Inleiding tot poësie

Download Report

Transcript Inleiding tot poësie

Inleiding tot poësie
Graad 11 / 12 Afrikaans HT /EAT
`n Gedig bestaan uit reëls.
Een reël word `n versreël
genoem, NIE `N LYN
NIE!!!
`n Klomp reëls saam wat `n eenheid vorm, word
`n strofe (stanza) genoem.
versreël
Strofe 1
Strofe 2
Korreltjie sand
Korreltjie korreltjie sand
klippie gerol in my hand
klippie gesteek in my sak
word korreltjie klein en plat
Sonnetjie groot in die blou
ek maak net 'n ogie van jou
blink in my korreltjie klippie
dit is genoeg vir die rukkie
Kindjie wat skreeu uit die skoot
niks in die wêreld is groot
stilletjies lag nou en praat
stilte in Doodloopstraat
VERSKILLENDE SOORTE STROFES:
2 reëls = koeplet (dink aan couple)
K
O
EP
LE
TT
E
Ontvlugting
Uit hierdie Valkenburg het ek ontvlug
en dink my nou in Gordonsbaai terug:
Ek speel met paddavisse in 'n stroom
en kerf swatsikas in 'n rooikransboom
Ek is die hond wat op die strande draf
en dom-allenig teen die aandwind blaf
Ek is die seevoel wat verhongerd daal
en dooie nagte opdis as 'n maal
Die god wat jou geskep het uit die wind
sodat my smart in jou volmaaktheid vind:
My lyk le uitgespoel in wier en gras
op al die plekke waar ons eenmaal was.
VERSKILLENDE SOORTE STROFES:
3 reëls = tersine
TE
RS
I
N
E
Verlore Stad
In die reën wat verby is
ver dag en verlore stad
van akkers van duiwe vol dagbreek
was my hande die ene eekhorinkie
vinnig sku maar voorbereid
ver dag en verlore stad
deur al die mense het jy gekom
met 'n eenvoudige glimag
soos van 'n lang reis
en die reën wat verby is
het hom verwarm aan my lyf
die reën van rook en oker
wat ruik na jou hande skoongewas
na warm duiwe en die oop
oranje papawer van die lug
VERSKILLENDE SOORTE STROFES:
4 reëls = kwatryne
kw
atr
yn
e
Die dwergies
In 'n gat daar onder die sukkeldoring
Het 'n dwergieman sy huis.
Die mure daarvan is goudgeel klei,
En die vloer van silwergruis.
En die lampe is klein vuurvliegies,
Wat skitter soos sonneskyn
As die groen van die skemeraand val
En die son se glans verdwyn.
Die stoele is bergkristalle,
Wat onder die liggies blink;
Die tafel 'n groot wit paddastoel,
Met sy steel in die gruis gesink.
VERSKILLENDE SOORTE STROFES:
6 reëls = sestet
SE
ST
ET
Wetenskapmannetjies
Julle sit onder swart teleskope
en kyk na die son
tot julle besef dat julle nooit daar sal km.
Pateties bepaal julle dan ligjare
en vertel dat die son as't ware
inkrimp en eendag gaan verdwyn.
Ons sit maar hoog op die windpomp
en kyk hoe die son sy kop stamp
teen die rant
hoe hy bloei
hoe die vaal lug gloei
hoe die bome tot silhoeëtte verskroei.
VERSKILLENDE SOORTE STROFES:
8 reëls = oktaaf
O
K
T
A
AF
Allerliefste, ek stuur vir jou 'n rooiborsduif
Allerliefste, ek stuur vir jou 'n rooiborsduif
want niemand sal 'n boodskap wat rooi is skiet
nie.
Ek gooi my rooiborsduif hoog in die lug en ek
weet al die jagters sal dink dis die son.
Kyk, my duif kom op en my duif gaan onder
en waar hy vlieg daar skitter oseane
en bome word groen
ek hy kleur my boodkap so bruin oor jou vel
Want my liefde reis met jou mee,
my liefde moet soos 'n engel by jou bly,
soos vlerke, wit soos 'n engel.
Jy moet van my liefde bly weet
soos van vlerke waarmee jy nie kan vlieg nie
SONNNET
14 reëls
Italiaans
e sonnet
ENGELSE
SONNET
O
K
TA
AF
SE
ST
ET
Italiaanse sonnet
Vroegherfs
kwatry
n
kwatry
n
tersin
e
tersin
e
Die jaar word ryp in goue akkerblare,
in wingerd wat verbruin, en witter lug
wat daglank van die nuwe wind en klare
son deurspoel word; elke blom word vrug,
tot selfs die traagstes; en die eerste blare val
so stilweg in die rookvaal bos en laan,
dat die takke van die lang populiere al
teen elke ligte môre witter staan.
O Heer, laat hierdie dae heilig word:
Laat alles val wat pronk en sieraad was
of enkel jeug, en ver was van die pyn;
laat ryp word, Heer, laat u wind waai, laat stort
my waan, tot al die hoogheid eindelik vas
en nakend uit my teerder jeug verskyn.
^
ENGELSE
SONNET
(4)
kwatryn
(4)
kwatryn
(4)
TITEL
Die titel vertel die leser
waaroor die gedig handel
SPREKER
Die spreker is NIE die digter nie!
Die spreker is die VERTELLER in die
gedig.
eerstepersoonspreker
Ek my ons
derdepersoonspreker
hy sy hulle
EINDRYM
paarrym
aabbccdd....
kruisrym
abab
omarmende rymabba
gebroke rym abcb
abcde....
vryevers