Siekte-en-Lyding-v-handleiding

Download Report

Transcript Siekte-en-Lyding-v-handleiding

2. Siekte / Lyding
16 Maart 2014
“So much in a relationship changes when a partner is seriously ill, helpless yet
blameless, and indefatigably needy.” ― Diane Ackerman
Lees saam: Lukas 8:40 - 48
In die teks lees ons die volgende: “Op
pad het die mense om Jesus
saamgedrom. Onder hulle was 'n vrou wat
al twaalf jaar lank aan bloedvloeiing gely
het. Sy het alles wat sy gehad het aan
dokters uitgegee, maar niemand kon
haar gesond maak nie.”
Skryf al die emosies, gevoelens en denke neer wat julle dink
hierdie vrou mee geworstel het oor hierdie lang tydperk van
siekte. Hoe sou jy dit hanteer het as jy in haar skoene was?
Hoe moet ons siekte of lyding verstaan? Wat is die sin en doel
daarvan? Hoewel ons behoefte het aan een of ander rasionele verklaring
of verstaansraamwerk, kry ons slegs gedeeltelike antwoorde, of selfs meer
vraagtekens as antwoorde.
1
Vrae oor siekte
Is siekte en lyding as gevolg van straf op sonde?
In Deut. 7:12 – 15 lees ons dat die Here die volk van siektes sal bewaar as hulle hul hou by
Sy bepalings en voorskrifte. Dit is dan ook duidelik dat die dissipels glo siekte en straf is
noodwendig die gevolg van sonde, as hulle in Joh. 9:2 vir Jesus vra wie dan nou gesondig
het, die blinde man of sy ouers?
Wat van God se beloftes in die Bybel?
Sê die Here dan nie in byvoorbeeld Ps. 121:5 dat Hy die gelowige sal beskerm en
bewaar van alle gevare nie? Is God dan nie almagtig nie (Eks 6:2)? Is Hy nie regverdig
nie (Deut. 32:4)? Is Hy nie liefde nie (1 Joh 4:8)?
Wat van gebedsverhoring en geloofsgenesing?
Dat mense deur afhanklike en gelowige gebede tot genesing kan kom het
in die Bybelse tyd plaasgevind, sowel as vandag. Genesing vind egter nie
in alle gevalle plaas nie (gelowige gebede ten spyt). Is dit moontlik vir ons
om dit te verstaan?
Siekte en lyding trek nie ’n streep deur genesing nie, genesing is veel
omvattender as die blote afwesigheid van siekte en lyding.
2
Hoe kan ek ander ondersteun
Pasop vir selfbejammering wat maklik kan oorgaan in moedeloosheid en
depressie. Probeer blymoedigheid handhaaf te midde van moeilike
omstandighede.
Wysheid is nodig om maar net jou oor, hart en positiwiteit aan te bied.
Moenie klaerig en foutvinderig wees nie.
Moenie die sieke met jou eie pyn verdriet en probleme bemoei nie.
Vra gereeld of daar iets is waarvoor die sieke lus is.
As daar beterskap is, maak ’n ophef daarvan.
Bou daagliks aan die pasiënt se selfbeeld en kweek die besef dat hy/sy
waarde het.
Sien ook om na jouself. Maak tyd vir afleiding en om self ook te ontspan.
Soek self ook vertroosting en bemoediging, veral waar die siekbed baie
traumaties mag wees.
Sorg vir eie geestelike versterking anders kan die pad te steil raak.
Bid vir begrip en fyn aanvoeling.
3
Vrae en Notas
Met verwysing na die verhaal van die vrou wat aan bloedvloeiing gely het kan
ons die gevolgtrekkings maak dat Jesus se genesing nooit net
eendimensioneel is nie. Selfs waar Hy dus oënskynlik net fisies genees (die
vrou se bloedvloeiing) het Hy nie net die liggaamlike in die oog nie, maar ook
die gees en siel (jou geloof het jou gered ) Dit gaan dus vir Jesus eerder om ’n
holistiese genesing. Hoe help die verhaal jou hierdie waarheid te snap?
Ons wêreld is stukkend en sonde het die volmaakte verhoudings tussen mens en
God, tussen mense met mekaar en mense met hulself kom vernietig. Philip Yancey
skryf oor siekte en lyding die volgende: “Where is God when it hurts? He is in us –
not in the things that hurt – helping to transform bad into good. We can safely say
that God can bring good out of evil; we cannot say that God brings about the evil in
hopes of producing good.” Ons glo dat God nie die outeur van ons lyding is nie, maar
dat Hy ons eerder bystaan te midde daarvan. Wat is jou gedagtes/gevoelens oor
hierdie aanhaling?
Vertel van ’n geleentheid waar jy God se liefde en teenwoordigheid ervaar
het ten tye van siekte/lyding.
4