SentraleSenu - Life Sciences 4 All

Download Report

Transcript SentraleSenu - Life Sciences 4 All

MENSLIKE REAKSIES TOT DIE OMGEWING
Bestaan uit TWEE stelsels wat bestudeer moet
word:
1. Senuweestelsel
2. Endokriene stelsel
Inleiding
• Om te oorleef moet alle organismes reageer op
veranderinge in hul eksterne en interne
omgewings
• Ekstrene omgewing: Omgewing buite die
liggaam bv. van die faktore wat mag verander
soos temperatuur, lig, beskikbaarheid van water
ens. in hulle natuurlike omgewing of habitat.
• Interne omgewing: Omgewing binne-in die
ligaam bv. konsentrasie van CO2, O2, H2O
rondom selle/weefsels/organe binne-in die
liggaam.
Inleiding (vervolg.)
• Menslike reaksies tot hierdie veranderinge in die
omgewing vind plaas om stabiliteit/balans binnein die organisme instand te hou
• Organismes neem veranderinge in die omgewing
waar as ‘n stimulus.
• Hierdie impulse word na die brein gestuur wat
die inligting interpreteer en stuur ‘n ander
boodskap terug na die deel van die liggaam wat
die deel inlig/vertel hoe om te reageer.
Homeostase
• Die liggam werk hard om sy interne omgewing
so konstant as moontlik te hou.
• Al die organe en stelsels van die liggaam werk
saam om hierdie stabiele interne toestand te
skep.
• Die proses van handhawing van ‘n konstante
selomgewing in die liggaam, word homeostase
genoem.
• Die endokriene en senuweestelsel, ons koordinasiestelsels, speel ‘n baie belangrike rol in
regulering van homeostase. Bv. Bloeddruk,
glukose vlakke in die bloed, menstruasie, ens.
Menslike Senuweestelsel - Wat om te leer
• Strukture van 3 tipes neurone, senubundels,
oordra van ‘n impuls (Maak van diagramme)
• SSS, Perifere, Outonome (simpatiese &
parasimpatiese), versteurings/afwykings
• Verskille tussen ‘n refleksboog en ‘n refleksaksie
• Bou (diagramme maak) en funksie van ‘n
eenvoudige refleksboog, Belangrikheid van ‘n
refleksboog
• Sintuigorgane (Oog en Oor) - tekeninge
Koördinasie in mense
Senuwee koördinasie
Sentrale
senuweestelsel
Singuigreseptore
& sintuigorgane
Perifere en
outonome
senuweestelsel
Chemiese koördinasie
Oor- &
ondersekresie
Endokriene
stelsel
Terugvoermeganismes
Mensike senuweestelsel is ‘n kompleks stelsel
Inwendige bou van die menslike
brein illustreer die verskillende dele
Hipotalamus
Serebrum
Serebellum
Rugmurg
Benige werwel
van die
werwelkolom
Funksies van sekere dele van die
brein
Serebellum
•
Koördineer bewegings van willekeurige
spiere
•
Hou jou balans en ewewig instand deur die
spiertonus te beheer
Funksies van sekere dele van die brein
Hipotalamus
•
Beheer jou bloeddruk
•
Beheer jou liggaamstemperatuur
•
Reguleer jou vlakke van dors en honger
•
Reguleer emosies soos woede en plesier
•
Reguleer jou slaappatrone
(Beheersentrum vir homeostase)
Funksies van sekere dele van die
brein
Serebrum
•
Beheer alle willekeurige spieraksies
•
Ontvan en interpreteer sensasies van sig, tas,
gehoor, smaak, reuk en spraak
•
Verantwoordelik vir hoër denkprosesse soos
geheue, rede, oordeel en intelligensie
•
Verantwoordelik vir gedrag en emosies
Funksies van sekere dele van die
brein
Medulla oblongata (dieselfde struktuur as
die rugmurg)
•
•
•
Beheer belangrike onwillekeurige aksies
soos hartklop en asemhaling
Stel elke helfte van jou brein instaat om
die opponerende deel van jou liggaam te
beheer
Gelei senu-impulse tussen die rugmurg
en die brein
RUGMURG
Brein
Rugmurg
Rugmurg
Hoof senuwees
DWARSSNEë van RUGMURG
Witstof
Ganglion
Grysstof
Funksies van sekere dele van die brein
Rugmurg
•
Verbind die brein met al die organe van die
liggaam (behalwe die in die kop en nek)
•
Vervoer sensoriese inligting na die brein vir
interpretasie
•
Vervoer dan motoriese inligting van die
brein na die effektore (spiere en kliere)
•
Dit is die sentrum vir die refleksaksies, wat
die liggaam instaat stel om baie vinnig te
reageer op skadelike stimuli deur die gebruik
van die refleksboog.
‘n Tipiese senuwee-sel – ‘n Neuron
Dendriete
Selmembraan
Selliggaam
Nissl-liggaam
Schwannsel
rigting
van
impuls
Akson
Knoop van
Ranvier
miëlienskede
Kern van Schwannsel
Neurilemma
Gedeelte van akson
uitgesny om groot
lengte te vertoon
Motoriese eind-plaat in
effektorspier
Bou van ‘n multipolêre neuron (motories neuron)
Bou en funksie van drie tipes
neurone
Tipe neuron
Funksie
Sensoriese (afferente) Vervoer impulse van
neuron
die sintuie of
reseptore na die
Erken die stimulus
rugmurg
Bou
Sensoriese neuron
(Selliggaam is buite
die SSS geleë)
Bou en funksie van drie tipes
neurone
Tipe neuron
Interneuron
(verbindingsneuron)
Word in die brein en
rugmurg gevind
Funksie
Verbind die
sensoriese neuron
met die motoriese
neuron
Bou
Interneuron
Bou en funksie van drie tipes
neurone
Tipe neuron
Motoriese
(efferente) neuron
Reageer op ‘n
stimulus
Funksie
Bou
Vervoer impulse van
die brein en rugmurg
na die effektore
(spiere en kliere). Die
effektore voer die
reaksie uit.
Motoriese neuron
(Selliggaam is binne
die SSS geleë)
Die oordra van ‘n senu-impuls
van een neuron na die volgende
Akson
Gestoorde neurooordraer
molekules
Sinaptiese vesikel
Neuro-oordraers
word vrygestel
Sinaps-gaping
Dendriet
Reseptore
Tekening illustreer hoe ‘n senu-impuls oorgedra word via die sinapsgaping
Belangrikheid van sinapse
• Maak seker dat impulse in een rigting beweeg
• By die sinapse, kan die senu-impulse versnel,
vertraag of geblokkeer word deur die
vrystelling van hormone of die gebruik van
dwelmmiddels
Uitwerking van sekere dwelmmiddels op die SSS: Ecstacy
Is ‘n stimulant wat die produksie van neuro-oordraer
serotonien, in die brein verhoog. Dit verhoog die
aktiwiteit van die neurone wat bui/gemoedstoestand,
slaap, pyn, emosie en eetlus reguleer.
Uitwerking..
•
voel baie goed aanvanklik,
•
later raak die persoon depressief en slaperig
•
uiteindelik langdurige depressie, veranderde
buie en swak slaappatrone
Uitwerking van sekere dwelmmiddels op die SSS: Heroïen
Is ‘n narkotiese middel. Verslaafdes spuit
heroïen in hulle are in. Wanner dit die brein
bereik verbind dit met spesiale reseptore op
sekere neurone wat betrokke is in pynpersepsie
en in die medulla oblongata. Die uitwerking is
om …
• Pyn te verdoof, veroorsaak dat die persoon
voel gelukkig, vry van angstigheid en tevrede;
• Dit verander vinnig tot ‘n slaperige toestand,
Uitwerking van sekere dwelmmiddels op die SSS: Heroïen(vervolg)
Oordosis van heroïen onderdruk die
neurone van die medulla oblongata, wat
die asemhalingstempo en harttempo
onderdruk en uiteindelik dood veroorsaak.
