ppt - Pad van Waarheid tot die lewe

Download Report

Transcript ppt - Pad van Waarheid tot die lewe

Die verhouding tussen Eenheid en Waarheid

In antwoord (aanvulling) op ‘n onlangse lering wat uitgestuur is oor ons as kinders van Vader wat almal gesamentlik die tempel is en ‘n vraag wat iemand in antwoord daarop bygevoeg het oor wie die “ons” dan is wat saam die tempel vorm.

Ek stem grootliks saam met albei - die stelling en vraag, maar glo ook daar is ‘n individuele lering waar die enkel persoon as deel van die groep aangespreek word. Dit is egter nie van belang in ons huidige gesprek nie. Ek wil graag die volgende deurgee in afwagting op u respons oor die vraag: “Wie is die ONS wat saam die tempel moet vorm?

Daar is ‘n algemene lering en gedagtes wat rondgaan dat ons vir almal moet lief wees en dat almal, selfs met verskille, aanvaar moet word in “eenheid”.

Klink reg – miskien hang dit af van ons verstaan van God se liefde.

Hierdie punt moet dalk eerder in persoonlike debat opgelos word, maar ek hoop om deur ‘n voorbeeld of wat my gedagtes hieroor aan u voor te hou.

Wat is die gevolge as ek maar net by alle verskille verbykyk “in liefde”?

Mag ek dus ook wat verkeerd is in “liefde” aanvaar?

Mag ek oordeel of is dit nie “liefde” nie?

Ek mag nie oordeel nie, so ek noem die persoon wat geen Godswaarde of gehoorsame lewe het nie “broer” en “suster.”

?

Ek moet almal liefhê en hulle toelaat om saam met my te aanbid en Yeshua se liggaam te herdenk.

?

Elke persoon is verantwoordelik vir sy eie lewe en dit het niks met my te doen nie

?

Niemand is volmaak nie, jy mag nie oordeel nie; as dit so is, wat dan van Sy duidelike opdragte.

?

Ons is te bang om te oordeel tussen reg en verkeerd want ons is bang ons verloor mense en vriendskappe.

Die tempel wat met hierdie stene gebou is, is wankelbaar…… Watter god sal daarin woon?

Beheer alle leringe Emosionele , Oordelend – orde – so naby Wet sonder Yeshua

Ek doen om beloon te word Almal is goed , God is in alles – ek is god Myself oorgee Ek is in beheer Look-a-like gode

Die tempel wat met hierdie stene gebou sal word kan dalk mooi wees en selfs sterk staan…..

Maar watter god sal daarin woon?

2 Kor 6:16

Watter ooreenkoms het die tempel van God met demone? Julle is die tempel van die lewende God, net soos gesê is: “Ek sal in hulle bly en Ek sal in hulle leef en Ek sal hulle God wees en hulle sal vir My ‘n volk wees.”

17

“As gevolg hiervan,” sê Ek sal julle ontvang hwhy , “gaan van tussen hulle uit, skei jou af van hulle, raak nie die dinge wat onrein is, aan nie en

18

en Ek sal vir julle ‘n Vader wees en julle sal vir My seuns en dogters wees,” sê hwhy , wat almal vashou.

Hoor nie by Vader, Beskerm my belange Onegtheid in rede en daad Myself laat geld Nie Woord alleen Sodat ek nie skade ly

Die tempel wat met hierdie stene gebou sal word kan dalk goed lyk van buite af…..

Maar watter god sal daarin woon?

2 Kor 6:16

Watter ooreenkoms het die tempel van God met demone? Julle is die tempel van die lewende God, net soos gesê is: “Ek sal in hulle bly en Ek sal in hulle leef en Ek sal hulle God wees en hulle sal vir My ‘n volk wees.”

17

“As gevolg hiervan,” sê Ek sal julle ontvang hwhy , “gaan van tussen hulle uit, skei jou af van hulle, raak nie die dinge wat onrein is, aan nie en

18

en Ek sal vir julle ‘n Vader wees en julle sal vir My seuns en dogters wees,” sê hwhy , wat almal vashou.

Baie plekke in die Skrif, wanneer met Yisra’el gepraat word of met die gelowiges en daar na hoerery verwys word, is metafories om te wys na die volk en mense se loop na en aanvaarding van ander gode en wêreldse gesindhede.

Daar is geen eenheid tussen Vader se Gees en die gees van die wêreld nie. GEEN!!

Daar is nie eers raakpunte nie. Die een hoort nie in dieselfde gesprek as die ander nie.

Ons behou vriende buite die waarheid vir een of ander goed-klinkende rede. Ons sal kompromie aangaan ter wille van een of ander on-Bybelse “goeie” rede.

Dit is niks anders as SELF nie en om selfsugtige redes. Is dit waarmee ons bou?

Die Woord sê in Gees en in Waarheid – nie in vlees en in waarheid nie.

2 Kor 6:16

Watter ooreenkoms het die tempel van God met demone? Julle is die tempel van die lewende God, net soos gesê is: “Ek sal in hulle bly en Ek sal in hulle leef en Ek sal hulle God wees en hulle sal vir My ‘n volk wees.”

