Talle tonge het ek een tong op `n gegewe oomblik

Download Report

Transcript Talle tonge het ek een tong op `n gegewe oomblik

Matthews Phosa
Talle tonge het ek
Een tong op ‘n gegewe oomblik
‘n heuningtong
‘n bitter tong
‘n stomp tong
genoeg om te swyg
my skerp tong klap
klap soos ‘n sweep
En keep diep en laat bloei
my suur tong brand
brand soos asyn
en laat krimp inmekaar en skend
Talle tonge het ek
een tong op ’n gegewe oomblik
’n tong om te sny
’n tong om te salf
Ek het talle tonge
 Die titel verwys na die verskillende maniere waarop mense
met mekaar praat.
 Die titel word in twee dele opgebreek:
 Talle = Baie; verskeie; verskillende
 Tonge = taal van die volk of nasie, wyse van kommunikeer.
 Kan opgesom word as baie tale wat mense praat of
verskillende wyses waarop mense dinge oordra
 Titel is ’n paradoks (teenstrydigheid) mens het een tong,
maar talle emosies.
 Die spreker sê dat hy het baie of verskeie maniere hoe
hy praat.
 Hy pas sy tong aan volgens die geleentheid of die
situasie.
 Verskillende tipes tonge:
 Soet tong wat vlei
 Bitter tong wat ongeluk saai
 en die stomp tong wat stilbly of niks sê nie
 Die skerp tong maak seer deur kwaai en onvriendelike
woorde.
 Die suur tong maak seer deur te brand en dus iets te
misvorm of kleiner te maak.
 Ons almal het verskillende maniere van praat wat kan
seermaak of gesond maak.
 Tema:
Die mens gebruik vir elke verskillende geleentheid of
situasie ‘n ander tong.
Dieselfde tong wat kan mooi praat en heelmaak kan ook
snyende woorde sê en skade doen.
 Spreker:
Digter Matthews Phosa. Hy praat in die eerste persoon.
 Stemming:
Lewer satiries kommentaar oor die manier hoe ons
kommunikeer.
 Toon:
Feitelik en opvoedend. Maak bloot stellings.
 Die eerste strofe eggo die titel
 Dit beteken verskeie tale wat mense praat of:
 Die verskillende maniere wat mense met mekaar
kommunikeer.
 Net een tong op ’n slag; kan nie goed en sleg gelyk
praat nie
 Heuningtong = vals tong – metafoor om iemand te
vlei/ te laat goed voel. Bedoel nie wat jy sê nie.
 Bittertong = seermaak – metafoor vir die manier om
iemand bitter te maak. Kwaad, ongelukkig, verbitterd.
 Stomptong = swyg – stilte. Metafoor vir stilbly/ mense
wat eerder stilbly as om te praat wanneer nodig is/
stomp = dom. Te dom om enigiets te sê.
 Figuurlike skerp tong is ’n metafoor vir die manier





waarop woorde gebruik word om mense seer te maak.
Skerp tong wond en maak doelbewus/aspris seer.
Onvriendelike, bitsige, beledigende en skelwoorde
„Klap soos ’n sweep” is ’n vergelyking. Herhaling van
klap dui ook op onomatopeë
’n Sweep het ook ’n skerp punt wat deur die vel kan sny.
So kan woorde sny.
Herhaling van die woord „klap” beklemtoon die aksie
van die skerp tong.
 Suurtong = brand en is so suur soos asyn
 Die suurtong is ’n metafoor vir die manier waarop




mense ontevredenheid uitdruk.
Suurtong maak ook doelbewus en herhaaldelik seer
„Brand soos asyn” is ’n vergelyking. Suur vloeistof
soos asyn kan ’n vel brand en permanente letsels los.
Skend = laat permanente letsels agter.
Herhaling van brand beklemtoon die aksie van
suurtong.
 Herhaling van talle tonge, tonge en tong bring die
gedig tot ’n eenheid.
 Spreker beklemtoon dat almal verskillende tonge hert.
 Sny en salf staan in kontras (teenstelling). Dit wys na
die positiewe en negatiewe eienskappe van die tong.
Tong maak seer, maar tong kan heel.
 Die tong kan mense verdeel of versoen.
 Tong wat sny = metafoor vir woorde wat
iemand seermaak
 Tong wat salf = metafoor vir woorde wat
iemand vertroos en beter laat voel.
 ’n Tong wat salf is die enigste positiewe
aspek van die tong se talle tonge.
 Hierdie tong kan die negatiewe aspekte van
ander teenwerk.
 Reël 17 staan in teenstelling (kontras) met reël 1-13.
 Die fokus in reël 17 val op „Ek” die digter/spreker en
nie die universiële ek nie.
 Die digter gebruik inversie(woordorde omkeer) in reël
1-13 wat die verskillende tonge beklemtoon.
 In reël 17 staan die woorde normale woordorde om te
wys dat dit nie die tonge is wat seermaak nie, maar die
gebruiker van die „talle tonge”