Transcript pptx
10.1.1.1 Molekules vir lewe Basiese voedingstowwe (elemente en verbindings) vir lewe: Inleiding Kopiereg © R. Botha (2011) Skyfie 1 Inleiding • Lewende organismes is opgebou uit elemente en verbindings wat deel is van die grondstowwe wat in die aarde voorkom. • Van die 92 natuurlike elemente is omtrent 22 noodsaaklik vir lewe. • Al verskil plante en diere baie van mekaar, het hulle basies dieselfde samestelling en is hulle selle opgebou uit dieselfde komponente, nl. proteïene, koolhidrate, lipiede en nukleïensure, wat organiese verbindings is. Skyfie 2 (Inleiding) Die komponente van lewe (koolhidrate, lipiede, proteïene, nukleïensure, ens.) bestaan uit die volgende elemente: • waterstof (H): ± 60%, • suurstof (O): ± 25%, • koolstof (C): ± 10%, • stikstof (N): ± 2%, • natrium (Na) ± 0.7%, en • baie klein hoeveelhede swawel (S), fosfor (P), magnesium (Mg), chloor (Cl), yster (Fe), ens. Skyfie 3 Waar kom al hierdie verskillende elemente en verbindings in lewende organismes dan vandaan? Skyfie 4 Voedingstowwe verskaf hierdie elemente. Skyfie 5 Voedingstowwe • Voedingstowwe is alle stowwe organies en anorganies, wat nodig is om die lewe van ‘n organisme te onderhou. (Ons sal later sien wat organies en anorganies beteken.) • Diere vervaardig nie hulle eie voedingstowwe nie en moet dit uit ander bronne verkry (voedselbronne). • Plante vervaardig hulle eie organiese voedingstowwe, maar neem hulle anorganiese voedingstowwe uit die grond uit op. • Verskeie chemiese reaksies moet voortdurend in selle plaasvind om lewe te onderhou. • Die chemiese stowwe wat nodig is vir hierdie reaksies moet in en om die selle voorkom. • Voedingstowwe is die bron van hierdie chemiese stowwe. Skyfie 6 Wat dink julle is die funksies van voedingstowwe in die liggaam? Bespreek dit gou met mekaar. Skyfie 7 Funksies van voedingstowwe Voedingstowwe het onder andere die volgende funksies in die selle: • Dit dien as boustowwe van die organiese molekules waaruit organismes opgebou is. • Dit verskaf energie vir die prosesse van lewe. • Ione besit ‘n elektriese lading wat die kolloïdale eienskappe van die sitoplasma beïnvloed, soos bv. die vermoë om water en ander stowwe op te neem. • Voedingstowwe verskaf ko-ensieme wat die aktiwiteit van ensieme, vitamine en hormone beïnvloed . Skyfie 8 Klassifikasie van voedingstowwe Voedingstowwe Organies Anorganies Minerale elemente • Koolhidrate • Vette en lipiede • Proteïene • Ensieme • Vitamiene • Hormone • Nukleïensure Makro-elemente Mikro-elemente Vir alle organismes: K, Ca, Mg, P, S Vir alle organismes: Fe, Mn, Zn, Cu, Co Vir diere: Na, Cl. Vir diere: I, Cr Vir plante: Mo, B, Cl, Na, Ni Ander • Water • Koolstofdioksied • Stikstofbevattende verbindings • Suurstof Skyfie 9 Anorganiese voedingstowwe • Anorganiese stowwe is stowwe wat afkomstig is vanaf minerale bronne wat nie ‘n biologiese oorsprong het nie. • Ons sal aandag gee aan die volgende anorganiese stowwe: • minerale elemente • water (H2O) • koolstofdioksied (CO2) Skyfie 10 Anorganiese voedingstowwe: Minerale elemente • Minerale is stowwe wat van nature in die grond voorkom en wat deur mynbou-aktiwiteite ontgin kan word. • Ware minerale is vaste stowwe met ‘n kristalvorm, bv. diamante. • Voedingsminerale is dié minerale wat deur lewende organismes benodig word, bv. sink en magnesium. Skyfie 11 Makro-voedingselemente • Sommige minerale elemente word in groot hoeveelhede deur lewende organismes benodig (> 200 mg/dag). • Hierdie elemente staan bekend as makrovoedingselemente en word hoofsaaklik gebruik as boumateriaal van organiese verbindings soos: • • • • • koolhidrate, proteïene, nukleïensure, hormone, chlorofil, ens. Skyfie 12 Mikro-voedingselemente • Dikwels word slegs baie klein hoeveelhede van sekere minerale elemente benodig (< 200 mg/dag) sodat ander molekules