Uitwerking van sekere dwelm-middels
op die SSS: Dagga
Dagga is ‘n hallusinasiemiddel. Dele van ‘n daggaplant word gerook. Dit bevat ± 60 verskillende
chemikalieë wat ‘n uitwerking op die brein het.
THC heg aan die reseptore van neurone wat
gebruik word vir korttermyngeheue, denke,
konsentrasie, en tyd- en afstand- persepsie.
Die uitwerking is ‘n gevoel van plesier gevolg
deur geheueverlies, persoonlikheidsversteuring,
depressie en angstigheid.
Uitwerking van sekere dwelmmiddels op die SSS: Tik
• Is ‘n stimulant. Wanneer dit die brein bereik,
veroorsaak dit ‘n skielike toename in neurooordraer, genoem dopamien, wat ervaring van
genot en gedragsbeheer reguleer. Uitwerkings
…
• Vernietig die dopamienreseptore – onmoontlik om genot of gedragsbeheer te ervaar
• ly aan angstigheid, uiterste aggresie en
grootheidswaansin (vals idees)
Refleksaksie en refleksboog
• ‘n Rekleksboog is ‘n spesifieke senu-baan wat ‘n
refleksaksie uitvoer sonder om na die brein te
gaan vir interpretering.
Bestudeer die tekening van die refleksboog op
die volgende skuifie:
‘n Senu-baan (refleksboog) bestaan uit die volgende:
reseptor, sensoriese neuron, dorsale wortel, rugmurg met
die interneuron, motoriese neuron, ventrale wortel, en
eindig in ‘n effektor.
Diagram van ‘n refleksboog
Sensoriese
neuron
Reseptore
Dorsale wortel
Interneuron
Rugmurg
Grysstof
Effektor
(spier)
Witstof
Motoriese
neuron
Ventrale
wortel
Beskryf die meganisme van ‘n refleksaksie
‘n Voorbeeld:
1. ‘n Persoon prik (stimulus) ‘n vinger
2. Pynreseptore in die vinger gewaar die stimulus
3. Reseptore skakel die stimulus om in ‘n senuimpuls
4. ‘n Sensoriese neuron gelei die senu-impuls.
Die sensoriese neuron gaan die rugmurg binne
via die dorsale wortel tot in die rugmurg.
5. Binne die rugmurg word die impuls gelei vanaf
die sensoriese neuron tot in die interneuron,
die interneuron gelei die impuls tot in die
motoriese neuron.
Beskryf die meganisme van ‘n refleksaksie
6. Die motoriese neuron verlaat die rugmurg via
die ventrale wortel.
7. Die motoriese neuron gelei die senu-impuls
na die effektor (spier). Die spier treksaam en
die vinger word weggetrek van die stimulus.
Memoriseer die beskrywing van ‘n refleksaksie
saam met die tekening van ‘n refleksboog.
Belangrikheid van ‘n refleksboog
Refleksboog …
• is ‘n vinnige, outonome reaksie op ‘n stimulus;
hoef nie na die brein te gelei te word vir interpretering en dan weer terug gelei word na die
rugmurg nie.
• is nie ‘n aangeleerde aksie nie / onwillekeurig
• is ingebou in die anatomie van die liggaam
• beskerm die liggaam teen skadelike stimuli
Die interneuron maak ‘n kortpad in die rugmurg
moontlik.
STEURINGS VAN DIE SENUSTELSEL
Alzheimer se siekte
Is ‘n progressiewe, degeneratiewe siekte van die brein,
wat geheue en denkvermoë laat afneem. Algemeen in
ouer persone en affekteer beide mans en vroue.
Die oorsake van Alzheimer word nog nie tenvolle verstaan
nie, wetenskaplikes meen dat die siekte ontwikkel
wanneer
• sinapse in die brein verstop met chemiese verbindings
raak wat normaal verwyder word,
• breinselle gaan dood en die wat oorbly het minder
konneksies as normaal,
Alzheimer se siekte
Persone met ernstige Alzheimer siekte kan nie
behoorlik kommunikeer nie en is afhanklik van
ander mense vir hulle sorg.
Huidiglik is daar geen behandeling wat die
voortgang van die siekte kan vertraag of stop
nie.