File - Kampsbaai Koel in Afrikaans

Download Report

Transcript File - Kampsbaai Koel in Afrikaans

KABOUTERLIEFDE
Ingrid Jonker
Bl 91
KABOUTERLIEFDE
(VIR SIMONE)
1. Die kabouter met die rooi-rooi pet
2. Die kabouter met die geel hemp aan
3. Het sy hart gisteraand vir my gegee
4. En sy hemp is vir die maan.
5. Die hoepelronde blou-blou lug
6. Het kadoemps op die grond geval
7. hy’t dit blink-blou in sy hand gerol
8. Toe speel ons daarmee bal
9. Die sterre met hul wit ligte
10. Het geknipoog toe ons lag
11. hul’ t rondom ons in ‘n kring getrek
12. Soos ‘n laer in die nag
13. Die aandblom het sy trom-trompet
14. Geblaas in die warrelwindkring
15. Die kalkoentjies met hul rooi mondjies
16. Het die sprinkaan-wals gesing
17. Die maan met sy geel lyfie
18. Het gaan plat lê op sy rug
19. hy’t gaan slaap by die gousblomme
20. Met sy boepens in die lug
21. Die kabouter met die rooi-rooi hart
22. Het dit self vir my gesê
23. hy’t die aardbol oor sy kop gegooi
24. O dis hier waar die liefde lê
WOORDESKAT
kabouter
dwarf
pet
cap
hoepelronde
round like a hoop
geknipoog
wink
aandblom
evening flower
trompet
trumpet
warrelwindkring
whirlwind circle
sprinkaanwals
grasshopper waltz
boepens
round tummy
aardbol
globe
hart
heart
1.Die kabouter met die rooi-rooi pet
2.Die kabouter met die geel hemp aan
3.Het sy hart gistraand vir my gegee
4.En sy hemp is vir die maan.
Vir Simone – Hierdie gedig is geskryf vir die
digteres se dogtertjie.
• 1ste strofe – beskrywing van kabouter
• Herhaling van kleur – is soos kleintjies praat
• Kleure is primêre kleure – kleure wat kinders
ken.
• Hy het vir die spreker sy hart gegee.
• Sy geel hemp vir die maan. Die geel pas by die
maan daarom het hy dit vir die maan gegee.
5.Die hoepelronde blou-blou lug
6.Het kadoemps op die grond geval
7.hy’t dit blink-blou in sy hand gerol
8.Toe speel ons daarmee bal
Kadoemps – klanknabootsing
Hoepelrond – intensiewe vorm.
Herhaling van die kleur blou – soos kinders praat
Weer gebruik van primêre kleur – blou
Hiperbool – oordrywing – Hoepeltronde blou-blou
Hy het die bal gerol totdat dit blink was – daarom
blink-blou. – die lug was soos ‘n bal.
Speel daarmee. – die lug.
9. Die sterre met hul wit ligte
10.Het geknipoog toe ons lag
11.hul’ t rondom ons in ‘n kring getrek
12.Soos ‘n laer in die nag
• Die sterre – dui aan dat dit aand is.
• Geknipoog is hoe die sterre flikker.
(personifikasie) dui op speelsheid van
verhouding
• Dit sinspeel ook op die verhouding tussen die
spreker en die kabouter.
• Hulle(die spreker en die kabouter) het gelag,
want hulle was gelukkig.
• Die sterre het hulle ook beskerm soos die laer
vroeër die trekkers in die aand beskerm het
teen wilde diere ens.
• Soos ‘n laer - Vergelyking
13. Die aandblom het sy trom-trompet
14.Geblaas in die warrelwindkring
15.Die kalkoentjies met hul rooi mondjies
16.Het die sprinkaan-wals gesing
Die aandblom het sy trom-trompeter geblaas –
personifikasie ; metafoor – kelk = trompet
Trom – trompeter – klanknabootsing
Hy het ‘n trompet geblaas
Warrelwindkring – (whirlwind) dit is ‘n wind wat
sirkels waai. Dui ook op vinnige romanse.
Inversie – geblaas in die warrelwind..
Aandblom sluit aan by die maan – gaan laat in
die middag oop.
Kalkoentjies is ‘n soort blommetjie wat wild in die
natuur groei.
Dit is fyn en klein blommetjies – Hulle het rooi
mondjies
Hulle sing (figuurlik) - personifikasie – die wals
17.Die maan met sy geel lyfie
18.Het gaan plat lê op sy rug
19.hy’t gaan slaap by die gousblomme
20.Met sy boepens in die lug
Die maan met sy geel lyfie – dui op die
ronde magie van die maan – moontlik
volmaan.
Die maan is besig om op die horison te
verdwyn dit is nou besig om dag te word.
Die lang klanke in maan, gaan en slaap dui
die moegheid aan.
Gousblomme - maak oop as die son skyn.
Boepens – dui op die volmaan
Die maan het gaan plat lê - personifikasie
21 .Die kabouter met die rooi-rooi hart
22 Het dit self vir my gesê
23. hy’t die aardbol oor sy kop gegooi
24. O dis hier waar die liefde lê.
Die oo – klanke berei ons voor op die o
uitroep – ‘n uitroep van blydskap en
verwondering.
Rooi rooi hart – dui op die liefde wat die
kabouter vir die spreker gee.
Het dit self vir my gesê – dui op die egtheid.
Sy vertel in die vorm van ‘n sprokie hoe
wonderlik die liefde kan wees.
Gistraand
Hy’s
kinders praat so
Hy’t
Weglating van letters word
Elisie genoem
Strofe wat uit 4 versreëls bestaan word ‘n
KWATRYN genoem.
Geen vaste rymskema – gebroke rym.
Trom-trompet - neologisme.
• Elke strofe begin met ‘n hoofletter en
handel net oor een gedagte(sterre, blomme
maan) – wat dit makliker maak vir ‘n kind
om te volg.
• Enjambement: Een reël loop in die
volgende reël oor sonder punktuasie. Die
spreker is opgewonde en vertel sonder
ruspouses wat gebeur het.
• Die gedig bevat ook die magiese (magic)
en fantasie van ‘n sprokie – speel bal met
die lug, gooi die aardbol oor sy kop.
E. Cronjé
Hoërskool Kampsbaai
Bronne: Vlymskerp
Guidelines
Trippel-H Hulpbronne
Versjoernaal