Document 7289747

Download Report

Transcript Document 7289747

Gods dade is volmaak en goed,
sy wil is altyd heilig.
Hy sal my altyd trou behoed,
en by Hom is ek veilig.
L 500:1 (vervolg)
Sy hulp is groot;
in al my nood
beskerm Hy teen gevare
deur al my lewensjare.
L 500:2
Gods dade is volmaak en goed,
Hy sal my nooit begewe.
Ook as ek deur die dieptes moet,
bly Hy my lig en lewe.
Wie op Hom bou, op Hom vertrou,
vind steeds by Hom beskerming,
genade en ontferming.
L 500:3
Gods dade is volmaak en goed,
sy trou is altyd seker.
Waar ons nog na 'n uitweg soek,
weet hy reeds wat is beter.
Voor God se wil word ons dan stil in Hom is ons vertroue;
deur Hom bly ons behoue.
Ek het toe wilde storms gewoed het,
diep onder,
vaste rots gevind.
Die woord wat my van ramp behoed het:
L 501:1 (vervolg)
God is my Vader; ek sy kind.
My anker is dáár vasgemaak
- ek glo! -
niks sal dit los laat raak.
L 501:2
Dié vastigheid het die Getroue,
my Heiland, met sy dood gelê.
Ek is Gods kind en in vertroue
kan ek dit glo; sal ek dit sê.
Al kom daar onweerswolke aan,
die woord is vas:
Die rots bly staan.
Vol vertroue, vas en veilig,
bou ek op die Heer my hoop.
Hy is koning wat, almagtig,
heers oor voorspoed en oor nood:
Hy het my steeds gelei;
dankbaar wil ek dit bely.
L 502:2
Sou ons werklik ons vertroue
aan verganklikheid verpand;
toekomsdrome, strewe, wense,
bou op fondament van sand?
Wat bestaan, sal vergaan;
God se Woord bly ewig staan.
L 502:3
God wat ryk is in genade
géé, al het ons niks verdien.
Ons kan ook in pyn en skade
nog sy sorg en liefde sien.
Hy behou my en jou vas kan ons op Hom vertrou.
L 502:4
U bestuur sekuur en magtig
die onmeetlike heelal.
Nooit laat U, wat U begin het,
uit u skepperhande val.
U, o Heer, U regeer aan U alle lof en eer.
L 502:5
Dankie dat u Seun, o Vader,
God is, en ook ware mens;
dankie dat u Gees genadig
hoop laat vlam oor tyd en grens.
U is trou; U behou;
wat ons glo, sal ons aanskou!
Jesus, Rots, my hoop vir ewig,
veilig kan ek op U bou.
U is Heer, my anker stewig,
vas kan ek op U vertrou.
Deur u mag, deur u krag
dra U my van dag tot dag.
L 503:2
U, my hoop, my koers op aarde U gee aan die lewe sin.
Heer, U gee my lewe waarde,
nuut kan ek met U begin.
U vergeef, U laat leef in u krag kan ek oorwin.
L 503:3
U, my hoop, my hede, toekoms,
leer my werk en bid en wag.
U gee op my sugte uitkoms,
inspireer my elke dag.
Aan U, Heer, altyd weer:
lof, aanbidding, dank en eer!
Kom, laat ons saam tot Jesus nader
met blye uitsig op ons lot!
Hy het die heilsplan van die Vader
vir sondaars reeds volbring by God.
L 504:1 (vervolg)
Sy werk van Goddelike waarde,
die eeue deur met hoop verwag,
het Hy volbring: Loof, hemel, aarde,
loof Hom, die Lam vir ons geslag.
L 504:2
O Jesus, u verlossingsdade
bevry ons van die sondestraf!
U't God behaag en in genade
wend Hy sy oordeel van ons af.
Nooit kan ons deur ons eie strewe
self voor die heil'ge reg bly staan;
U kruis, die boom van nuwe lewe,
het Edens poort weer oop laat gaan.
L 504:3
Voor U lê al ons vrees en twyfel,
ons ydelheid en wense oop.
U sien ons voor die waarheid weifel
of aarsel voor ons lewenshoop.
Heer, na wat U vir ons gely het,
laat ons met blydskap werk en bid.
Heer, U wat ons tot diens bevry het,
neem van ons lewe vol besit!
L 504:4
Soos vas beloof aan voorgeslagte
voldoen U aan die heil'ge reg.
Gewillig loop U, as veragte,
alleen die donker lydensweg.
Alleen drink U die lydensbeker;
U dra ons ongeregtigheid.
Die vonnis maak ons vryspraak séker -
hoe groot is u barmhartigheid!
L 504:5
Ons wil U wy ons hele lewe,
U volg waar U ons ook mag lei aan U, o Here, hoog, verhewe,
en aan u diens steeds toegewy.
Spreek deur ons woorde, rig ons dade;
Voleinder, gee dat deur u krag
die heerlik' werk van Gods genade
in ons volbring word dag na dag!
Jesus, U gaan voor –
ons volg in u spoor.
U ken alle lewenspaaie,
al die hoogtes, dieptes, draaie.
Kom en vat ons hand
na die Vaderland.
L 505:2
Jesus, U gaan voor ons volg in u spoor.
Laat ons selfs in donker dae
altyd volhou sonder klae.
Ons wil soms bly staan,
as U voorwaarts gaan.
L 505:3
Jesus, U gaan voor ons volg in u spoor.
Ons word vry van sondebande,
van verslawing, skuld en skande.
U is in beheer,
ons Verlosser, Heer.
L 505:4
Jesus, U gaan voor ons volg in u spoor,
ook waar niemand dit wil waag nie,
waar niks anders ooit sal slaag nie.
U wat alles sien,
leer ons sinvol dien.
O Heer, u liefde wondergroot
maak my van sonde vry.
U Seun ontruk my aan die dood,
Hy dra die kruis vir my.
L 506:2
U hulp, u liefde onbegrens
laat my van vreugde juig;
U deernis met 'n dwase mens
laat my eerbiedig buig.
L 506:3
Genade so oneindig wyd U skenk dit weer en weer.
Dit is die hoogste heerlikheid
dat U my liefhet, Heer.
Hemelse Vader, U heers op u troon,
U is ook oral waar ons woon.
Dit is ons troos as ons twyfel of vrees:
U sal ons God vir ewig wees.
L 507:2
Volke mag worstel en oorlog verklaar,
mense mag stryd voer met mekaar.
Sterre, planete mag brand en vergaan -
U troon sal ewig bly bestaan.
L 507:3
Smart of tragedie mag
ons hier oorval dit tref ons male sonder tal.
As ons verbyster net staan en bly staar,
bly U ons God. U's altyd daar!
L 507:4
Vader,ons weet ons kan
nêrens heen dwaal
U sal ons altyd weer kom haal.
Niks stuit u liefde en majesteit,
Here ons God, in ewigheid.
Vaste Rots op wie ek bou,
een op wie ek kan vertrou.
Rots by wie ek altyd skuil –
U is skenker van my heil.
As die golwe oor my slaan,
bly my Rots vir ewig staan.
L 508:2
Sonde woed met alle mag,
onrus kwel my dag en nag.
In my sonde vasgevang,
laat U my na U verlang.
U het alles vir my veil God, my Rots van ware heil
Op berge en in dale
en oral is my God;
waar ons ook telkemale
mag swerwe, daar is God!
L 509:1 (vervolg)
Waar ons gedagtes swewe
of styg, ook daar is God;
omlaag en hoog verhewe
ja, oral is my God!
L 509:2
Sy troue vaderoë
sien alles van naby;
ons leef uit sy vermoë -
word deur sy Gees gelei.
Die swaeltjies behoed Hy,
beklee met gras die dal;
die kleinste wurmpie voed Hy,
sorg vir die groot heelal.
L 509:3
Die diere op die aarde,
die visse in die see,
die mossie en die arend,
die blomme, veld en vee,
met al sy ander werke,
verkondig dag en nag
sy goedheid sonder perke;
die grootheid van sy mag.
L 509:4
Roem, Christen, heel my lewe
is veilig in my God;
waar alles my begewe,
of waar ek ly, is God;
waar troue vriendehande
nie red nie, daar is God;
selfs in die dood se bande
ja, oral is my God!
Genade, onbeskryflik groot
het U aan my bewys:
verlore seun - ‘n wegloopkind weer in die vaderhuis.
L 510:2
Ek is die naam van kind nie werd wou self my sake reël.
My lewe, kanse, tyd en geld
is nutteloos verspeel.
L 510:3
Maar U sien ver, oneindig ver.
U sien my honger, dors.
Nog voordat ek kon skuld bely,
druk U my aan die bors.
L 510:4
Genade, onbeskryflik groot daar's fees, ek is weer tuis.
U Seun bring my - verlore mens weer in die vaderhuis.
Lei U ons, Lig,
deur hierdie duisternis,
lei U ons, Heer!
Steil is die pad
waarop ons pelgrims is,
L 511:1 (vervolg)
lei U ons, Heer!
Wys U die weg, ons wil U ewig volg.
Waar U mag lei,
sal ons getrou U volg.
