Bitterbessiedagbreek

Download Report

Transcript Bitterbessiedagbreek

Bundel: Rook en Oker
Die grootste deel van die bundel bevat
intense liefdesgedigte waarin gesoek
word na ‘n minnaar wat sy verloor het
Titel = Metafoor
Bitterbessie is ‘n rooi bessie met ‘n bitter smaak
Bessie: Vleeslike of erotiese, die erotiese liefde wat bitter word
Bessie is dus rooi en dui op die bitterheid van die verhouding
Die spreker rou want sy het die slegste daarvan af gekom en dit is
die tydperk na die verhouding negatief uitgedraai het
“Dagbreek” dui weer op ‘n nuwe begin, maar die titel wat met
“Bitterbessie” begin, dui dat sy ‘n bitter begin het
Die titel is dus ironies omdat die die woord “dagbreek” nie
vreugde bring nie, maar bitterheid.
Juis daaroor skep dit dadelik ‘n simpatieke gevoel by die leser vir
die spreker en haar pyn.

 Die gedig handel oor persoonlike leed wat deur
die ontnugtering van ‘n verbreekte
liefdesverhouding veroorsaak is
 Personal sorrow as a result of being disillusioned by a
broken romantic relationship
 Al wat oorbly, is die lëe herinneringe, die
eensaamheid, verbittering en die eggo van die
geliefde se koggelende leuentaal
 All that remains are empty memories, lonliness,
bitterness and the echo of her beloved’s mocking lies
Bitterbessie dagbreek / bitterbessie son
‘n spieël het gebreek / tussen my en hom
 Die titel word herhaal en word verder uitgebrei in r2.
Sonsopkoms en geliefdes = negatief
 (“What light through yonder window breaks?” Ridderlike
gedigte – dagbreek beteken minnaars is nie meer saam nie)
 Die bekende beeld van ongelukkigheid kom voor as ‘n
Strofe 1
spieël wat gebreek is. Dit bring jare se ongeluk. Dit
beklemtoon die verbreekte verhouding tussen die
spreker en die geliefde. Skerp skerwe sny en maak seer.
'n Spieël weerkaats ook en so word die spreker se
hartseer en ongeluk terug weerkaats.
 Die gebruik van die persoonlike voornaamwoord “my”
dra by tot die subjektiewe, persoonlike aard van die
gedig. Die gebruik ook van die “my” en “hom” in plaas
van “ons”, dui op die skeiding tussen die twee partye.
Soek ek na die grootpad / om daarlangs te draf
oral draai die paadjies / van sy woorde af
 In die sprokieswêreld is die Bos ‘n plek van chaos,
Strofe 2
worsteling, verdriet – die held moet daardeur kom
om die wêreld te verbeter
 Die spreker soek angstig na die orde in haar lewe
(grootpad = metafoor). Sy wil vooruit gaan en die
negatief agter haar plaas, maar sy word die
heeltyd aan hom herinner en kan nie (die paadjies
van sy woorde = metafoor)!
 Sy leuens verwar haar, want hy het haar daarmee
om die bos gelei.
 Sy kan dus nie genesing vind nie en is vasgevang
in haar verdriet
Dennebos herinnering / dennebos vergeet
het ek ook verdwaal / trap ek in my leed
 Die dennebos is negatief, chaoties, ‘n plek van
verstikking en psigiese worsteling met haarself en as
sy daar kan uitkom, sal sy anders en beter wees. Die
Bos van herinnering moet dus ‘n Bos van vergeet word
Strofe 3
 Die spreker se verdwaalde gedagtes is veroorsaak
deur die leuens van haar geliefde, daarom raak sy
telkens verlore (verdwaal sy), want sy is die een wat
seergemaak is – hy het haar afgesê
 Sy is nou op dwaalpaadjies wat herhalende pyn
(“leed”)veroorsaak.
Papegaai-bont eggo / kierang kierang my
t o t d a t e k b e d r o ë / w e e r d i e ko g g e l k r y
 “Papegaai bont eggo” dui op die veelkleurige papegaai
wat woorde slegs kan herhaal en nie nuwe sin kan maak
nie
 “Papegaai-bont eggo” = sintese, die bont (kleurvol/mooi)
word normalweg gesien en die eggo word gehoor
Strofe 4
 ‘n Eggo is slegs die terugkaatsing van klankgolwe en nie
die reaksie van iemand met jou praat nie – sy kan slegs
hulle liefdeswoorde aan mekaar onthou en dit koggel
(mocks and teases) haar
 Daarom word die spreker gekierang (gekul of gefop), want
dit is haar eie woorde wat terugkom
 Die woorde “eggo”; “kierang” en “koggel” verwys ook in
betekenis terug na strofe 2 waar sy mislei is
Eggo is geen antwoord / antwoord hy alom
bitterbessie dagbreek / bitterbessie son
 Sy het geen antwoord op haar vrae en haar soeke
gevind nie; daar was slegs eggo’s/herinneringe
 Die gedig word afgesluit met die aanvangsreëls.
Strofe 5
 Dit beklemtoon dat sy vergeefs probeer het om tot
haar geliefde deur te dring en die skrikwekkende
gedagte: Hoe pak ek die lewe nou sonder hom aan?
 Dit suggereer ook dat daar vir haar tyd verby gegaan
het sonder om emosionele vordering te maak.
Bitterbessie dagbreek
Chris Chameleon