Transcript Document
Die KGA as vennoot van die Vrystaat Sinode ondersteun die werk van Missie Japan. Christ’s love compels us Die liefde van Christus dring ons Missie Japan: ’n Sendingvennootskap van die NG Kerkfamilie Vir meer as 40 jaar werk ons reeds saam met die Reformed Church in Japan • Van die 127 miljoen mense in Japan, is minder as 1% Christene. • Die Reformed Church in Japan is ’n klein, lewenskragtige kerk wat versoek: “kom help ons asseblief!” Ons sendelinge: Stéphan en Carina van der Watt, Cornelius, Lodewyk, Annli en klein Stéphan Stephan begin binnekort werk as professor by die Kobe Theological Seminary, waar leraars vir Japan opgelei word. Dit bied ’n wonderlike geleentheid! Gys en Linda Olivier, met klein Linie, werk as onderwysers by ’n Christenskool op Shikoku Eiland. Hulle werk word waardeer. Ons vertrou dat Karen Strydom binnekort ook as Jeugwerker in die Reformed Church in Japan sal kan gaan werk . Daar is hartlike verhoudinge en samewerking op vele terreine. Missie Japan • Is ’n geloofsonderneming • Is afhanklik van vrywillige, finansiële bydraes • Het u gebedsondersteuning vir die sendelinge, die werk in Japan en die mense van Japan baie nodig. • Is dankbaar teenoor al die medewerkers. • Kyk by: www.missiejapan.co.za • Of skakel: – Missie Japan – 051 406 6729 Missie Japan • Is ’n geloofsonderneming • Is afhanklik van vrywillige, finansiële bydraes • Het u gebedsondersteuning vir die sendelinge, die werk in Japan en die mense van Japan baie nodig. • Is dankbaar teenoor al die medewerkers. • Kyk by: www.missiejapan.co.za • Of skakel: – Missie Japan – 051 406 6729 Lees meer by op ons webwerf by www.kga.org.za Word deel van ons facebook en ’like’ ons by www.facebook.com/KommissieGetuienisaksie