L 511:2
Al wou ek self my lewenspad hier meet,
al wou ék lei;
noudat ek weet, nou vra ek U,
ek smeek:
Sal U my lei?
Ja, ek was dwaas, verlei deur ydelheid.
Vergeef nou, Heer!
Vergeet tog daardie tyd.
Nader, my God,
by U, nog naderby.
U is om Christus wil Vader vir my.
U liefde bly my by nader, my God, by U,
nader, my God, by U, nog naderby.
L 512:2
U ken my angs en vrees, U staan my by.
U lei my deur u Gees, maak my weer vry.
U Woord verseker my:
Nader, my God, by U;
nader, my God, by U,
nog naderby.
L 512:3
Waar hartseer, pyn en leed
my weerloos laat,
sal U my nooit vergeet; my nooit verlaat.
Deur lyding bring U my
nader, my God, by U,
nader, my God, by U, nog naderby.
Soek in God jou sterkte;
kry by Hom jou krag;
met sy wapenrusting
klee Hy ons met mag.
Nie teen medemense
is ons worstelstryd,
L 513:1 (vervolg)
maar ons veg teen Satan
en sy sluwe listigheid.
Hy stuur bose magte
in die wêreld in,
maar met God se wapens
kan ons hul oorwin
L 513:2
Waarheid en Gods vryspraak
hou ons op ons pos,
dan klink bly die boodskap
dat die Heer verlos.
Ons geloofsvertroue
is ‘n skild wat keer -
L 513:2 (vervolg)
daarmee kan ons elke brandpyl
van die Bose weer.
Ons bly van verlossing
altyddeur bewus
en met God se swaard,
sy woorde, toegerus.
L 513:3
Doen dit alles biddend,
soos die Gees ons lei.
Laat ons altyd waaksaam
en gelowig bly!
Almal wat bly volhou,
saam bly bid en werk
L 513:3 (vervolg)
deel in die geheim van
God se koninkryk en kerk.
Hy maak ons vrymoedig,
swakkes gee Hy krag -
met sy wapenrusting
klee Hy ons met mag!
Ek weet vir seker: Jesus is Heer Hy het my sonde uit liefde vergeef.
Ek was verlore, maar is gevind;
nou het ek vrede - ek is Gods kind.
L 514:1(vervolg)
Hy is my leidsman - Hy laat my leef.
Hy is oorwinnaar - Hy is die Heer.
Uit sy genade, liefde en trou,
weet ons hoe God sy kinders behou.
L 514:2
Lig is sy las en sag is sy juk.
Hy gee vermoeides die ware geluk.
Selfs as ek struikel, en dit berou Hy sal vergewe, Hy bly getrou.
Hy is my leidsman - Hy laat my leef.
Hy is oorwinnaar - Hy is die Heer.
Uit sy genade, liefde en trou,
weet ons hoe God sy kinders behou.
Soms kyk ons soekend om ons rond ons smag na sin en vrede.
Ons voel oorspoel deur sinloosheid
in ons gejaagde lewe.
L 515:2
Ons kom tot U, wat deur u Seun,
ons roep tot sin en vrede.
Om U te ken, bring waarlik sin
in ons gejaagde lewe.
L 515:3
Bewaar my van my sin te soek
in my gejaagde lewe.
Laat my alleen op U vertrou -
die bron van sin en vrede.
Al sou dan ook
die vyeboom nie bot nie,
al sou die wingerd sonder druiwe staan;
die graan verdor,
die vrugteboorde wegkwyn,
die beeste, kleinvee, alles hier vergaan -
L 516 (vervolg)
Nog sal ek juig
en bly wees in my God!
Hy is my hulp, Hy gee my krag.
Hy laat my loop
waar rats die ribbok gaan;
Hy laat my vas en veilig staan
Leer ons U vertrou, o Here,
leer ons lewe U ter ere,
leer ons reken op u krag,
leer ons sing selfs in die nag, in die nag,
leer ons sing,
selfs in die nag.
L 517:2
Leer ons hoop in moeilikhede
en U dank in ons gebede,
voor U leef met stil ontsag;
gee ons vreugde elke dag,
elke dag,
gee ons vreugde elke dag.
L 517:3
Leer ons om ons nie te kwel nie
of oor môre te ontstel nie.
Ons is, Heer, aan U verbind maak ons rustig soos 'n kind,
soos 'n kind,
maak ons rustig soos 'n kind.
Voel jy soms of die Here te vér is?
Twyfel jy soms aan God se bestaan?
Jy moet glo dat die
Heer met jou saamloop,
dat sy Gees oral met jou sal gaan.
L 518 (vervolg)
Jesus sê Hy kom weer,
Hy kom uit die hemel neer,
met basuin en geskal
kom Hy al sy mense haal.
L 518 (vervolg)
Deur sy Woord weet ons Jesus
gaan t'rugkeer
na ons wêreld met alles daarin.
Wat gebreek is,
sal Jesus kom heelmaak;
deur sy Woord weet ons alles maak sin.
L 518 (vervolg)
Hoor hoe sag waai die wind,
kyk die glimlag van 'n kind.
Maak jou los van die kwaad;
dis jou Skepper wat hier praat.
L 518 (vervolg)
Voel jy soms of die Here te vér is?
Twyfel jy soms aan God se bestaan?
Jy moet glo
dat die Heer met jou saamloop,
dat sy Gees oral met jou sal gaan.
Wees stil en weet:
Ek is die Heer.
Ek spreek en wind
en golwe bedaar,
Ek sal ook jou getrou bewaar.
L 519:2
Wees stil en weet:
Ek is die Heer.
Ek ken jou pyn,
jou donkerste nag.
Ek is by jou, Ek gee jou krag.
L 519:3
Wees stil en weet:
Ek is die Heer.
Kom bring na My
jou kommer en vrees.
Ek sal vir jou ‘n toevlug wees.
L 519:4
Wees stil en weet:
Ek is die Heer.
Bly waak en bid;
volhard in geloof.
Ek is by jou soos Ek beloof.
Saam buig ons neer om God te eer deur één Gees tree ons nader
as kinders van één Vader.
Ons is in Jesus, onse Heer,
deur één geloof verbind:
van harte eensgesind.
L 520:2
Wil U ons in u liefde lei
en leer ons daarna strewe
om dankbaar te kan lewe.
Ons wil aan U verbonde bly -
in Christus saamgebind:
van harte eensgesind.
Erkentlik deur die dae,
my aardse lewe lank,
wil ek die Here lofsing;
wil ek die Here dank
L 521:1 (vervolg)
vir wat Hy uit genade
so ruim aan my bewys;
wil ek Hom vir sy dade
solank ek lewe, prys.
L 521:2
Erkentlik deur die dae,
so lank as ek bestaan,
wil ek my blydskap uitsing;
in ootmoed voor Hom gaan,
omdat Hy my versadig,
omdat ek niks verlang
as wat ek uit sy hande
so onverdiend ontvang.
U liefde en u trou,
o Heer, omvat die aarde;
dit is getuienis
van u versorgingsdade.
L 522:1 (vervolg)
Ook ek het hier 'n plek,
'n tuiste in die land,
ek glo en ek bely:
U het my hier geplant.
L 522:2
U wat vermoëns gee,
o Bron van alle goedheid ek vra 'n vaste gees
en bid vir my gesondheid.
Laat my die sin ervaar
om U daarmee te dien,
want U het my genooi
om na U op te sien.
L 522:3
Gee vir my dagtaak, Heer,
die insig in wat saak maak
waar ek met ander werk
of waar ek oor my huis waak.
Gee dat ek in my amp
my roeping waardig bly;
bo-al my plig kan doen,
aan U my offer wy.
L 522:4
Gee my inskiklikheid
teenoor my naaste, Here,
om met my medemens
in harmonie te lewe.
Die vrede bo verstand
wat net U stuur, bid ek:
Laat dit my hart beheers
en oor my denke strek.
L 522:5
Is dit u wil vir my
dat ek in voorspoed lewe,
leer my erkentlikheid
aan U, my Heer, die gewer.
Maar as ek teenspoed tref
en droefheid ook moet ly,
wil U my dan vertroos,
my daardeur begelei.
L 522:6
Is dit u wil vir my
om oud te word in jare,
gee my dan waardigheid,
'n kroon van gryse hare.
En wanneer ek moet sterf
laat rus my in die grond
om eenmaal op te staan
in ewig môrestond.
Goddelike liefdebande
bind in Jesus mense saam,
bind uit alle wêreldlande
die verlostes in sy Naam –
één in gees, geloof en doop,
één in keuse, liefde, hoop.
L 523:2
Ja, ‘n groot verloste skare
sien ons op sy roepstem kom;
groter groei dit met die jare:
alle volke huldig Hom!
Kinders by hul Vader tuis vreugde, oral, vul sy huis!
L 523:3
Groot is sy geduld en liefde –
Jesus Christus, God en mens.
In ons wek Hy naasteliefde –
stuur ons na ons medemens.
Mense eensaam, honger, naak,
dié kom Hy ons naastes maak.
L 523:4
Laat ons liefde en gebede
vir mekaar ons hegter bind.
As Hy kom, die vors van vrede,
mag Hy ons só werksaam vind.
