Aflaai van Aanbieding - Gereformeerde kerk Worcester

Download Report

Transcript Aflaai van Aanbieding - Gereformeerde kerk Worcester

WELKOM by ons Beertjie-uitstalling

Aangebied tydens ons

Boland Sustersaamtrek 2012 Te Worcester

Waarmee hou die Susters hulself deesdae “besig”?

 Miskien voel ons soms dat die rol van die vrou in die kerk oor die jare verander het. Maar as ons ’n bietjie dieper kyk, sien ons dat, net soos met die verdwyning van die hoed, eintlik niks verander het nie. Ons geloof bly dieselfde … ons is steeds diep afhanklik van ons Drie-enige God.

Die vroeëre Sustersorgansisasie het moontlik in die meeste gemeentes “verdwyn” en amper niemand hou meer “maand-vergaderings-met-’n-spreker” nie, en tog bly dit ’n wonderlike voorreg dat die Here ons vrouens nog steeds in sy gemeentes en gemeenskappe op baie verskillende maniere gebruik om Sy liefde uit te dra.

’n Wonderlike wisselwerking het begin plaasvind deurdat Sustersaksies deur die hele gemeente ondersteun word en dat die Susters weer deur die Kerkraad en ander komitees/ groepe ingespan word om SAAM te arbei. Die volgende is slegs enkele aksies wat tans in ons Bolandse gemeentes plaasvind:

Agulhas

Vanaf 2006 46 Lidmate 6 Dooplidmate 52 Totaal Sluit die volgende dorpe in: Agulhas, Bredasdorp, Gansbaai, Napier, Riviersonderend, Struisbaai, Swellendam en Waenhuiskrans Die Jaareindfunksie word jaarliks Worcester saam met se Susters in Swellendam gehou.

Samewerking met

ander kerverbande:

In klein gemeenskappe werk die verskillende kerkgemeenskappe dikwels saam aan projekte. So maak ons nie-bederfbare kositems bymekaar, wat dan deur die NG Kerk versprei word volgens behoefte.

Agulhas (verv)

Breiprojek:

Items soos bv bedsokkies en kombersies word gebrei en uitgedeel by die ouetehuis

Bellville

Vanaf 1957 488 Lidmate 85 Dooplidmate 573 Totaal Sluit die volgende voorstede in: Bellville, Boston, Goodwood, Monte Vista, Oakdale, Oosterzee, Panorama, Parow, Parowvallei, Plattekloof, Proteavallei, Ruyterwacht, Tygerberg, Vredelust Welgedacht, Welgelegen, Welgemoed

Bellville (verv)

Gemeentefunksies:

Om die onderlinge band tussen lidmate te versterk en om fondse te help insamel.

Teeskink:

Sondae word tee bedien en met spesiale geleenthede ook verver-sings (Paas- en Kersuitvoerings, Kerk-vergaderings, begrafnisse, Geloofs-belydenis, ens)

Seniors:

Lidmate bo 70 word gereeld besoek. Met hul verjaars-dae/siekte ontvang hul ook ’n geskenkie,of wat ookal van toepassing is.

Bellville (verv)

Lief en leed:

Wyksusters lê besoek in hul wyke af en verleen hulp waar nodig.

Russiese Federasie Evange lisasie-aksie:

Een van die susters van die gemeente is ons skakel met die Stigting Friedensstimme in Europa, wat evangelisasie doen in o.a. die mees afgeleë streke in die noorde en ooste van die Russies Federasie. Kinderklere en ander items word hiervoor ingesamel.

Bellville (verv)

Skiereiland vir Christus:

Dit is die gemeente se evangelisasie aksie onder jong kinders van verskillende kultuurgroepe uit ’n baie arm gemeenskap in ons buurt, waar die kinders blootgestel word/is aan gesinsgeweld, drank en middel-afhanklikheid, gesinsgeweld, enkel-ouerskap, kindermishandeling, ens. Hul blootstelling aan die Christelike godsdiens is beperk.

Een keer per maand kom ’n groepie kinders, via die samewerking van die skoolhoof van die betrokke laerskool. Die ouers vul ’n toestemmingsvorm in.