optimaal kan funksioneer, soos bv. as deel van sekere ensieme, vitamines en hormone. • Hierdie minerale elemente staan bekend as mikro-voedingselemente of spoorvoedingselemente (kortweg spoorelemente). Skyfie 13 Dink bietjie na oor die meganisme van opname van minerale elemente in plante en in diere. Skyfie 14 Opname van minerale elemente • In plante word minerale elemente opgeneem (hoofsaaklik deur die wortels) en deur die vaatweefsel vervoer tot waar dit benodig word vir selmetabolisme. • Diere verkry die minerale elemente deur die voedsel en vloeistof wat hulle inneem, wat dan verteer en afgebreek word na eenvoudige verbindings en elemente. Skyfie 15 Biologiese belang van minerale • Die biologiese belang van minerale elemente sluit die volgende in: • Boublokke vir organiese molekules. • Beïnvloed die kolloïdale toestand van sekere verbindings in die sitoplasma. • Beïnvloed die aktiwiteit van ensieme. • Beïnvloed die pH van die protoplasma. • Minerale tekorte veroorsaak spesifieke tekort-simptome in plante en diere. Skyfie 16 Kom ons kyk vir die interessantheid na sommige funksies van minerale in plante en diere en die tekortsimptome wanneer daar nie genoeg minerale beskikbaar is nie. Ken telkens net sekere funksies (blou) en tekortsimptoom (blou) uit die volgende tabelle. Skyfie 17 Minerale: funksies in plante en diere Minerale Funksies en tekortsimptome in mense en in plante Na (Na+ ione) Diere: Makro-element; belangrike katione in ekstrasellulêre vloeistof; essensieel vir die ko-regulering van ATP met kalium; dien as stroomgeleier in spiere en senuwees. Tekortsimptome: Hiponatremia wat insluit: onvoldoende afskeiding van ADH, braking, chroniese hartversaking, akute en chroniese nierversaking, wanabsorbsiesindroom, sellulêre dehidrasie en abnormale bloeddruk. ‘n Tekort aan Na is egter BAIE skaars in mense, maar ‘n oordosis Na is dikwels ‘n probleem. Oordosis: Hipernatremia wat insluit: moegheid, swakheid, geïrriteerdheid, neuromuskulêre sensitiwiteit, edema (swellings a.g.v. waterretensie); in ernstige gevalle kan epileptiese aanvalle (veral by kinders) en ‘n koma intree. Plante: Spoorelement; dien as gedeeltelike plaasvervanger vir kalium. Blougroen bakterieë benodig Na vir normale groei en ontwikkeling. Chloor (Cl– ione) Diere: Makro-element; belangrike anioon in ekstrasellulêre vloeistof; deel van die soutsuurmolekule in verteringskanaal van sekere diere; elektriese aktiwiteite van selle beheer deur Cl– ione (sellulêre pompaksies). Tekortsimptome: Uiters skaars, maar in gevalle waar die liggaam in ‘n kort tyd baie vloeistof verloor soos bv. hewige sweet na strawwe oefening, of in ernstige gevalle van diarree en braking kan die ernstige toestand nl. alkalose intree met simptome soos spierswakheid, swak eetlus, geïrriteerdheid, dehidrasie en geweldige moegheid. Plante: Spoorelement; nodig vir oksidasie van H2O tydens fotosintese. Skyfie 18 (Minerale: funksies in plante en diere) Minerale Funksies en tekortsimptome Magnesium (Mg++ ione) Diere: Makro-element; belangrik in selmembraanstabiliteit, senuwee-funksies en spiersametrekkings; belangrik vir prosessering van ATP; komponent van bene. Tekortsimptome: abnormale hartritme, tetanie (intense spierkrampe), insomnia (slaaploosheid), hoofpyn en migrane, angstigheid en spanning. Plante: Makro-element; nodig vir koolhidraatmetabolisme; noodsaaklik vir chlorofilsintese; belangrike komponent van midellamella van selwande en van sekere ko-ensieme. Tekortsimptome: chlorose (vergeling van blare – veral tussen are op die blare), nekrose (afsterf) en vroeë afval van blare asook klein, harde vrugte. Kalsium (Ca++ ione) Diere: Makro-element; nodig vir beheer van selmembraanstabiliteit; oordrag van senuwee-impulse; spiertonus, gesonde hart, spysvertering en bloedstolling; belangrike komponent van