Transcript Talle Tonge
TALLE TONGE Mathews Phosa TALLE TONGE Talle tonge het ek een tong op ‘n gegewe oomblik ‘n heuningtong ‘n bitter tong ‘n tong stomp genoeg om te swyg my skerp tong klap klap soos ‘n sweep en keep diep en laat bloei my suur tong brand brand soos asyn en laat krimp inmekaar en skend Talle tonge het ek een tong op ‘n gegewe oomblik ‘n tong om te sny ‘n tong om te salf Ek het talle tonge INVERSIE Normale “Ek Die woordorde word omgedraai het talle tonge” word “Talle tonge het ek” inversie beklemtoon die verskillende maniere waarop ‘n mens die tong gebruik UNIVERSEEL Die gedig is ook universeel, want dit is op enige mens op enige plek in die wêreld van toepassing. ALLITERASIE Talle tonge My skerp tong klap klap soos ‘n sweep Stomp/swyg ASSONANSIE Sweep, keep; Brand, brand soos asyn KONTRAS Stomp versus skerp Die tong kan seermaak, heelmaak, maar meestal maak ons seer SKERP EKSPLOSIEWE KLANKE Tong, stomp, skerp, klap, sweep, keep, brand, krimp, skend. Meeste woorde is eenlettergrepig. Hy gebruik kort en harde vokale en diftonge om by dra tot die idee dat die tong skerp kan wees en seermaak HEUNING IDIOMATIESE UITDRUKKINGS Heuning in die mond, gal in die hart hê – dit is wanneer ‘n mens slegte bedoelings agter mooi woorde wegsteek. Iemand heuning om die mond smeer – iemand vlei, sê wat iemand wil hoor sodat jy sy guns kan wen. Die spreker verwys na “ek”, maar dit is van toepassing op alle mense (UNIVERSEEL) TALLE TONGE Talle tonge het ek een tong op ‘n gegewe oomblik ‘n heuningtong ‘n bitter tong ‘n tong stomp genoeg om te swyg Tong: verskillende funksies Metafoor Figuurlike betekenisse: Bitterbek (ontevrede), hartseer veroorsaak, haat versprei, seermaak. Vermoë om stil te bly my skerp tong klap klap soos ‘n sweep en keep diep en laat bloei Herhaling van klap dui op die slaan aksie van die sweep Tong kan seermaak Suur: nors en onvriendelik / suur brand en maak letsels my suur tong brand Vergelyking brand soos asyn en laat krimp inmekaar en skend Talle tonge het ek een tong op ‘n gegewe oomblik ‘n tong om te sny ‘n tong om te salf Ek het talle tonge “Ek” is in ‘n hoofletter. Die klem val hier op die individu en spesifiek die leser Herhaling van “en” = polisindenton TEMA Die mens het vir elke situasie ‘n ander tong Taal kan in verskillende registers gebruik word om verskillende funksies te verrig Taal is ‘n sosiale vaardigheid Die gedig dui ook op die sensitiwiteit en kompleksiteit van taal en dag ons dit versigtig moet gebruik