Bellville (verv)

Die kinders word gehaal en weer tuis besorg via vervoer deur ons broeders

Bellville (verv)

Met aankoms kry hul verversings

Bellville (verv)

Ds doen Bybelstudie

Bellville (verv)

Dan volg ’n kreatiwiteitsessie, bv maak van Juwele dosies

Bellville (verv)

Hierna kry hul ’n voedsame maaltyd en nagereg

Bellville (verv)

En dan kry elkeen ook nog ’n brood om huis toe te neem

Bellville-Oos

Vanaf 1972 789 Lidmate 216 Dooplidmate 1005 Totaal Sluit die volgende voorstede in: Bellville-Oos, Brackenfell, Durbanville, Kraaifontein, Kuilsrivier

Bellville-Oos (verv)

Sonop:

By Sonop, ’n tehuis vir liggaamlike – en verstandelike gestremdes, gee ons vir elkeen 'n persoonlike verjaarsdaggeskenk

Bellville-Oos (verv)

Shiloh

: Shiloh Synergy is 'n groep projekte in die Wallace dene en Bloekombos informele gebiede in die Wes Kaap wat poog om blywende en positiewe verandering te bring aan minderbevoorregtes. Voeding vorm ’n belangrike deel van die uitreikaksie en die liefde van God word terselfder tyd in die aksies aan die mense bedien. Ons gee maandeliks ’n bedrag geld wat vir sending en kos vir kinders gebruik word.

Adriaan, die bydrae is vir Shiloh.

Clanwilliam

Vanaf 1914 53 Lidmate 9 Dooplidmate 62 Totaal Sluit die volgende dorpe in: Clanwilliam, Calvinia, Citrusdal, Doringbaai, Eedekuil, Elandsbaai, Garies, Lambertsbaai, Lutzville, Redelinghuys, Vredendal

Clanwilliam (verv)

Teedrink:

Omdat afstande ver is, en mens mekaar nie so dikwels sien nie, word daar moeite gedoen, om as daar ’n geleentheid is, saam te kan kuier rondom ’n lekker koppie tee. Tee en verversings word ook by spesiale geleenthede voorgesit. Ons probeer besoekers en nuwe intrekkers so gou as moontlik te laat tuis voel.

Crossroads

From 1988 54 Members 36 Children 90 Total Includes: Khayelitsha, Nyanga, Gugulethu More than a million people live here. There is 1 church for every 1,000 people (2001).

Crossroads (cont)

Soup Kitchen:

We run a Soup Kitchen. Twice a week the hungry can get a nice helping of soup during the morning.

Crossroads (cont)

Soup Kitchen:

At the moment we supply some of the food ourselves or use other donations made to the church. We are trying to get the involvement of the community and the shops in the vicinity to help donate ingredients.

Elsiesrivier

Vanaf 1972 150 Lidmate 60 Dooplidmate 210 Totaal Sluit die volgende dorpe in: Belhar, Bishopslavis, Bonteheuwel, Blue Downs, Delft, Eersterivier, Elsiesrivier, Parowvallei

Elsiesrivier (verv)

Katkisasie

: Ons kinders is vir ons belangrik. Ons help met die Katkisasie.

Elsiesrivier (verv)

Pretdag vir die jeug:

’n Pretdag vir die jeug verskaf ook groot plesier. Dan word daar gekuier en gespeel, drie-beentjie gehardloop en boontjiesak-resies gehou. En almal is nat na die emmer-resies.

George

Vanaf 1966 351 Lidmate 66 Dooplidmate 417 Totaal Sluit die volgende dorpe in: Blanco, Glentana, Haroldsbaai, Hersham,

Ja, dis ver !

Outeniqua-strand, Victoriabaai, Wildernis

Alhoewel nie by ons Saamtrekstreek ingedeel nie, is hulle ook genooi en twee van hul lidmate het ons Saamtrek in Worcester kom bywoon. Dankie, Anne-marie en Hester!

George (verv)

Gemeentefunksies:

Die Susters het ’n pragtige kombuis ingerig wat wonderlik funksioneel is as daar funksies gehou word, bv gemeente-etes, skemeronthale, vleisbraaie.

George (verv)

Tuine:

Daar word groot moeite met die kerk se tuine gedoen en sommige van hierdie funksies se opbrengste word aangewend om die tuine in stand te hou.

