Slide 1 - brideministries.co.za

Download Report

Transcript Slide 1 - brideministries.co.za

Exo 20:2 Ek is die HERE jou God wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het.
Exo 20:3 Jy mag geen ander gode voor my aangesig hê nie.
Exo 20:4 Jy mag vir jou geen gesnede beeld of enige gelykenis maak van wat bo in die hemel
is, of van wat onder op die aarde is, of van wat in die waters onder die aarde is nie.
Exo 20:5 Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie; want Ek, die HERE jou
God, is ‘n jaloerse God wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde
en aan die vierde geslag van die wat My haat; xo 20:6 en Ek bewys barmhartigheid aan
duisende van die wat My liefhet en my gebooie onderhou.
Exo 20:7 Jy mag die Naam van die HERE jou God nie ydellik gebruik nie, want die HERE sal
die een wat sy Naam ydellik gebruik, nie ongestraf laat bly nie.
Exo 20:8 Gedenk die sabbatdag, dat jy dit heilig. Exo 20:9 Ses dae moet jy arbei en al jou
werk doen; Exo 20:10 maar die sewende dag is die sabbat van die HERE jou God; dan mag jy
géén werk doen nie—jy of jou seun of jou dogter, of jou dienskneg of jou diensmaagd, of jou
vee of jou vreemdeling wat in jou poorte is nie. Exo 20:11 Want in ses dae het die HERE die
hemel en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin is, en op die sewende dag het Hy
gerus. Daarom het die HERE die sabbatdag geseën en dit geheilig.
Exo 20:12 Eer jou vader en jou moeder, dat jou dae verleng mag word in die land wat die
HERE jou God aan jou gee.
Exo 20:13 Jy mag nie doodslaan nie. Exo 20:14 Jy mag nie egbreek nie.
Exo 20:15 Jy mag nie steel nie. Exo 20:16 Jy mag geen valse getuienis teen jou naaste spreek
nie.
Exo 20:17 Jy mag nie jou naaste se huis begeer nie; jy mag nie jou naaste se vrou begeer nie,
of sy dienskneg of sy diensmaagd, of sy os of sy esel of iets wat van jou naaste is nie.
Primacy / Voorrang
1.Exo 20:2 Ek is die HERE jou God wat jou uit Egipteland, uit die
slawehuis, uitgelei het.
Die enigste gebod wat niks vra nie. Vader het alles van Sy kant af
gedoen. Die feit Hy my Here my God is moet liefde en respek die
uitvloeisel van ons huwelik teenoor mekaar wees
1. Gee Jouself..
Ek is die HERE jou God...sê hoe naby hy by ons is wat beteken die
ander een kom altyd voor enige ander beplanning of reëlings.
2. Spandeer tyd met mekaar...
Elke mens het ‘n begeerte om uniek en onvervangbaar te voel.
Spandeer tyd om mekaar te koester en spesiaal te laat voel.
3. Daar is niemand behalwe jy nie...
Dit maak uitdagings, moeilike tye en bekommernisse klein
4. Kom uit Egipte...
Die huwelik vat jou vorentoe en is ‘n bewys dat alles het nuut geword
en die ou dinge is verby. Moenie die ou dinge of patrone saamsleep in
jou huwelik nie.
5. Die vreugde v.d. Huwelik...
Die wêreld daarbuite is vol pyn en swaarkry terwyl jou huwelik die
vertoonvenster van vreugde en lewe moet wees.
6. Verveligheid...
As jou huwelik vervelig, sonder opwinding is oortree jy die eerste gebod.
Hierdie is ‘n opwindende reis waaruit ons die beste uit mekaar moet haal vir
‘n vol lewe
7. Moenie mekaar probeer verander nie...
Elkeen is uniek en laat die Gees toe om jou te verander na Sy beeld. Moenie
mekaar probeer te verander na jou selfsugtige begeertes toe nie.
Exclusivity / uitsluitent/ apart
2.Exo 20:3 Jy mag geen ander gode voor my aangesig hê nie.
Exo 20:4 Jy mag vir jou geen gesnede beeld of enige gelykenis
maak van wat bo in die hemel is, of van wat onder op die aarde is,
of van wat in die waters onder die aarde is nie.