Kom, ja kom, so roep die bruid
en die Gees verlangend uit.
God roep ons om met woord en daad,
vir Hom te leef en werk.
Hy roep ons deur sy Woord en Gees
en maak van ons sy kerk.
L 524:1 (vervolg)
Hy kies, bewaar en onderhou;
Hy inspireer en bou.
Geloof wat deur die liefde werk,
hou aan, bly groei, maak sterk.
L 524:2
God roep, en salf ons met sy Gees
tot koning en profeet;
tot priester, met 'n hart en hand
vir hul in nood en leed.
Hy leer ons om te werk en bid,
om berge te versit.
Hy wat vir ons die gawes gee,
maak ons vir diens gereed.
L 524:3
Ek hoor U roep; ek ken u stem;
ek luister na u woord.
Laat, Here, ons gehoorsaam wees,
U dien soos wat dit hoort.
Waar kan 'n groter vreugde wees,
o Vader, Seun en Gees?
Deur omgee en met uitreik, Heer,
gaan ons met blydskap voort.
Here, hoe blymoedig
en in dank oorvloedig
maak U my die hart.
U gee ons u seën
soos ‘n milde reën;
L 525:1 (vervolg)
U vertroos in smart.
Ja, ons weet, ook in ons leed
leef ons onder u genade;
vrees ons nie die kwade.
L 525:2
Ook in sterwensmarte
weet ons in ons harte:
Ons Verlosser leef!
En die liggaam, sterflik,
sal U onverderflik
L 525:2 (vervolg)
eenmaal laat herleef.
Laaste vyand, aardse dood,
hoe ons soms vir jou ook bewe -
Christus is ons lewe!
L 525:3
Heer, U gee u lewe,
so word ons vergewe
en verlos van dood.
In U groot ontferming gee U ons beskerming -
L 525:3 (vervolg)
Redder uit die nood!
Ons sal, tot u eer, o Heer,
in U heil met blydskap lewe -
aan U oorgegewe.
Waar daar liefde is,
en deernis,
waar daar liefde is,
daar is God die Heer.
2. Ubi caritas et amor
Ubi caritas Deus ibi est.
Die werk behoort aan U, ons Heer die werk waarin ons staan.
Gee daarom, Heer, dat hierdie werk
nooit sal ten gronde gaan.
Die koringsaad sal eers moet sterf,
L 527:1 (vervolg)
dan oes die boer die goue gerf.
Laat ons ook só onsself verloën,
ons werk geen jaag na roem vertoon.
Seën U ons werk,
maak ons in ywer sterk
L 527:2
Deur lyding heen het U, ons Hoof,
die vreugde in gegaan.
Laat ons ook met volharding, Heer,
óns pad met vreugde gaan.
Gebruik ons in u koninkryk,
L 527:2 (vervolg)
maak ons aan Christus meer gelyk.
En as ons by die einddoel kom,
wanneer ons loflied híér verstom,
laat dan, o Heer,
ons lied U ewig eer.
Leer my u wil, Heer,
u doel met my U, Pottebakker, met my, die klei.
Vorm my en maak my volgens u wil;
op U vertrou ek, nederig stil.
L 528:2
Leer my u wil, Heer, u plan vir my;
laat ek nie doelloos, nutteloos bly.
Hou my erkentlik, Heer, in u werk:
As ek dan swak is, maak U my sterk.
L 528:3
U gee u gawes net soos U wil;
almal is diensbaar, elk met verskil.
Vul met u Gees my, breekbare kruik,
dat U my oral nuttig gebruik.
Dank, dank die Heer.
Ons dank die Heer,
want aan sy liefde,
sy troue liefde is geen einde nie,
is daar geen einde nie (2x)
L 529:2
Sing vir die Heer.
Sing tot sy eer,
besing sy dade, vergeet ook nie die
goeie wat Hy doen;
die goeie wat Hy doen (2x)
L 529:3
Bid tot die Heer.
Aanbid die Heer,
met hoë agting, met volle eerbied word
sy Naam genoem;
sy Naam word hoog geëer (2x)
L 529:4
Dank, dank die Heer.
Ons dank die Heer,
want Hy is liefde, sy trou en goedheid
duur in ewigheid,
dit duur in ewigheid (2x)
Praat ek mense-, eng'letale,
maar dis nie uit liefde nie,
is my woorde hol simbole klanke sonder melodie.
L 530:1 (vervolg)
Al kan ek geheime uitlê,
berge deur geloof versit,
of al het ek al die kennis -
sonder liefde is ek niks.
L 530:2
Sonder liefde sal my gawes,
al my ywer, my nie baat:
Net die liefde, onbaatsugtig,
bly oorwin met goed die kwaad.
Onreg kan dit nie verdra nie,
dit is met die waarheid bly.
Deur vergifnis, hoop, verwagting,
kom die beste in ons vry.
L 530:3
Al die tale, profesieë,
met die tyd gaan dit verby.
Net die liefde, die volmaakte,
kom en sal vir altyd bly.
Want geloof gee troos en rigting;
na die toekoms reik die hoop liefde is en bly die grootste:
Liefde sluit die lewe oop.
Ons Here, God van alvermoë,
U sal ons met u guns omvou.
U gee aan blindes nuwe oë,
Heer, U laat hul op U vertrou.
Ons volg getrou u Gees se leiding,
God, U is Heer, U skenk bevryding.
L 531:2
Ons harte sing van u genade,
Heer, U is steeds getrou en goed.
Ons prys U vir u reddingsdade,
ons God wat altyd ons behoed.
Ons wy aan U ons hele lewe,
u eer is hier ons hoogste strewe.
Ons Vader, neem ons hande
en maak ons een.
Versterk u self die bande gee ons u seën.
Bind ons in u genade aan U, o Heer,
en leer ons om met dade u Naam te eer.
L 532:2
Heer, wees vir ons ‘n Vader
wat sorg en sien.
Trek ons in Christus nader
om U te dien.
Laat, Heer, u Gees ons voorgaan,
laat Hy ons lei,
dat ons u Woord gehoorsaam,
ons aan U wy.
L 532:3
Leer ons mekaar vergewe,
mekaar vertrou.
Laat ons die hele lewe
op liefde bou.
Laat heers oor ons u vrede,
en bind ons saam.
Verhoor tog ons gebede
in Jesus Naam.
Stuur ons, Here,
stuur ons Here,
stuur ons Here,
in u Naam!
L 533:2
Gee ons krag, Heer,
gee ons krag, Heer,
gee ons krag, Heer,
in u naam!
L 533:3
Ons sal gaan, Heer,
ons sal gaan, Heer,
ons sal gaan, Heer,
in u Naam!
L 533:4
Thuma mina, thuma mina,
thuma mina, Somandla.
(Zoeloe)
5. Sendiyavuma, sendiyavuma,
sengdiyavuma, Somandla/Amandla.
(Xhosa)
6. Roma nna, roma nna,
roma nna, Modimo
(Sotho)
Stuur ons uit, Heer, (3x)
in u Naam!
Gee ons krag, Heer, (3x)
in u Naam!
Laat ons gaan, Heer, (3x)
in u Naam!
L534:1 (vervolg)
Thuma mina, thuma mina,
thuma mina, Somandla.
(Xhosa)
Seng'ya vuma, seng'ya vuma,
seng'ya vuma, Somandla.
(Zoeloe)
Roma nna, roma nna,
roma nna, Modimo
Staan deur u Gees, o Here,
die egpaar altyd by,
sodat hul, U ter ere,
hulself aan U kan wy.
L 535:1 (vervolg)
Bewaar hul teen die kwade,
die Bose wat verlei;
gee aan hul u genade
dat hul steeds trou sal bly.
L 535:2
Gee dat hul deur die lewe
mekaar tot hulp sal wees;
bo selfsug ook verhewe
en één van sin en gees.
Dit is u welbehae dat hul
in liefde woon;
plaas U oor al hul dae,
o Heer, 'n vreugdekroon.
Heer, ons bid vir hierdie egpaar:
Sterk hul liefde meer en meer.
Bind hul twee-heid tot 'n eenheid,
laat hul lewe tot U eer.
L536:2
Maak hul huis vir hul 'n tuiste vol geloof en vol gebed.
Laat hul ook in swaarder tye
vas vertrou dat U sal red.
L536:3
Maak in voorspoed hulle dankbaar
oor die seën wat U bring,
en as teëspoed oor hul pad kom
dat hul steeds oor U sal sing.
L536:4
Heer, omvou hul met u liefde
waar hul lewe heen mag lei.
Maak hul diensbaar en geduldig;
laat hul altyd in U bly.
Ons Vader, neem hul hande
en maak hul een.
Versterk u self die bande gee hul u seën.
Bind hul in u genade aan U, o Heer,
en leer hul om met dade
u Naam te eer.
L 537:2
Heer, wees vir hul ‘n Vader
wat sorg en sien.
Trek hul in Christus nader
om U te dien.
Laat, Heer, u Gees hul voorgaan,
laat Hy hul lei,
dat hul u Woord gehoorsaam,
hul aan U wy.
L 537:3
Leer hul mekaar vergewe,
mekaar vertrou.
