E.K.M. Dido - Universiteit Leiden

Download Report

Transcript E.K.M. Dido - Universiteit Leiden

Universiteit Leiden
November 2011
Ronelda Kamfer: die teks binne die
konteks
Louise Viljoen
Besprekingspunte
1 Ronelda Kamfer: bundels
2 Verskillende kontekste:
SA geskiedenis
Groepsgebiedewet
Swart Afr letterkunde
3 Oor Swart Afr letterkunde en
Bruin identiteit
4 Bruin skrywers en Afrikaans /
Kamfer en Afrikaans
5 Bruin skrywers en ras, plek /
Kamfer en ras, plek
1 Ronelda Kamfer:
Eerste gedigte in Nuwe stemme 3 (2005)
Debuutbundel: Noudat slapende honde (2008) – literêre
prys: Eugène Marais-prys vir debute 2009
Tweede bundel: grond/Santekraam (2011)
2 Verskillende kontekste
Suid-Afrikaanse geskiedenis van rasseskeiding: kolonialisme
(Nederland en Brittanje) / Apartheid
• Vgl motto uit werk van Walcott:
I’m just a red nigger who love the sea,
I had a sound colonial education,
I have Dutch, nigger, and English in me,
and either I’m nobody, or I’m a nation…
“The Schooner’s Flight”- Derek Walcott
Groepsgebiedewet van 1950 (veral verskuiwing van
Bruinmense uit sentraal Kaapstad na woonbuurte op
Kaapse Vlakte: bendekultuur, armoede, familiegeweld,
dwelmmisbruik)
Swart Afrikaanse letterkunde: die tradisie waarbinne Ronelda
Kamfer se werk gelees kan word
3 Oor Swart Afr letterkunde en Bruin identiteit
Iets oor Afrikaans:
•Ontwikkel in SA uit Nederlands van setlaars, Maleis van slawe,
Kreools-Portugees van matrose, inheemse taal Khoi, ook
elemente van Duits, Frans, Arabies, verskillende Afrika-tale en
Engels
•Naam “Afrikaans” suggereer ‘inheemsheid’ (van Afrika)
•Taal se geskiedenis: Bruin sprekers lewer belangrike bydrae
tot ontwikkeling van die taal, aanvanklik nie erken nie –
taalgeskiedenis herskryf vanaf 1970s
•Ambivalente status: onderdrukkerstaal vanweë assosiasie
met Afrikanernasionalisme se ekskluvistiese en
onderdrukkende beleidsrigtings; taal van politieke verset meer as die helfte van die taal se sprekers Bruinmense tegelykertyd die taal van onderdrukker en onderdrukte
Die begrippe “Swart Afrikaanse skrywer” en “Swart Afrikaanse
letterkunde”:
•Term verwys na skrywers van gemengde afkoms (Bruin) wie
se moedertaal Afrikaans is en wat Afrikaans kies as medium
van artistieke uitdrukking
•Talle van hulle verwerp die terme “Kleurling” (“Coloured”) of
“Bruinmens” – roep rasse-kategorieë van Apartheid op
•Hierdie skrywers kies die polities-inklusiewe term “swart”: dit
verwerp Apartheid se raskategorieë en ondermyn etikette van
onderdrukking – sluit aan by “coloured rejectionism” van NonEuropean Unity Movement (NEUM) in 1970s en United
Democratic Front (UDF) in 1980s wat werk vir ’n nie-rassige
Suid-Afrika
•Term bring solidariteit tussen Afrikaanse skrywers wat
uitgesluit was van wit Afrikaanse bevoorregting – die “swart
Afrikaanse skrywer” gekonstrueer as ‘n nie-Afrikaner,
Afrikaans-sprekende, nie-hegemoniese skrywer
• Term suggereer marginalisering binne kanon van Afr
letterkunde – Willemse: “onsigbare grense” tussen swart
Afrikaanse skrywers en hoofsaaklik wit Afrikaanse literêre
tradisie – die ideaal sou wees om rasse-kategorieë te laat
vaar, maar dis nodig omdat ras en etniese affiliasie so ’n
belangrike rol gespeel het in geskiedenis van Afr letterkunde
• Term gebruiklik in akademiese diskoers – drie kongresse in
1985, 1995 en 2005 – twee publikasies: Swart Afrikaanse
skrywers (Smith, Van Gensen en Willemse, 1985) en Die
reis na Paternoster (Willemse, Hattingh, Van Wyk en
Conradie, 1997)
• Skrywers meer ambivalent as die akademici hieroor:
