Baie welkom aan elkeen van ons 33 nuwe Intersessors… Gisteroggend begin ek vroeg met hierdie week se boodskap… my gesin is almal in die.

Download Report

Transcript Baie welkom aan elkeen van ons 33 nuwe Intersessors… Gisteroggend begin ek vroeg met hierdie week se boodskap… my gesin is almal in die.

Baie welkom aan elkeen van ons 33 nuwe Intersessors… 20090914

Gisteroggend begin ek vroeg met hierdie week se boodskap… my gesin is

almal in die bed met verkoue, griep en sommige grens aan bronchitus… maar ek is opgewonde om Xprayers uit te stuur hierdie week.

Ek registreer lekker vinnig die 33 nuwe intersessors… na kerk koop ek spesiaal die Rapport ter wille van die artikel oor oom Angus… AMEN “druis” dit nog in my ore en ek beleef so bietjie misterie van toe ek vroeër die jaar geroep is op Shalom om met Xprayers te begin. God ‘n oom wat gehoorsaam is aan Hom en ons manne laat besef hoe lief Hy ons het. Dit was oom Angus wat my laat besef het wat my rol as man in my huishouding is. Ek hoor hom nog met ‘n dringendheid is sy stem, maar met baie liefde sê… “

Come on boys bless

Suid Afrika deur man” en dan gaan sy stem byna huilend oor in… “laat staan julle nonsens”

Nou sit ek hier elke twee tot drie minute en sluk die trane weg… en dit

vir ‘n jong man se familie wat stukkend is omdat hy vanoggend deur ‘n gangster doodgeskiet is… en sy seuntjie is slegs 3 jaar oud.

HERE, RED ONS LAND VAN HIERDIE GEWELD...

Maar ek wil nie terugstaan met die volgende versoek nie… dit knaag aan my

nou al maande lank, maar die afgelope tyd bly die Here dit op my hart druk dat ons spesiaal vir hierdie pragtige stad moet bid… Tot ek verlede week ‘n e-pos gekry het oor Satanisme in Pretoria EN EK BESEF DAT EK NIE GEHOORSAAM IS NIE. Nou kyk, ek was nog nooit ‘n Blou Bul

fan

nie… Naas Botha het die bietjie moontlike support vir die span uit my uit gedrop as tienerseun… maar ek sien die afgelope tyd hoe ons mense hier swaar kry en die verskriklike gebeure in hierdie omgewing. Is dit nie ironies dat daar uit dieselfde stad so fantastiese Godswerk uit ‘n gemeente soos Moreletapark kom, maar aan die ander kant kap een seun ‘n ander dood by die skool (om maar slegs een van die afgryslike verhale die afgelope jaar uit hierdie omgewing te noem) En ek veroordeel glad nie hiermee hierdie of enige ander kind of stad nie… ek wil net vir hulle God se beskerming bid, want ek beleef die afgelope tyd hoe Satan probeer keer dat hierdie plaasvind en dit maak my moeg! Bid asb. saam hiervoor!

Daarom het ek die volgende paar gedagtes oor intersessie en ook al ons gebeds versoeke vir ons weereens opgesom…

INTERCESSOR a person who intercedes INTERCEDE 1. to act or interpose on behalf of someone in difficulty or trouble, as by pleading or petition 2. to attempt to reconcile differences between two people or groups PLEAD 1. to appeal or entreat earnestly 2. to use arguments or persuasions, as with a person, for or against something 3. to afford an argument or appeal RECONCILE 1.to cause (a person) to accept or be resigned to something not desired 2. to win over to friendliness; cause to become good-natured 3. to compose or settle (a quarrel, dispute, etc.). 4. to bring into agreement or harmony; make compatible or consistent 5. to restore

Intersessie vir Pretoria

• • • • • • • • Bid dat Pretoria se mense sal terugkeer na die enigste ware God Bid vir huwelike en ons jeug wat nog nie Christus en Sy liefde ken nie Bid saam vir christene in die omgewing vir die stryd teen die Bose Bind die gebede van Sataniste wat saans om Pretoria bid teen o.a. huwelikke en ons jeug Bid God se bloed op elke familie en herstel vir gebroke gesinne Bid vir mense (jonk en oud) wat in verslawings vasgevang is Bid vir finansiële herstel Bid vir ware, opregte verhoudings Ek glo ons kan hierdie bid vir elke dorp of stad in ons wêreld, maar Pretoria is die afgelope tyd so op my hart gelê…

There are seven things that we should pray for in order to be the husbands that God (and our wives!) wants us to be. 1. Pray to be the husband God wants you to be 2. Pray to know how to really love your wife 3. Pray to be led by the Holy Spirit in all decisions 4. Pray to be delivered from negative and sinful behavior 5. Pray to speak words that are constructive rather than destructive 6. Pray to have the desire to pray for your wife 7. Pray to grow spiritually, emotionally and mentally ‘n Vraag aan ons manne… is die beeld van die knielende en biddende man die beeld van ‘n ware man in jou en in jou seuns se oë? Indien nie, is jou en jou seuns se beeld in lyn met God se beeld? Kom ons werk voortdurend daaraan om die beeld van ‘n ware man te herstel… want tans is woorde wat in die definisie van ‘n ware man voorkom so wêrelds: “Six pack, spiere”, “Tough”, “Kan sy dop hanteer”, “Sport”, ens.

XP# Intersessie vir …

1 2 3 4 5 6 7 8 ‘n Jongman wat finansiële probleme het en emosioneel versterk wil word ‘n Paartjie waar die man dalk binnekort Kaap (Grootte Schuur) toe moet kom vir behandeling vir kanker - ons het twee navrae ontvang om hulp, maar ek kry nie terugvoer op my e-pos boodskappe hierop nie. Bid dat daar klarigheid oor die saak sal kom Die vroutjie en haar gesin wie se gesinslewe deur dwelmmisbruik deur haar man en familie negatief beïnvloed word Die paartjie wat in die Congo is en 'n uitreik deur hulle predikant wil bewerkstellig Dan is daar ook die manne in Angola. Bid asb vir...

• die manne daar... vir veiligheid en aanslae op hulle en gesinne • dat die families hier sal staande bly en sterker in geloof sal staan • ander vrouens wat alleen agter bly, in kontak met mekaar sal bring ‘n Versoek van een van ons nuwe Intersessors vir ‘n eerste paartjie wat huweliks probleme het ‘n Versoek van een van ons nuwe Intersessors vir ‘n tweede paartjie wat huweliks probleme het Vir ‘n familie wat vanoggend ‘n man/pa/seun/broer aan die dood op ‘n baie wrede manier afgestaan het