skelet. Tekortsimptome: swak tande en bene (ostopenia), osteoporose, bros naels en droë vel, spierkrampe. Plante: Makro-element; deel van pektien en dus belangrike komponent van midellamella en selwande; beïnvloed selektief deurlaatbaarheid van selmembrane en hidrasie van protoplasma. Tekortsimptome: nekrotiese (dooie) blaarpunte en blaarrande en opgekrulde blare; afsterf van groeipunte. Skyfie 19 (Minerale: funksies in plante en diere) Minerale Funksies en tekortsimptome Kalium (K+ ione) Diere: Makro-element; belangrike katioon in ekstrasellulêre vloeistof; sistemiese elektroliet; essensieel vir ko-regulering van ATP met natrium; geleier van impulse in spiere en senuwees. Tekortsimptome: spierswakheid en –krampe; arrithmia; velprobleme soos aknee, droë vel ens.; verhoogde risiko vir hoë bloeddruk; . Oordosis: nierversaking en dehidrasie; arrithmia; spierswakheid. Plante: Makro-element; beheer osmotiese potensiaal van selle, selektief deurlaatbaarheid van selmembrane en die opname van CO2 tydens fotosintese. Tekortsimptome: Verdroogde, opgekrulde blaarrande; bruin en pers vlekke op die blare tussen are. Yster (Fe++ of Fe+++ ione) Diere: Makro-element; noodsaaklik vir proteïene en ensieme; integrale deel van hemoglobien- en sitochroom-molekule wat noodsaaklik is tydens opname van suurstof. Tekortsimptome: anemie; haarverlies. Plante: Spoorelement; komponent van respiratoriese ensieme; teenwoordig in stroma van chloroplaste; essensiële ko-ensiem vir chlorofilsintese. Tekortsimptome: chlorose (vergeling van blare – eers die jong blare en later die hele plant). Skyfie 20 (Minerale: funksies in plante en diere) Minerale Funksies en tekortsimptome Stikstof (NO3 – ione of NH4+ ione) Diere: Makro-element; komponent van belangrike molekule soos aminosure, nukleïensure, ens. Plante: Makro-element; beginpunt van proteïenmetabolisme; komponent van aminosure, nukleïensure, chlorifl, ens. Tekortsimptome: bleekgroen blare en vertraagde groei; rooi of pers pigmentasie van blare, veral die are van die blare word rooi of pers. Oordosis: donkergroen blare; groot aantal blare; swak wortelstelsel; blominhibisie. Fosfor (PO43– ione) Diere en plante: Makro-element; komponent van nukleotied- en nukleïensuurmolekule asook verskeie ensieme; fosfaatbindings in sekere organiese molekules is draers van energie; essensiële komponent van selmembrane en bene; help om pH van liggaamsvloeistof in diere te beheer. Tekortsimptome in plante: blare en stingels verkleur rooi of pers. Skyfie 21 (Minerale: funksies in plante en diere) Minerale Funksies en tekortsimptome Swawel (SO42– ione) Diere en plante: Makro-element; sulfaatione is noodsaaklik vir die sintese van belangrike aminosure en proteïene wat swawel bevat; swawel is ook ‘n komponent van vit. B1 en biotien. Tekortsimptome in plante: jong blare is bleekgroen. Sink (Zn++ ione) Diere en plante: Spoorelement; komponent van baie ensieme betrokke in selmetabolisme. Plante: Komponent van ensieme betrokke by fotosintese en die groeihormoon. Tekortsimptome: gespikkelde stingels; kort nodusse. Jodium (I– ione) Diere: Spoorelement; deel van die tiroksienmolekuul wat belangrike metaboliese selfunksies beheer. Tekortsimptoom: vergrote skildklier (goiter). Mangaan (Mn++ ione) Diere en plante: Spoorelement; nodig vir stikstofreduksie; ko-faktor in ensiemwerking; ko-ensiem in selrespirasie reaksies. Skyfie 22 (Minerale: funksies in plante en diere) Minerale Funksies en tekortsimptome Boor (B) Plante: Sekere plante benodig boor as spoorelement; beïnvloed ontwikkeling van meristematiese weefsel; speel noodsaaklike rol in ontwikkeling van stuifmeelbuis en vervoer van suiker. Tekortsimptome: veroorsaak kroonvrot (“heart rot”) in suikerbeet en sommige soortgelyke gewasse. Molibdeen (Mo) Spoorelement benodig deur bakterieë en is noodsaaklik