die straatkind

Download Report

Transcript die straatkind

die straatkind
Linda Roos
ek wou verbymik met die selfbewuste ongeërgde blik
wat ons vir bedelaars en pendelaars en hoere reserveer Selfbewuste ongeërgde blik = ons kyk half “verby” of “bo-oor” hierdie
mense
 Hierdie mense is sosiaal onaanvaarbaar vir die samelewing
 Pendelaars = praat nie met mekaar op die trein nie, kyk “verby” mekaar

straatvrou
bedelaar
pendelaars op trein
verby die kind wat eenkant om die vullisdromme snuif
wat sy skraal skouers gereed dra soos spiese
of ‘n heining:

Die kind snuif om die vullisdromme: op soek na kos
snuif want hy is dalk siek (verkoue)
snuif gom
Hy dra sy skraal skouers
gereed soos spiese:
sy wapen teen die wêreld
se seer
Maar agter dié heining het sy vuil hemp skielik opgekrimp
soos ‘n ou roof
en ‘n toegepleisterde wêreld op die sypaadjie laat bloei
Sy seerkry en hartseer is soos ‘n ou roof
 Sy “toegepleisterde wêreld” = hy steek sy seerkry weg, “pleister” dit toe om
homself te beskerm

waar bome onder die skril bevel van sae steun
konyne spartel in steriele laboratoriums
en lammers teen die slagterslem

Al drie beelde dui op seerkry, lyding
en daar was wysheid in die lug
(nes dié ander dag uit wolke)
maar soos van ou mans met klam monde op parkbankies
en kras soos kraaie
Wysheid uit die lug = ‘n visioen, ‘n stem wat uit die wolke praat
 Soos die ander dag uit die wolke = verwys na die verheerliking van Christus



Die kraai is in sekere kulture ‘n boodskapper
Kan ‘n goeie boodskap bring
toe ek wegdraai was daar ‘n geruis in my ore
en onverklaarbaar teen my wang die bloedveeg
van ‘n vlerk
Die spreker word bewus van ‘n geestelike dimensie
 Sy ervaar ‘n moontlike fisiese aanraking deur ‘n engel
 Die aanraking maak seer = bloedveeg op haar wang …
 DUS: sy kan dit nie wegsteek nie, sal dit altyd onthou


Haar ervaring is bomenslik, ‘n goddelike boodskap
Kerngedagte: