Les 1_Wet op Vaardigheidsontwikkeling

Download Report

Transcript Les 1_Wet op Vaardigheidsontwikkeling

OP DIE WENPAD
Besigheidstudies Graad 12
KWARTAAL 1
Onderwerp 1: Impak van
onlangse wetgewing op
sakebedrywighede – die reaksie
op die behoefte vir regstelling en
gelykheid
IMPAK VAN ONLANGSE WETGEWING OP
SAKEBEDRYWIGHEDE
•
•
•
•
•
•
•
•
Sedert 1994 word verskeie wetgewing ingestel wat ‘n impak het op alle
besighede.
Ingestel om ongelykheid van verlede reg te stel.
Doel: om besighede te transformer m.b.t. werknemers, bestuur en eienaarskap.
Besighede moet toegang hê tot regskundiges om vertroud te wees met dié
wetgewing en die bepalings daarvan.
Verskeie tipes wetgewing is van toepassing op werknemers, die omgewing en
verbruikers.
Wetgewing is deel van die makro-omgewing en dus buite die beheer van die
onderneming.
Bestuurspanne word verantwoordelik gehou vir die nakoming van die
bepalings van die wetgewing wat van toepassing is op besighede.
Nie-nakoming is strafbaar met ‘n geldboete, tronkstraf of beide.
WET OP VAARDIGHEIDSONTWIKKELING
(NR. 97 VAN 1998)
WET OP VAARDIGHEIDSONTWIKKELING
(NR. 97 VAN 1998)
(om kennis en vaardighede van mense in Suid-Afrika te verbeter)
Moet in samewerking met die volgende 2 wette uitgevoer
word om doelstellings te bereik:
• Wet op Vaardigheidsontwikkelingsheffings
• Wet op die Nasionale Kwalifikasieraamwerk
Hierdie 3 wette vorm deel van die Nasionale
Vaardigheidsontwikkelingsstrategie.
WET OP VAARDIGHEIDSONTWIKKELING
(NR. 97 VAN 1998)
NASIONALE VAARDIGHEIDSONTWIKKELINGSSTRATEGIE:
Het ten doel om vaardighede van werknemers te verbeter wat tot
gevolg sal hê dat werknemers meer produktief en mededingend
sal wees, om arbeidsongelykhede reg te stel en om ‘n meer
inklusiewe en samehorige samelewing te skep.
Hierdie 3 wette hou ten nouste verband met die Wet op Gelyke
Indiensneming wat uitvoering gee aan beginsels van gelykheid,
toegang en regstelling.
WET OP VAARDIGHEIDSONTWIKKELING
(NR. 97 VAN 1998)
AARD van WVO:
• Maak voorsiening dat meer mense vaardighede ontvang waaraan besighede
‘n behoefte het.
• Bevorder self-indiensneming
• Regering poog om werkloosheid- en armoedesyfer te verbeter.
• Die herstel van diskriminasie teenoor werkers se opleiding in die verlede.
• Want, ‘n gebrek aan vaardighede verhinder werksoekers om werk te kry, of
om poste te bekleë waar ‘n hoër inkomste verdien kan word.
• Die WVO is ‘n integrale deel van die Nasionale
Vaardigheidsontwikkelingstrategie wat gemik is op opleiding en die eise
van die werkplek
WET OP VAARDIGHEIDSONTWIKKELING
(NR. 97 VAN 1998)
DOEL van WVO:
• Die opleiding van arbeidsmag vir verskeie sektore in die ekonomie op ‘n
georganiseerde wyse.
• Ontwikkel die vaardighede van die Suid-Afrikaanse arbeidsmag volgens die
behoefte van besighede.
• Toename in beleggingsvlakke in onderwys en opleiding in die arbeidsmark
en die bevordering van opbrengs op hierdie belegging.
• Die gebruik van die werkplek as aktiewe leeromgewing om werkers die
geleentheid te bied om nuwe vaardighede aan te leer.
• Geleentheid vir nuwe toetreders tot die arbeidsmag om werkervaring te
verkry.
WET OP VAARDIGHEIDSONTWIKKELING
(NR. 97 VAN 1998)
DOEL van WVO:
•
•
•
•
•
•
•
•
Bevorder produktiwiteit en self-indiensneming.
Moedig werkgewers aan om mense in diens te neem wat sukkel om werk te kry,
bv. gestremde persone.
Moedig werkers aan om deel te neem aan leerderskappe en ander
opleidingsprogramme.
Bevordering van indiensneming van voorheen benadeeldes en die herstel van
hierdie nadele deur onderwys en opleiding.
Verseker dat gehalte opleiding in die werkplek plaasvind.
Help werksoekers om werk te kry, afgedankte werkers om tot die arbeidsmag toe te
tree en werkgewers om die beste werknemers te vind.
Voorsien en reguleer indiensnemingsdienste.
Ontwikkeling van vaardighede in Suid-Afrika om produktiwiteit te verbeter.
WET OP VAARDIGHEIDSONTWIKKELING
(NR. 97 VAN 1998)
Hoe gaan bogenoemde doelstellings bereik word?
Deur die inwerkingstelling van ‘n institusionele en finansiële
raamwerk bestaande uit:
•
•
•
•
•
Die Nasionale Vaardigheidsgesag
Vaardigheidsontwikkelingsheffings
Die Nasionale Kwalifikasieraamwerk
Die Nasionale Vaardigheidsontwikkelingstrategie
Strategie vir Menslikehulpbronontwikkeling
WET OP VAARDIGHEIDSONTWIKKELING
(NR. 97 VAN 1998)
DIE NASIONALE VAARDIGHEIDSGESAG:
• Adviseer Minister van Arbeid oor alle aspekte van die Nasionale
Vaardigheidstrategie
• Inligting oor behoeftes vir vaardigheidsontwikkeling word ontvang vanaf
vakbonde en werkgewerorganisasies en deur die regering d.m.v.
verskillende vaardigheidsontwikkelingsinstansies geïmplementeer.
• Hierdie instelling skakel ook met die verskillende SOOO’s (SETA’s) en
doen verslag aan die Minister van Arbeid oor die vordering van die
geïmplementeerde vaardigheidsplanne in die werkplek.
WET OP VAARDIGHEIDSONTWIKKELING
(NR. 97 VAN 1998)
VAARDIGHEIDSONTWIKKELINGSHEFFINGS:
• Vaardigheidsontwikkeling word, ingevolge die Wet op
Vaardigheidsontwikkeling, befonds deur vaardigheidsheffing.
• Geïmplementeer gedurende 1999 kragtens die Wet op
Vaardigheidsontwikkelingsheffings (9 van 1999)
• Werkgewers moet maandeliks ‘n vaardigheidsheffing van 1 % van hul
salarisuitgawes, betaal as:
die werkgewer werknemers by SAID geregistreer het, en/of
die werkgewer meer as R500 000 per jaar aan salarisse betaal,
• Die heffings wat aan die SAID betaal word, word in ‘n spesiale fonds geplaas.
WET OP VAARDIGHEIDSONTWIKKELING
(NR. 97 VAN 1998)
VAARDIGHEIDSONTWIKKELINGSHEFFINGS (vervolg):
•
•
•
•
•
•
Die Nasionale Vaardigheidsontwikkelingsfonds word deur die DirekteurGeneraal geadministreer.
Die Nasionale Vaardigheidsontwikkelingsfonds (befonds
vaardigheidsontwikkelingsprojekte wat nie onder SOOO’s val nie) ontvang
20 % van die heffings.
10 % word deur die onderskeie SOOO’s (SETA’s) aangewend vir
organisatoriese uitgawes.
Besighede moet vaardigheidsontwikkelingsplanne vir die werkplek en
implementeringsverslae voorlê om 50 % van die betaalde heffings terug te eis.
20 % van die heffings vir die spesifieke sector word deur die betrokke SETA
aangewend om leerderskappe en ander vaardigheidsontwikkelingsplanne te
implementeer,.
Elke ekonomiese sektor het een SOOO (SETA)
WET OP VAARDIGHEIDSONTWIKKELING
(NR. 97 VAN 1998)
DIE NASIONALE KWALIFIKASIERAAMWERK:
• Maak voorsiening vir leerderskappe en sit strategieë uiteen oor hoe om
leerderskappe aan te pak.
• Die NKR is so ontwerp dat mense uit verskillende opsies kan kies hoe om
vir ‘n spesifieke beroep te kwalifiseer.
• Leerderskappe is teroretiese en praktiese opleidingsgeleenthede wat lei tot
‘n erkende beroep en bestaan uit verskillende kwalifiserende vlakke en
kredietpunte. Bv. NKR vlak 1 = 60 kredietpunte.
• Die NKR spreek diskriminasie wat voorheen voorgekom het in opleiding
en indiensneming aan. Voorheen benadeeldes kry nou die geleentheid om
erkende kwalifikasies te verwerf.
• Dit is ‘n goedgekeurde opleidingsprogram vir werkers in ‘n spesifieke
sektor.
WET OP VAARDIGHEIDSONTWIKKELING
(NR. 97 VAN 1998)
DIE NASIONALE KWALIFIKASIERAAMWERK (vervolg):
• Hierdie program moet aan werkers die geleentheid bied om ‘n spesifieke
werk aan te leer, terwyl hulle in diens van die bepaalde sektor is.
• Hul bekwaamheid moet geassesseer word deur die betrokke SOOO
(SETA)
• Die ontwikkeling en implementering van die NKR word gekontroleer deur
die Suid-Afrikaanse Kwalifikasie Owerheid (SAKO / “SAQA”)
• Die NKR bestaan uit 10 vlakke, bv.
Vlak
Tipe Opleiding
5 - 10
Hoër Onderwys, m.a.w. na-skoolse kwalifikasies by tersiëre
instellings soos universiteite.
2–4
Onderwys en opleiding op skoolvlak, deur SETA’s en kolleges.
WET OP VAARDIGHEIDSONTWIKKELING
(NR. 97 VAN 1998)
DIE NASIONALE VAARDIGHEIDONTWIKKELINGSTRATEGIE(NVOS):
• Uitgebreide raamwerk vir die ontwikkeling van vaardighede vir werkers.
• Dit is gemik op die regstelling van foute van die verlede.
• Dit moedig goeie gehalte opleiding in die werkplek aan om te verseker dat
vaardighede deurlopend ontwikkel word.
• Sit ook die wyse van aanwending van fondse wat SETA’s deur die
vaardigheidsontwikkelingsheffings ontvang, uiteen.
• Die klem lê op gelykheid, om die werkplek lewenslank in ‘n leeromgewing
te omskep, gehalte van opleiding en die versterking van die verhouding
tusssen VOO-kolleges (FET colleges), universiteite en SETA’s.
• Die NVOS moet aangepas word soos wat doelwitte bereik word en
behoeftes, m.b.t. vaardigheidsontwikkeling, verander. (Sien bl. 4)
WET OP VAARDIGHEIDSONTWIKKELING
(NR. 97 VAN 1998)
DIE NASIONALE VAARDIGHEIDONTWIKKELINGSTRATEGIE(NVOS):
•
•
•
•
Doelwitte van NVOS III (ingestel in 2011)
Beter toegang tot arbeidsgeoriënteerde programme.
Beter loopbaan- en beroepsbestuur / -leiding.
Die daarstelling van ‘n geloofwaardige institusionele meganisme vir
vaardigheidsbeplanning.
• Aanmoediging en die gebruik van werksplekgebaseerde
vaardigheidsontwikkeling.
• Bevorder die groei en ontwikkeling van ‘n openbare VOO-kollege stelsel.
• Beter taal- en syfervaardighede onder jongmense en volwassenes, sodat
verdere opleiding moontlik is.
WET OP VAARDIGHEIDSONTWIKKELING
(NR. 97 VAN 1998)
MENSLIKE HULPBRONONTWIKKELINGSTRATEGIE (MHOS):
• Menslike hulpbronontwikkeling verwys na die bemagtiging van
mense om hulle in staat te stel om hul volle potensiaal te bereik.
• Menslike hulpbronontwikkeling word op verskillende wyses vermag,
insluitend vaardigheidsontwikkeling en opleiding.
•
•
•
•
•
Menslike hulpbronontwikkeling het verskeie voordele, insluitend:
‘n Laer werkloosheidsyfer
Hoër produktiwiteit
Hoër inkomstevlakke
Maatskaplike en ekonomiese ontwikkeling
WET OP VAARDIGHEIDSONTWIKKELING
(NR. 97 VAN 1998)
MENSLIKE HULPBRONONTWIKKELINGSTRATEGIE (MHOS):
• Menslike hulpbronontwikkeling is in Suid-Afrika as ‘n prioriteit
geïdentifiseer.