skrywers soos A.H.M. Scholtz and E.K.M. Dido verkies die
term “Bruin” - S.P. Benjamin, Kirby van der Merwe:
Afrikaanse skrywers – Ronelda Kamfer selde eksplisiet oor
die term, wel deeglik teenwoordig in haar werk
Bruin identiteit
•Dus: sensitiwiteite rondom term “Bruin” of “ Coloured”
•Term keer terug in diskussies oor Bruin identiteit (Coloured
identity) na 1994 - byvoorbeeld:
– Zoë Wicomb: ondersoek “the textual construction,
ethnographcial self-fashioning and political behaviour of
coloureds in South Africa”, maar argumenteer teen “a
totalizing colouredness”
– Zimitri Erasmus: argumenteer vir siening van “Coloured
identity” as “cultural identities comprising detailed bodies
of knowledge, specific cultural practices, memories, rituals
and modes of being”
– Mohamed Adhikari: ondersoek hernude opkoms van
“colouredism” in die 1990s – argumenteer teen siening
dat rasse-vermenging die essensie van bruin identiteit is –
beklemtoon kompeksiteit en “agency” van Bruinmense
4 Swart/Bruin Afrikaanse skrywers taal en ras in SA:
Weer Afrikaans:
•Afrikaans verloor na 1994 bevoorregte status as een van 2
amptelike tale, word een van 11 amptelike tale – Engels lingua
franca van ‘n veeltalige SA
•Verskillende reaksies van Afrikaanse skrywers: opwinding oor
weerloosheid van taal (Krog), skuldgevoelens oor verlede,
woede oor verlies van amptelike funksies, vrees dat taal sal
sterf (Breytenbach)
•Bruin skrywers het komplekse verhouding met Afrikaans: hulle
moedertaal, maar ook taal waarin hulle gemarginaliseer is –
Kamfer skryf hieroor in haar gedigte
• Verskillende soorte Afrikaans: Standaardafrikaans,
spreektaalvariante, Kaaps bekend gemaak deur Adam Small
in 1960s - hy skryf in 1972: “Kaaps is nie ’n grappigheid of ’n
snaaksigheid nie, maar ’n taal”
Voorbeeld van Small se Kaaps:
Kô, lat ons sing
[zoek zelf de tekst]
Bruin skrywers oor Afrikaans – enkele voorbeelde:
•Diana Ferrus (Ons komvandaan, 2005): Afrikaans as taal van
versoening, pleidooi vir veeltaligheid in SA
•Clinton V. du Plessis (gedigte, talk show hosts & reality shows,
2009): vrees oor voortbestaan van Afrikaans in gedig op
patroon van Ingrid Jonker se “Die kind wat doodgeskiet is deur
soldate by Nyanga” – kind protesteer teen ouers (moeder wat
van die struggle is, vader geassosieer met onderdrukking) –
taal nie dood, wel “tenger en weerloos”, geïgnoreer in SA – Du
Plessis verbitterd oor marginalisering van swart Afrikaanse
skrywers, onttrek hom in artikel: “Fokofafrikaans, ’n
swanesang” (2010)
•Peter Snyders (Tekens van die tye, 2002) – gebruik Kaaps
(spreektaal van bruinmense aan die Kaap) - noem sy vorm van
Afrikaans die “moedertaal se basterkind” - voel dat sy gebruik
van die taal hom buite die hoofstroom laat en van hom ’n
“volklose mens” maak
• Loit Sôls (My straat en anne praat-poems, 1998) – gebruik
niestandaard-variant wat hy “Goema” noem: ’n mengsel van
Afrikaans en “Ingels” [Engels], “Mingels” :
– Ek laik Ingels
ma’ ek prefer Mingels.
Afrikaans oek
ma’ my tong soek:
sy roots het anne soot stingels.
– “Goema II” (Die faraway klank vanne hadeda, 2006): taal
gee gevoel van vryheid en maak kommunikasie, kontak
met mense moontlik
Ronelda Kamfer en Afrikaans:
•Skryf nie in Kaaps nie - hieroor sê sy: “Kaaps het comic
relief vir mense geraak; as iemand ’n joke wil vertel, is dit altyd
in Kaaps. Dis baie irriterend, want die manier waarop ek skryf,
is my manier van praat. Dis nie ’n grap nie; dis reality. En ek sal
nie daarvan hou as dit ge-pigeonhole word nie, ingeboks word
nie.”