Laat hul die hele lewe
op liefde bou.
Laat heers oor hul u vrede,
en bind hul saam.
Verhoor tog ons gebede
in Jesus Naam.
Heer Jesus, U was self 'n kind;
U laat U ook deur kinders vind.
O laat ons nooit u Naam vergeet
óns wat deur U Gods kinders heet.
L 538:2
O Here, maak ons harte rein,
beskerm, bewaar ons - ons is klein;
maak ons in liefde sterk en groot,
maak ons getrou tot in die dood.
L 538:3
O Heer, U gee u Woord en Gees
om ons tot lig en gids te wees.
Lei U ons veilig op die pad
en bring ons in die nuwe stad.
Tien meisies, met hul lampe,
wag op die bruidegom.
Vyf meisies was verstandig,
die ander gee nie om.
L 539:1 (vervolg)
Die bruidegom kon laat wees dit het hul skoon vergeet.
Die vyf met ekstra olie
was vir die wag gereed.
L 539:2
Tien meisies, met hul lampe,
word almal later vaak.
Al laer brand die vlamme.
Al tien raak aan die slaap.
Tot middernag, toe, skielik:
"Hier kom die bruidegom!"
Kry reg jul vreugdeligte.
Staan op, verwelkom hom."
L 539:3
Tien meisies met hul lampe
wag op die bruidegom.
Vyf meisies was verstandig,
die ander gee nie om.
Tien meisies met hul lampe -
net vyf was voorbereid.
Dié vyf vier vrolik bruilof
saam in Gods Koninkryk.
Onthou jul nog wie’t lank terug
die aarde goed gemaak?
Ons God en Vader wat nooit slaap,
wat altyd oor ons waak.
L 540 (vervolg)
Vir mossies sorg Hy dag na dag;
vir lelies in die vlei.
Vir óns het Hy sy Seun gestuur -
hoe lief het Hy vir my!
Ons bring aan U, Heer Jesus,
ons lof en dank en eer.
Ons wil U met ons lewe,
terwyl ons jonk is ,eer
L 541:1
Refrein:
Beheer ons hart en lewe,
o Here deur u Gees.
Laat al ons doen en late
vir U ‘n vreugde wees.
L 541:2
Ons wil U dien, Heer Jesus,
met ywer en met krag.
Help ons om as u kinders,
te doen wat U verwag.
Refrein:
Beheer ons hart en lewe,
o Here deur u Gees.
Laat al ons doen en late
vir U ‘n vreugde wees.
Jesus, ons loof U!
Jesus, ons prys U!
Laat ons met eng'le 'n loflied sing nie meer verlore; U is gebore!
Ontvang die dank wat ons U bring!
L 542:2
Jesus, ons loof U!
Jesus, ons prys U!
Neem U ons harte en maak dit rein
dat ons, gelowig, U dien met liefde
ontvang die lof van kinders klein.
Here Jesus, ek is klein,
maak U self my lewe rein.
Laat ek altyd van U leer,
laat ek grootword tot u eer.
L 543:1(vervolg)
O Jesus, neem my,
o Jesus, lei my,
o Jesus, sterk my
en vorm my tot u eer.
L 543:2
O Verlosser, maak my sterk;
vlytig om vir U te werk;
laat my tog gehoorsaam bly.
altyd gaan waar U my lei.
O Jesus, neem my,
o Jesus, lei my,
o Jesus, sterk my
en vorm my tot u eer.
L 543:3
Heiland, laat my nooit vergeet
dat U alles van my weet,
al is niemand ook by my,
sal U, Here, by my bly.
O Jesus, neem my,
o Jesus, lei my,
o Jesus, sterk my
en vorm my tot u eer.
Soos die voëltjies van die hemel
wat nie ploeg nie, saai of plant;
so ontvang ons elke dag weer
alles uit die Heer se hand.
L 544:2
Soos die skape in die weiveld
veilig by hul herder bly,
sorg die Heer, die goeie Herder,
in sy liefde ook vir my.
L 544:3
Dis die Heer wat alle lewe
veilig in sy hande hou.
Hy laat leef ons bly en dankbaar -
Hy versorg vir my en jou.
Jesus kom na Jerusalem toe –
sing hosanna!
Baie mense by die fees hoor
Hy kom hiernatoe.
L 545:1 (vervolg)
(A)Sing hosanna! (B) Sing hosanna!
(A+B) Sing hosanna! Loof die Heer!
(A)Sing hosanna! (B) Sing hosanna!
(A+B) Sing hosanna! Loof die Heer!
L 545:2
Jesus kom na Jerusalem toe sing hosanna!
Palmtakke in die hand
gaan hul Hom tegemoet.
L 545:2 (vervolg)
(A)Sing hosanna! (B) Sing hosanna!
(A+B) Sing hosanna! Loof die Heer!
(A)Sing hosanna! (B) Sing hosanna!
(A+B) Sing hosanna! Loof die Heer!
L 545:3
Jesus kom na Jerusalem toe sing hosanna!
Op 'n donkie ry die Heer
terwyl die mense roep:
L 545:3 (vervolg)
(A)Sing hosanna! (B) Sing hosanna!
(A+B) Sing hosanna! Loof die Heer!
(A)Sing hosanna! (B) Sing hosanna!
(A+B) Sing hosanna! Loof die Heer!
'n Man was van Jerusalem na
Jerigo op pad.
Die rowers het hom aangeval
en al sy goed gevat.
L 546:2
'n Priester het daarlangs gekom,
maar net verbygegaan.
Ook die Leviet het hom sien lê
en in sy pyn laat staan.
L 546:3
Maar toe het daar 'n vreemdeling
uit jammerte gestop.
Sy wonde is toe skoon gewas en
kry ook olie op.
L 546:4
Hy neem hom na die herberg toe
en haal twee munte uit.
Wanneer hy later weer daar kom,
betaal hy elke duit.
L 546:5
Nou wie van hierdie drie, dink jy,
het naastediens verstaan?
Die priester en Leviet het nie,
net die Samaritaan.
L 546:6
Het jy die storie mooi verstaan?
Wil jy vir Jesus dien?
Dan moet jy elke mens om jou ook
as jou naaste sien.
Alle volke klap jul hande;
juig tot eer van God
Verhef jul stem en roem sy Naam
in elke stad op aarde!
Refrein:
Sing en sing en sing dan saam
loof en prys sy grote Naam
want Hy is ewig Koning
in die hemel en op aarde
sing en sing en sing dan saam
loof en prys sy grote Naam
want die Hemelkoning
skenk ons Sy genade!
L 547:2
Hy is ewig Koning in die
hemel en op aarde!
Die volke kniel, die nasies juig
oor al Sy skeppingsdade
Refrein:
Sing en sing en sing dan saam
loof en prys sy grote Naam
want Hy is ewig Koning
in die hemel en op aarde
sing en sing en sing dan saam
loof en prys sy grote Naam
want die Hemelkoning
skenk ons Sy genade!
L 547:3
Ons gaan in sy woning in,
Hy roep ons almal saam
die skare juig en horings blaas,
ons almal roem sy Naam!
Refrein:
Sing en sing en sing dan saam
loof en prys sy grote Naam
want Hy is ewig Koning
in die hemel en op aarde
sing en sing en sing dan saam
loof en prys sy grote Naam
want die Hemelkoning
skenk ons Sy genade!
Ek weet Jesus lewe,
daarom is ek bly.
Selfs wanneer ek bang is,
weet ek Hy's naby.
L 548:2
Jesus is my koning
en van alles Heer,
ek kan Hom vertel van
al my pyn en seer.
L 548:3
Selfs wanneer ek stout is
of my sleg gedra,
sal Hy my vergewe
as ek Hom dit vra.
L 548:4
Ek weet Jesus lewe,
daarom is ek bly.
Ek is nooit alleen nie,
Hy is saam met my.
Daar's vissies in die water,
kyk hoe swem hul rond;
daar's voëltjies in die lug
en daar's diere op die grond;
L 549 (vervolg)
daar's blomme in die velde,
daar's riete in die vlei.
Wie sou dit al's gemaak het?
Die Here, ja, dis Hy!
Twee ogies om Gods werk te sien;
twee handjies om die Heer te dien;
twee oortjies om sy Woord op te vang;
twee lippies wat Hom loof met sang;
twee voetjies moet sy pad betree
met één hartjie om aan Hom te gee.
Jesus nooi die kindertjies:
"Almal, kom na My".
Elkeen wat na Hom toe kom,
ontvang en seën Hy.
L 551:2
Jesus nooi die kindertjies:
niemand is te sleg.
Hy leer hul om Hom te dien
en neem hul sonde weg.
L 551:3
Jesus nooi die kindertjies,
almal kan maar kom;
elkeen wat Hom liefhet,
is die Heer se eiendom.
L 551:4
Jesus nooi hul almal uit:
almal is gelyk.
Dié wat soos 'n kindjie word,
kom in sy koninkryk.
Liewe Vader, ek sê dankie
vir die wêreld rondom my:
want die hemel en die aarde
het ons al's van U gekry.
L 552:2
Liewe Vader, ek sê dankie
vir die lewe rondom my:
Al die blomme en die diere
het hul prag van U gekry.