• Die eerste menslike hulpbronontwikkelingstrategie in Suid-Afrika is
in 2001 geïmplementeer.
• Die eerste MHOS se missie was om:
• Suid-Afrikaners se maksimum potensiaal te ontgin deur die
verkryging van kennis en vaardighede;
• Produktief en mededinged ‘n beter lewe vir almal na te streef.
WET OP VAARDIGHEIDSONTWIKKELING
(NR. 97 VAN 1998)
MENSLIKE HULPBRONONTWIKKELINGSTRATEGIE (vervolg):
• Die 2001 MHOS is hersien en sekere tekortkominge is geïdentifiseer.
• Strategie is aangepas en MHOS SA is geïmplementeer.
• MHOS SA is ‘n langtermynstrategie wat van 2010 tot 2030 in werking sal wees.
• Die hoofdoelwitte van MHOS SA is om:
• Armoede en werkloosheid in Suid-Afrika te verminder
• Ekonomiese groei en ontwikkeling te verbeter
• Regverdigheid en maatskaplike harmonie te bevorder deur opleiding en
vaardigheidsontwikkeling.
•
•
•
•
MHOS SA is ‘n twintigjaarstrategie, met vyftien strategiese prioriteite insluitend:
Uitskakeling van volwasse ongeletterdheid
Om te verseker dat jeugdiges in onderwys en opleiding bly totdat die ouderdom van 18 jaar
bereik word.
Om toegang tot arbeidsgefokusde opleiding te verseker vir mense wat die arbeidsmark betree.
WET OP VAARDIGHEIDSONTWIKKELING
(NR. 97 VAN 1998)
MENSLIKE HULPBRONONTWIKKELINGSTRATEGIE (vervolg):
• Alle opleiding en vaardigheidsontwikkeling van werkers wat aangebied
word moet deur die Suid-Afrikaanse Kwalifikasie Owerheid (SAKO)
goedgekeur word.
• Om dit te verseker is, SOOO’s (Sektorale Onderwys- en
Opleidingsowerhede) / (“SETA’s”) in Maart 2000 ingestel.
• Alle maatskappye moet ‘n Vaardigheidsontwikkelingsfasiliteerder (VOF)
aanstel wat toesig moet hou oor die vaardigheidsontwikkelingsproses in die
maatskappy. Dié person moet opgelei word deur die betrokke SETA
waarby die maatskappy geregistreer is en moet formeel deur die SETA
geakkrediteer wees as ‘n VOF.
WET OP VAARDIGHEIDSONTWIKKELING
(NR. 97 VAN 1998)
SOOO’s (Sektorale Onderwys- en Opleidingsowerhede) / (SETA’s):
•
•
•
•
•
•
SETA’s is verantwoordelik vir die ontwikkeling en implementering van
sektorale vaardigheidsplanne.
Sektorale vaardigheidsplanne is strategieë om die uitdagings, m.b.t. vaardighede
in alle sektore, te hanteer.
Sektorale vaardigheidsplanne fokus op die verbetering van die vraag na en
aanbod van arbeid – dit beteken dat die regte vaardighede beskikbaar is
wanneer daardie vaardighede benodig word.
SETA’s speel ‘n belangrike rol in die implementering van die NVOS III.
Daar was voorheen ‘n negatiewe opvatting oor die werksverrigting, prestasies
en bestuur van SETA’s.
Die werksverrigting van SETA’s gaan voortaan fyn dopgehou word gedurende
die implementering en uitvoering van die NVOS III.
WET OP VAARDIGHEIDSONTWIKKELING
(NR. 97 VAN 1998)
Die taak / doel van SETA’s is onder andere die volgende:
• Ontwikkel ‘n vaardigheidsplan vir daardie sektor binne ‘n raamwerk van die
Nasionale Vaardigheidsontwikkelingstrategie.
• Implementeer die spesifieke sektor se plan deur vestiging van
leerderskappe, goedkeuring van werksplek vaardigheidsplanne, monitor
opvoeding en opleiding in die spesifieke sektor en verdeling van
vaardigheidsheffings volgens die voorgeskrewe metode onder werkgewers.