Exo 20:5 Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie;
want Ek, die HERE jou God, is ‘n jaloerse God wat die misdaad
van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die
vierde geslag van die wat My haat;
God eis dat Hy alleen aanbid word. Net so moet jou
anderhelfte weet en voel dat daar niemand anders is behalwe
hy/sy. Jy vergelyk nooit hulle met iemand anders nie en dat
hy/sy jou die gelukkigste van alle mense maak.
1. Moenie mense aanhang nie...
Mense word so maklik aanhangers van ander/groepe/spanne en
word dit later jou “afgod” waarin hulle nie meer kan sonder nie of
ophou praat nie. Sy/hy bly die hoogtepunt in jou lewe...
2. Moenie jou eie wil aanhang nie...
Een van die grootste afgode in jou lewe kan wees jou eie sterk
karakter eienskappe soos eieliefde en trots. Niemand ander se opinie
geld nie. Jy is altyd reg. M.a.w. die ander een is altyd verkeerd. Nee,
hy/sy moet altyd belangriker geag word as jyself!!
3. Jaloersheid in die huwelik...
Moenie die ander een rede gee vir jaloersheid nie, maar laat dit eerder
verander in ‘n oortuigende wete dat daar niemand soos jy is nie.
4. Geduld, geduld, geduld ‘n huwelik het altyd tyd nodig om te
groei
Confidence / Selfvertroue
3.Exo 20:7 Jy mag die Naam van die HERE jou God nie ydellik
gebruik nie, want die HERE sal die een wat sy Naam ydellik
gebruik, nie ongestraf laat bly nie.
Dit is nie net vloek of godlasterlik nie, maar dit is daarop uit om
verhoudings skade te laat lei. Daar is meer agter hierdie woord.
1. Wat jy ookal belowe moet jy doen...
2. Moenie situasies of beskrywende dinge vergroot nie...
3. Bly groei in selfvertroue vanuit jou verhouding met
Hom...
4. Mense wat onveilig voel las/voeg baie keer nog dinge
by/aan...
5. Net soos God se Naam belangrik is mag jy nooit van iemand
skinder of slegpraat nie...
6. Moet nooit ‘n leuen vertel nie...
7. Moenie vir ‘n bakleiery/verskil soek nie...
Sacred Moments / Heilige Oomblikke
4. Exo 20:8 Gedenk die sabbatdag, dat jy dit heilig. Exo 20:9 Ses dae moet jy arbei en al jou
werk doen; Exo 20:10 maar die sewende dag is die sabbat van die HERE jou God; dan mag jy
géén werk doen nie—jy of jou seun of jou dogter, of jou dienskneg of jou diensmaagd, of jou vee
of jou vreemdeling wat in jou poorte is nie.
Exo 20:11 Want in ses dae het die HERE die hemel en die aarde gemaak, die see en alles wat
daarin is, en op die sewende dag het Hy gerus. Daarom het die HERE die sabbatdag geseën en
dit geheilig.
Die eerste 3 gebooie het te doen met jou verhouding met God. Die volgende
6 gebooie het te doen met jou sosiale verhoudings terwyl die 4de gebod te
doen het met jou verhoudings met God en met ander. Net soos God ‘n
spesiale weeklikse afspraak het met Sy bruid so moet ons in die huwelik
gedurig spesiale afsprake hê met mekaar.
1. Van gejaagtheid tot tydloosheid...
Net so het ons huwelik nodig waar daar net niks gebeur nie en ons net
mekaar het...
2. Die tyd van jou lewe...
Dit moet nie net in ‘n huwelik gaan oor wat ons vir mekaar doen nie, maar
eerder hoeveel tyd ons vir mekaar afstaan. ‘n Opname het getoon dat
gemiddelde egpare 37 min “face to face” in ‘n week met mekaar
kommunikeer.
3. Hoeveelheid Vs Kwaliteit...
4. Waarde toevoeging is meer as rykdom...
Waarde toevoeging kan nie met geld gekoop word nie. Hou op om te
dink hoeveel geld jy op die Sabbat gaan verloor as jy dit nie doen nie.
Laat die ander een die belangrikste voel – gehoorsaamheid
5.Leef die oomblik...
Daar moet vaste spesiale oomblikke wees wat nooit vervang mag
word met iets anders nie.
6. Leer geduld...
Niks anders nie. Teken van totale gehoorsaamheid.
7. Pure plesier/vreugde...
Gratitude / Dankbaarheid
5. Exo 20:12 Eer jou vader en jou moeder, dat jou dae verleng mag word in die
land wat die HERE jou God aan jou gee.