•Haar tipies van haar leeftydgroep, enkele eiesoortige woorde
en heelwat Engelse leenwoorde
•Vgl ook Krog & Schaffer (redakteurs Nuwe stemme 3): “die
bekende, gebrandmerkte Engfrikaans wat digters toelaat om
op ’n natuurlike manier tussen tale en dialekte, tussen die
internet en massamedia te vleg en sodoende die eenvoudige
praattaal van die jeug ook die taal van hulle gedigte te maak.
Dit is ’n Afrikaans waarvan die Engelse woorde nie in kursief
verskyn nie, maar ingesluit deel van die brei van Afrikaans
vorm wat skrynende ondertone met ironie bedek”.
• “Kuns en culture” in Nuwe stemme [New voices] in 2005 –
vgl slotstrofes:
[…]
dis weird hoekom ek skaam is vir ‘n taal wat ek praat
dis even nog meer weird dat ek en my vriende
nooit na die “kultuur”-events toe genooi word nie
[zoek zelf de twee laatste]
• “vergewe my maar ek is Afrikaans”: neem haar identiteit as
Afrikaans-sprekende terug van dié wat haar vantevore
daarvan uitgesluit het
Vergewe my maar ek is Afrikaans
[staat in haar bundel]
Ras en plek in huidige SA
•Feitlik al die bundels deur Bruin skrywers na 1994 verwys na ras
– temas: die marginalisering van Bruinmense in apartheid- en
postapartheid Suid-Afrika, negatiewe rasse-stereotipering,
herevaluering van vergete geskiedenisse, psigologiese trauma
van rasse-diskriminasie
Enkele voorbeelde:
•Peter Snyders (Tekens van die tye) - “ons wil ’n bietjie kleur /
innie wit en swart riënboog sit” (“Monochrome riënboognasie”)
•Marius Titus (Genesing in vuil water) - kleur bruin afwesig uit
reënboognasie (“Reënboognasie”)
•Floris Brown (Die woudmaker): Bruinmense beskryf as “die
nêrens volkie” en “die tussenin” volkie” na 1994
•Loit Sôls’ (My straat en anne praat-poems) - beskuldig “dr
whitemind” dat hy Engels en Afrikaanse kultuur op hom
afgedwing het en sy geskiedenis onderdruk het (“Wierre fok is ék
han”) -
• Loit Sols (Die faraway klanke vanne hadeda) –trots op eie
inheemse identiteit , positief oor nuwe SA - herroep die
kultuur van inheemse volke in die gedig “moet trots”
• Diana Ferrus (Ons komvandaan) - gedig vir voormoeder:
“Vir Sara Baartman” – huldig haar slawe-afkoms in “Ons
komvandaan” – positief oor nuwe bedeling, sien haarself as
as Suid-Afrikaans in die gedig “Na tien jaar”
Ras en plek in Ronelda Kamer se Noudat slapende honde:
•Ras en plek/ruimte ten nouste met mekaar verbind in die SA
geskiedenis – op grond van jou ras is ’n spesifieke ruimte aan
jou toegewys binne die koloniale en later ook die
apartheidsbestel (lg. veral berug vir die strak uitvoering van die
Groepsgebiedewet)
•Twee ruimtes in Kamfer se werk – sekere outobiografiese
elemente:
– Plaasruimte waar sy grootgeword het by haar ouma,
Grabouw-omgewing: bv “die baas van die plaas”, “Die
storie van Klonkies”
– Stadsruimte: woonbuurt met allerlei maatskaplike
probleme (“’n gewone blou Maandagoggend”),
bendegevegte ( “Klein Cardo”), gesinsgeweld (“die
huisvrou”, “hoe seer is seer”, “Pick ‘n Pa”), dwelmmisbruik
en selfmoordpogings (“OD1”, “OD2”)
• Kwessie van ras speel ‘n belangrike rol in haar werk gedigte wys veral op psigologiese koste van SA se
geskiedenis van rasse-diskriminasie:
– “Waar ek staan”
– “Noudat slapende honde”
– “ek soek ‘n goue sterretjie”