vir die fiksering van atmosferiese stikstof en die opname van nitraat; komponent van verskeie ensieme. Kobalt (Co++ ione) ‘n Komponent van vit. B12 en spoorhoeveelhede word aangetref in blougroen bakterieë. Skyfie 23 (Minerale: funksies in plante en diere) Minerale Funksies en tekortsimptome Koper (C++ en C+++ ione) Diere en plante: Spoorelement; noodsaaklike komponent van verskeie redoksensieme; in sommige diere ‘n komponent van hemosianien; ‘n oksidasie katalis vir verskeie mitochondriese reaksies in plante en diere; noodsaaklik vir fotosintese reaksies in plante. Tekortsimptome in plante: jong blare wat verwelk en lae opbrengs in oesgewasse. Chroom (Cr+++ ione) Essensiële spoorelement noodsaaklik vir normale suiker- en vetmetabolisme deurdat dit die aktiwiteit van insulien bevorder; aanwesig in die hele liggaam met die hoogste konsentrasies in die lewer, niere, milt en bene. Tekortsimptome: angstigheid, moegheid, glukose-intoleransie; onvoldoende aminosuurmetabolisme; verhoogde risiko vir artetiosklerose. Sekere ander minerale elemente word in spoorhoeveelhede in plante benodig. Hulle is koensieme in metaboliese prosesse en integrale dele van sekere ensieme. Hierdie minerale is: aluminium, silikon, vanadium, fluoor en selenium. Skyfie 24 Bemesting van plante • Ons het in die vorige tabel gesien dat minerale verskeie funksies in plante het, en daarom baie belangrike voedingstowwe is. • Grond is dikwels arm aan minerale en boere en tuiniers moet dan hierdie minerale aanvul deur bemestingstowwe (kunsmis). • Onthou net dat die bemesting van plante kompleks is. Dit is dus gewens om die samestelling van die grond te bepaal en die voedingsbehoeftes van die oesgewasse in ag te neem voordat daar besluit word op ‘n bemestingsprogram. Skyfie 25 Bemesting van plante: Stikstof (N) as voorbeeld • In die vorige tabel het ons gesien dat stikstof baie belangrik is vir plante, want dit is: • ‘n Makro-element en die beginpunt van proteïenmetabolisme; • ‘n komponent van verskeie organiese molekules soos aminosure, nukleïensure, chlorifl, ens. • Molekulêre stikstof (N2) in die atmosfeer kan egter nie direk deur plante opgeneem word nie. Die stikstof moet dus in ‘n ander vorm aan plante gegee word. Skyfie 26 (Bemesting van plante: Stikstof (N) as voorbeeld) • Ammonium (NH4+) en nitraat (NO3-) kan wel deur plante opgeneem word en is beide goeie bronne van stikstof vir plante. • Kunsmis soos KAN (Kalksteen ammoniumnitraat) bevat ammonium en nitraat en word dikwels gebruik om stikstof in die grond aan te vul sodat plante beter groei. • Ons het ook in die boonste tabel gesien dat die tekortsimptome van stikstof vertraagde groei en vergeling van blare (chlorose) by plante is. Skyfie 27 (Bemesting van plante: Stikstof (N) as voorbeeld) • Kunsmis soos KAN word dus gebruik om vertraagde groei en vergeling van blare te behandel deur ‘n ekstra bron van stikstof aan plante beskikbaar te stel. Vergeling van blare (regs) en na behandeling met stikstof (links). Vertraagde groei by koring (links) en na behandeling met stikstof (regs). Skyfie 28 (Bemesting van plante: Stikstof (N) as voorbeeld) • Die toediening van kunsmis het dikwels ‘n nadelige uitwerking op die omgewing. • Oortollige kunsmis word weggewas (deur besproeiing en reën) en beland sodoende in riviere, damme en mere. • Te veel voedingstowwe in die water verooksaak die oormatige groei van mikro-organismes (bakterieë en alge) in die water. • Oormatige groei van mikro-organismes verwyder suurstof uit die water en skei baie koolstofdioksied (koolsuurgas) in die water uit. • Waterdiere (visse, krappe, insekte, ens.) het dan te min suurstof om te oorleef en vrek. Die oormatige koolstofdioksied wat afgeskei word is ook giftig vir die waterdiere. • Die totale ekostelsel in die riviere en damme word sodoende versteur. • Hierdie