L 552:3
Liewe Vader, ek sê dankie
vir die mense rondom my:
Al my maatjies en familie
wat in liefde by my bly.
L 552:4
Liewe Vader, ek sê dankie
dat ek soveel van U kry:
Maar die grootste is u liefde
wat ook in my hart kom bly.
Ek is bly ek ken vir Jesus,
ek is bly ek is sy kind.
En ek bly my hele lewe
aan die Here vasgebind.
L 553:1 (vervolg)
Ek is bly ek het 'n Bybel
dat ek elke dag kan lees –
Kinders van die Here
het niks om voor bang te wees. (2x)
Ek is bly ek ken vir Jesus,
ek is bly ek is sy kind.
En ek bly my hele lewe
aan die Here vasgebind.
L 554 (vervolg)
Ek is bly ek het 'n Bybel
dat ek elke dag kan lees –
Kinders van die Here
het niks om voor bang te wees. (2x)
Ek kniel hier in die oggendlig
en soek, my God, u aangesig;
maak, Heer, vir my ook hierdie dag,
as U so wil, vol lig en prag!
L 555:2
Bevestig self my handewerk.
En my geloof, maak U dit sterk.
Laat ek nie wegskram van my plig,
of telkens voor versoeking swig.
L 555:3
Ek wy aan U dié nuwe dag
en dank U, Heer, vir lewenskrag.
Ek sal my Heiland bly verwag,
want weldra, weet ek, kom die nag.
Vervul my hart met dankbaarheid
waar ek nou tot U nader
verkwik deur u weldadigheid,
kom ek tot U, my Vader.
L 556 : 1(vervolg)
Hoe juig my hart ’n danklied uit
vir hierdie nuwe hede;
my eerste lied is dankbaarheid,
u lof my eerste bede,
u lof my eerste bede.
L 556: 2
O Skepper van die groot heelal,
en deur u Seun my Vader;
ek wil in swakke mensetaal
eerbiedig tot U nader.
L 556: 2 (vervolg)
Ek wy aan U die nuwe dag
en steun op u genade;
en wat daar ook al op my wag,
ek loof u goeie dade,
ek loof u goeie dade.
Hoor, Heer, ons aandgebede!
Die velde lê in vrede.
Die dag is nou verby.
O hoor ons dankgesange!
Die aand bring dié verlange
dat U, o Heer, by ons sal bly.
L 557:2
Ons lê voor U ons sorge,
en alle wat verborge
so swaar op harte druk.
O Bron van heil en lewe,
wat al ons skuld vergewe,
U gee ons vrede en geluk.
L 557:3
Bedek ons met u vlerke,
o God, Getroue, Sterke;
hou vaderlik die wag.
Ons sluit getroos ons oë,
ons ken u alvermoë:
U waak oor ons die hele nag.
O grote Christus, eewge lig,
niks is bedek vir u gesig;
u lig bestraal ons waar ons gaan al skyn geen son, al lig geen maan.
L 558:2
Toon ons u goedheid en u mag
deur u beskerming in die nag;
wees U ons skild teen leed en ramp,
beskerm ons brose lewenslamp.
L 558:3
Gee ons gemoedsrus vir die nag,
soos mense wat u koms verwag;
laat ons in die vertroue leef
dat u ons al ons skuld vergeef.
L 558:4
O Vader, laat u liefde ons lei;
o Seun, staan ons genadig by;
o Gee, wil ons in waarheid leer;
drie-enig' God, ons sing u eer.
Die dag wat U in guns gegee het,
is weer verby, net soos ons taak,
en dankbaar kom ons lofgebede
tot U wat lig én donker maak.
L 559:2
Soos wat die een dag vir die ander
'n loflied oor u grootheid sing,
so kan u kinders, Hemelvader,
aan U voortdurend hulde bring.
L 559:3
Voortdurend klink die dankgesange,
die smeekroep en die lofgedig
tot U, die God van ons verlange,
wat ewig woon in helder lig.
O Heer, wat U in guns oor my ontferm,
wil U my in die nag ook beskerm.
Bewaar my, Heer, van skade.
Gee, ná die nag, 'n nuwe dag
en skenk my ryklik u genade.
L 560:2
Heer Jesus, U't my veilig voortgelei U is nie ver nie, U staan my by.
U maak my vry van sorge.
U laat my rus; ek weet gewis:
Ek is met U in God geborge.
L 560:3
O Gees, U skenk u rus in my gemoed;
ek is verlos deur Jesus se bloed.
Ook eenmaal is my lewe
op aard' verby. Dan wy ek my
aan U vernuut, verlos, vergewe.
Dis stil hier in die skemer
asof die goeie Gewer
'n kleed oor alles sprei.
Ek self word nou ook rustig,
wil my in God verlustig:
ek kan my in sy sorg verbly.
L 561:2
O Heer van mededoë,
gee my verligte oë
dat ek u heil mag sien!
Soms vrees ek, Heer, die duister...
Spreek U en ek sal luister
en leer my hoe om U te dien.
Aan U, o God, my dankgesange
U wil ek in my aandlied prys!
Al kwyn die sonlig teen die hange,
u lig, my Lig, sal hoër rys.
L 562:1(vervolg)
U het my met u guns versadig
en as 'n vader my beskerm;
met seëninge, so milddadig,
U dag en nag oor my ontferm.
L 562:2
By U laat ek met stil vertroue
al my bekommernis vannag;
u Gees sal my in dié vertroue
ook voortlei in die nuwe dag!
U self stel aan die Bose perke;
U het ons vir u diens bevry.
Laat doen ons, Heer, die goeie werke
deur Jesus vir ons voorberei.
L 562:3
Dank, Vader, dank vir u genade
dis onverdiende guns alleen!
Beoordeel U na reg my dade,
waar sal ek skuil, waar vlug ek heen?
Maar nee, ek mag, ek wil nie vrees nie,
U spreek my vry om Jesus bloed;
ek sal nie meer bekommerd wees nie
in Hom is rus vir my gemoed.
L 562:4
Ek weet aan wie'k my toevertrou het,
al wissel dan ook dag en nag;
ek ken die Rots op wie'k gebou het,
van wie ek al my heil verwag.
Eens aan die einde van my lewe
sal ek, van dood en sonde vry,
vir al u seën en goedheid, Here,
U nuut my dank- en loflied wy.
Aan U, o God, my dankgesange —
U wil ek in my aandlied prys!
Al kwyn die sonlig teen die hange,
u lig, my lig, sal hoër rys (3x)
L 563:2
U het my met u guns versadig
en as ’n vader my beskerm;
met seëninge, so milddadig,
U dag en nag oor my ontferm, (3x)
L 563:3
Ek weet aan wie’k my toevertrou het,
al wissel dan ook dag en nag;
ek ken die Rots op wie’k gebou het,
van wie ek al my heil verwag, (3x)
L 563:4
Eens aan die einde van my lewe
sal ek van sorge en moeite vry,
vir elke dag my hier gegewe
U hoër, reiner loflied wy, (3x)
Kyk, die dag is nou verby
en die nag kom nader.
"Laat jul sorge nou by My" so sê God ons Vader.
Hoed my as ek my gaan neerlê,
grote God, wat altyd waak.
O, beskerm my deur u Almag
as die kwade my genaak.
L 565:2
O, vergeef my al my sondes,
dan lê ek my hofie neer.
Dood of hel sal ek nie vrees nie
want U is my rotssteen, Heer.
L 565:3
Neem my ouers en my vriende
in bewaring hierdie nag.
Môre dank ons U vir goedheid -
gawe van 'n nuwe dag.
Hou oor my vannag u hande,
grote God, wat altyd waak.
Laat my rus in u beskerming
as dit donker om my raak.
L 566:2
Heer, vergeef my al my sondes;
maak my hart opnuut weer skoon:
Dan sal ek geen onheil vrees nie dan sal vrede in my woon.
L 566:3
Neem ons huis, ons vriende, almal,
in bewaring deur die nag.
Môre dank ons U vir goedheid gawe van ‘n nuwe dag.
Die dag wat U, o Heer, gegee het,
is nou verby, die nag kom aan;
soos U ons môrelied ontvang het,
neem nou ons naggebed ook aan.
L 567:2
Dieselfde son wat hier aan't kwyn is,
bring oor die see weer oggendlig voortdurend klink deur mensestemme
'n bede of 'n lofgedig.
L 567:3
Soos sonder einde son en skemer
steeds om die hele aarde gaan,
so sing en bid ons broers en susters
waar hul ook al voor U kom staan.
L 567:4
Ons dank U, Heer, dat U nie slaap nie,
by U bly dit voortdurend dag;
terwyl dit donker hier by ons is
hou U deur heel die wêreld wag.
L 567:5
U trou staan vas - net aardse ryke
laat onderdane in die steek;
U ryk brei uit en groei voortdurend
tot u Dag groots in glorie breek.
Heer, gee vandag ons dag se brood U staan ons by in al ons nood,
ook wanneer ons so gou vergeet
dat U ons dag se brood uitmeet.
L 568:2
Heer, seën tog vandag se brood
en laat ons ander help in nood,
laat ons bereid wees om te deel
want U gee altyd weer so veel.
L 568:3
Heer, U is self die lewensbrood U deel Uself uit in u dood,
U het ons selfsug so vergeef,
nou kan ons uit u liefde leef.
Alle oë wag op U,
o Here, en U gee wat
ons benodig, Heer, op die regte tyd. U
open u milde hande
en skenk soveel guns
aan al wat lewe, uit groot genade. Amen.
Ure, dae, maande, jare
skuif soos skadu's stil verby.
Niks sal met die loop van jare
onveranderd hier kan bly.
L 570:1 (vervolg)
Soos die gras, so is ons dae;
soos 'n blom verwelk die mens:
U stel na u welbehae
aan ons leeftyd hier 'n grens!
L 570:2
Vader, U troos ons in smarte
selfs ook as U ons bestraf.
U, die kenner van ons harte,
lei ons deur die dood en graf.
Al verander als op aarde,
u verbond hou ewig stand.
Ewig rus ons in u vrede,
veilig in u vaderhand.
Here, hoeveel blye dae
vloei soos strome kalm en rein,
sonder kommer, sonder klae,
vol van vreugde en sonneskyn!
L 571:1 (vervolg)
Word ek soms gekwel deur lyding,
wil ek kla oor u kastyding,
weet ek dis van korte duur
uit my vreugde, net 'n uur.
L 571:2
Skenk U nie in u ontferming
meer as wat ek ooit verwag?
Leef ek nie in u beskerming,
in u liefde elke dag?
Gee U my nie duisend kere,
onverdiend u seën, Here?
Selfs al moet ek leed verduur,
bring dit seën op die duur.
L 571:3
Van die velde, uit die strome,
uit die dieptes van die see,
uit die wolke, van die bome,
deel U milde seën mee.
Jaar en maand en dag en stonde,
elke vlugtige sekonde
het u liefde en u trou
steeds oor my die wag gehou.
L 571:4
As u guns ons hier benede
sóveel lewensvreugde bied,
watter saligheid en vrede
sal ons eens by U geniet
as ons deur u gees se leiding,
met die diepste hartsverblyding,
van U, Heer, ontvang die kroon,
voor u heil'ge hemeltroon!
Heer, soms word ek ongeduldig
as ek meen ek ly onskuldig;
maar dan sien ek dit tóg in
as ek oor u werk besin:
L 572;1 (vervolg)
die fondasies van die aarde,
sterre, diere - al u dade laat u ondeurgrondlikheid
blyk uit u voorsienigheid.
L 572:2
As dié raaisel my nie kwel nie,
en my hart nie eens ontstel nie dan kan ek, van U bewus,
ook in eie lot berus.
Net in u gemeenskap, Here,
digby U vind ek die vrede.
Net U self, net U alleen,
het ek nodig as my steun.
L 572:3
Heer, te midde van my lyding
is ek dankbaar vir die tyding:
U is nie in majesteit
of in glorie opgesluit.
U het self gevoel wat seer is
in 'n hart wat omgekeer is.
Ek glo aan die medely
wat U ondervind vir my.
Ruwe storme breek in woede,
alles om my heen is nag.
Tog hou God my in sy hoede Hy hou oor my heil die wag.
L 573:1 (vervolg)
Kan ek soms sy hulp nie sien nie,
of sy liefde ooit verdien nie
sal sy Gees my altyd lei –
Hy staan my in alles by.
L 573:2
Jesus Christus het gesterwe
het verrys, verrys vir my;
Hy't sy vrede my laat erwe,
deur sy offer is ek vry.
Hy wat intree by die Vader
trek my in sy liefde nader;
in ontferming oor my lot
staan Hy in my plek voor God.
L 573:3
Wat my tref in dood of lewe;
watter teenspoed op my wag,
Jesus sal my nooit begewe –
is ek swak, by Hom is krag.
Niks wat ek op aarde ly nie
kan my van sy liefde skei nie:
Hoogte, diepte, vreugde, rou –
niks ontruk my aan Gods trou!
'n Skare stroom van oral saam,
kom soek genesing, troos by Hom.
Mense noem oraloor dié Naam,
praat oor sy dade, huldig Hom.
L 574:2
Na U, Heer Jesus, kón hul gaan
met sonde, siekte, smart en vrees.
So liefdevol oor hul begaan,
het U vergeef, vertroos, genees.
L 574:3
Wanneer óns kragte, Here, kwyn,
bring óns ook al ons leed na U.
Ons soek genesing van ons pyn,
ons sondenood lê ons voor U.
Wie op die Heer vertrou in lyding
en op Hom steun, selfs in gevaar,
is deur Hom seker van bevryding
en van sy redding: ewig, waar.
Wie op die Here God vertrou,
het séker nie op sand gebou.
L 575:2
Bly op die Heer vertrou in lyding
en wees voor Hom ootmoedig stil.
Maak op Hom staat vir hulp en leiding;
soek biddend na sy sin en wil.
Wie op die Here God vertrou,
het séker nie op sand gebou.
L 575:3
Leef daagliks dankbaar en tevrede
en bly op God se wil bedag:
Hy hoor ons dank- en smeekgebede
en seën ons as ons biddend wag.
Wie op die Here God vertrou,
het séker nie op sand gebou.
Moet jy stry teen moeilikhede,
kind van God, vertrou op Hom;
Hy beantwoord jou gebede;
Hy ken jou omstandighede.
Hy omskep jou smart in vreug;
jy kan jou in Hom verheug.
L 576:2
Bou in kommervolle dae
al jou hoop op Hom alleen;
Hy hoor al jou sugte en klae.
Hy ken al jou angs en vrae
deur die swaarste teenspoed heen Hy kan help, ja, Hy alleen.
Die Heer, my herder, sorg vir my,
Hy laat my rustig wei;
langs waters waar daar vrede is,
sal Hy my veilig lei.
L 577:2
Die Heer gee my weer nuwe krag
en Hy sal met my gaan;
Hy lei my op die regte pad
ter ere van sy Naam.
L 577:3
Al lê daar donker dieptes voor,
tog hoef ek nie te vrees,
want U's by my, en in u hand
sal ek steeds veilig wees.
L 577:4
U maak vir my 'n fees gereed
terwyl my vyand kyk.
U maak van my 'n eregas;
U maak my lewe ryk.
L 577:5
Net goedheid, liefde, lewenslank,
gee U, o Heer, vir my;
by U's ek tuis, en in u huis
sal ek vir ewig bly.
Jesus wat my lief het, Heer,
laat my veilig by U skuil.
Kyk, die waters, wind en weer
dreig en ruk en trek my neer!
L 578:1(vervolg)
Help my, Heiland, ag, ek vrees!
Hoor die woeste winde huil!
U beskerm my swakke vlees
laat my lewe vrede wees!
L 578:2
Ek kom na U, hulpeloos.
Daar's geen ander toevlug nie.
Kléin is my geloof en bróós,
maar ek weet: Net U kan troos.
O my Heiland, U sal hoor!
U sal my teen kwaad beskut.
Deur die duister gaan U voor
as ek telkens moed verloor.
L 578:3
Jesus wat my liefhet, Heer,
ek vind by U vrede, rus.
Druk my sorge my soms neer,
word ek méér van U bewus.
U's die rots waarop ek bou
al kom voor- en teëspoed.
U sal ek voor oë hou
selfs in storm of watervloed!
Ons harte is verheug dat God,
beskikker van ons deel en lot,
ons lewe in sy hande hou Hom kan ons alles toevertrou.
L 579:2
Hy wat sy eie weg wil gaan,
sien dwaallig soms vir sterre aan,
en as die skynsel hom bekoor,
dan dwaal hy van die regte spoor.
L 579:3
God ken alleen die regte pad
wat uitloop op die hemelstad;
Hy weet of voor- of teëspoed
die beste is vir ons gemoed.
L 579:4
Waar niemand anders help, help Hy;
as mense wyk, staan Hy ons by.
in rus en vreugde, nood en stryd
bly Hy dieselfde deurentyd.
L 579:5
As ons die doodsvallei betree,
kan selfs ons beste vriend nie mee,
maar Hy, die troue Vriend in nood,
Hy bly by ons deur graf en dood.
L 579:6
Kom, tree ons dan bemoedig voort;
die Here rig ons deur sy Woord.
Al lei ons pad deur smart en vrees,
sal ons nie meer kleinmoedig wees.
Rus, my siel, jou God is Koning,
oral voer Hy heerskappy.
Alles wissel hier op aarde,
onveranderlik is Hy.
L 580:2
Met die kom en gaan van jare
soos die deinings van die see,
wissel alles op die aarde -
wissel mensewaardes mee.
L 580:3
Elke mens soek na vervulling,
soek met ywer dag na dag,
maar die soeke bring geen rus nie -
laat ons dus op Christus wag.
L 580:4
Rus, my siel, jou God is Koning,
leef tevrede uit sy hand;
wát ons tref in hierdie wêreld,
niks verbreek sy liefdesband.
O Heer, my God,
ek leef uit u ontferming.
U is my toevlug, U bied my beskerming.
Net U bepaal my lewenslot.
L 581:2
In donker nag ervaar ek u nabyheid.
U Woord bring vrede,
vastigheid en vryheid.
By U vrees ek geen bose mag.
L 581:3
Waar ek mag gaan,
daar is u liefde by my.
Selfs in my lyding weet ek: U bevry my.
U laat my veilig by U staan.
L 581:4
Heer, dink aan my
wanneer my einde nader.
Ek is u kind, hou my tog vas, my Vader.
U Seun het ook vir my gely.
Bly by my, Heer,
terwyl die skemer daal;
laat steeds u lig my
lewenspad bestraal!
L 582:1 (vervolg)
Daar is geen ander hulp
of troos vir my
Hulp van die hulpelose,
bly my by!
L 582:2
My lewensdag begin alreeds te kwyn;
sy vreugde en sy glans is aan verdwyn;
die tyd laat niks hier onveranderd bly
o Heer wat nooit verander,
bly my by!
L 582:3
U wat ons nooit verlaat nie, goeie Heer,
weet om met swakke mense te verkeer.
Gaan pyn en lyding soms
bo my verstand,
weet ek U hou, onwrikbaar,
nog my hand.
L 582:4
U bystand is so kosbaar elke uur;
deur u genade leer ek leed verduur.
Waar is daar ooit 'n beter lig te kry?
U Gees bly immer
ons onfeilbaar by.
L 582:5
Gou daag die lig; die nuwe aarde bly
van alle sonde, dood en smarte vry!
Dood, wie sou skrik?
Graf, wat sou my laat beef?
My toekoms is gewis,
want Jesus leef!
U het ek lief, U roep ek aan!
Na wie toe anders sal ek gaan
in al my donkerhede?
Dis U wat lewenswoorde spreek,
U is die brood vir my gebreek -
net U gee my weer vrede.
L 583:1 (vervolg)
Ek wil met Petrus saam bely:
U is die Christus ook vir my.
Verlosser, Heiland, Lam geslag,
o Vors van vrede, lank verwag,
U roep ek aan, o Jesus Heer!
U sal ek eer.
U sien op my in liefde neer.
L 583:2
Ag, Heer, laat eng'lehande my
wanneer ek sterwe, juigend bly
gelei tot in u woning!
Die liggaam keer tot stof en puin,
tot met die klank van die basuin,
en U weer kom as Koning!
L 583:2 (vervolg)
Dan staan ek op, deur U gewek,
dan word u heerlikheid ontdek
waar U, in majesteit getroon,
vir ewig onder eng'le woon!
Ek roep U aan, o Jesus, Heer!
U sal ek eer.
Sien in genade op my neer!
Ons sien die tekens van die tyd;
Hy kom, Hy kom,
die Regter!
Hy kom in krag en heerlikheid
L 584:1 (vervolg)
en eis van al sy knegte
verslag van hulle werksaamheid.
Die Regter prys die troue kneg,
maar oordeel tref die slegte.
L 584:2
U glans verskyn bo elke kruin,
die ganse aarde bewe.
Die dooies sal by die basuin
ontwaak, verrys, herlewe!
En die wat leef op daardie dag
sal in een ooblik deur Gods mag
hernu word en verander.
L 584:3
Getroue Heiland staan my by -
my waarborg is u sterwe.
U spreek my van die oordeel vry,
dat ek u heil mag erwe.
Ek twyfel nie, U het voldoen...
Die bloed van Golgota versoen;
bedek my baie skulde.
L 584:4
Die Regter kom! Gods kinders wag
met vreugde op die tyding.
O kom! Want ook die skepping smag
na redding en bevryding.
Ja kom! Ons roep dit vroeg en laat:
Verlos ons, Heer, van alle kwaad
en maak ons heilig. Amen.
O Jesus, laat ons nooit vergeet
dat U wat alles van ons weet
sal oordeel oor ons hele lewe.
U sien ons hart by elke daad,
L 585:1 (vervolg)
U ken ons liefde en ons haat,
deurskou ons wense en ons strewe.
Al wat verborge is, word lig
wanneer dit kom voor u gerig.
L 585:2
As Middelaar mag ons U sien,
al het ons niks van U verdien,
U wat ons skuld by God betaal het.
Ons mag gelowig op U bou,
ons toekoms aan U toevertrou,
U wat vir ons die kroon behaal het.
Ons kom nie in die oordeel meer -
leef uit die vryspraak van ons Heer.
L 585:3
So word u wederkoms ons hoop,
u liefde sluit die toekoms oop,
u Gees herskep ons wil en strewe.
Ons oë bly op U gerig
voor Wie die duisternis moet swig -
U is die waarheid en die lewe.
Ons harte juig: die Heer kom weer!
Kom Jesus, ja, kom spoedig, Heer
Hef op jul hoofde, vromes;
verlostes, wees verbly!
Die Heer wat op die troon is
kom weer in heerlikheid.
L 586:1 (vervolg)
Hy kom, en daardie dag
sal heel die aarde bewe.
Maar hul sal juigend lewe
wat nou reeds op Hom wag.
L 586:2
Eenmaal in knegsgestalte
was Hy al hier gewees 'n Kind wat in 'n stal was,
en deur 'n vors gevrees.
Die wyses volg die lig
en bring aan Hom die hulde.
Sy bloed betaal ons skulde
voor God se aangesig.
L 586:3
Hy kom nie weer as kindjie
na Betlehem se stal.
Hy kom nou as oorwinnaar
en met basuingeskal!
As regter daal Hy neer.
Sy troon is haelwit wolke.
En oor verloste volke
sal Hy alleen regeer.
"Kyk, Hy kom!" Wag, laat ons luister -
vanaf die mure, deur die duister
roep wagters met 'n luide stem:
"Kyk, Hy kom! Hy kom! Die Koning!
Ontwaak! Ontwaak! Elk in sy woning.
L 587:1 (vervolg)
Verbly jou, o Jerusalem!
O neem jul lampe, kom,
Hy's daar, die Bruidegom!"
Halleluja!
Ons gaan Hom groet, (2x)
Ons gaan Hom juigend tegemoet.
L 587:2
Sion, hoor die feesgesange!
Ons hart klop bly en vol verlange;
van vreugde blink ons aangesig.
Kyk, die dag breek oor die kruine!
L 587:2 (vervolg)
Ons hoor die klank van feesbasuine -
Jerusalem se nag word lig.
Hy daal na ons toe neer,
Gods Seun en onse Heer.
Halleluja!
Hy kom ons haal, (2x)
Ons vier met Hom die bruilofsmaal.
O God van hoop, gee ons u vrede,
leer ons soos kinders op U wag.
Ons wil in stryd en moeilikhede
van U alleen ons heil verwag.
L 588:1 (vervolg)
As ons geen weg meer verder sien nie,
help ons om net op U te bou
wat onaantasbaar vas en seker
u woord en u beloftes hou.
L 588:2
Ons het 'n hoop wat oor die einde,
oor sterwensuur en graf heen reik.
Dis onaantasbaar vas en seker
as alle aardse dinge wyk.
Ons het 'n toekoms saam met Christus -
die einde is maar die begin.
Die dood is oorgang tot die lewe:
ons woon by God vir ewig in.
L 588:3
Nooit kan geloof te veel verwag nie,
want God bly aan sy Woord getrou.
Geen grense is daar aan sy mag nie,
Hy sal al sy beloftes hou.
Die hoop op Hom vervul ons lewe,
laat ons die koninkryk verwag,
totdat die volheid van sy vrede
nuut deurbreek op die laaste dag.
Verheerlik aan Gods regterhand
regeer sy Seun as koning.
Daar in die nuwe vaderland
maak Hy vir ons 'n woning.
L 589:2
Van dáár sal Hy as regter kom
kniel neer, o al wat lewe!
Voor Hom sal mensewoord verstom;
sal elke skepsel bewe.
L 589:3
Hy kom, en bring vir elk sy loon;
kom luister, alle volke!
Met eer en heerlikheid gekroon,
kom Hy weer met die wolke.
L 589:4
Hy oordeel, en verlostes juig:
Dié regter is ons Here!
Met jubeling sal hul getuig:
Vrees God, gee Hom die ere!
L 589:5
Vertel aan almal van sy werk:
Die wederkoms kom nader!
Getuig van Hom, werk fluks en sterk
in diens van God, die Vader.
Het jy gehoor dat eenmaal
hier alles nuut sal staan?
Dat Jesus by sy weerkoms
die dood finaal verslaan?
L 590:1 (vervolg)
‘n Nuwe aarde, hemel
verskyn met God se seën.
Het jy gehoor en glo jy
selfs deur jou twyfel heen?
L 590:2
Het jy gehoor van Jesus,
van lewe uit sy dood?
Het jy gehoor, vertrou jy
Hom in jou diepste nood?
Weet dan, geen bose magte
kan jou aan Hom ontruk.
Op dié geloofsverwagting
skenk God volmaak geluk.
Die boekrol in Gods
regterhand is sewe keer verseël,
dis vol geskryf aan elke kant
met oordeel én met seën;
maar niemand kan die seëls breek!
Wie sal die boek van God laat spreek?