Deur ons ouers het ons lewe gekry. Jy kan dit nooit terugkoop nie. Net
totale dankbaarheid!! Hierdie gebod leer ons nie om ons ouers lief te hê nie,
maar om hulle te eer vir altyd.
1. Krag van Vergifnis...
Net soos ons gereeld ons ouers moet vergewe vir foute wat hulle maak (ns.
Geen perfekte ouers) so moet ons mekaar gereeld vergewe in die huwelik.
2. Dankbaarheid...
Wys dankbaarheid altyd en neem ‘n positiewe gesindheid teenoor mekaar
3. Vrygewigheid...
Gee erkening, gee meegevoel met baie begrip. Wees verdraagsaam met
mekaar en moet nie altyd in die ontvang kant wees nie.
4. Leiding...
Leer die ander een wat jou gelukkig maak en gee dit vir hom/haar.
Praise / Erkenning
6. Exo 20:13 Jy mag nie doodslaan nie.
Moenie die gees in mekaar doodmaak nie en gee mekaar die reg om
waardig te leef.
1. Moenie veroordeel nie...
Veroordeling maak mekaar dood. Wees verdraagsaam en vergewe mekaar
2. Moenie kwaad word nie...
Woede bring veroordeling en is vernietigend. Stille woede kan nog erger
wees. Praat nugter en werk die uitdagings geestelik volwasse deur.
3. Moenie skinder nie...
Moenie agter mekaar se rug met ander praat nie. Dit maak dood. Wees
eerlik teenoor mekaar.
4. Luister na mekaar...
5. Beskerm mekaar altyd voor ander...
Mystery / Geheimsinnigheid, raaiselagtig
7. Exo 20:14 Jy mag nie egbreek nie.
Intimiteit wat die kosbaarste element in die huwelik is
word nou met iemand anders gedeel en ‘n lewe van
geheimsinnigheid en oneerlikheid vreet aan jou.
Julle liefde en vertroue in mekaar mag nooit ruimte skep
dat julle ooit mekaar verdink nie.
Hierdie is ‘n ewige verbond wat altyd opgeweeg moet
word met die waardes van die Woord, selfs in die donkerste
tye!
Sincerity / Opregtheid
8. Exo 20:15 Jy mag nie steel nie.
1. Respek vir mekaar bring opregtheid en eerlikheid in al
jou handelinge.
2. Bly by jou beginsels...
Beginselvaste mense het ‘n sterk gesonde karakter.
3. Moenie iemand se hart probeer steel nie...
Om iemand se hart te probeer steel met mooi woorde en vleitaal
en dit nie bedoel nie, is vernietigend en dit word nie maklik
vergeet nie. Probeer altyd die ander een gelukkig maak.
4. Wys altyd die grootste waardering...
5. Laat die ander een altyd gekoester en spesiaal voel...
6. Moenie jou anderhelfte wegsteel van haar familie en
vriende nie...
Moenie dominerend en selfsugtig oor hom/haar word dat hulle
nooit ook tyd met hulle familie en vriende het nie.
7. Maak op waneer jy gesteel het...
Maak gebruik van die bybelse beginsel dat as julle mekaar se
vreugde gesteel het julle dubbel daarvoor sal opmaak. Jammer
of ekskuus mag nooit goedkoop raak nie.
Sincerity / O
Trust
/ Vertroue
9. Exo 20:16 Jy mag geen valse getuienis teen jou naaste spreek nie.
Moenie voordeel probeer trek deur die ander een af te maak of leuens
te vertel nie. Vertroue in mekaar is die veiligste gevoel wat geen band
kan breek nie. Wees altyd opbouend en praat net wat goed is..
Contentment / Tevredenheid
10. Exo 20:17 Jy mag nie jou naaste se huis begeer nie; jy mag nie jou
naaste se vrou begeer nie, of sy dienskneg of sy diensmaagd, of sy os of
sy esel of iets wat van jou naaste is nie.
Moenie jou tekortkome die fokus van jou lewe maak nie. My Eerste
Liefde vir God. My liefde vir my man/vrou omdat ek al die
bogenoemde nakom sal my ‘n totale tevredenheid gee met alles wat
ek het. Daarom sal ek nie van enige iemand anders iets begeer nie.
maar dankbaar wees wat Vader self byvoeg!!