• Bevorder leerderskappe deur identifisering van werksplekke vir praktiewe
werkservaring, ondersteun die ontwikkeling van leermateriaal, bevorder
leerfasilitering en hulpverlening in die samevatting van
leerderskapooreenkomste.
• Registrasie van leerderskapooreenkomste.
WET OP VAARDIGHEIDSONTWIKKELING
(NR. 97 VAN 1998)
Die taak / doel van SETA’s is onder andere die volgende:
• Aansoek binne een week van stigting van ‘n “SETA”, by die SuidAfrkikaanse Kwalifikasie Owerheid (SAKO). Hierdie akkreditasie moet
binne 18 maande vanaf aansoek goedgekeur word.
• Skakel met die Nasionale Vaardighedsgesag m.b.t. die Nasionale
Vaardigheidsontwikkelingsbeleid, die Nasionale
Vaardigheidsontwikkelingstrategie en die sektor se vaardigheidsplan.
• Doen verslag aan die Direkteur-Generaal t.o.v. die “SETA” se inkomste en
uitgawes, die implementering van die sektor se vaardigheidsplan, ens.
• Aanstelling van personeel wat nodig is om die betrokke funksies te voltooi.
• Bestuur die leerderskappe en opleiding in die spesifieke SETA-sektor.
WET OP VAARDIGHEIDSONTWIKKELING
(NR. 97 VAN 1998)
Die taak / doel van SETA’s is onder andere die volgende:
• Identifisering van vaardigheidsvereistes van die spesifieke sektor.
• Verseker gehalte vaardigheidsopleiding in daardie sektor.
• Ontwikkeling van vaardigheidsprogramme om bestaande werkers se
vaardighede te verbeter.
• Bystand aan werkloses om die arbeidsmark te betree deur
vaardigheidsprogramme in te stel.
• Akkreditasieaan fassiliteerders en opleiding voorsieners. (SETA’s doen nie
self die opleiding en vaardigheidsontwikkeling nie. Dit word gedoen deur
goedgekeurde en geakkrediteerde diensverskaffers.)
WET OP VAARDIGHEIDSONTWIKKELING
(NR. 97 VAN 1998)
Die taak / doel van SETA’s is onder andere die volgende:
• SETA’s ontvang fondse van:
• Vaardigheidsontwikkelingsheffings
• Die Nasionale Vaardigheidsfonds
• Toelae en donasies
• Rente op beleggings
• Inkomste verdien uit dienste gelewer
• Geld van ander bronne
WET OP VAARDIGHEIDSONTWIKKELING
(NR. 97 VAN 1998)
STRATEGIE VIR MENSLIKEHULPBRONONTWIKKELING(vervolg):
SETA’s verteenwoordig al die ekonomiese areas:
NAAM
FOKUSAREA / EKONOMIESE SEKTOR
FASSET
Financial and Accounting Services / Finansiële en Rekeningkundige
Dienste
BANKSETA
Banking Sector Education and Training Authority / Banksektor
Opvoeding- en Opleidingsgesag
CHIETA
Chemical \industries Education and Training Authority / Chemiese
Industrieë Opvoeding- en Opleidingsgesag
ESETA
Energy Sector Education and Training Authority / Energiesektor
Opvoeding- en Opleidingsgesag
ISETT
Information Systems, Electronics and Telecommunications
Technologies / Inligtingstelsels, Elektroniese en
Telekommunikasietegnologie
WET OP VAARDIGHEIDSONTWIKKELING
(NR. 97 VAN 1998)
STRATEGIE VIR MENSLIKEHULPBRONONTWIKKELING(vervolg):
SETA’s verteenwoordig al die ekonomiese areas (vervolg):
NAAM
FOKUSAREA / EKONOMIESE SEKTOR
MQA
Mining Qualifications Authority / Mynwese Kwalifikasiegesag
MERSETA
Manufacturing, Engineering and Related Services Education and
Training Authority / Vervaardiging, Ingenieurs en verwante dienste
Opvoeding- en Opleidingsgesag
THETA
Tourism and Hospitality Education and Training Authority / Toerisme
en Gasvryheid Opvoeding- en Opleidingsgesag
W&RSETA
Wholesale and Retail Sector Education and Training Authority / Grooten Kleinhandel Sektor Opvoeding- en Opleidingsgesag
agriSETA
Agriculture sector / Landbousektor
WET OP VAARDIGHEIDSONTWIKKELING
(NR. 97 VAN 1998)
VOORDELE
Ontwikkeling van vaardigede van die SuidAfrikaanse werkersmag.