Grassy Park

Vanaf 1958 119 Lidmate 45 Dooplidmate 164 Totaal Sluit die volgende dorpe in: Cornerstone Park, Grassy Park, Lavender Hill, Mitchell’s Plain, Parkwood, Pelikan Park, Retreat, Steenberg, Strandfontein, Southfield

Grassy Park (verv)

Tuinprojek:

Die tuinprojek is 'n inisiatief van Selwyn Willemse. Hy werk saam met vrywillegers van die gemeenskap. Dawn, een van die vroue by die Saamtrek, is leier van die projek.

Grassy Park (verv)

Tuinprojek:

Die grond waarop die tuin aangeplant is, is die grond waarop die kerk in die toekoms gebou gaan word. Die sukses van die projek het die aandag van die Munisipaliteit getrek en hulle skenk oorweging om aan ons 'n oopstuk grond langs die sentrum te voorsien om die tuinprojek uit te brei. Dan wil ons 'n groentemark vir die mense in die omgewing begin en ook opleiding in tuinbou gee. Skoliere het alreeds die projek gekies as hulle gemeenskapsprojek vir hul take by die skool. Die gemeenskapskoerant, Plainsman, het 'n berig oor die tuinprojek geskryf.

Grassy Park (verv)

Groente vir sopkombuis:

Die groente word gebruik vir die sopkombuis wat op Donderdae by die sentrum in Mitchell's Plain is. Groente word ook vir die gemeenskap voorsien.

Grassy Park (verv)

Rekenaarprogramme:

Geakkrediteerde Rekenaargeletterdheids programme van die Stellenbosch Computer Academy word ook gratis aan lede van die gemeenskap aangebied.

Hermanus

Vanaf 2000 116 Lidmate 16 Dooplidmate 132 Totaal Sluit die volgende dorpe in: Hermanus, Gansbaai, De Kelders, Pearly Beach, Stanford

Hermanus (verv)

Snuffelmark:

Ons hou Snuffelmark. Alle klere en huishoudelike items wat oorbly, skenk ons aan Hermanus Hospice.

Hermanus (verv)

Hospice:

Behandeling in die Hospice is gratis en die Hospice is hoofsaaklik afhanklik van donasies, nalatings en die inkomste van hul winkel, om hul te help finansier.

Kaapstad

Vanaf 1923 151 Lidmate 29 Dooplidmate 180 Totaal Sluit die volgende streke in: Kaapse Skiereiland: Vanaf Melkbos tot Kaappunt en ook Robbeneiland

Kaapstad (verv)

Here, wat wil U hê moet ek doen?

Her-toewyding aan die Here:

Twee maal per jaar het ons ’n projek waar ons, ons her toewy aan ons verhouding met die Here - die preke, katkisasie en groepsgesprekke deur die week is dan om ’n spesifieke tema gebou. Dié jaar is dit die gelykenis van die "verlore seuns". Dit dien as projek waar ons ook mense van buite (wat sou wou), nooi om vir die tyd deel te word van groeps-gesprekke.

Kaapstad (verv)

Warm harte, Geblikte liefde:

Onbederfbare kos, warm slaapgoed en klere word na die gemeente in Crossroads geneem.

Slaapsakke

: Lae koerante word oorgetrek met plastiek en aanme kaar geplak met "duct tape". Dit word uitgedeel aan mense wat in die winter op straat slaap.

Kleinmond

Vanaf 2006 86 Lidmate 9 Dooplidmate 95 Totaal Sluit die volgende dorpe in: Bettysbaai, Botrivier, Caledon, Klienmond, Pringlebaai, Rooi-Els

Kleinmond (verv)

Blikkieskosprojek:

Blikkieskos word in samewerking met die NG-kerk bymekaar gemaak. Dit word deur die NG-kerk in die gemeenskap na behoefte versprei.

Kleinmond (verv)

Fynboskombuis:

Dis ook ’n projek wat in same-werking met die NG-kerk plaasvind. Hulle maak bestanddele bymkaar en maak die etes. Ons maak toebroodjies. Twee lidmate gaan help ook weekliks om die kos by ’n sentrale punt te gaan uitdeel.

