Egskeiding-v-Handleiding

Download Report

Transcript Egskeiding-v-Handleiding

5. Egskeiding

6 April 2014

It is not a lack of love, but a lack of friendship that makes unhappy

marriages. - Friedrich Nietzsche

Lees saam: Lukas 7:18 - 23

Prof. Niekie Alpaslan beskryf egskeiding as “die dood van die huweliksverhouding”.

Afgesien van die hantering van die gevoelens en reaksies, is daar ‘n rouproses oor al die verliese wat met egskeiding gepaardgaan. Die persoon wat skei kan moontlik die volgende ervaar: Skok en ontkenning: “Dit kan nie waar wees nie? Hoe kon hy/sy? Waarom ek?” Skuldgevoelens: “As ek maar net ...” Gevoelens van verwerping, vernedering, minderwaardigheid, eensaamheid en selfbejammering Gevoelens van mislukking, nutteloosheid, doelloosheid en depressie Emosionele verwarring: “Ek weet nie meer wat ek voel nie. Wat is reg of verkeerd?” Gevoelens van jaloesie: Jaloers op die ander eggenoot wat nou (oënskynlik) gelukkig en sonder probleme is.

Jaloers op ander gelukkige pare.

1

Algemene gevoelens

Verliese

Die multidimensionele verliese wat egskeiding meebring, nooi ook gevoelens van hartseer en depressie in. Wat verhoudinge betref, is die volgende belangrik: Die verlies van ’n huweliksmaat (’n emosionele voedingsbron, of bron van intimiteit) Die verlies aan die status van om getroud te wees en die voordele wat daarmee gepaardgaan.

Die onbereikte verwagtinge en ideale. Gevolglike gevoelens van woede en opstand (aggressiewe reaksies) – veral teenoor die gewese eggenoot.

Die verhouding tussen die kinders en die nie-toesighoudende ouer. Die reaksie van die kinders op hulle ouers se egskeiding.

Selfbeeld

Tydens ‘n egskeiding kan jou selfbeeld negatief beïnvloed word a.g.v.: Voortdurende negatiewe terugvoer/uitsprake wat jy voor, tydens en na die egskeiding van jou eks ontvang het.

Die afwesigheid van enige bewondering/waardering van jou eks.

Negatiewe selfgesprek na die egskeiding

Hoe kan ek ondersteuning bied?

Jy het nie ‘n graad in Sielkunde nodig om ‘n goeie ondersteuner te wees nie. Jy moet net bewus wees van die nood, en bereid wees om te help. Wees beskikbaar om meer te luister, minder te praat en soms saam te huil.

Hier is ‘n paar riglyne wat jou kan help om iemand wat deur ‘n egskeiding gaan te ondersteun: Moenie oordeel of kant kies nie; wees beskikbaar as jou vriend/in wil praat.

Jy hoef nie noodwendig iets te doen nie – veral nie die eks saam slegsê nie Luister meer en praat minder. Huil saam.

Bied praktiese hulp aan – kinders vervoer/versorg, hulp met gebreekte karre, yskaste of selfone, kruideniersware koop, kos maak Moenie sommer net advies gee nie. Skep ‘n veilige ruimte deur jou hulp aan te bied met: Vrae, besluitnemings, banksake. Beide vrouens en mans kan nuwe rolle as vreesaanjaend of onmoontlik beleef.

Bied aan om saam te gaan na ‘n ondersteuningsgroep om die ys te breek .

Die persoon wat deur die trauma van egskeiding geraak word:

Jy hoef nie alleen deur jou pyn te worstel nie. Neem die stap om te vra vir hulp – jou vriende, kollegas, bure of familie kan ‘n bron van krag en ondersteuning wees. Soek ‘n egskeidings-begeleiding of ondersteuningsgroep. Dit is belangrik dat jy die eerste stap moet neem om hulp te vra.

3

Voorstelle vir ‘n suksesvolle egskeiding

Leer om dinge te aanvaar soos dit is. Niks is permanent nie.

In plaas van bitterheid en ‘n behoefte om die ander party te “straf”, kan jy kies om saam te werk. Fokus op die groter prentjie, jou egskeiding is net ‘n stukkie van die legkaart van die lewe. Hoewel dit voel of jou lewe nou uitmekaar val, kan dit help om te wonder oor hoe dinge oor 5 of 10 jaar gaan wees. Dit sluit ‘n visie in wat verder strek as jou onmiddellike situasie deur jou proses van leer en groei.

Luister na die stilte en fokus op die innerlike stem van wysheid. Laat jouself toe om in die oomblik te wees sonder enige oordeel, sonder om te probeer om in beheer te wees of enigiets te verander – dit het ‘n diep kalmerende uitwerking op die gedagtes sowel as die liggaam.

Wees vrygewig met jou genade en welwillendheid. Hierdie is waarskynlik die moeilikste om te doen, veral as jy baie seergemaak of veronreg voel. As jy dit kan regkry, sal jy vind dat jou hele innerlike lewe begin skuif en daarmee saam, jou handelinge. Voor jy jou kom kry, begin jy gunste doen vir die een vir wie jy so kwaad was.

Streef na spirituele groei. As jy die dag vir jou eks kan bid, dan weet jy jy kon dit regkry om suksesvol te skei, in ‘n gees van genade, vergifnis, welwillendheid en compassion teenoor jou eks en tot voordeel van almal wat deur die egskeiding geraak word - jouself inkluis. 4

Vrae en Notas

Begin vandag julle kleingroepgesprek weer deur eers al die karakters in die storie te lys. Met wie vereenselwig jy jouself vandag in die verhaal? Verduidelik hoekom jy so sê.

Jesus vertel hierdie verhaal om te wys hoe stukkend verhoudings kan raak, hoofsaaklik deur die keuses en aksies van mense. Verhoudings kan herstel word wanneer daar vergifnis is. Vergifnis is menslik gesproke baie moeilik, maar dit is iets wat God moontlik maak. In die verhaal is die pa die een wat vergifnis ten toon stel, teenoor albei die seuns. Kan jy dink aan ’n voorbeeld van waar iemand ’n ander vergewe het wat jou verbeelding aangegryp het?

Dit kan ’n nuusstorie ook wees. Vertel die verhaal oor in die groep.

Vergifnis beteken nie om te vergeet nie, maar om anders te onthou.

En as jy vergewe beteken dit nie dat die onreg ongedaan gemaak word nie. Jy laat dit net oor in God se hand. Die verhoudings tussen mense wat deur iets soos egskeiding geraak is, gaan anders lyk. Wat het jy gehoor in hierdie gesprek wat jou gaan help in jou eie egskeidingsverhaal of jou gaan help om iemand naby jou beter te ondersteun?

5