17 “As gevolg hiervan,” sê en Ek sal julle ontvang

hwhy

, “gaan van tussen hulle uit, skei jou af van hulle, raak nie die dinge wat onrein is, aan nie 18

en Ek sal vir julle ‘n Vader wees en julle sal vir My seuns en dogters wees,” sê hwhy , wat almal vashou.

In wie sal Hy kom woon? Uit liefde uit in almal?

NEE - NOOIT!!

‘n Verwerplike gedagte!

In hom wat hom afsonder in

hwhy

Waarheid, se Gees,

hwhy hwhy

se

hwhy

se gesindheid en in

hwhy

se lewenswyses, se wil.

Om ‘n tweede aspek uit te beeld wil ek graag nog ‘n voorbeeld gebruik.

Hoeveel van die rein, skoon Waarheid moet ek by die vuil besoedelende en vernietigende meng om dit skoon te maak?

Jammer – gaan nie werk nie!

Leuen en waarheid gaan nie saam nie.

Al wat gebeur is dat die skoon water ook besoedel word.

Miskien doen ons dit verkeerd?

Jammer – ook dit werk nie!

Leuen en waarheid gaan nie saam nie.

Al wat gebeur is dat die skoon water ook besoedel word.

Jy kan nie ‘n bietjie leuen toelaat nie.

Mense is doodgemaak deur die sg. “Kerk” en mede “gelowiges” vir so ‘n lewe en leer. Net so word die leer van waarheid dood gemaak deur sleg te praat van hulle wat dit leef en leer en deur hulle uit te skuif tot ongewenst en oorsaak van verdeeldheid ….. tot stilte.

Ek wil vandag verklaar dat ek gewilliglik, maar hartseer, verdeeldheid tussen WAARHEID en die leuen sal en wil bring.

En ek is bereid om dit alleen te doen OF saam met elkeen wat die volle waarheid liefhet.

Yeshua verklaar: Luk 12:51 Dink julle dat Ek gekom het om vrede in die wêreld te bring? Nee, Ek sê vir julle, eerder verdeeldheid,

Eenheid is net moontlik uit die selfde Geesvervulde gedagtes wat uit een bron werk:

1 Kor 1:10 Ek versoek julle egter, broers, deur die Outoriteit en Karakter van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een, om almal uit een mond te praat en dat daar nie verdeeldheid tussen julle sal wees nie, maar dat julle volmaak sal word in dieselfde gedagtes en in dieselfde opinie,

Reeds in die Reformasie is gesê: ‘Peace if possible, TRUTH at all cost’ Wat is Waarheid?

Pilatos het gevra Yog 18:38 en elkeen vandag skyn sy eie waarheid te verkondig.

Kom ons kyk na die Woord van God se definisie van wat Waarheid is.

Rom 3:4 - God is Waarheid 1 Yog 5: 7 - die Gees is die Waarheid Yog 17:17 - U boodskap is die waarheid 2 Sh’ 7:28 - U boodskap is waarheid

Ps 19:10 - die oordele van hwhy

waarheid Ps 111:7 Die werke van Sy hande is waarheid is

Ps 119:142 - U wet is waarheid Ps 119:151 - al U opdragte is waarheid Ps 119:160 - Die fondasie van U boodskap is waarheid Dan 4:37 - al Sy werke is waarheid Yog 14:6 Yeshua antwoord hom: “Ek is die Pad, die Waarheid en die Lewe; niemand gaan na My Vader toe nie, behalwe deur My.

Yog 14:17 Hy is die Gees van die Waarheid, wat die wêreld nie kan ontvang nie omdat dit Hom nie gesien het of Hom geken het nie, maar julle ken Hom omdat Hy by julle bly en in julle is.

Gen 41:38; Num 11:17-29; Rig 6:34

Sonder Yeshua as middelpunt en voorbeeld is daar geen Waarheid nie.

Yog 15:26 - 17 Hy is die Gees van die Waarheid, wat die wêreld nie kan ontvang nie omdat dit Hom nie gesien het of Hom geken het nie, maar julle ken Hom omdat Hy by julle bly en in julle is.

Gen 41:38; Num 11:17-29; Rig 6:34 Sonder die Gees is alles net mensekennis.

Yog 16:23 - Ek het nog baie dinge om vir julle te sê, maar julle kan dit nie nou ontvang nie, 13 maar wanneer Hy, die Gees van die Waarheid, gekom het, sal Hy julle in die hele waarheid lei, want Hy sal nie uit Homself praat nie, maar alles wat Hy hoor, sal Hy sê en die toekoms aan julle openbaar. Iyov 32:8; 1 Tim 1:16

Yog 1:17 want die wet is via Moshe gegee; die onverdiende guns en die waarheid het via Yeshua, Die Gesalfde Een, bestaan. As elke byeenkoms en gesprek nie by Yeshua as middelpunt uitkom nie sal jou Torah leeg wees en jou oordeel volmaak.

Met die aanvaarding van die ganse Woord van Vader as Waarheid, is die stap tot eenheid maklik. Hy het reeds alles gesê wat nodig is vir ons om volgens te leef.

Dit is die enigste Waarheid.

Eenheid sonder waarheid is vals.

Waarheid is in Yeshua en Sy Boodskap alleen.

Slegs daar is ware eenheid.

Miskien is dit die tempel waarop gekonsentreer moet word – DIT is die tempel wat nou gebou moet word.

Gerrie C Coetzee [email protected]