Kleinmond (verv)

Siyabulela Kleuterskool:

Na gelang van behoefte word finansiële of ander bydraes gemaak, bv die maak en gee van

Fleece

kombersies.

Kleinmond (verv)

Kogelpark Ver sorgingspark:

Vroeër het ons ’n middagtee aangebied, maar daar bestaan nou ’n groter behoefte aan “kuier” – dus gaan lê ons besoek af by die inwoners van die Versorgingspark.

Hoe gaan dit?

Paarl

Vanaf 1963 133 Lidmate 12 Dooplidmate 145 Totaal Sluit die volgende dorpe in: Paarl, Franschhoek, Hermon, Klapmuts, Malmesbury, Moorreesburg, Piketberg, Porterville, Ribeeck-Kasteel, Riebeeck-Wes, Saron, Tulbagh, Wellington

Paarl (verv)

Toebroodjie-projek

: Danny Arendse, ’n oud-bendelid, het in samewerking met die verskillende kerkgemeenskappe ’n voedingskema by die Laerskool Drakenstein begin. ’n Bybelse boodskap word gegee.

Paarl (verv)

Toebroodjie-projek

: Elke dag word daar toebroodjies vir ongeveer 200 kinders van die skool en gemeenskap uitgedeel. Ons neem ook maandeliks deel aan hierdie projek.

Kerspartytjie:

En in Desember word daar kers partytjie gehou.

Stellenbosch

Vanaf 1967 272 Lidmate 46 Dooplidmate 318 Totaal Sluit in die distrik van Stellenbosch

Stellenbosch (verv)

Dick, wat sing ons?

Ds Johan

Sop-en-sang

: Om die gemeenskap van gelowiges binne die gemeente te verstewig, word die senior lidmate uitgenooi waar daar heerlik gekuier word terwyl daar musiek gemaak en gesing word.

Stellenbosch (verv)

Kuiergeleenthede

: En kan die Stellenboschers kuier!

Strand

Vanaf 1978 244 Lidmate 56 Dooplidmate 300 Totaal Sluit in die dorpe Gordonsbaai, Somerset-Wes en Strand

Strand (verv)

Hulp aan ouetehuis:

Een van die vroue in ons gemeente het afgekom op 'n ouetehuis in ons gebied waar die mense slegs versorg word van die ouderdomspensioen van elke inwoner. Sy het toe voorgestel dat die gemeente deur hul kaste gaan en ou handdoeke, lakens en komberse gee.

Strand (verv)

Hulp aan ouetehuis:

Die diakonie dra by tot aankoop van kos

Strand (verv)

Hulp aan ouetehuis:

Elke vrou maak 'n skoendoosgeskenk met toiletware (seep, tandeborsel, tandepasta, deodorant) met dan ook iets lekker.

Net voor Kersfees word dit uitgedeel.

Vredenburg / Saldanha

Vanaf 1976 82 Lidmate 21 Dooplidmate 103 Totaal Sluit in die dorpe Aurora, Hopefield, Koringberg, Lange baan, Moorreesburg, Pater noster, Piketberg, Redelinghuis, Saldanha, St Helenabaai, Veld drift, Vredenburg, Yzerfontein

Vredenburg / Saldanha (verv)

Te huis vir gestremdes:

Ons is betrokke by die gestremde pasiënte. Ons bring besoeke en maak broekiekouse bymekaar, wat in die verpleegafdeling gebruik word om die pasiënte se doek in plek te hou. Dit word ook gebruik om verbande van bv brandwonde in plek te hou.

Vredenburg / Saldanha (verv)

Rehabilitasie Sentrum vir dwelm-verslaafdes

Ds Coetsee is betrokke by oplei ding en rehabilitasie. Inwoners kry slegs een maaltyd per dag. Die Kerkraad borg inwoner(s) met R100 per maand waarvoor hulle dan self die ander kos kan koop. Lidmate verkoop ook sakke met 500 g Weetbix @ R10 elk om fondse vir hierdie projek te genereer.

Vredenburg / Saldanha (verv)

Verkopings:

Daar word gereeld op ’n Saterdagoggend by die “

taxi ranks”

verkopings gehou van klere, wit olifante, en ou elektroniese ware. Die opbrengs word aangewend vir skoolgeld en –klere vir behoeftiges.

