Vorm 5 Portfeulje toets

Download Report

Transcript Vorm 5 Portfeulje toets

Poësie
Talle tonge
Bitterbessie dagbreek
Sommer net vir jou
 Kyk mooi na die puntetotaal. Moenie ‘n opstel skryf as dit net (1) punt
tel nie.
 Bly by basiese Afrikaans, tensy anders versoek. Moenie dit onnodig
moeilik vir jouself maak nie.
 Wanneer jy iets moet aanhaal, sorg dat jy die korrekte spelling
gebruik vir daardie aanhaling of woord. Onthou aanhalingstekens!!!
 Moenie iets aanhaal as dit nie gevra word nie.
 Lees die vrae ordentlik deur en maak seker jy weet wat gevra word.
 Probeer die vraag in die konteks van die gedig lees.
1.1. Verduidelik in jou eie woorde watter tipe woorde
die volgende tonge spreek:
Geen aanhalings!! Hierdie is wat jy verstaan oor
die woorde.
1.1.1 Heuning tong: Mooi woorde/ vleitaal.
1.1.2.Skerp tong: Harde woorde/ praat sonder om te dink.
Elke definisie tel een punt. Moenie ’n lang verduideliking
gee nie!
1.2. Watter gevolg het beide die “skerp tong” en die “suur
tong”?
Gevolg is resultaat/uitwerking van die tonge. Dit tel twee punte so jy kan
nie net sê dit maak seer nie.
Hier moet jy met insig antwoord van wat jy van die gedig verstaan. Jy kan nie
aanhalings gebruik nie, want dit word nie gevra nie.
Antwoord:
Dit maak mense se gevoelens seer. Dit laat letsels.
1.3. + 1.4. Watter woord in die gedig beteken “stilbly”?
Haal ’n woord aan.
Soek ’n woord in die
gedig.
Soek die woord en haal dit aan “ ”
Antwoord:
1.3. „swyg”
1.4. „salf”
Spel die woord reg!
1.5. Lees die eerste en laaste versreël.
r.1 “Talle tonge het ek”
r.13 “Ek het talle tonge”
1.5.1. Hoe verskil die versreëls van mekaar? (1)
Puntetotaal is een punt. Gee net een verduideliking
Antwoord:
Die woordorde is anders
1.5.2. Verduidelik die klem/fokus verskil tussen die
eerste versreël en die laaste versreël
Met ander woorde; Hoe verskil die klem/fokus van die twee versreëls van mekaar?
Onthou dis vir twee punte!!
Antwoord:
In die eerste versreël is die klem op die verskillende
woorde wat die spreker gebruik maar in die laaste versreël
neem hy verantwoordelikheid deur die klem op homself te
plaas maar ook op die leser wat verskillende woorde
gebruik in ’n bepaalde situasie.
Sê in jou eie woorde wat die boodskap van die gedig is?
Jy moet verduidelik wat jy verstaan van die gedig. Die tema.
Dit is vir een punt so moenie ’n opstel skryf nie!! Moet ook nie gorrel nie.
Of jy weet wat die antwoord is, soos jy dit geleer het, of nie.
Antwoord:
Alle mense gebruik verskillende woorde in ’n bepaalde
situasie.
2.1. Wat weet ons van die liefdesverhouding volgens
versreël 3 en 4
Versreël 3 en 4 gee die antwoord.
Jy moet dit net verwoord.
Antwoord
Die verhouding is verbreek/ hulle is nie meer bymekaar
nie.
2.2. Haal een woord uit die gedig aan wat verwys na
die dinge wat jy onthou.
Aanhaling van die vetgedrukte gedeelte
Antwoord:
“Herinnering”
2.3. Die spreker probeer weer haar lewensgeluk
terugvind. Wat maak dit vir haar moeilik volgens die
gedig? Motiveer jou antwoord deur ’n aanhaling uit die
gedig.
Wat maak dit vir haar moeilik volgens die gedig?
Verduidelik wat dit vir haar moeilik maak
Motiveer jou antwoord deur ’n aanhaling uit die gedig.
Gee ’n motivering uit die gedig om jou antwoord,
wat jy geskryf het, te staaf.
Antwoord:
„Oral draai die paadjies van sy woorde af”
Sy sukkel om oor die gebroke verhouding te kom want sy
woorde maak haar deurmekaar.
2.4. Die spreker voel oor en oor bedrieg. Watter woord
word herhaal om dit te illustreer?
Twee leidrade hier
Antwoord
„kierang”
aanhalingstekens
2.5. Sou jy sê dat die spreker hoop vind in ’n nuwe dag?
Motiveer jou antwoord volgens die inhoud van die
gedig.
Kyk puntetoekenning
Eie antwoord
Verduidelik soos wat jy die gedig
verstaan en verwys na die inhoud
Antwoord
1 punt
Nee, die woord bitter wat gebruik word om die dagbreek
te beskryf, het ’n negatiewe konnektasie.
Verduideliking 1 punt
“Talle tonge” en “Bitterbessie dagbreek”: Met watter
tipe tong , dink jy, het die spreker (in Bitterbessie
dagbreek) met haar geliefde gepraat? Verduidelik jou
antwoord.
Kyk puntetotaal
Met jou kennis van die tonge in Talle tonge moet jy nou sê watter
tipe tong gebruik is. Dan moet jy verduidelik hoekom jy daardie tong gekies het
Antwoord:
Bittertong/suurtong/skerp tong – hulle het moontlik
woorde gebruik wat die ander een seergemaak het.
3.1. Waarna verwys die woorde “klein maar getrein”?
Wat beteken die woorde
“” = Dis in die gedig
Antwoord:
Die meisie is klein maar slim/vaardig. Mens moet haar
nie onderskat nie.
3.2. Noem 3 kenmerke van die vrye vers soos wat dit in
die gedig na vore kom.
Moet 3 dinge noem vir 3 punte
Dit is jou leidraad
Antwoord:
Daar is geen vaste rympatroon nie
Die versreëls is nie ewe lank nie
Daar is verskillende aantal versreëls in die strofes
Punktuasie/leestekens ontbreek
Slegs die aangesprokende „Meisie” is in hoofletters
3.3. Lees die gedig “Ma” van Antjie Krog. Watter
ooreenkomste is daar tussen Krog se gedig en Cupido se
gedig. Noem twee aspekte.
Ooreenkomste = dinge wat dieselfde is met die twee gedigte.
Antwoord:
Ooreenkoms in versreëls “sonder-fênsie-woorde” teenoor
“sonder fênsie leestekens.”
Beide gedigte verwys na die brief/gedig as ’n „kaalvoet”
brief/gedig.
Dieselfde aantal strofes wat waarvan die die eerste
versreël baie dieselfde is as die ander gedig.
Beide is vrye vers gedigte.
3.4. Na watter ander bekende digter verwys die spreker
in “Sommer net vir jou.”
Soos in jou handboek vervat
Breyten Breytenbach
3.5. Wat, volgens die gedig, kan die spreker nie baie
goed doen nie.
Leidraad in die gedig
Antwoord:
Hy kan nie goeie liefdesbriewe skryf nie/ Dis nie vir hom
maklik om liefdesbriewe te skryf nie.
3.6.1. Hoe sal jy ’n ‚kaalvoet’ liefdesbrief beskryf?
Eie verduideliking
Antwoord:
Eenvoudig/ maklik om te verstaan
van “kaalvoet” gedig
3.6.2. Waarom wil die spreker hierdie tipe liefdesbrief te
skryf.
Verduidelik hoekom
Antwoord:
Want die meisie is ’n ongekompliseerde persoon./ Plat op
die aarde tipe mens.