Die hardloper Ernst van Heerden

Download Report

Transcript Die hardloper Ernst van Heerden

Die hardloper
Ernst van Heerden
Strofe een / eerste strofe
•
•
•
•
•
•
•
•
Met wilde maar met suiwer hart
(with wild but pure heart)
het hy die woeste wedren fel begin,
(he started the fierce/tough race
determinedly)
en elke myl met rappe voet getart,
(and he challenged every mile with fast
feet)
hy sou die vlugste lopers nog oorwin.
(he would still beat the fastest runners)
Tweede strofe / strofe twee
•
•
•
•
•
•
Sy hart het hoog geklop, sy bloed was heet,
(his heart beat fast, his blood was hot)
die winde het sy haregolf gelig;
(the winds lifted his wavy hair)
met snelle draf het hy die baan gemeet,
(while running fast, he measured himself against
the track)
• die vreug van spierkrag was op sy gesig.
• (the enjoyment of muscle power was seen on his
face)
Strofe drie / derde strofe
•
•
•
•
•
•
•
•
Hy het geloop met stormdrang in sy bloed,
(He ran with adrenalin in his blood)
sy ademstoot ‘n hete windgejaag,
(his breathing was a hot chasing after
wind/oxygen)
die see se branding in sy strenge moed,
(the sea’s waves was his determination)
toe hoor hy reeds die donker, bitter vraag:
(then already he heard the dark, bitter question:)
Strofe vier / vierde strofe
•
•
•
•
•
•
•
•
Wie is hierdie ongesiene makker in die loop,
(Who is this unseen teammate in the race)
van wie die voet langs syne en die wind
(whose foot falls next to him and the wind)
van asem agter hom, van wie die hoop
(of his breathing behind him? whose hope)
dat nog ‘n bors die dun wit lint mag vind?
( lies that another chest will find the thin white
ribbon?)
Strofe vyf / vyfde strofe
•
•
•
•
•
•
•
•
Die vreemde spanmaat het hy nie geken,
(He did not know this unknown teammate)
nooit hardloop hy weer sonder pyn of vrees;
(never again will he run without pain or fear)
hy weet al het hy nou die loop gewen,
(he knows that although he won the race today)
die ander man sal eendag eerste wees.
(the other man will someday be first)
Verklarings:
• Reël 1: die hardloper is opgewonde oor die
kompetisie. Hy is toegewyd. Sy hart is
“suiwer” want hy weet hy het hard geoefen
en dat hy kan wen.
• Reël 2: “Woeste” sê dat dit nie ‘n maklike
wedstryd gaan wees nie; daarom gaan hy
voluit hardloop “fel”
• Reël 3: Dit was ‘n langafstand-wedloop “myl”
• Reël 4: Hy weet hy kan wen
• Reël 5: A.g.v. die inspanning klop sy hart
vinnig en druis sy bloed warm deur sy are.
• Reël 6: “Winde” = hy het vinnig / met spoed
gehardloop of daar was ‘n ligte bries wat
gewaai het.
• Reël 7: Hardloop vinnig, maar beplan sy
wedloop.
• Reël 8: Geniet dit! Bewus van die krag van sy
fikse liggaam.
• Reël 9: Voel die adrenalien pomp.
• Reël 10: Sy asemhaling versnel en voel warm
• Reël 11: Vaagweg bewus van ‘n gedruis in sy
ore (klank van die see – miskien 2 Oceans) en
• “strenge gemoed” verwys na sy
vasberadenheid en toewyding om die
wedloop te wen.
• Reël 12: WENDING = “TOE”
Sy gedagtes word nou negatief (“donker” en
“Bitter”) en dit maak hom senuweeagtig en
angstig.
Reël 13: Word bewus van ‘n ander atleet en hy
kan hom nie sien nie “ongesiene makker in die
loop” (Hy’s gewoond aan wen)
Reël 14 - 15: Die atleet is kort op sy hakke –
besig om hom in te haal – asof hy in sy nek
blaas.
Reël 16: Die onbekende atleet wil ook wen
Reël 17: Bevestig dat hy nie die ander atleet
ken nie. (Wil voorkom asof hulle moontlik vir
dieselfde span gehardloop het.)
• Reël 18: Begin onseker raak oor of hy kan
wen / sy selfvertroue knak. Hy sal nooit weer
met selfvertroue en gerustheid kan hardloop
nie.
• Reël 19 – 20: Die atleet6 besef dat, alhoewel
hy hierdie wedloop gewen het, ‘n ander atleet
eendag die wenner sal wees.
• INHOUD
• Beskryf die toewyding van atlete, om te
oefen, aan te hou en selfvertroue te hê om te
kan wen
• Hy hardloop met alles wat daar in hom is
en is vol ekstase en selfversekering.
• Hy fokus op tegniek en spoed, maar raak
dan van ‘n ander atleet bewus.
• Hy wen die wedloop, maar omdat die
ander atleet net agter hom was, sal hy
nooit weer gerus voel nie.
• BESPREKING
• Kruisrym in die vyf kwatryne
• Digter se woordgebruik is geforseerd ter
wille van rym en metrum bv: i.p.v. VINNIG
gebruik hy:
• “rappe”
• “vlugste”
• “Snelle”
• “Sy asemstoot ‘n hete windgejaag” =
mooiskryf – dis onnatuurlik!
• MAAR: Die digter slaag wel daarin om
spanning op te bou
• SPANNING?
• Skielik bewus van die “ongesiene makker”
• Die hardloper is gewoond om te wen,
maar nou is daar ‘n opponent wat in sy
nek blaas.
• Dit veroorsaak angs en onrustigheid.
• Self al wen hy, voel hy onrustig.
• SIMBOLIESE BETEKENIS
• Die ongesiene makker kry simboliese
betekenis in die gedig
• Die ongesiene makker verwys na die
mens se ingeperktheid en sy onvermoë om
daaraan te ontkom.
• Die wedloop wat hier plaasvind, kan simoblies
verwys na die mens se wedloop teen die
dood, waar die dood hom uiteindelik inhaal
en oor die mens seëvier.
Ekstra agtergrondinligting
• Ernst Van Heerden was self ‘n atleet.
• “Die Hardloper” is een van sy Olimpiese
gedigte en het in sy debuutbundel
Weerlose uur (1942) verskyn.
• Die bundel handel oor eensaamheid en
die mens se ingeperktheid.
• Hy het verskeie sportgedigte geskryf: die
swemmer; die bokser, Vraag van die
boogskutter en die gewigopteller