Vredenburg / Saldanha (verv)

Woensdae se teedrink:

Ons verjarende senior lidmate word maandeliks uitgenooi om saam te kom kuier en teedrink.

Vrije Gereformeerde Kerk

Gemeentes wat vandag teenwoordig is: Belhar, Bellville, Leiden en Wesbank

VGK SA (verv)

Groenteprojek:

Groente word weekliks na behoeftige gesinne op die Kaapse vlakte gebring

VGK SA (verv)

Breiklub:

Items word vir babas en kinders gebrei. Wol word ook deur ander gemeentelede ingesamel vir die breiers.

VGK SA (verv)

Bejaardebesoeke en handgemaakte kaartjies:

Rondom hul verjaarsdag word bejaardes besoek en ontvang ’n handgemaakte verjaarsdag kaartjie.

Worcester

Vanaf 1954 153 Lidmate 32 Dooplidmate 185 Totaal Sluit in die dorpe Ashton, Barrydale, Bonnievale, Ceres, De Doorns, Mc Gregor, Montagu, Porterville, Rawsonville, Robertson, Swellendam, Sutherland, Tulbagh, Villiersdorp, Worcester, Wolseley

Worcester (verv)

Troetelpakkies:

Hierdie word by Robertson Hospitaal en by die Polisie se Trauma Eenheid uitgedeel aan getraumatiseerde vrouens en kinders wat slagoffers is van aanrandings en verkragtings.

Worcester (verv)

’n Affodil:

’n Affodil, ’n bemoedigingsbriefie word kwar taaliks deur ds Paul Geertsema opgestel en in die gemeenskap versprei aan diegene wat bemoediging nodig het. Dit word ook in

Braille

versprei.

Hoe brei mens die beertjies?

Enige wol, enige breipenne. Verander steke om beertjie groter of kleiner te maak. Begin by die voete. Voor- en agterkant is dieselfde. Brei dus twee.

Broek (kleur 1)

Sit 10 steke op en brei 34 rye. Knip wol af en hou steke op naald.

Sit weer 10 steke op (dieselfde naald met ander steke) vir die ander been en brei 34 rye. Brei vlg ry dwarsdeur (maw brei ander 10 steke ook) (nou’t jy 20 steke) en brei ’n verdere 9 rye. Knip wol af.

Hempie (kleur 2)

Brei ’n verdere 10 rye. (Dis die lyf) Sit 10 steke op en brei hele ry tot einde. Sit nog 10 steke op en brei hele ry tot einde (nou’t jy 40 steke).

Brei ’n verdere 16 rye (dis die bors en arms).

Heg 10 steke af aan die begin van volgende ry en brei tot die einde.

Heg weer 10 steke af aan die begin van vlg ry en brei tot einde (nou’t jy weer 20 steke).

Kop (kleur 3)

Brei ’n verdere 28 rye en heg in die vlg ry af.

2. Ryg rondom nie uitval nie 1. Brei beer

6. Stop op 4. Werk snoetjie 5. Werk vas 7. Stop oortjies op, en werk vas met paar stekies

10. Sit strikkie om nekkie 9. Gee beertjie oë (ons gebruik vilt) 8. Ryg draad deur nekkie, en trek bietjie in

11. Bind kaartjie met strikkie vas

Dear Friend

“For God so loved the world that He gave his one and only Son, that who ever believes in him shall not perish but have eternal life.” John 3:16

May God be with you and keep you.

Made especially for you with lots of love by all the grand mothers of the Reformed Church Worcester, in Church Street, Worcester Liewe Vriend

“God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar

die ewige lewe sal hê.” Joh 3:16 Mag God met jou wees en jou beskerm.

Spesiaal vir jou gemaak met baie liefde deur al die ouma’s van die Gereformeerde Kerk Worcester, in Kerkstraat, Worcester

12. Gee vir kindjie in nood

Elke Saamtrek-gas ontvang ’n beertjie. Mag die Heilige Gees jou lei om dit te gee aan ’n kindjie wat dit nodig het!

Gelowige vrou, in die hande van dié Pottebakker Doen slegs U wil Heer – U wil met my.

U, Pottebakker, met my, die klei. Vorm my en maak Saamgestel deur Joukje Geertsema van Worcester (Sel: 072 217 0013)