaat van ’n volteksdatabasis waarvan EBSCOHost die verskaffer is, kan soos volg
aangehaal word:
Bronnelys: DE WIT, H.E.D. & NTULI, R.M. 1995. Die onderrig van funksies in ‘n kommunikatiewe
aanpak: metodologiese probleme. South African journal of African languages, 15(3):108, 6 Aug.
Beskikbaar: MLA. Datum van gebruik: 5 Okt. 2005.
As ‘n volteksartikel in PDF-formaat is, is die bladsynommers beskikbaar en moet dit in die teks en die
bronnelys aangedui word. Die artikel verskil nie van die gedrukte formaat nie, en daarom het u nie
nodig om die datum waarop u dit gebruik het, aan te dui nie.
’n Volteksartikel in PDF-formaat, vanaf ‘n Web-databasis, soos ScienceDirect of SAePublications, kan
soos volg aangehaal word:
Bronnelys:
VAN DER WALT, B.J. 2003. Is vigs die oordeel van God oor ons ongehoorsaamheid? ‘n Prinsipiële
besinning. Woord en daad, 44(388):6-8. Beskikbaar: SAePublications.
Elektroniese volteksdatabasisse: e-boeke
Geen adres word benodig nie, die naam van die databasis is genoegsaam (bv.
NetLibrary)
Indien die elektroniese formaat nie verskil van die gedrukte bron nie, is dit nie
nodig om die datum van gebruik aan te dui nie. Indien die elektroniese formaat
wel verskil van die gedrukte formaat moet die datum van gebruik aangedui
word.
Bronnelys:
ROBERTSON, J., ROSS, A.M. & BURGOYNE, L.A. 2002. DNA in forensic science:
theory, techniques and applications. New York: Routledge. Available: NetLibrary.
Paginering is nie beskikbaar nie:
Bronnelys:
TOTIUS. 1915. Trekkerswee. Met tekeninge van J.H. Pierneef. Kaapstad: Tafelberg.
Beskikbaar: Project Gutenberg. Datum van gebruik: 18 Nov. 2005.
Elektroniese volteksdatabasisse - Staatspublikasies
Geen adres word benodig nie, die naam van die databasis is genoegsaam.
Indien die elektroniese formaat nie verskil van die gedrukte bron nie, is dit nie nodig
om die datum van gebruik aan te dui nie. Indien die elektroniese formaat wel verskil
van die gedrukte formaat moet die datum van gebruik aangedui word.
Bronnelys:
SOUTH AFRICA. 2004. Income Tax Act 58 of 1962. Available: Butterworths LexisNexis.
Wanneer die paginering nie aangedui is nie:
Bronnelys:
SOUTH AFRICA. 2005. Draft discussion document on agricultural biotechnology. (Notice no.
1591 of 2005.) Government gazette, 27936: 26 Aug. Available: Sabinet Online. Government
Gazette. Date of access: 24 Nov. 2005.
Internet (World Wide Web) dokumente
Formaat:
OUTEUR. Jaar waarin die inligting geskep of hersien is. Titel. Adres/URL Datum
waarop inligting gevind is.
Teks:
In sy inhuldigingsrede het president Mandela (1994) gesê: “Let there be justice for all. Let there
be peace for all.”
Bronnelys:
MANDELA, N. 1994. Statement of the president of the ANC, Nelson Mandela, at his inauguration
as president of the Republic of South Africa, Union Buildings, Pretoria, May 10 1994.
http://www.anc.org.za:80/ancdocs/speeches/inaugta.html Date of access: 10 Oct. 1996.
Teks:
Wees bedag op die Britse of Amerikaanse spelling van woorde soos labour of labor … (Open
Text Corporation, 1997).
Bronnelys:
OPEN TEXT CORPORATION. 1997. Hints for better results.
http://index.opentext.net/main/tips.html Date of access: 2 Dec. 1998.
Elektroniese tydskrifte op die Internet
Indien die tydskrifartikel nie van ‘n elektroniese databasis (bv ScienceDirect) bekom is
nie maar op die Internet gekry is word die verwysing gegee net soos in die geval van
gedrukte tydskrifte PLUS ‘n aanduiding dat dit ‘n elektroniese tydskrif is deur die adres
en datum van gebruik te verskaf.
•Die datum van gebruik is belangrik omdat die artikel of tydskrif van die Internet
verwyder kan word.
Formaat:
OUTEUR. Jaar van publikasie van die artikel. Titel van die artikel. Titel van die
tydskrif, volume (nommer): bladsye (as dit aangedui word). URL Datum van
gebruik.
Bronnelys:
NUNES, J.M.B. & FOWELL, S.P. 1996. Hypermedia as an experiential learning tool: a
theoretical model. Information research, 2(1). http://www.shef.ac.uk/~is/lecturer/ircont.html
Date of access: 14 Oct. 1998.
•Moenie enige interpunksie na die adres gebruik nie – dit kan verwarrend wees.
Gebruik egter ‘n punt om die einde van die verwysing aan te dui.
Elektroniese boeke op die Internet
Elektroniese boeke op die Internet (e-boeke):
Die adres of URL en datum van gebruik moet verskaf word.
Bronnelys:
FREUD, S. 1999. Interpretation of dreams. 3rd ed. Oxford: Oxford
University Press. http://www/psychwww.com/books/interp/toc.htm Date
of access: 6 Sep. 2005.
E-Tesis:
VENTER, H.V. 2004. Die begeleiding van gesinne in die plaaslike kerk binne
die konteks van die postmodernisme: ‘n prakties-teologiese benadering.
Potchefstroom: NWU. Potchefstroomkampus. (Verhandeling – M.Th.)
http://fpb-Inx1.puk.ac.za/search Datum van gebruik: 30 Nov. 2005.