L 591:2
'n Leeu kom uit die Juda-stam,
voortreflik, soos 'n koning.
Hy staan daar as geslagte Lam
en so bring Hy oorwinning -
Hy het ons met sy bloed gekoop;
Hy neem die boek en maak dit oop.
L 591:3
Sing almal, sing die nuwe lied
van Jesus se oorwinning;
bring aan Hom lof en heerlikheid
en prys Hom in aanbidding:
U het ons met u bloed gekoop –
U sterwe breek 'n toekoms oop!
Die boekrol, Lam van God,
beskryf die gang van lewe.
Dit laat Gods plan ontvou –
sy heerskappy verhewe.
L 592:1(vervolg)
U het met bloed betaal,
ons losgekoop, versoen –
as konings moet ons heers,
u Naam as preisters noem.
L 592:2
Die bruilof, Lam van God,
laat juig ons: Prys die Here!
U het u bruid kom haal,
geklee in spierwit klere.
U het die fees berei
sodat ons reeds kan sing
as gaste aan u maal –
U ewig hulde bring.
Om ons bly die skepping
sug in die pyne van verwagting,
uit die berge, bome, lug
klink die krete van versmagting:
maak u aarde vry, o Heer,
alles nuut, net tot u eer!
L 593:2
Ons in wie die Gees reeds woon,
sug en smag ook in óns lyding,
maar ons weet dat God sal toon
wie geroep is tot bevryding.
Nou reeds weeg die heerlikheid
meer as die verganklikheid.
L 593:3
Ook die Gees sug met ons saam,
in en deur ons, sonder woorde;
pleit vir elkeen by die naam,
vir die kerk in alle oorde.
God laat als ten goede werk
vir sy skepping en sy kerk.
Ná ons bestaan in tyd en ruimte,
waar alles om ons kwyn en slyt,
maak God die aarde en die hemel
weer eendag nuut, in heerlikheid.
Volmaak staan alles skitterskoon;
God Self kom ewig by ons woon.
L 594:2
Al het gelowiges op aarde
hul vreugde, vrolikheid, plesier dis tydelik en onvolkome
teen wat ons eendag bly sal vier.
Verlangend na die Bruidegom
roep Gees en bruid: Ja, Here, kom!
L 594:3
Dán volg die volle openbaring
van wat ons hier nie kon verstaan;
dáár sien ons duid'lik die verklaring
waar ons nog nou verbysterd staan.
Verwonderd vier verlostes fees:
God sal in almal alles wees.
Ons wag op U, o Seun van God,
ons wag op u verskyning!
Ons sien die vyeboom al bot
die winter se verdwyning!
Wie in U glo en op U hoop,
soek nêrens meer ontvlugting
"Kom, Heer" is ons versugting.
L 595:2
Ons wag, ons weet U kom gewis,
ons hoor van krygsgerugte.
As alles eers vernuwe is,
verdwyn ons angs en sugte.
U sal regeer, U is die Heer.
U koms is ons behae.
Kom, dag van alle dae!
Ons sien vooruit na daardie dag
wanneer ons Here weer sal kom;
volhardend bly ons op Hom wag die Koning van die Christendom!
L 596:2
Wees wakker, bly voortdurend waak die einde het alreeds begin;
beywer jou vir God se saak -
die tyd raak kort, die ure min!
L 596:3
Ons kyk vooruit na daardie dag
wanneer ons Here weer sal kom;
die laaste skemer van die nag
sal wyk, finaal verdryf deur Hóm!
Dié met helder witte klere
staan daar voor die Heer se troon.
Voor die hoë God en Here,
dáár verskyn hul wonderskoon.
Wie is hul, en waarvandaan?
Hoe kan hul so stralend staan?
L 597:2
Dié ontelbaargrote skare,
so vol vreugde om die Lam,
kom uit alle volke, nasies,
elke taal en elke stam
met hul klere rein gewas
en bevry van elke las.
L 597:3
Hulle het as martelare
eens met woord en daad getuig,
daarom dat hul, hart en hande,
nou met vreugdesange juig.
Uit verdrukking kom hul in;
met die Lam het hul oorwin.
L 597:4
En geen honger, dors of hitte
sal hul ooit weer smart laat ly.
En die Lam is hul verkwikking,
sodat, in Gods heil verbly,
en met trane afgevee,
hul aan Hom die eer kan gee.
L 597:5
Wonderbaar is u beskutting
as ons lewe in u vrees!
In u waarheid is bevryding,
Vader, Seun en Heil'ge Gees.
Hou ons tot u lof bereid,
nou en tot in ewigheid!
Die mens het destyds op die aarde
'n hoë toringwerk gemaak hul wou die mensdom so vergader
om selfs die hemel aan te raak.
Toe oordeel God: "Jul sal moet trek,
ver weg van hierdie plek!"
L 598:2
Die Christus het verskyn op aarde
en aan 'n timmerwerk gehang,
om so vir elke sondedader
die straf en skulde op te vang.
Juis dít sal tot verlossing strek:
Hy neem die mens se plek.
L 598:3
Die Heer het destyds nog op aarde
belowe dat Hy weer sal kom.
Maar eers vertrek Hy na die Vader
om woonplek te berei by Hom:
"Vir julle is dit goed dat Ek
verwyl in God se plek."
L 598:4
Vir ons wat lewe op die aarde
het só 'n nuwe hoop ontstaan.
Die goddelike toekoms nader
vir ons om ewig in te gaan:
'n bruilofstafel klaar gedek,
'n troon, 'n koningsplek!
As Hy weer kom, as Hy weer kom
kom haal Hy sy kinders;
al sy kinders wat in Hom glo,
om by Hom te wees.
Refrein :
Ja ons wag op die Here,
en ons sing tot sy ere.
Ja, Hy kom weer verseker
om ons te kom haal.
L 599:2
By die Vader, By die Vader,
maak Hy vir my woonplek;
sodat almal wat in Hom glo
ook by Hom kan wees
Refrein:
Ja ons wag op die Here,
en ons sing tot sy ere.
Ja, Hy kom weer verseker
om ons te kom haal.
L 599:3
Hy’s die Weg en Hy’s die Waarheid,
die Lewe vir elkeen;
sodat almal wat in Hom glo
vir ewig sal leef!
Refrein:
Ja ons wag op die Here,
en ons sing tot sy ere.
Ja, Hy kom weer verseker
om ons te kom haal.
Die heiliges, beklee met heerlikheid
staan voor u troon,
verlos van aardse stryd.
Hul prys u Naam, o Here, deurentyd.
Halleluja! Halleluja!
L 600:2
U was hul rots, hul vesting en hul krag;
U was hul gids, hul lig in donker nag.
U was hul skuiling tot die nuwe dag.
Halleluja!
Halleluja!
L 600:3
Verby die dood het God ons lot bepaal,
na aardse stryd kom Hy
ons huis toe haal
Hy is ons Lig as skadu's oor ons daal.
Halleluja! Halleluja!
Dié wat die Here wil dien,
húl het ’n nuwe toekoms.
Swaarkry vir altyd verby God laat hul vreugde sien.
L 601:1 (vervolg)
Stil maar, wag maar, alles word nuut die hemel en die aarde!
Stil maar, wag maar, alles word nuut die hemel en die aarde!
L 601:2
Gister se seer is verby,
gister se stryd vergete.
Wolwe en lammers wei saam,
vrede sal altyd bly.
Stil maar, wag maar, alles word nuut -
die hemel en die aarde!
Stil maar, wag maar, alles word nuut -
die hemel en die aarde!
L 601:3
Gister se seer is verby,
gister se stryd vergete.
Wolwe en lammers wei saam,
vrede sal altyd bly.
Stil maar, wag maar,
alles word nuut die hemel en die aarde!
Stil maar, wag maar, alles word nuut die hemel en die aarde!
L 601:4
Elkeen wat dors het, mag kom;
drink die fontein se water.
God kom dan self by ons woon.
Ons is ’n volk vir Hom.
Stil maar, wag maar, alles word nuut die hemel en die aarde!
Stil maar, wag maar, alles word nuut die hemel en die aarde!
L 601:5
Voordat ons roep, sal Hy weet,
Hy sal gebede antwoord.
Hy hoor ons harte se nood
voordat ons nog kan smeek.
Stil maar, wag maar, alles word nuut die hemel en die aarde!
Stil maar, wag maar, alles word nuut die hemel en die aarde!
Ek sien 'n nuwe hemel kom,
'n aarde nuut en vry.
Die see en al wat skei, verdwyn.
God self kom by ons bly.
L 602:2
Die nuwe stad, Jerusalem,
daal uit die hemel neer;
skoon soos 'n bruid in heerlikheid geliefde van die Heer.
L 602:3
Die Heer droog al die trane af,
verby is droefheid, dood.
Ja, pyn en smart wyk uit die hart ons moeite, angs en nood.
L 602:4
"Kyk, Ek maak alles nuut", sê God.
"Laat hom wat dors het, kom.
En hy sal vind hy is my kind;
Ek is 'n Gód vir hom!"
L 602:5
Oorwinnaars sal ons alles erf
en drink uit die fontein
van lewenswater, heerlik, rein.
En God sal oor ons skyn.