NADELE
Die proses is burokraties en vereis baie
papierwerk en administrasie wat tyd, moete
en geld in beslag neem.
Verbeter die lewensgehalte van werknemers. Slegs besighede wat meer as R500 000 per
jaar aan salarisse betaal, kan geld vir
vaardigheidsontwikkeling terugeis.
Verbeter werksgeleenthede en
arbeidsbeweeglikheid.
Word gemonitor deur verskeie
Staatsdepartemente wat nie onderwys en
opleiding as hul hoof prioriteit het nie.
WET OP VAARDIGHEIDSONTWIKKELING
(NR. 97 VAN 1998)
VOORDELE
NADELE
Produktiwiteit in die werkplek word
verbeter.
SETA’s is nie goed georganiseerd nie en
sommige kursusse wat aangebied word het
nie die vereiste krediete wat relevant is tot
die inhoud van die kursus nie.
Bevorder internasionale kompetisie van
werkers.
Sommige diensverskaffers vir
vaardigheidsontwikkeling is nie by die
SAKO geakkrediteer nie.
Bevorder self-indiensneming.
Baie organisasies ondersteun nie hierdie
Regeringsinisiatief nie.
Bevorder die verskaffing van sosiale dienste. Dit is moeilik om al die bepalings en
instansies wat voortvloei uit hierdie wet te
monitor en te beheer.
Bevorder werksgeleenthede.
WET OP VAARDIGHEIDSONTWIKKELING
(NR. 97 VAN 1998)
VOORDELE
NADELE
Opgeleide werknemers is in die algemeen
meer produktief as onopgeleide
werknemers.
Nie so maklik om SOOO’s se
doeltreffendheid te assesseer nie.
Diskriminasie word met opleiding
aangespreek.
Nie maklik om SOOO’s se bydrae tot
vaardigheidsontwikkeling te assesseer nie.
Werknemers word meer bemarkbaar soos
wat nuwe vaardighede aangeleer word.
Behels ekstra uitgawes en meer papierwerk
vir ondernemings wat tot die Nasionale
Vaardigheidsfonds bydra.
Voorkeur word gegee aan die ontwikkeling
van vaardighede wat werkgewers vereis.
Kontinuïteit word beïnvloed wanneeer
werkers opleiding bywoon.
WET OP VAARDIGHEIDSONTWIKKELING
(NR. 97 VAN 1998)
IMPLIKASIES VIR KLEIN ONDERNEMINGS:
• Werknemers leer nuwe vaardighede aan.
• Werkgewers moet werknemers by SAID registreer om die
vaardigheidsheffing te betaal indien die onderneming se jaarlikse
lone en salarisse meer as R500 000 beloop.
• Die maandelikse vaardigheidsheffing word slegs aan SAID betaal
indien die onderneming meer as R500 000 per jaar aan salarisse en
lone betaal – alle ondernemings word dus nie deur die Wet op
Vaardigheidsontwikkeling geraak nie.
• Sakebedrywighede word onderbreek wanneer werknemers vir
opleiding gestuur word, veral by ondernemings met min
werknemers.
WET OP VAARDIGHEIDSONTWIKKELING
(NR. 97 VAN 1998)
IMPLIKASIES VIR GROOT ONDERNEMINGS:
• Vaardigheidsontwikkelingsfasiliteerders moet aangestel word by
ondernemings wat 50 of meer werknemers in diens het.
• Werknemers leer nuwe vaardighede aan.
• Die maandelikse vaardigheidsheffing is 1 % van die totale bedrag
wat aan werknemers uitbetaal word.
• Ondernemings moet by SAID registreer om die heffing te betaal.
• Die heffing moet elke maand bereken word.
• Papierwerk betrokke by die betaling van die vaardigheidsheffing.