verskynsel staan bekend as die verryking van water deur kunsmis, of eutrofikasie. Skyfie 29 (Bemesting van plante: Stikstof (N) as voorbeeld) • ‘n Beter manier om stikstof (en enige ander minerale voedingstof) aan plante toe te dien, is deur natuurlike bemestingstowwe soos kompos en beesmis te gee. • Die kompos en beesmis bevat ook baie ammoniak en nitraat asook ureum, aminosure en nukleotiede, wat alles goeie bronne van stikstof vir plante is. • Natuurlike bemestingstowwe word maklik en vinnig afgebreek om deel van die grond se natuurlike samestelling te word sodat daar nie oortollige minerale weggewas en in damme en riviere beland nie. Skyfie 30 Ons het nou na minerale en hulle belang as anorganiese voedingstowwe gekyk. Water, koolstofdioksied, suurstof en stikstof is nog anorganiese stowwe wat ‘n baie belangrike rol in lewe speel. Kom ons kyk eerstens na water. Skyfie 31 Anorganiese voedingstowwe: Water (H2O) Water is ’n belangrike komponent van lewende organismes: • Water is ‘n integrale deel, en die grootste komponent van alle vorms van lewe. • Water is die verspreidingsmedium van die protoplasma (in selle). • Water tree op as oplosmiddel vir, en as noodsaaklike reagens in metaboliese prosesse. Skyfie 32 (Water) • Water is noodsaaklik vir fotosintese en sellulêre respirasie. • Water is belangrik in suur-basis neutraliteit en dus in alle ensiemreaksies. • Water is die hoofkomponent van die omgewing van akwatiese (water-) organismes. Skyfie 33 (Water) Fisiese en chemiese eienskappe wat water geskik maak om lewe te onderhou: • Water is ‘n kleurlose, geurlose, smaaklose vloeistof met die allotropiese (alternatiewe) vorms van ys (vaste stof) en stoom (gas). • Die watermolekuul is effens polêr wat maak dat stowwe met ‘n lading (ione) in water kan oplos. • Waterstofbindings (kragte tussen watermolekules) is verantwoordelik vir die oppervlakspanning en kapillariteit van water. Skyfie 34 (Water) • Water het ‘n hoë • Kookpunt • Smeltpunt • spesifieke hitte van verdamping. • Water verskil van die meeste ander vloeistowwe in dié opsig dat die soliede vorm nl. ys minder dig is as die vloeistofvorm. Ys dryf dus op water. • Water is ‘n swak geleier van hitte. • Suiwer water is neutraal met ‘n pH van 7. Skyfie 35 As ons die woord koolsuurgas of koolstofdioksied (CO2) hoor, dan sien ons ‘n klomp uitroeptekens en dink ons net aan een dink: AARDVERWARMING. Tog is lewe nie moontlik sonder koolstofdioksied nie. Hoekom? Bespreek dit gou. Skyfie 36 • • • • Anorganiese voedingstowwe: Koolstofdioksied (CO2) Koolstofdioksied maak ongeveer 0,03% van die atmosfeer uit. Hoë konsentrasies koolstofdioksied in die atmosfeer is toksies en selfs dodelik vir mense en die meeste diere. TOG is koolstofdioksied die belangrikste anorganiese bron van koolstof en koolstof is die hoof boustof van molekules vir lewe. Tydens fotosintese in groen plante word koolstofdioksied gebruik om organiese molekules soos koolhidrate, proteïene, lipiede, nukleïensure, ens. te sintetiseer. Skyfie 37 (Koolstofdioksied) • Hierdie organiese molekules is noodsaaklike boublokke en bronne van energie vir alle vorms van lewe. • Tydens sellulêre respirasie word hierdie komplekse verbindings afgebreek en water en koolstofdioksied word weer in die atmosfeer vrygestel. • Koolstofdioksied los maklik op in die klam oppervlakke van plantselle en word dus maklik deur plante direk uit die atmosfeer opgeneem vir die proses van fotosintese. Skyfie 38 Anorganiese voedingstowwe: Suurstof (O2) • Suurstof beslaan ongeveer 25% van die atmosfeer. • Die meeste lewende organismes benodig suurstof tydens sellulêre respirasie (aërobiese respirasie) om bruikbare energie uit voedingstowwe te verkry. • Beide plante en diere verkry suurstof direk uit die omgewing (atmosfeer of opgelos in water). Skyfie 39 (Suurstof) • Fotosinterende organismes (hoofsaaklik groen plante en alge) stel in die daglig voortdurend suurstof in die omgewing (atmosfeer of water) vry deur fotosintese. • Drie anorganiese verbindings wat suurstof bevat nl. water (H2O), koolstofdioksied (CO2) en molekulêre suurstof (O2) is deurentyd in sirkulasie tussen die eksterne omgewing en lewende organismes deur die prosesse van fotosintese, respirasie en transpirasie. Skyfie 40 Anorganiese voedingstowwe: Stikstofbevattende verbindings • Stikstofbevattende verbindings is basiese boublokke in lewende organismes. • Stikstof is 'n integrale deel van aminosure en nukleïensure. • Molekulêre stikstof in die atmosfeer kan nie direk deur plante of diere gebruik word nie, maar moet omgeskakel word in 'n ander vorm of “gefikseer” word voordat dit gebruik kan word. Skyfie 41 (Stikstofbevattende verbindings) • Reënwater besit dikwels groot hoeveelhede ammonium (NH4+) en nitraat (NO3-) wat 'n gevolg is van stikstofaksies deur weerlig. • Rhizobium is ‘n bakterie wat simbioties in wortels van sekere plante lewe en kan stikstof fikseer wat dan beskikbaar is vir die plante. • Herbivore (plantvreters) gebruik stikstofbevattende aminosure uit plante as oorsprong van alle stikstofhoudende verbindings en karnivore (vleisvreters) kry hulle stikstof hoofsaaklik uit die proteïene in die vleis wat hulle eet. Skyfie 42 Organiese voedingstowwe • Organiese verbindings is biologiese koolstofverbindings wat koolstof (C) en waterstof (H) bevat maar bevat ook dikwels suurstof (O), stikstof (N), ens. • Die unieke eienskappe van koolstof is verantwoordelik vir die groot aantal en groot variasie in organiese verbindings. • Daar is meer as 3 miljoen organiese molekules bekend en feitlik alle verbindings wat vanaf lewende organismes verkry word, is organiese verbindings. Skyfie 43 Koolstof (C) vorm die basis van molekules in alle organismes. Kom ons kyk van nader na hierdie merkwaardige element. (Res van skyfievertoning nie vir eksamendoeleindes.) Skyfie 44 Koolstof (C): Boustof van alle organiese verbindings • Koolstof het ‘n kovalente bindingsvermoë en kan bind aan ander koolstofatome en niemetale soos waterstof, suurstof of stikstof. • Hierdie bindings kan enkel, dubbel of trippel wees. • Koolstofatome wat bind kan ‘n lang ketting vorm soos in vetsure, ‘n vertakte ketting soos in aminosure, of ringe soos in die purine van nukleïensure. Skyfie 45 Voorbeelde van verskillende vorms van koolstofbindings Ketting bv. gliserol (‘n lipied) Ring bv. adenien (‘n nukleotiedbasis) Vertakte ketting bv. arginien (‘n aminosuur) Skyfie 46 Kombinasie van ‘n ring en ‘n ketting bv. ATP (‘n nukleotied) Skyfie 47 Voorbeelde van organiese verbindings met enkel- dubbel- en trippelbindings Enkelbinding bv. etaan Dubbelbinding bv. etileen Trippelbinding bv. asetileen Skyfie 48 Belangrike chemiese eienskappe van koolstof vir lewe • Koolstof is ‘n relatiewe klein atoom met ‘n lae atoommmassa. • Koolstof het die vermoë om vier sterk, stabiele kovalente bindings te vorm. • Dit het die vermoë om koolstof tot koolstof bindings te vorm en kan dus lang "koolstofgeraamtes” met ring- en/of kettingstrukture vorm. • Koolstof het die vermoë om veelvuldige kovalente bindings met ander koolstof-, suurstof- en stikstofatome te vorm. Skyfie 49 (Belangrike chemiese eienskappe van koolstof vir lewe) • Hierdie eienskappe van koolstof is verantwoordelik vir die groot verskeidenheid van moontlike organiese molekules. • Variasie kom hoofsaaklik op die volgende maniere voor: • grootte, wat bepaal word deur die aantal koolstofatome in die geraamte; • chemie, wat bepaal word deur die elemente en chemiese groepe wat aan die koolstof-atome geheg is, en hoe versadig die koolstofgeraamte is; • vorm, wat bepaal word deur geometrie wat ‘n gevolg is van die hoeke tussen die bindings.