WET OP VAARDIGHEIDSONTWIKKELING
(NR. 97 VAN 1998)
REGTE VAN / IMPLIKASIE VIR BESIGHEDE:
• Besighede het die reg om beter opgeleide werkers, ‘n meer vaardige
werkersmag en hoër produktiwiteit te verwag.
• Sekere besighede is vrygestel van die betaling van
vaardigheidsontwikkelingheffings soss bv. organisiasies wat te doen het met
publieke voordele vir die gemeenskap.
REGTE VAN WERKNEMERS:
• Die wet gee aan werkers wat min of geen formele opleiding het, die reg
om vaardighede en opleiding in die werkplek te verkry om groter deelname
in di eekonomie en ‘n moontlikheid van ‘n beter lewenstandaard te verkry.
• Formele kwalikfikasies wat deur die NKR en die SAKO erken word, bied
aan werkers die geleentheid om meer beweeglik in di earbeidsmark te wees,
asook geleenthede vir bevordering.
WET OP VAARDIGHEIDSONTWIKKELING
(NR. 97 VAN 1998)
•
•
•
•
•
•
NAKOMING VAN DIE BEPALINGS IN DIE WET EN BOETES
INDIEN DIE BESIGHEID NIE DAARAAN VOLDOEN NIE:
Besighede moet by die SAID registreer volgens die sektor waarin die
besigheid geklassifiseer word in terme van die spesifieke SETA.
Besighede wat nie die voorgeskrewe heffings betaal nie, sal beboet word.
Laat betalings word beboet met 10 % van die heffingsbedrag.
Herhaalde boetes kan uitloop op wetlike aksie.
Besighede wat nie die Vaardigheidsontwikkelingsheffings betaal nie (<
R500 000 aan salarisuitgawes spandeer), mag nie leerderskappe aanbied nie
en ook nie van die Vaardigheidsontwikkelingsfonds eis nie.
Betalings vir die heffings en boetes word deur die SAID gemonitor.
WET OP VAARDIGHEIDSONTWIKKELING
(NR. 97 VAN 1998)
•
•
•
•
•
NAKOMING VAN DIE BEPALINGS IN DIE WET EN BOETES
INDIEN DIE BESIGHEID NIE DAARAAN VOLDOEN NIE:
Inspekteurs van die Departement van Arbeid mag ‘n besigheid se
bedrywighede stop sit indien die besigheid skuldig bevind word aan die
oortredings van die wet.
Volgens die wet is die volgende kriminele oortredings:
Werknemers mag nie weerhou word van toepaslike
vaardigheidsontwikkelingsgeleenthede in die werkplek m.b.t. ras, geslag of
gestremdheid nie
Geen onregverdige bevordering van vaardigheidsontwikkeling deur
werkgewers, bv. nepotisme.
Verskaf van vals inligting rakende vaardigheidsontwikkeling is teenstrydig
met die bepalings van die wet.
WET OP VAARDIGHEIDSONTWIKKELING
(NR. 97 VAN 1998)
NAKOMING VAN DIE BEPALINGS IN DIE WET EN BOETES
INDIEN DIE BESIGHEID NIE DAARAAN VOLDOEN NIE:
• Verskaffing van indiensnemingsdienste sonder om as
werkgewer geregistreer te wees.
• Optrede van indiensnemingsagentskappe wat strydig is
met die bepalings van die WVO.
• Om ‘n voorgeskrewe dokument te verkry, of poog om te
verkry, d.m.v. bedrog, valse voorwendsels of indiening van
valse voorgeskrewe dokumente.
WET OP VAARDIGHEIDSONTWIKKELING
(NR. 97 VAN 1998)
NAKOMING VAN DIE BEPALINGS IN DIE WET EN BOETES INDIEN
DIE BESIGHEID NIE DAARAAN VOLDOEN NIE:
• Die wet is van toepassing om alle werkgewers behalwe die
volgende:
• Openbare dienste
• Godsdiens- of liefdadigheidsorganisasies
• Openbare entiteite wat meer as 80 % van hulle fondse van die
Parlement ontvang.
• Werkgewers wat minder as R500 000 per maand aan salarisse
bestee.
• Werkgewers wat ingevolge die Wet op Inkomstebelasting nie
hoef te registreer nie.